About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 17
|
|
Eskom v Thabo Mofutsanyana Distriksraad (4184/2004) [2004] ZAFSHC 17 (18 March 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
No.: 4184/2001
In
die saak tussen:
ESKOM
Eiser
en
THABO
MOFUTSANYANA DISTRIKSRAAD
Verweerder
___________________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
9 & 10 MAART 2004
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
18 MAART 2004
___________________________________________________________
[1] Eiser, wat funksioneer uit hoofde
van die Eskomwet No.40 van 1987, spreek verweerder aan vir die
terugbetaling van ân bedrag
van R180 382,35, synde
streeksdiensteraadheffings wat eiser aan verweerder betaal het.
Volgens die pleitstukke is dit gemeensaak
dat verweerder statutêr
geregtig is om streeksdiensteraadheffings te verhaal van persone, of
instansies, wat nie aldus vrygestel
is om dit te betaal nie.
[2] Dit blyk uit die notule van die
Hofreël 37-samesprekings dat die partye dit eens is dat die volgende
aspekte tans beslis moet
word:
1. Die meriete van die eiser se vordering.
2. Of die Hof jurisdiksie het om dit te besleg.
3. Of enige gedeelte van die eiser se vordering verjaar
het.
[3] Alle ander geskilpunte,
insluitende die omvang van eiser se
quantum
,
staan oor om later besleg te word, indien nodig. By die aanvang van
die verhoor is sodanige bevel by ooreenkoms ingevolge Hofreël
33(4)
verleen.
[4] Volgens die Hofreël 37-notule is
dit gemeensaak dat ongeveer gedurende 1995 die Johannesburg Plaaslike
Owerheid die eiser versoek
het om sekere inligting te verstrek ten
opsigte van die verhuur van eiendom, asook die verkoop van
skrootmateriaal ten einde heffings
vas te stel wat volgens die
plaaslike owerheid verskuldig was deur eiser aan verweerder ingevolge
die Streeksdiensteraadwet No. 109
van 1985. Daarna het eiser die
regsmenings ingewin van twee senior advokate wat verskillende
konklusies bereik het ten opsigte van
eiser se aanspreeklikheid. In
die een opinie is te kenne gegee dat, uit hoofde van artikel 24 van
die Eskomwet, eiser nié vrygestel
is van die betaling van
addisionele heffings nie, terwyl die ander opinie te kenne gegee het
dat eiser wel vrygestel is van sodanige
betaling.
[5] Daarna het eiser die Johannesburg
Plaaslike Owerheid in kennis gestel dat dit vrygestel is van betaling
en het gevolglik geweier
om die aangevraagde inligting hierbo na
verwys, te verstrek. Laasgenoemde het nie die korrektheid van
hierdie mededeling aanvaar
nie en op 4 Desember 1995 is die
aangeleentheid verwys na die Kommissaris van Binnelandse Inkomste vir
sodanige optrede as wat die
Kommissaris mag goed vind, waarna die
saak van
ESKOM v
GREATER JOHANNESBURG TRANSITIONAL METROPOLITAN COUNCIL
aangehoor is deur Southwood, R wie op 9 Julie 1997 beslis het dat
Eskom, uit hoofde van die bepalings van artikel 24 van die Eskomwet,
inderdaad vrygestel was van die betaling van
streeksdiensteraadheffings. Hierdie uitspraak is deur die Hoogste
Hof van Appèl op
30 November 1999 bekragtig.
[6] Dit blyk egter dat in die
tussentyd eiser se finansiële komitee op 5 November 1997 besluit het
om voort te gaan met die betaling
van hierdie heffings onder
sogenaamde protes en in afwagting van die beslissing van die Hoogste
Hof van Appèl. Die eiser het ook
briewe gerig aan sekere plaaslike
owerhede waarin hierdie beslissing bekend gemaak was en is eiser se
rekenkundige personeel opdrag
gegee om eiser se tjeks aan te bied op
die basis dat betalings onder protes en sonder benadeling van regte
gemaak word. Eiser is
egter nie in staat om énige van hierdie
briewe wat aan verweerder gerig was op te spoor nie.
[7] Slegs een getuie, mnr. Willem
Jacobus Johannes du Plessis, die algemene bestuurder: regsdienste in
diens van die eiser, het getuig
en verklaar dat as gevolg van ân
probleem in 1995 met die betaling van streeksdiensteraadheffings, het
hulle twee regsmenings ingewin
wat teenstrydig was soos hierbo
uiteengesit. In kruisverhoor deur mnr. Ploos van Amstel, namens die
verweerder, het hy te kenne
gegee dat die rede vir die voortsetting
van betalings, onder andere, te wyte was aan die feit dat dit
polities nie korrek sou wees
om die plaaslike owerheid te
antagoniseer nie en ook om boetebetalings te vermy indien heffings
regtens betaalbaar sou wees.
[8] Nadat beide partye se sake
gesluit is het mnr. Tuchten, namens die eiser, te kenne gegee dat
eiser nie langer daarop steun dat
alle betalings onder protes geskied
het, of dat dit ân stilswyende term van die ooreenkoms was dat
indien die Hoogste Hof van Appèl
sou beslis dat eiser vrygestel was
van betaling, verweerder reeds betaalde heffings aan die eiser sou
terugbetaal. Die skuldoorsake
waarop eiser huidiglik steun is:
1. Die
condictio
indebiti
en âdie
analogiese aanwending daarvanâ soos bespreek deur Harms, A.R. in
BOWMAN, DE WET
AND DU PLESSIS NNO AND OTHERS v FIDELITY BANK LTD
1997 (2) SA 35
(A) te 40A-C
.
2. ân Aksie gebaseer op artikel 25(1) van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, No.108 van 1996 en die bepaling
van artikel
28(2) van die Interim Grondwet No.200 van 1993,
alternatiewelik ân aksie wat die gemenereg uitbrei in die lig van
die bepalings
van voormelde artikels in ooreenstemming met die gees
en doelstellings van artikel 39(2) van gemelde Grondwet.
[9] Mnr. Ploos van Amstel het namens
die verweerder te kenne gegee dat hy die verweer van afwesigheid van
jurisdiksie laat vaar, maar
dat verweerder volhard met sy pleit van
verjaring.
[10] Ten opsigte van die
condictio
indebiti
word in
die
BOWMAN
-saak
(
supra
)
op
40A-H
die volgende verklaar:
â
I
do wish, however, to point out at the outset that the principles
underlying the
condictio
are not immutable and that, in principle, a party is entitled to rely
âop die analogiese aanwending van die
condictio
indebiti
â
(
Kommissaris
van Binnelandse Inkomste en ân Ander v Willers en Andere
1994 (3) SA 283
(A), especially at 333G-H). The rules of the
condictio
are also not identical for all situations and there is scope for
deviation, for instance where deceased or insolvent estates and
the
like are concerned ....
I
would have thought that an
ultra
vires
payment represents a prime example for a payment
indebite
.
Such payments are, by their very nature, payments of something not
owing (âonverskuldigâ) by the payee. Sir John Wessels
was of a
like mind: in
Law
of Contract in South Africa
2nd ed para 3642, he said that a payment is considered not to be due
if a claim was thought to exist but which, after payment, is
discovered to have been null and void. The point is in any event not
a novel one and has been the subject of a number of judgments.â
[11] Gemelde beslissing haal met
goedkeuring aan uit die handboek van Wessels,
Law
of Contract in South Africa
(2de Uitg.) par 999:
â
It seems,
however, more reasonable to hold that a person who, like an
executive, is acting for the benefit of others, and who in that
capacity overpays an heir or legatee under a
bona
fide
mistake as to their legal rights, should not suffer for his mistake.â
[12] Die vraag ontstaan dus of die
eiser die betalings gemaak het in die
bona
fide
en redelike,
maar foutiewe geloof dat die betalings verskuldig was en of die
foutiewe geloof op redelike gronde berus het, en dus
verskoonbaar
was. Harms:
Amlerâs
Presedents of Pleadings
,
3de Uitg. p.63.
WILLIS
FABER ENTHOVEN (PTY) LTD v RECEIVER OF REVENUE
[1991] ZASCA 163
;
1992 (4) SA 202
(A)
te 224B-H.
[13] Ten opsigte van die feite blyk
dit dat die eiser terugbetalings vorder van betalings wat gemaak was
aan die verweerder gedurende
die tydperk Januarie 1997 tot Desember
1998. Volgens mnr. Du Plessis se getuienis het hulle gedurende 1995
regsadvies ingewin van
twee senior advokate waarvan een die mening
gehuldig het dat die heffings regtens nie betaalbaar was nie.
Ondanks laasgenoemde advies
is voortgegaan met die betaling van die
heffings. Soos hierbo aangetoon het Southwood, R op 9 Julie 1997
beslis dat die eiser nie
regtens aanspreeklik is vir die betaling van
sodanige heffings nie. Selfs na hierdie uitspraak was daar ân
betaling van R16 736,66
op 18 Desember 1998. Hierdie beslissing is
deur die Hoogste Hof van Appèl bekragtig in
GREATER
JOHANNESBURG TRANSITIONAL METROPOLITAN COUNCIL v ESKOM
2000 (1) SA 866
(SCA)
.
[14] Dit is belangrik op daarop te
let dat die eiser se voortsetting van betalings geensins te wyte is
aan ân bona fide fout aan
hulle kant nie, maar, onder andere, weens
die feit dat dit âpolities nie korrek sou weesâ om die plaaslike
owerheid te antagoniseer
nie. In
ESKOM
v BOJANALA PLATINUM DISTRICT MUNICIPALITY en RUSTENBURG DISTRICT
COUNCIL
(Saaknommers 31575 en 31579/2001 (gelewer in die TPA op 1 Augustus
2003) verklaar Moseneke, R op p.7 par [12] die volgende:
â
In
my view, all these circumstances are inconsistent with an erroneous
but reasonable belief that the plaintiff was liable for payment
of
the levies
.
The plaintiff held the view, was advised and litigated on the basis
that it was not liable to pay the levies. Like most litigants,
the
plaintiff may not have held its views with absolute certainty, but
that indeed was the view which informed the plaintiffâs
conduct.
Such conviction cannot co-exist with an honest belief that the
plaintiff had an obligation to pay the levies.â
[15] Gemelde saak het feitelik
dieselfde historiese aanloop gehad en stem ek saam met die slotsom
wat daarin bereik is.
[16] Die huidige saak is in elk geval
onderskeibaar van die
BOWMAN
-saak
(
supra
):
die huidige eiser is ân statutêre liggaam wat sy elektrisiteit
verkoop aan die algemene publiek, terwyl die
BOWMAN
-saak
gehandel het met die posisie van ân likwidateur of ân eksekuteur.
Die betalings wat eiser gemaak het was positiewe wilsbesluite
van
die finansiële komitee om redes hierbo na verwys en kan nie
gekonstrueer word as
ultra
vires
soos in die
BOWMAN
-saak
nie. Dit volg dus dat die betalings wat eiser gemaak het nie as
bona
fide
en redelik of
verskoonbaar aangemerk kan word nie. Die skuldoorsaak van
condictio
indebiti
kan dus in
die huidige omstandighede nie toepassing vind nie.
[17] Mnr. Tuchten het verder betoog
dat eiser geregtig is op terugbetaling van die geëisde bedrag op
grond van die bepalings van
artikel 25(1), asook artikel 39(2) van
die Grondwet. Artikel 25, wat handel met
eiendom,
lui onder andere soos volg:
â
(1)
Niemand
mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ân algemeen geldende
regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre
ontneming van
eiendom veroorloof nie.
(2) Eiendom mag slegs ingevolge
ân algemeen geldende regsvoorskrif onteien word â
(a) vir ân openbare doel of in
die openbare belang; en
(b) onderworpe
aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling of
deur diegene wat geraak word, aanvaar is of deur
ân hof bepaal of
goedgekeur is. ....â
[18] Volgens
HAT
Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, (onder redaksie
van F.F. Odendaal en R.A. Gouws) beteken -
â
ontneem
â
â âafneem, wegneem van ... iemand ân voorreg ontneem. Iemand
die lewe ontneem ...â
Volgens
The
New Shorter Oxford English Dictionary
beteken â
â
deprive
â
- âdisposses, debar ... divest, strip ... deny the future position
or enjoyment of something.â
[19] In
The
Bill of Rights Handbook
,
(4de Uitg. deur Johan de Waal, Iain Currie en Gerhard Erasmus) word
op p.417 die volgende verklaar:
â
Sections
25(1) and 25(2) distinguish between âdepr
ivationâ
of property and âexpropriationâ of property. Deprivation of
property by the State is permissible provided that it
is not
arbitrary and is carried out in terms of a law of general
application. An individual has no right to compensation if he or
she
has been deprived of the property. Where the property has been
expropriated by the State, an individual has a right to monetary
compensation for the property that has been taken.â
[20] Verder, indien artikel 25 in die
geheel gelees word, het dit klaarblyklik te doen met gevalle waar ân
persoon daadwerklik
ontneem
word van sy eiendom soos in die geval van onteiening, wat in hierdie
opsig ooreenstem met die grammatikale betekenis van âontneemâ
(of
âdepriveâ) soos hierbo aangetoon. Gemelde artikel is dus nie van
toepassing in die huidige omstandighede nie.
[21] Wat artikel 39 van die Grondwet
betref, handel dit met die uitleg van Handves van Regte en lui
artikel 39(2) soos volg:
â
By
die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling
van
die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die
gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.â
[22] Ten opsigte van die plig van die
howe in hierdie verband word in
CARMICHELE
v MINISTER OF SAFETY AND SECURITY AND ANOTHER (CENTRE FOR APPLIED
LEGAL STUDIES INTERVENING)
[2001] ZACC 22
;
2001 (4) SA 938
(CC) te par [39]
die volgende verklaar:
â
It needs
to be stressed that the obligation of Courts to develop the common
law, in the context of the s 39(2) objectives, is not
purely
discretionary. On the contrary, it is implicit in s 39(2) read with
s 173 that where the common law as it stands is deficient
in
promoting the s 39(2) objectives, the Courts are under a general
obligation to develop it appropriately. We say a âgeneral
obligationâ because we do not mean to suggest that a court must, in
each and every case where the common law is involved, embark
on an
independent exercise as to whether the common law is in need of
development and, if so, how it is to be developed under s 39(2).â
[23] Twee onlangse beslissings in die
Hoogste Hof van Appèl het ook met hierdie plig gehandel. In
DU
PLESSIS v ROAD ACCIDENT FUND
2004 (1) SA 359
(HHA)
verklaar Cloete, A.R. teenoor par
[35]
die volgende:
â
Section
173 of the Constitution provides that the Consititutional Court, this
court and the High Courts have the inherent power to
develop the
common law, taking into ac
count
the interests of justice. In terms of s 8 of the Constitution a
Court, in order to give effect to a right in the Bill of Rights,
must
develop the common law to the extent that legislation does not give
effect to that right. A Court should in terms of s 39(2),
when
developing the common law, promote the spirit, purport, and objects
of the Bill of Rights.â
[24] In
AFROX
HEALTHCARE BPK v STRYDOM
2002 (6) SA 21
(HHA)
handel Brand, A.R., volledig met die uitwerking van die
stare
decisis
-reël,
asook die invloed van die Grondwet op die gemenereg. In die
uitspraak verwys hy na die volgende drie gevalle wat kan voorkom:
Eerstens waar die Hooggeregshof oortuig is dat die gemenereg strydig
is met ân grondwetlike bepaling, in welke geval dit verplig
is om
van die gemenereg af te wyk. Die tweede geval is waar ân
beslissing wat gebaseer was op
boni
mores
, of openbare
belang, volgens die Hooggeregshof, met inagneming van die
konstitusionele waardes, nie meer die
boni
mores
, of die
oorwegings van openbare belang, korrek weergee nie. Ook hier is die
Hooggeregshof verplig om van die gemenereg af te wyk.
[25] Teenoor par
[29]
verklaar hy die volgende:
â
Die
derde situasie wat kan ontstaan, is die volgende: die reël van die
gemenereg wat in ân pre-konstitusionele beslissing van hierdie
Hof
neergelê is, is nie direk in stryd met enige spesifieke bepaling van
die Grondwet nie. Dit is ook nie afhanklik van verander
ende
oorwegings soos
boni
mores
of openbare belang nie. Desondanks is die Hooggeregshof oortuig dat
die betrokke gemeneregtelike reël, by die toepassing van art
39(2),
verander moet word ten einde die gees, strekking en oogmerk van die
Grondwet te bevorder. Is die Hooggeregshof in hierdie
geval by magte
om uiting te gee aan sy oortuigings of is hy steeds deur die
beginsels van
stare
decisis
gebonde om die gemenereg toe te pas soos pre-konstitusioneel deur
hierdie Hof neergelê? Die antwoord is dat die beginsels van
stare
decisis
steeds geld en dat die Hooggeregshof nie deur art 39(2) gemagtig word
om van die beslissings van hierdie Hof, hetsy pre- hetsy
post-konstitusioneel,
af te wyk nie. Artikel 39(2) moet saamgelees
word met art 173 van die Grondwet. Kragtens laasgenoemde artikel
word erkenning verleen
aan die inherente bevoegdheid van ân
Hooggeregshof om â saam met die Konstitusionele Hof en hierdie Hof
â die gemenereg te
ontwikkel. Dit is by die uitoefening van
hierdie inherente bevoegdheid wat die bepalings van art 39(2) ter
sprake kom. Voor die
Grondwet het die Hooggeregshof uiteraard ook,
netsoos hierdie Hof, die inherente bevoegdheid gehad om die gemenereg
te ontwikkel.
Hierdie inherente bevoegdheid was egter onderworpe aan
die reëls wat in die leerstuk van
stare
decisis
uitdrukking vind. Na my mening word hierdie reël nóg uitdruklik
nóg by noodwendige implikasie deur die Grondwet verdring. Kortom,
onderliggend aan die opdrag vervat in art 39(2), is die
veronderstelling dat die betrokke Hof die bevoegdheid het om die
gemenereg
te wysig. Of die betrokke Hof inderdaad daardie
bevoegdheid het, word onder meer deur die
stare
decisis
-reël
bepaal.â
[26] Mnr. Tuchten het betoog dat daar
die behoefte bestaan vir ân konstitusionele remedie om belastings
terug te vorder wat nooit
verskuldig was nie, aangesien die gemenereg
in hierdie opsig gebrekkig is. In hierdie verband het hy gesteun op
ELLIS NO v
COMMISSIONER OF TAXES
1995 (4) SA 265
(ZSC)
waar op
274H-I
die volgende verklaar word:
â
To my
mind, the view that there is in general a right to restitution of
moneys paid following upon an
ultra
vires
and illegal demand, and so a right to the recovery of interest
thereon, is both attractive and compelling. For such principal
payment
would have been made either in consequence for a perceived
presumption on the part of the payer of the constitutional validity
of
the demand and the holding out of such legality by the
Legislature, or on account of the prospect of the payer being
subjected to
penal interest where his opinion of the illegality of
the demand ultimately ruled to be incorrect.â
[27] Hierdie beslissing is in
teenstelling met dié van
COMMISSIONER
FOR INLAND REVENUE v FIRST NATIONAL INDUSTRIAL BANK LTD
[1990] ZASCA 49
;
1990 (3) SA 641
(A)
waar Nienaber, WnA.R. (soos hy toe was) op
648G-I
die volgende verklaar:
â
In
short, the claim for a refund cannot be accommodated under either the
classical
condictio
indebiti
,
based on error, or on its extended form, based on duress. No other
basis (except contract) was suggested either in the papers
or during
argument.
And
because all the payments were made with the fixed intention of
discharging existing (albeit disputed) debts in order to deflect
the
possible imposition of penalties, it cannot be said, for the purpose
of an action on enrichment, that the payments,
qua
payments, were without due cause.â
Laasgenoemde beslissing is, na my
mening, van toepassing op die huidige saak.
[28] Samevattend, blyk dit dat
afgesien van ân statutêre remedie wat voorsiening maak vir die
terugbetaling van bedrae te veel
betaal (Regulasie 12(1)
Staatskoerant No. 10613 van 17 Februarie 1987, uitgevaardig kragtens
Wet op Streeksdiensterade No. 109 van
1985), het eiser ook beskik oor
gemeenregtelike remedies wat, na my mening, geensins strydig is met
enige grondwetlike bepaling nie.
Hier is ook nie sprake van
oorwegings van
boni
mores
of openbare
belang nie, en is ek volgens die
stare
decisis
-reël nie
geregtig om af te wyk van vroeëre beslissings van die Hoogste Hof
van Appèl, selfs indien ek dit sou wou doen nie.
AFROX
HEALTHCARE BPK v STRYDOM
(
supra
)
te 39B-J.
Artikel
25(1) van die Grondwet is nie van toepassing op die huidige geval
nie. Die gemenereg in hierdie verband is ook nie gebrekkig
in die
bevordering van die gees, strekking en oogmerke van die Handves van
Regte soos bedoel in artikel 39(2) van die Grondwet.
CARMICHELE
v MINISTER OF SAFETY AND SECURITY
(
supra
)
te par
[39]
.
Dit is duidelik dat eiser wel voldoende gemeenregtelike remedies
beskikbaar gehad het, maar was dit nie in staat om sy saak binne
die
trefwydte daarvan te bring nie. In die omstandighede het eiser dus
nie ân saak uitgemaak vir die betaling van enige bedrae
nie.
[29] In die lig van die slotsom
waartoe ek geraak het, is dit nie nodig om te handel met die spesiale
verwere wat deur die verweerder
geopper is nie.
[30] Bygevolg word eiser se vordering
van die hand gewys met koste, welke koste sal insluit die koste van
twee advokate.
_________________
S.P.B.
HANCKE, R
Namens Eiser:
Adv.
N.B. Tuchten SC
Bygestaan deur: Adv. M. Patel
i.o.v.
N.W.
Phalatsi & Vennote
Namens Verweerder:
Adv.
C. Ploos van Amstel SC
Bygestaan
deur: Adv. L. Le R Pohl
i.o.v.
Honey
Prokureurs
/scd