Premier Milling Botswana (Pty) Ltd h/a Vertersburg Rollermeule [2004] ZAFSHC 171; [2004] ZAFSHC 18 (25 March 2004)

60 Reportability
Intellectual Property

Brief Summary

Intellectual Property — Passing off — Application for interdict — Applicants, Premier Milling Botswana (Pty) Ltd and Cecil Frans Groenewald, claimed that the respondent, Frans Erasmus, was unlawfully using a similar trade name and emblem on his products, leading to confusion in the marketplace — Respondent denied knowledge of the claims and argued that he had acquired the trade name from a liquidated company — Court held that the use of a similar emblem and trade name by the respondent was likely to cause confusion among consumers, constituting passing off, and granted the interdict.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 171
|

|

Premier Milling Botswana (Pty) Ltd h/a Vertersburg Rollermeule [2004] ZAFSHC 171; [2004] ZAFSHC 18 (25 March 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
No.: 4004/2003
In die
saak tussen:
PREMIER
MILLING (BOTSWANA) (PTY)
Eerste Applikant
LTD
h/a VENTERSBURG ROLLERMEULE
CECIL
FRANS GROENEWALD
Tweede Applikant
h/a
AFRICA’S OWN FOODS
en
FRANS
ERASMUS
Respondent
_____________________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN, R
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
4 MAART 2004
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
25 MAART 2004
_____________________________________________________________________
[1] Eerste applikant word in die
aansoek beskryf as ‘n geregistreerde maatskappy wat in Ventersburg
as meulenaar van graanprodukte
en bemarker van daardie produkte
handeldryf onder die naam Ventersburg Rollermeule.
Sedert ongeveer Junie 2000 het eerste applikant op die
verpakking van sy produkte, te wete mieliemeel, ‘n embleem of
grafiese ontwerp
aangebring blykens ‘n voorbeeld daarvan, ‘n sak,
gemerk “B” in die stukke.
[2] Tweede applikant beskryf homself
as ‘n besigheidsman en boer in die distrik Virginia, vanwaar hy
handeldryf onder die naam “Africa’s
Own Foods” in besonder in
droë bone, asyn, graan, meel en ander landbouprodukte.
[3] Die respondent beskryf homself as ‘n sakeman wat
sedert Augustus 2001 handeldryf onder die naam “Hennenman
Rollermeule”
in gemaalde mielies wat hy op die plase Skoolplaas en
Vryheid in die distrik Hennenman produseer.
[4] Verskeie feitelike bewerings deur applikante word,
omdat respondent “geen kennis” van die bewerings dra nie
eenvoudig ontken.
Waar die feitebewerings wat ontken word wesenlik is vir
die regshulp aangevra, anders gestel, as regshulp sonder aanvaarding
van die
betwiste feitebewerings nie geregverdig kan word nie sal ‘n
aansoek nie kan slaag nie.
Ontkenning van feitebewerings kan in
sommige gevalle egter gewoon niksseggend wees, dit wil sê sonder om
enige bydrae tot die beregting
van die aansoek te lewer.
In die onderhawige geval is vele,
trouens, die meeste van respondent se ontkennings in die laaste
kategorie, of is gewoon ontkennings
om ontkenningsonthalwe.
[5] Die volgende feite, alhoewel respondent van sommige
daarvan “nie kennis dra nie” en gevolglik ontken was, moet as
feitebasis
vir die aansoek dien.
In 1995 het tweede applikant en sy familie tydens ‘n
dinkskrum as handelsnaam vir sy handelsware “Africa’s Own Foods”
uitgedink
en ook ‘n eiesoortige grafiese ontwerp of handelsmerk of
embleem (hierna “die embleem” genoem) op die verpakking van sy
handelsware
bedink.
Voormelde handelsnaam en embleem was sedert 1996 deur
Africa’s Own Foods BK waarin tweede applikant ‘n medebelang gehad
het, op
die verpakking van die gemelde beslote korporasie se
handelsware aangebring.
Sedert 1998 het ‘n beslote korporasie, Africa’s Own
Foods Milling BK, waarin tweede applikant die enigste lid was en dus
die alter
ego van tweede applikant was, die verpakking en bemarking
van die mieliemeel by Africa’s Own Foods BK oorgeneem. Op die
verpakking
van Africa’s Own Foods Milling BK ‘n voorbeeld, ‘n
sak, wat aangeheg was as Aanhangsel “A” tot die betrokke aansoek,
was
die betrokke handelsnaam en embleem aangebring.
Africa’s Own Foods Milling BK het in Junie 2000 die
maal van mielies en die bemarking daarvan aan die eerste applikant
oorgedra
wat soos reeds vermeld sedertdien met die toestemming van
tweede applikant die bemarking van mieliemeel onder die handelsnaam
Africa’s
Own Foods en met gemelde handelsnaam en embleem op die
verpakking van sy produkte bemark.
[6] Eerste applikant bemark mieliemeel in 5, 10, 12,5,
15, 50, 60 en 80 kilogram sakke. Vergelyk byvoorbeeld eerste
applikant se
10 kilogram verpakking , Bewysstuk “B”.
[7] Tweede applikant verpak sy droë
handelsware in plastiesakke van 500 gram, 1, 2, 3,5, 5, 7,5 en 10
kilogram houers terwyl die
vloeibare handelsware in houers met
inhoudsmate wat strek vanaf 200 milliliter tot 20 liter verpak word.
[8] Applikant se pertinente bewerings dat hulle hulle
handelsware aan 62 instansies in die Noordwes Provinsie, Noord-Kaap,
Vrystaat
en Gauteng wat dit in die kleinhandel aan die publiek
verkoop en dat ‘n maandelikse omset van R550 000,00 gegeneer word,
word met
die niksseggende verduideliking dat respondent nie van die
bewerings kennis dra nie ontken.
[9] Respondent verduidelik dat hy sy produkte aan
Shoprite-Checkers sedert Junie 2003 ingevolge ‘n kontrak sowel as
sekere Spar
winkels in die Vrystaat se Goudvelde, ‘n paar kleiner
winkels en ook in Hennenman woonbuurt in 5, 10, 12,5, 25 en 50
kilogram houers,
bemark. Op die houers, ‘n voorbeeld waarvan
tydens argument ingehandig is as Bewysstuk “C” verskyn benewens
ander inskripsies
dieselfde embleem of ontwerp as wat op applikante
se verpakkings van hulle handelsware verskyn.
Die
handelsware van respondent is dus in direkte kompetisie wat betref
gebied, produk en verpakking met die handelsware van eerste
applikant.
[10] Dit is dan ook applikant se saak dat vanweë veral
die embleem of handelsmerk in samehang met die naam Africa’s Own
Foods wat
respondent beoog om op die verpakking van sy handelsware
aan te bring, die gevaar of risiko van verwarring of misleiding ten
opsigte
van die produkte kan en sal ontstaan by die koperspubliek om
te glo dat die handelsware van respondent die handelsware van
applikante
is.
Die beginsel ten opsigte van
aanklamping (“passing off”) as delik, die basis van applikante se
saak, is duidelik. Nicholas, R,
soos hy toe nog was, beklemtoon in
ADCOCK-INGRAM
PRODUCTS LTD v BEECHAM SA
1977 (4) SA 434
(W) op 436H
:
“The principles applicable
to a case such as this are clear.
The delict of passing off
consists in a representation, direct or indirect, by a manufacturer
or supplier that his business or goods
or both are those of a rival
manufacturer or supplier.”
Voormelde kwotasie bevestig die
ratio
vir die regshulp soos in die
dictum
van Solomon, R
(soos hy toe nog was) in
PASQUALI
CIGARETTE
CO. LTD v DIACONICOLAS & CAPSOPOLUS
1905 T.S. 472
te
474
uiteengesit:
“
No
man is allowed to pass of his
goods as the goods of another person; no manufacturer of goods is
allowed to represent to the public that the goods which he is selling
are the goods of a rival manufacturer.”
Meer onlangs in
CAPITAL
ESTATE AND OTHERS v HOLIDAY INNS INC. AND OTHERS
1977 (2) SA 916
(AA) te 929C-D
definieer
Rabie, AR:
“
The wrong
known as passing off consists in a representation by one person that
his business (or merchandise, as the case may be) is
that of another,
or that it is associated with that of another, and, in order to
determine whether a representation amounts to a
passing-off, one
enquires whether there is a reasonable likelihood that members of the
public may be confused into believing that
the business of the one
is, or is connected with, that of another. (see e.g.,
Policansky
Bros Ltd v. L & H Policansky
,
1935 AD 89
at pp.97 and 113;
Truck
and Car Co Ltd v Kar-N-Truck Auctions, supra
at pp.557 and 559.) Whether there is a reasonable likelihood of such
confusion arising is, of course, a question of fact which will
have
to be determined in the light of the circumstances of each case.”
[11] In sommige sake was dit gestel dat in
aanklampingsgedinge die eiser/applikant twee elemente moet bewys,
naamlik dat die betrokke
handelsmerk, diensmerk, handelsnaam of “get
up” wat
nagemaak word der mate onderskeidend
is dat dit by die publiek ‘n reputasie wat aan sy ware gekoppel
word, ontwikkel het en dat
die verweerder/respondent se gedrag bedoel
is of waarskynlik die publiek sal mislei (cf LAWSA: Joubert et al
Vol.2 first reissue
par 399 p.270). In
BRIAN
BOSWELL CIRCUS v BOSWELL-WILKIE CIRCUS
1985 (4) SA 466
(AA) te 479C-F
het Corbett, AR die volgende gesê:
“
The
importance of the acquisition by plaintiff
of a reputation in the trade name is twofold. Firstly, whether the
general public will be confused or deceived into thinking, because
of
identity or similarity of names, that the business of the defendant
is that of the plaintiff, or is connected therewith, must,
as a
matter of logic, depend on the extent to which that name is
associated in the minds of members of the public with the business
carried on by the plaintiff, ie the extent to which plaintiff has
acquired a reputation in that trade name. Secondly, as the
rationale
of th wrong of passing off is the protection of the
plaintiff’s trade and goodwill, a valid cause of action would seem
to postulate
the existence of a goodwill, ie reputation, attaching to
that trade name. Whether reputation, in this sense, is always a
sine
qua non
of a successful passing off action need not now be decided. (See
discussion in this regard in
Lorimar
Productions Inc and Others v Sterling Clothing Manufacturers (Pty)
Ltd; Lorimar Productions Inc and Others v OK Hyperama Ltd
and Others;
Lorimar Productions Inc and Others v Dallas Restaurant
1981 (3) SA 1129
(T) at 1139E-1140A; Joubert
Law
of South Africa
vol 2 para 505 at 311-12; Chowles and Webster
SA
Law of Trade Marks
2nd ed at 302-4; Van Heerden and Neethling
Onregmatige
Mededinging
at 99-100.).”
[12] Respondent se antwoord op
applikante se bewering dat hy onregmatiglik sy produkte op die
reputasie van applikante se handelsware
aanklamp, is dat hy “die
handelsnaam van Africa’s Own Foods waaraan die embleem ter sprake
onlosmaaklik gekoppel is” van die
likwidateur van Africa’s Own
Foods BK in likwidasie op 25 Augustus 2003 gekoop het.
Die koopkontrak, Aanhangsel “CG7”tot applikante se
verklaring meld slegs dat die “trade name” gekoop word en swyg
insiggewend
oor die embleem.
Die verkoop van die handelsnaam en respondent se
bewering dat die embleem onlosmaaklik daaraan gekoppel was regverdig
as onvermydelike
afleiding dat respondent in sy eie gemoed ‘n
waarde op die handelsnaam en embleem geplaas het. Handelsware onder
gemelde handelsnaam
en embleem het dus, blykens respondent self, ‘n
reputasie opgedoen.
[13] Visuele impak van die
verpakking, Bewysstukke “A”, “B” en “C” vanweë die
embleem of grafiese ontwerp daarop is dat
die ware daarin dieselfde
oorsprong het.
Nader en spesifieke ondersoek toon egter dat respondent
sy naam as produsent in een sentimeter hoë letters aangebring het en
met
direk daarlangs ‘n sirkel waarin drie menselike figure
uitgebeeld word met die woorde “fortified for better health” in
‘n
halfsirkel onderaan – Bewysstuk “CG9” tot applikante se
verklaring.
Schutz, AR lig aanklamping in
BLUE
LION MANUFACTURING (PTY) LTD v NATIONAL BRANDS LTD
2001 (3) SA 884
(HHA) 887
para
[2], [3]
en
[4]
toe:
“
[2] The
simple principle in passing off is stated by Solomon J in
Pasquali
Cigarette Co Ltd v Diaconicolas & Capsopolus
1905
TS 472
at 474
to be:
(N)o man is allowed to pass off
his goods as the goods of another person; no manufacturer of goods is
allowed to represent to the
public that the goods which he is selling
are the goods of a rival manufacturer.
[3] The more
detailed rules have been articulated so frequently and consistently
that I need make only the briefest reference to them.
When one is
concerned with alleged passing off by imitation of get-up, as is the
case in the matter before us, one postulates neither
the very careful
nor the very careless buyer, but an average purchaser, who has a
general idea in his mind’s eye of what he means
to get but not an
exact and accurate representation of it. Nor will he necessarily
have the advantage of seeing the two products
side by side. Nor will
he be alerted to single out fine points of distinction or definition.
Nor even, as pointed out by Greenberg
J (from whom I have been
quoting) in
Crossfield
& Son Ltd v Crystallizers Ltd
1925 WLD 216
at 220, will he have had the benefit of counsel’s
opinion before going out to buy. Nor will he necessarily be able to
read simple
words, as there are distressingly many people in South
Africa who are illiterate.
[4] However,
the law of passing off is not designed to grant monopolies in
successful get-ups. A certain measure of copying is permissible.

But the moment a party copies he is in danger and he escapes
liability only if he makes it “perfectly clear” to the public
that
the articles which he is selling are not the other
manufacturer’s, but his own articles, so that there is no
probability of any
ordinary purchaser being deceived:
Pasquali
at 479,
Crossfield
at 221 and
Adcock-Ingram
Products Ltd v Beecham SA (Pty) Ltd
1977 (4) SA 434
(W) at 437F-438A.”
Wanneer na die drie Bewysstukke “A”,
“B” en “C” deur die gemiddelde koper gekyk sou word, is die
visuele impak van die
embleem so oorweldigend dat die onderskeidende
elemente in die niet verdwyn, en dit veral ten aansien van die produk
wat eerste applikant
en respondent bemark.
Die moontlikheid van misleiding en verwarring is myns
insiens oorweldigend.
[14] Die vraag ontstaan nou in welke vorm die gevolglike
regshulp verleen moet word. ‘n Verbod op gebruikmaking van die
embleem
in gebiede waar applikant nie handelddryf nie is gewoon nie
geregverdig nie omdat applikante nie ‘n saak vir sodanige regshulp
uitgemaak het nie. Die onderstaande bevel behoort die probleem te
ondervang.
[15] Koste behoort die resultaat te volg.
Namens applikant was versoek dat die koste van twee
advokate toegelaat word. Die versoek was nie werklik geopponeer nie.
[16] Die volgende bevele word gemaak:
1. Respondent word verbied om die grafiese onderwerp of
embleem uitgebeel op Aanhangsel “CG9” tot tweede applikant se
beëdigde
verklaring op die verpakking van sy handelsware wat vir
verspreiding deur Senwes Bpk, CCW Stores, Thaba Wholesalers in
Noordwes Provinsie,
Noord-Kaap, Vrystaat en Gauteng bedoel is aan te
bring.
2. Respondent om die koste insluitende die koste van
twee advokate te betaal.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens Applikante:
Adv.
A.J.R. van Rhyn SC
i.o.v.
Symington
& De Kok
Namens Respondent:
Adv.
C.A. Human
i.o.v.
Rosendorff
Reitz Barry
/scd