About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 121
|
|
Coetzee and Others v Venter and Another in re: Venter NO and Another v Coetzee and Others [2004] ZAFSHC 121 (1 April 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoeknommer : 919/2004
In die aansoek van:
BB
COETZEE
Eerste
Appllikant
JJ
(KOBIE) COETZEE
Tweede
Applikant
JE
(JOHAN) COETZEE
Derde
Applikant
JA
HUYSAMEN
Vierde
Applikant
SPAZAGO
MANAGEMENT SERVCIES BK
Vyfde
Applikant
BB
(BEN) COETZEE NO
Sesde
Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
JOBENKO
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Sewende Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
JOBENKO
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Agtste
Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
JOBENKO
TRUST)
BB
(BEN) COETZEE NO
Negende Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
BENJOKO
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Tiende
Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
BENJOKO
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Elfde
Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
BENJOKO
TRUST)
BB
(BEN) COETZEE NO
Twaalfde Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Dertiende Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Veertiende Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
BB
(BEN) COETZEE NO
Vyftiende Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
ESM
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Sestiende
Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
ESM
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Sewentiende Applikant
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
ESM
TRUST)
COETZEE
BOERDERY VENNOOTSKAP
Agtiende Applikant
en
CJ
VENTER NO
Eerste Respondent
JH
JANSE VAN RENSBURG NO
Tweede Respondent
IN
RE:
Saaknommer : 916/2003
In die aansoek van:
CJ
VENTER NO
Eerste
Applikant
JH
JANSE VAN RENSBURG NO
Tweede
Applikant
en
BB
(BEN) COETZEE
Eerste Respondent
JJ
(KOBIE) COETZEE
Tweede Respondent
JE
(JOHAN) COETZEE
Derde Respondent
JA
HUYSAMEN
Vierde Respondent
JKB
FINANSIëLE BELEGGINGS
Vyfde
Respondent
SPAZAGO
MANAGEMENT SERVICES BK
Sesde Respondent
TRESSO
TRADING 351 (EDMS) BEPERK
Sewende Respondent
BLUESKEYE
PRIVATE EQUITY (EDMS) BEPERK
Agtste Respondent
BB
(BEN) COETZEE NO
Negende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
JOBENKO
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Tiende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
JOBENKO
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Elfde
Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
JOBENKO
TRUST)
BB
(BEN) COETZEE NO
Twaalfde Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
BENJOKO
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Dertiende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
BENJOKO
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Veertiende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
BENJOKO
TRUST)
BB
(BEN) COETZEE NO
Vyftiende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/02)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Sestiende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Sewentiende
Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
BB
(BEN) COETZEE NO
Agtiende Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
ESM
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
Negentiende
Respondent
(in
sy hoedanigheid as trustee van die
ESM TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
Twintigste Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van die
ESM
TRUST)
COETZEE
BOERDERY VENNOOTSKAP
Een
en Twintigste Respondent
CORAM:
HANCKE
R
AANGEHOOR
OP:
25 MAART 2004
UITSPRAAK
GELEWER OP:
1 APRIL 2004
Hierdie
is ân aansoek om sekerheidstelling, gebaseer op die bepalings van
artikel 13 van Maatskappyewet, Nr 61 van 1973. Gemelde
artikel lees
soos volg:
â
Wanneer
ân maatskappy of ander regspersoon as eiser of applikant in ân
regsgeding optree en dit uit geloofwaardige getuienis blyk
dat daar
rede is om te glo dat die maatskappy of regspersoon
of,
as dit gelikwideer word, die likwidateur daarvan nie in staat sal
wees om die koste van die verweerder of respondent as hy in
sy
vordering slaag, te betaal nie, kan die Hof in enige stadium vereis
dat genoegsame sekerheid gestel word vir daardie koste en
kan hy alle
verrigtinge opskort totdat die sekerheid gestel word.â
Die respondente hierin is die likwidateurs van BSM
Marketing and Management (Edms) Bpk (in likwidasie) (hierinlater na
verwys as âBSMâ).
Op 14 Maart 2003 het Beckley, R ân bevel
nisi
uitgereik keerbaar 2 Mei 2003 waarin belanghebbendes onder andere
opgeroep word om redes aan te voer wat verklaar dat BSM, op een
of
meer, of almal van die volgende basisse, ân onwettige skema bedryf
het, te wete ân onwettige piramidale beleggingskema, asook
dat dit
ân onwettige skema is soos in die vooruitsig gestel in Regulasie
1135, soos uitgevaardig ingevolge artikel 12(6) van Wet
71 van 1988;
dat dit onwettig bedryf is, strydig met artikel 11 van die Bankwet,
Wet 94 van 1990 en laastens dat dit op ân onwettige
bedrieglike
wyse bedryf is met die oogmerk om die beleggerspubliek te mislei.
Die bevel
nisi
verwys ook na artikel 423 en 424 van die Maatskappyewet, wat daarop
gerig is om die partye persoonlik aanspreeklik te stel vir die
skulde
van BSM ten bedrae van R50 410 095,00.
Mnr Zietsman het betoog dat by die verlening van ân bevel ingevolge
artikel 13 van die Maatskappyewet die Hof eers met ân diskresie
bekleë word nadat dit
â
..... uit geloofwaardige getuienis
blyk dat daar rede is om te glo dat die maatskappy of ..... die
likwidateur daarvan nie in staat
sal wees om die koste ..... te
betaal nie .....â.
In hierdie verband het hy daarop gewys dat ân
groot aantal skuldeisers vorderings in die boedel van BSM bewys het
(volgens die respondente
794 skuldeisers ten bedrae van meer as R23
miljoen, en volgens die applikante 809 skuldeisers ten bedrae van
meer as R27 miljoen),
welke skuldeisers kontribusiepligtig is
ingevolge die bepalings van die Insolvensiewet. Vergelyk artikel 106
van die Insolvensiewet
24 van 1936. Gegewe die groot liggaam van
skuldeisers in die huidige saak sal elke bewese skuldeiser se
uiteindelike kontribusie,
indien nodig, onbeduidend klein wees, en
het die applikante nie aangetoon dat die likwidateur nie in staat sal
wees om die koste
te betaal nie, aldus die betoog.
Dit is duidelik dat artikel 13 van die
Maatskappyewet ân twee-fase ondersoek daarstel, naamlik eerstens óf
ân aansoekdoener deur
middel van geloofwaardige getuienis aangetoon
het dat daar rede is om te glo dat die maatskappy of likwidateur nie
in staat sal wees
om die koste te betaal nie, en slegs indien hierdie
eerste fase bevredig is, is die tweede fase tersprake waar dit van ân
hof verwag
om sy diskresie uit te oefen. In
NORTHBANK
DIAMONDS LTD v FTK HOLLAND BV AND OTHERS
2003(1) SA 189 (SCN) 189 word op 193I tot J die volgende verklaar:
â
Both
counsel submitted, and correctly in my view, that s 13 requires an
investigation in
two stages. Firstly, the Court must consider whether the applicant
has established by credible testimony that there is reason to
believe
that the company or body corporate, if unsuccessful, will not be able
to pay the costs of the defendant applicant. If the
Court is not so
satisfied that is the end of the matter. However, if the court is
satisfied that a case was made out it must then
exercise the
discretion conferred on it by the section.â
In
TRUST BANK VAN
AFRIKA BPK v LIEF AND ANOTHER
1963(4) SA 752 (T) verklaar Hiemstra, R op 756C tot E die volgende:
â
It
was argued on behalf of the appellant that the section strictly
envisages inability
to pay costs by the `company or liquidator of a limited companyâ,
and not also by a creditor or contributory. We would not reject
the
respondentâs contention purely on this literal interpretation. If
the liquidator is certain at a later date to have recourse
to outside
funds which will enable him to pay the costs, it is not a strain on
the language of the section to say that the liquidator
will be able
to pay. It is on other grounds, namely the problematical nature of
these funds and the inconvenience to which the applicant
would be
exposed, which convince us that we would, by upholding the
respondentâs argument, destroy the advantages of the section
for
those in whose interests it was enacted.â
Dieselfde houding is ook ingeneem deur Jennett, R
in
KLERK NO v SA METAL AND MACHINERY
COMPANY (PTY) LTD AND OTHERS
[2001]
2 All SA 276
(ECD) te 279i â 280a.
Ek stem saam met die voormelde beslissings ten
opsigte van hierdie aspek. Dit volg dus dat die applikante wel ân
saak uitgemaak
het om die aansoek binne die trefwydte van artikel 13
van die Maatskappyewet te bring en is ek dus geroepe om ân
diskresie uit
te oefen met betrekking tot die vraag of respondente
gelas moet word om sekerheid te stel, aldan nie.
Die vraag
is watter benadering gevolg moet word by die uitoefening van hierdie
diskresie. Ten opsigte van die beslissing dat
â
a defendant or respondent should not be deprived of
this benefit unless special circumstances existâ
(
FRASER v LAMPERT
NO
1951 (4) SA 110
(T) te 115B)
verklaar Hefer, A.R. in
SHEPSTONE &
WYLIE AND OTHERS v GEYSER NO
1998
(3) SA 1036
(HHA) te 1045I-J die volgende:
â
In
my judgment, this is not how an application for security should be
approached. Because a Court should not fetter its own discretion
in
any manner and particularly not by adopting an approach which brooks
of no departure except in special circumstances, it must
decide
each
case upon a consideration of all the relevant features, without
adopting a predisposition either in favour of or against granting
security.â
In genoemde saak word op p.1046B-C met goedkeuring
aangehaal uit die saak van
KEARY
DEVELOPMENTS LTD v TARMAC CONSTRUCTION LTD AND ANOTHER
[1995] 3 All ER 534
(CA) te 540a-b:
â
The
Court must carry out a balancing exercise. On the one hand it must
weigh the injustice to the plaintiff if prevented from pursuing
a
proper claim by an order for security. Against that, it must weigh
the
injustice to the defendant if no security is ordered and at the trial
the plaintiffâs claim fails and the defendant finds himself
unable
to recover from the plaintiff the costs which have been incurred by
him in his defence of the claim.â
Henochsberg ON THE COMPANIES ACT
,
onder redaksie van
JA Kuust
,
vol 1, p 28 ev.
Dit is ook belangrik om oorwegings van billikheid
en regverdigheid teenoor alle partye deeglik in ag te neem.
MAGIDA
v MINISTER OF POLICE
1987(1) SA 1
(A) te 14D-F,
SHEPSTONE & WYLIE
AND OTHERS
(
supra
)
te 1046C-D.
Die faktore wat in die huidige saak in ag geneem behoort te word by
die uitoefening van my diskresie, sluit die volgende in, alhoewel
die
lys nie uitputtend is nie:
1.
Sal dit ân einde
aan litigasie bring indien respondent verplig word om sekuriteit te
stel?
Mnr
Zietsman het aan die hand gedoen dat die respondente nie op hierdie
stadium van die likwidasie-proses regtens kontribusies van
skuldeisers kan vorder nie en slegs aangewese sal wees op vrywillige
bydraes van skuldeisers. Daar bestaan dus ân wesenlike gevaar
dat
ân bevel vir sekerheidstelling dit wel ân einde aan litigasie kan
bring, of dit ten minste baie sal bemoeilik. Vergelyk
artikel 91,
94, 105 en 106 van die Insolvensiewet 24 van 1936. Hierdie oorweging
is geensins deurslaggewend nie, maar bloot ân
faktor wat in ag
geneem behoort te word.
SHEPSTONE &
WYLIE
-saak (
supra
)
te 1046G-I.
2.
Die aard en
grondslag van die litigasie.
In
die
KLERK
-beslissing
(
supra
)
word op 280j-281a die volgende verklaar:
â
The
fact that plaintiffâs claim against the defendants is a claim based
on a reckless carrying on by the defendants of the business
of
the
company and the corporation, and that this may have caused or
contributed to the position in which the company and the corporation
now are, is not, in the circumstances of this case, a factor which is
in my view relevant to the issue of whether security should
be
furnished although I accept that in appropriate circumstances it may
indeed be such a factor.â
In die huidige saak, soos hierbo aangetoon, is
reeds ân bevel
nisi
uitgereik waarin van die partye opgeroep word om redes aan te voer
waarom BSM nie ân onwettige skema, te wete onder andere, ân
piramidale beleggingskema, bedryf het nie. Dit blyk in die
hoofaansoek dat beleggers ân opbrengs van 4% elke drie maande
gewaarborg
was, en dat hulle inderwaarheid 45% per kwartaal, dws 180%
per jaar, gekry het. Mnr Danzfuss het in sy betoog daarop gewys dat
slegs
sekere gedeeltes van die Hofbevel wat verleen is, tussentydse
en onmiddellike werking het, en dat daar ân risiko bestaan dat die
respondente onsuksesvol kan wees ten opsigte van die magtiging wat
verleen is om die aansoek te loods, wat dan sekere regsgevolge
kan
inhou, welke aspek in ag geneem behoort te word. Hoe dit ookal sy,
na my mening is dit in belang van geregtigheid dat hierdie
bewerings
behoorlik geventileer word, en is dit dus ân faktor, alhoewel nie
deurslaggewend nie, wat ân rol behoort te speel by
die
beantwoording van die vraag of sekuriteit gestel moet word, aldan
nie.
3.
Indien respondente
nie onmiddellik kan betaal nie, wat is die vooruitsigte dat hulle in
die nabye toekoms wel sal kan betaal?
KEARY
DEVELOPMENTS LTD
(
supra
)
te 540j,
SHEPSTONE & WYLIE AND
OTHERS
(
supra
)
te 1047a-b. Alhoewel dit nie respondente vrystel van
sekerheidstelling in terme van artikel 13, soos hierbo aangetoon, is
dit ân
faktor wat in respondente se guns tel dat, indien applikante
ân kostebevel teen hulle verkry, hierdie bevel waarskynlik bevredig
sal word, inaggenome die groot getal skuldeisers wat regtens
kontribusiepligtig kan word. Hierdie is dus nie ân geval dat die
applikante hulleself in die posisie sal vind soos in die vooruitsig
gestel in
KEARY DEVELOPMENTS LTD
(
supra
) te
540a-b.
4.
Openbare belang.
In
SHEPSTONE & WYLIE AND OTHERS
(
supra
)
word op 1047b-c die volgende verklaar:
â
Turning to the remarks about the public interest and
litigation against the very persons who are alleged to have caused
the companyâs
financial ruin, I have already indicated that the
public interest may indeed come into play in appropriate cases. I
also accept
that a liquidator should not be discouraged from pursuing
a claim based on the conduct which has impoverished the company.â
Inaggenome die feit dat hier so ân groot getal skuldeisers reeds
eise bewys het (tussen 794-809 ten bedrae van tussen R23 miljoen
tot
R27 miljoen) en inaggenome die aard van die regshulp wat gevorder
word, wat onwettige optrede insluit, waarby die beleggerspubliek
ân
belang het, is ek van mening dat dit in die openbare belang is dat
die likwidateurs nie aan bande gelê behoort te word deur
ân bevel
van sekerheidstelling nie, en dat die openbare belang ân faktor is
wat in die guns van die respondente in ag geneem
behoort te word
Die volgende aanhaling in
SHEPSTONE
& WYLIE AND OTHERS
(
supra
)
op 1044G is wel hier tersake:
â
To
expose fraudulent dealings on the part of the directors or officers
of the company and to recover whatever may
be recoverable on that score, for example, may well be in the public
interest.â
5.
Meriete van die
hoofsaak.
Mnr. Danzfuss, namens sommige van die applikante,
het tereg daarop gewys dat daar uiteenlopende uitsprake deur die Howe
is met betrekking
tot die vraag tot watter mate die Hof by die
beoordeling van die vraag of dit sekerheidstelling sal gelas, die
meriete van die aansoek
sal beoordeel. In
TRUST
BANK VAN AFRIKA BPK
(
supra
)
word op 755A die volgende verklaar:
â
The Court will not enquire fully
into the merits of the contemplated litigation and form an opinion of
the plaintiffâs prospects
of success, but the nature of the claim
and the defence are not irrelevant.â
In
COMMISSIONER,
SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE AND ANOTHER v EAST COAST SHIPPING (PTY)
LTD
2000(4) SA 533 (D) word op 540C
die volgende verklaar:
â
....
the Court cannot and should not enquire into them or express any
opinion on the prospects of success, save, possibly, if it is
apparent that the plaintiffâs action is not
bona
fide
or is
`vexatiousâ or `hopelessâ.â
Sien ook
PARADIGM
CAPITAL HOLDINGS (PTY) LTD v PAP COMPUTER SERVICES CC
2000(4) SA 1070 (W) te 1073C;
WASTE-TECH
(PTY) LTD v VAN ZYL AND GLANVILLE NNO
2002(1) SA 841 (OK) te 846I; 847C.
In die huidige saak, wat die meriete betref, kan
slegs gemeld word dat respondente (as applikante in die hoofsaak)
minstens ân
prima facie
saak moes uitgemaak het alvorens Becley, R die bevel
nisi
uitgereik het.
6.
Tydstip van die
aansoek:
Mnr.
Zietsman het namens die respondente betoog dat in die lig van Hofreël
47(1) die applikante âso gou moontlik na die aanvang
van die
gedingâ hul kennisgewing moes aflewer, terwyl hul Reël 37(1)-
kennisgewing eers op 23 Februarie 2004 geliasseer is, nadat
die
keerdatum alreeds op 14 Maart 2003 uitgereik is en keerbaar was op 2
Mei 2003. Dit blyk verder dat gemelde keerdatum toe verleng
is tot
12 Junie 2003 en daarna verleng is na 28 Augustus 2003, en toe
weereens na 29 en 30 Januarie 2004 en tans verleng is na 3
Mei 2004,
wanneer die hoofaansoek aangehoor staan te word. Hy het daarop
gewys, na my mening tereg, dat die repliserende eedsverklaring
gedurende September 2003 geliasseer is op welke stadium dit duidelik
was wat die omvang van die litigasie was, en dat daar geen rede
bestaan het waarom die huidige aansoek nie spoedig daarna gebring was
nie. Hy betoog verder dat weens die kort tydsbestek tussen
die bring
van die huidige aansoek en die verhoordatum van die hoofaansoek, die
respondente benadeel sal word indien die aansoek toegestaan
sou word.
In
AGRO DRIP
(PTY) LTD v FEDGEN INSURANCE CO LTD
1998 (1) SA 182
(W) verklaar Streicher, R (soos hy toe was) op 189G-I
die volgende:
â
However,
the
Rule
cannot deprive a party who, in terms of s 13, is entitled to security
of its entitlement to security if the application for such
security
is not brought as soon as practicable. .... The failure of an
applicant to bring an application for security as soon as
practicable
after commencement of proceedings may nevertheless in appropriate
circumstances constitute a special circumstance in
the light of which
a court may refuse to exercise its discretion to require security,
for example where the application is being
used unnecessarily
oppresively so as to cause unnecessary prejudice to the other party.â
Sien ook:
FEDGEN
INSURANCE CO LTD v BORDER BAG MANUFACTURING (PTY) LTD AND ANOTHER
1995(4) SA 355 (W) te 359E-H.
Dit is ook van belang om daarop te let dat die
applikante in hul Kennisgewing van Mosie versoek dat
sekerheidstelling moet geskied
voor 16 April 2004, dws minder as 3
weke vanaf datum van hierdie uitspraak, terwyl die aanhoor van die
hoofaansoek dan ook minder
as 3 weke later ân aanvang neem, ân
aspek wat die potensiaal het om die aanhoor van daardie aansoek in
gedrang te bring. Sodanige
bevel kan logieserwys erg benadelend wees
indien in ag geneem word dat die respondente 800 skuldeisers bymekaar
sal moet kry om fondse
te genereer vir sekerheidstelling. ân
Tydperk van 3 maande, soos beveel is in die
SHEPSTONE
& WYLIE AND OTHERS
-saak (
supra
)
sou meer realisties in die huidige saak wees.
In die lig van die lang tydsverloop (ongeveer ân
jaar) sedert die verlening van voorlopige regshulp in hierdie saak,
tot en met
die liassering van die huidige Reël 47 kennisgewing
betreklik kort voor die aanhoor van die hoofsaak, is ek van mening
dat daar
die gevaar van nadeel, of minstens potensiële nadeel, vir
die respondente bestaan, en dat dit ân faktor is wat in die huidige
aansoek teen die verlening van sekerheidstelling in ag geneem behoort
te word.
7.
Omvang van die
koste.
Mnr
Ploos van Amstel het daarop gewys dat die hoofaansoek sowat 5 000
bladsye beslaan, dat drie stelle regsverteenwoordigers daarby
betrokke is en dat die saak vir 5 dae op die rol geplaas is. Die
beraamde regskoste beloop in die omgewing van R1 miljoen. Mnr
Zietsman het egter tereg daarop gewys dat 75% van die regskoste
alreeds aangegaan is en dat die enigste koste wat nog aangegaan moet
word betrekking het op die koste teweeggebring deur die aanhoor van
die hoofaansoek. Hy het ook daarop gewys dat applikante se prokureur
skynbaar ân fondsinsameling onder skuldeisers van stapel gestuur
het om ân bydrae tot die koste van die huidige aansoek te vorder,
welke aktiwiteit slegs sowat R12 500 opgelewer het. Die omvang van
die regskoste is seer sekerlik ân aspek wat in die guns van
die
applikant in ag geneem behoort te word.
Die afweging van voormelde oorwegings moet op ân
gebalanseerde wyse geskied, inaggenome moontlike ongeregtighede wat
ân bevel
van hierdie aard vir enige van die partye kan inhou. Dit
moet geskied op ân regverdige en ân billike wyse teenoor al die
partye.
Inaggenome die feite en omstandighede hierbo na verwys, is
ek van mening dat sekerheidstelling nie in die huidige saak gelas
behoort
te word nie.
Ten opsigte van die koste van twee advokate is ek van mening dat,
weens die aard en omvang van die huidige aansoek, die respondente
geregtig is op sodanige kostebevel.
Bygevolg
word die aansoek van die hand gewys met koste, welke koste sal
insluit dié van twee advokate.
_______________
SPB
HANCKE, R
Namens
1ste, 4de, 5de, 6de,
9de, 12de en 15de Applikante : Adv C Ploos
van Amstel, SC
In
opdrag van
Schoeman
Maree Ing
Namens ander Applikante : Adv FWA Danzfuss, SC
In
opdrag van
Schoeman
Maree Ing
Namens Respondente : Adv P Zietsman
Bygestaan deur Adv JG Gilliland
In
opdrag van
Naudes
/Jacobs