About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 25
|
|
S v Kareli (414/2004) [2004] ZAFSHC 25 (8 April 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No. 414/2004
In
the hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
SERAME
KARELI
___________________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
8 APRIL 2004
___________________________________________________________
Beskuldigde het in die Landdroshof
tereggestaan op ân aanklag van aanranding met die opset om ernstig
te beseer. Hy het skuldig
gepleit en het verduidelik dat hy die
klaagster een maal met ân baksteen teen haar kop gegooi het. Dit
blyk dat die klaagster net
ân snywond teen die kop opgedoen het wat
nie geheg is nie. Die besering kan derhalwe allermins as ân
ernstige besering bestempel
word.
Dit
blyk ook uit die oorkonde dat die beskuldigde ân eerste oortreder
is wat werkloos is, en dat hy nie in staat sal wees om die
opgelegde
boete van R800,00 te betaal nie. Die resultaat sal dan wees dat hy
gevangenisstraf sal moet ondergaan van vyf maande.
Toe
die landdros gevra is vir redes vir die opgeledge vonnis, het hy
gemeld dat dit, onder andere, in ag geneem is dat die slagoffer
ân
vroulike persoon was, dat sy teen haar kop, naamlik ân gevaarlike
en sensitiewe deel van haar liggaam getref is en dat die
hof moet
poog om, deur die vonnis wat opgelê word, ân duidelike boodskap
aan die gemeenskap te stuur dat geweld teen vroue en
kinders nie
geduld sal word nie.
Alhoewel ek met alles saamstem wat die landdros in sy
redes meld by die opgelegde vonnis, meen ek nie dat die vonnis
bekragtig kan
word nie, aangesien dit na my mening treffend onvanpas
is. In die omstandighede meen ek dat ân vonnis opgelê behoort te
word
wat opgeskort word in die geheel.
Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig. Die opgelegde vonnis word
tersyde gestel en vervang met die volgende:
Die beskuldigde word beboet met R500,00
(Vyfhonderd Rand) of by wanbetaling van die boete, om vyf (5) maande
gevangenisstraf uit te
dien. Voormelde vonnis word opgeskort vir ân
periode van drie (3) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig bevind
word aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer, gepleeg gedurende die periode van opskorting nie.
________________
A.P.
BECKLEY, R
/scd