S v Kgelemethe (SR49/2004) [2004] ZAFSHC 24 (4 April 2004)

35 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Previous convictions — Proof of previous convictions — Accused found guilty of theft but refused to acknowledge prior convictions — State unable to prove previous convictions at sentencing stage — Matter referred back to District Court for consideration of previous convictions before sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 24
|

|

S v Kgelemethe (SR49/2004) [2004] ZAFSHC 24 (4 April 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No.: SR49/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
TSHOKOLO
KGELEMETHE
___________________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
8 APRIL 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde het tereggestaan in die Landdroshof op
‘n aanklag van diefstal. Nadat hy skuldig bevind is, het die Staat
gepoog
om vorige veroordelings te bewys, maar was die beskuldigde nie
bereid om sy vorige veroordelings te erken nie. As gevolg van die
weiering van die beskuldigde, is die saak uitgestel ten einde die
Staat die geleentheid te bied om sy vorige veroordelings te bewys.
Op
die datum waartoe die saak uitgestel is, is die saak verwys na die
Streekhof vir vonnisoplegging sonder dat daar gehandel is met
die
vorige veroordelings. Hierdie Hof word nou versoek om die
aangeleentheid reg te stel. Die aangewese manier waarop dit
reggestel
kan word, is dat die verwysing na die Streekhof tersyde
gestel word en dat daar gelas word dat die saak terugverwys word na
die Distrikshof
sodat die vorige veroordelings bewys kan word.
Bygevolg
word die saak na die Distrikshof terugverwys sodat die beskuldigde se
vorige veroordelings, indien enige, bewys kan word.
Daarna kan die
verrigtinge voortgesit word in die Landdroshof of, indien nodig, kan
dit verwys word na die Streekhof vir vonnisoplegging.
_________________
A.P. BECKLEY, R
/scd