About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 13
|
|
Ranooe v S [2004] ZAFSHC 13 (4 March 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
No.: 82/2003
In
die appèl tussen:
ARTHUR
LEBOHANG RANOOE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
HANCKE
et
CILLIé, RR
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
16 FEBRUARIE 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
4 MAART 2004
___________________________________________________________
Die appellant in hierdie aangeleentheid is in die
Streekhof aangekla en skuldig bevind aan ân eerste klagte van
huisbraak met die
opset om te steel en diefstal en ân tweede klagte
van verkragting. Op die eerste klagte is hy gevonnis tot vier jaar
gevangenisstraf
en op die tweede klagte tot agt jaar gevangenisstraf.
Dit is egter gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien kan word.
Hy kom
nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevindings asook die
opgelegde vonnisse.
Alhoewel Me. Amod, wat namens die Staat op appèl
opgetree het, toegegee het dat die skuldigbevinding op die eerste
klagte nie kan
bly staan nie, is daardie klagte so verweef met die
tweede klagte dat verwysing daarna nodig is ten einde die hele
gebeure wat aanleiding
gegee het tot die klagtes teen die appellant
in volle perspektief te sien.
Die klaagster se getuienis was naamlik dat sy die nag
van die voorval in hul huis langs haar man in ân bed gelê en slaap
het.
Op ân stadium het sy bewus geword daarvan dat iemand met haar
gemeenskap hou. Sy was onder die indruk dat dit haar man is, maar
voel toe skynbaar toevallig dat hy steeds langs haar op die bed lê.
Toe sy besef dat dit iemand anders moet wees wat met haar gemeenskap
hou het sy alarm gemaak. Die persoon het vinnig opgespring en
weggehardloop. Haar man het hom agtervolg, maar sonder sukses. Sy
en haar man het toe ondersoek ingestel en gevind dat ân venster in
die huis gebreek is en daar skynbaar op hierdie wyse toegang
tot die
huis verkry was. ân TV-stel, ân hoëtroustel met CD-spelers, ân
antenna, ân broek en twee pare skoene is vermis.
Haar getuienis is
egter onomwonde dat die persoon toe hy weggehardloop het nie hierdie
goedere by hom gehad het nie.
Selfs
aanvarende vir die oomblik dat dit die appellant was wat haar verkrag
het, ân aspek waarmee weldra gehandel sal word, is daar
dus geen
getuienis dat dit ook hy is wat die goedere gesteel het nie. Die
landdros het die saak benader op die basis dat dit net
die verkragter
kan wees wat ook die goedere gesteel het. Die landdros reken dat die
âwiskundige moontlikheidâ dat iemand anders
dit kon gesteel het
so gering is dat dit buite rekening gelaat kan word. Vanweë die
bevinding wat hierinlater gemaak word aangaande
die vraag of die
identiteit van die appellant as verkragter bo redelike twyfel bewese
is, is dit onnodig om oor die korrektheid van
hierdie bevinding van
die landdros te beslis. Dit is voldoende om aan te dui dat Me. Amod,
namens die Staat soos gemeld, dit nie
ondersteun het nie.
Die enigste geskilpunt op appèl is
dan inderdaad of dit bo redelike twyfel bewese is dat dit die
appellant is wat die nag met die
klaagster gemeenskap gehou het. Die
klaagster se identifikasie van die appellant is die enigste getuienis
wat hom met die voorval
verbind. Volgens die klaagster het daar lig
van ân maslig buite deur die venster van die slaapvertrek geskyn.
Omdat die appellant
se gesig teen haar was (sy stel dit op 10
sentimeter) kon sy, volgens haar, die appellant goed sien. Die
appellant was nie voorheen
aan haar bekend nie. Sy beweer egter dat
die middag voor die voorval het die appellant saam met ân vriend
wat wel aan haar bekend
is by hul huis aangekom. Terwyl die appellant
se vriend met haar gepraat het, het die appellant glo deurgestap na
die sitkamer waar
die klaagster se man en vriende hom vermaan het
omdat die manier wat die appellant in die vertrek rondgekyk het hulle
aangestaan
het nie.
Die appellant self ontken dat dit hy is wat die
klaagster verkrag het. Volgens hom was hy die dag saam met vriende
en het die aand
saam met hulle by ân vriendin gekuier. Hy het die
aand daar geslaap. Die vriendin asook een van die vriende het dit in
hul getuienis
namens die verdediging bevestig. Die appellant het
ontken dat hy die middag by die klaagster se woning was, maar tog
aangedui dat
hy saam met ân vriend van hom rondgeloop het en nie
kan sê waar hulle oral was nie omdat hy nie al die plekke geken het
nie.
Mnr. Nkhahle, namens die appellant, het betoog dat die
appellant se identiteit as die klaagster se verkragter nie bo
redelike twyfel
bewese is nie. Hy wys daarop dat die klaagster die
minimum tyd vir waarneming gehad het, dat die beligting op die beste
maar swak
was en dat sy in elk geval nog deur die slaap was toe sy
haar waarnemings moes doen. Hy wys ook daarop dat die appellant se
gesig,
op haar weergawe, so naby die klaagster was dat dit ân
skeefgetrekte beeld van sy voorkoms aan die klaagster sou gee.
Daar is heelwat meriete in hierdie betoog van mnr.
Nkhahle. Hierbenewens het die landdros in sy uitspraak ten aansien
van die twee
verdedigingsgetuies nie meer gedoen nie as om te meld
dat hul getuienis verwerp word omdat hul
â
weergawe met betrekking tot
die gebeure die aand beïndruk my nie .... dit kom my voor asof dit
ân weergawe is wat deur die partye
gesinchroniseer is ....â
Die landdros het na my mening te veel
gemaak van die feit dat die appellant ontken het dat hy die middag
saam met sy vriend by die
klaagster se huis was, terwyl die
aanduidings is dat dit wel so was. Ek is nie oortuig daarvan dat
hierdie ontkenning, aanvarende
dat dit vals is, so deurslaggewend is
dat dit teen die agtergrond van al die getuienis as ân geheel
genome genoemsaam is om te
lei tot ân bevinding van skuld nie.
Die getuienis van die appellant se twee getuies lees
goed, die appellant se eie getuienis, behalwe vir die voormelde
ontkenning, kan
nie werklik kritiseer word nie en die klaagster se
identifikasie van die appellant as haar verkragter staan maar op
wankelrige bene.
Ek
is nie oortuig daarvan dat die appellant se skuld na behore bewese
was nie. Dit synde so, is daar ook geen bewys dat hy die persoon
is
wat aldaar ingebreek en die goedere gesteel het nie.
Bygevolg
slaag die appèl en word die skuldigbevindings en opgelegde vonnisse
op beide klagtes tersyde gestel.
______________
C.B. CILLIé, R
EK
STEM SAAM
_________________
S.P.B.
HANCKE, R
Namens Appellant:
Mnr.
R.J. Nkhahle
i.o.v.
Regshulp
Raad
Bloemfontein
Namens Respondent:
Adv.
H. Amod
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein
/scd