About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 132
|
|
S v Matsane (210/86) [1986] ZASCA 132 (27 November 1986)
ALBERT MATSANE
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
SAAK NO. 210/86
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAPDELING)
In die saak tussen
ALBERT MATSANE
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: BOTHA, JACOBS ARR et NESTADT Wnde AR
VERHOOR
: 17
NOVEMBER 1986
GELEWER
: 27 NOVEMBER 1986
UITSPRAAK
NESTADT, /
2.
NESTADT, Wnde AR
:
Molefeng Mokoena, 'n agt-jarige seun, het saam met sy pleegmoeder Dianah
Mokoena in die Marite Trust-gebied naby Hazyview in die Oos
Transvaal gewoon. Op
die oggend van Vrydag 29 Maart 1985 is hy van die huis af waar hulle gebly het
weg. Sedert daardie dag word
hy vermis.
Hierdie feite het aanleiding gegee tot appellant se vervolging op aanklagtes
van moord en kinderdiefstal voor Le Grange R en assessore
in die Oos en
Suid-Oostelike ROndgang plaaslike Afdeling van Transvaal. Hy is op albei klagtes
skuldig bevind. Geen versagtende omstandighede
is ten opsigte van die moord
bevind nie en hy is bygevolg ter dood veroordeel.
Wat/
3.
Wat die skuldigbevinding aan kinderdiefstal
betref is 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf hom opgelê. Met verlof van
die verhoorhof.
kom hy nou in hoër beroep teen die skuldigbevindings en die
doodvonnis.
Kort gestel, was die getuienis teen appellant die volgende:
(i) Appellant, wat die kind se swaer was, het die vorige aand by Dianah se
stat geslaap. Die volgende oggend is hy saam met die kind
weg na Hazyview. Hulle
het ongeveer 9 uur vm daar aangekom. (ii) By 'n winkel daar het hy en die kind
gesit en eet. Dit was ongeveer
1:30 nm. Hy sê toe
aan/
4. aan die kind "Swaer kom ons loop" en hulle is toe te voet weg in
die rigting van die grootpad wat na Khoromane toe lei. Sipho,
'n vyftien-jarige
seun wat hierdie voorval waargeneem het, het hulle 'n ent gevolg. Hy het die
kind, wat familie van hom was, geroep
en hom gevra om saam met hom terug huis
toe te gaan. Appellant, sonder om enigiets te sê het toe die kind aan die
hand gevat
en hom ge-trek. Hulle het aangehou loop. Sipho het hulle nie weer
gesien nie. Ongeveer 5 uur dieselfde middag is appellant weer by
Hazyview
gewaar. By hierdie geleentheid was hy egter alleen. Hy is deur ene Hitler
Makhabela per motor na sy huis in die Khoramane
distrik geneem.
(iii)/
5. (iii) Alhoewel hy in die omgewing deur familie en vriende
gesoek is, is die kind nooit opgespoor nie. Geen taal of tyding is van
hom
ontvang nie. Sy lyk is ook nie gevind nie. 'n Jaar na die voorval (d w s tydens
die verhoor) was dit nog steeds die posisie.
(iv) Op Maandag 1 April 1985, d w s
drie dae na sy ver-dwyning, in die teenwoordigheid van Dianah, het appellant aan
'n hoofman (wat
heeltemal tereg deur die hof as 'n getuie geroep is) van hulle
stam, nadat hy deur hom gevra is waar die kind is, erken dat hy die
kind
doodgemaak het. Hy is voor die hoof-man gebring nadat Dianah by laasgenoemde
gaan klá het dat
appellant/
6.
appellant die kind weggeneem het.
Appellant, in sy getuienis ter
ondersteuning van sy pleit van onskuldig, het erken dat hy by Dianah se huis die
betrokke aand geslaap
het en dat hy die volgende middag na Hazyview gegaan het.
Hy het egter ontken dat hy die kind van die huis af weggeneem het of dat
hy saam
met die kind by Hazyview was. Hy het ook ontken dat hy 'n verklaring aan die
hoofman gemaak het soos deur die Staat beweer
is. M a w sy weergawe was dat hy
niks van die verdwyning van die kind geweet het nie. Dit dien gemeld te word dat
toe hy ter versagting
getuig het, appellant met 'n wesenlike verskillende relaas
voor die dag gekom het. Hy het toe erken dat hy saam met die kind die
oggend weg
is en dat hulle
saam/
7. saam by Hazyview aangekom het; daar het hy die kind gelos. Hierdie getuienis
moet, wat die meriete van die skuldigbevinding betref,
buite rekening gelaat
word.
Die verhoorhof het appellant se getuienis, waar dit
teenstrydig met dié van die staat was, verwerp. Hy is as 'n leuenagtige
getuie beskou. Dit is bygevolg bevind dat hy die kind van sy huis die betrokke
oggend weggeneem het en dat hy saam met die kind 'n
rukkie later by Hazyview
gesien is. Op grond van hierdie omstandig-heidsgetuienis het die hof a
quo
tot die volgende slotsom geraak:
"Die/
8.
"Die kind het dus spoorloos verdwyn terwyl hy in die sorg van die
be-skuldigde was te Hazyview, of in elk geval op die een of ander
plek nie ver
daarvandaan nie voordat die be-skuldigde van Hazyview vertrek het. Beskuldigde
het ons nie ingelig oor wat dié
dag gebeur het nie en waarom hy nie meer
die kind by hom gehad het toe hy die voertuig van Hitler bestyg het nie. Daar
bestaan ook
geen ander getuienis waaruit enige ander redelike afleiding gemaak
kan word oor die ver-dwyning van die kind nie as die af-leiding
dat daar iets
met die kind in daardie kritiese tydperk moes gebeur het en dat beskuldigde
noodwendig van daardie gebeurtenís
kennis moes gedra het. Sulke
spekulatiewe moontlikhede soos byvoorbeeld dat 'n ongeluk plaas-gevind het of
dat die lyk van die kind
weggedra is deur 'n onbekende per-soon of 'n gedierte
moet na ons mening buite rekening gelaat word. (Kyk byvoor-beeld
S v
Mtsweni
1985(1) S A 590 (A)).
Die/
9.
Die enigste redelike moontlikheid in die afwesigheid van
getuienis aan die kant van beskuldigde oor wat werklik gebeur het is dat
die
beskuldigde op die een of ander wyse aandadig was aan die ver-dwyning van die
kind en dat hy in eie belang nie oor die aangeleentheid
wou getuig nie."
Die afleiding van aandadigheid, so is dit verder beslis,
word gesteun deur
die getuienis dat appellant erken het
dat hy die kind doodgemaak het. Daardie
getuienis is aan-
vaar. Die resultaat was (en ek haal weer aan uit
Le Grange R se uitspraak):
"Die erkenning aan die kant van die beskuldigde aan die hoofman beteken nie
noodwendig dat die beskuldigde erken het dat hy die kind
vermoor het nie, dit
wil sê opsetlik gedood het nie, maar as dit nie die geval
is/
10.
is nie waarom het die beskuldigde nie in die hof getuig oor wat hy werklik
bedoel het toe hy die ge-wraakte woorde gebesig het nie?
In hierdie
omstandighede is die Hof genoop om te aanvaar dat daar geen ander redelike
moontlike ver-klaring van die verdwyning van
die kind is nie as dat die
beskuldigde die kind Molefeng wederregtelik en opsetlik gedood het
nie."
Die enigste féitebevinding
wat voor ons
namens appellant aangeval is, is dat appellant die
ver-
klaring aan die hoofman gemaak het. Daar is staat gemaak op
die
hoofman se getuienis dat hy 'n brief waarin gesê is
dat appellant erken
het dat hy iemand doodgemaak het, ge-
skryf het en dit saam met appellant aan die polisie ge-
stuur het. Die ondersoekbeampte, Sersant Maponya, het
egter/
11.
egter ontken dat hy op die stadium toe hy appellant
in
ontvangs geneem het geweet het die kind is gedood; hy
het bloot 'n saak
van 'n vermiste kind ondersoek; eers
later (toe appellant 'n ontoelaatbare verklaring aan hom
sou gemaak het) het hy bewus geraak dat die kind dood is.
Dit, luidens die
betoog, maak dit onwaarskynlik dat
appellant ooit die beweerde verklaring
gemaak het. Dáár
is verder aangevoer dat dit moontlik is dat Dianah en die
hoofman 'n
bekentenis gerekonstrueer het uit inligting wat
onder dwang deur die polisie verkry is.
Ek kan met hierdie betoog nie saamstem nie.
Dit is onseker of Maponya die brief ontvang het; dit is
nooit so aan hom gestel nie. Ewe-eens berus die stelling
dat die hoofman en Dianah die erkenning op aandrang van
die polisie gefabriseer het op bespiegeling. Dit is ook nie
aan/
12. aan hulle gestel nie. Dit is juis dat die brief nooit ingehandig
is nie. Maar ek glo nie dat dit ge-noegsaam is om 'n twyfel aangaande
die
hoofman en Dianah se geloofwaardigheid te skep nie. Op die oog af lyk dit
onwaarskynlik dat appellant uit die bloute (soos
mnr Treurnicht
, namens
appellant, dit gestel het) sou erken het dat hy die kind doodgemaak het. Maar 'n
mens weet dat dit vir een of ander rede
gedoen word. Die hoofman en Dianah staaf
mekaar oor die maak van die verklaring. Hulle het die verhoorhof as
geloofwaardige getuies
be-indruk. Dit is ondenkbaar dat die hoofman, wat
onaf-hanklik was, met Dianah sou saamgesweer het om appellant valslik te betrek.
'n Aanduiding van Dianah se eerlik-heid is dat sy getuig het dat toe appellant
die dag na
die/
13. die kind se verdwyning by haar huis was ('n aangeleentheid wat
binnekort behandel word), hy ontken het dat hy die kind weggeneem
het. Appellant
ontken nie dat hy 'n gesprek met die hoofman gevoer het nie en dat dit oor 'n
kind gegaan het. Hy beweer dat hy gesê
het dat hý niks van die
vermiste kind geweet het nie. Sy weergawe was dat hy aan die hoofman gesê
het dat hý
die vermiste kind se broer, ene Alpheus, wat by sy woning was,
na sy huis (d w s Dianah s'n) teruggeneem het. Dit is onwaarskynlik
dat hy van
Alpheus sou gepraat het. Die gesprek het oor die vermiste kind gegaan. In iedere
geval sou die hoofman appellant nie aan
die polisie oorhandig het nie tensy hy
die erkenning gemaak het. Hy sou hom liewers na sy kaptein gestuur het.
Weliswaar het die
Staat geen motief aan die kant van appellant
vir/
14.
vir die moord bewys nie. Dit is egter hoegenaamd nie 'n
voorvereiste nie. Dit mag gesê word dat die feit dat appellant, soos
wat
Dianah erken, die volgende dag d w s die Saterdag, haar by haar huis besoek het
prima facie
aanduidend is van 'n onskuldige gewete. Maar op die keper
beskou is dit nie so nie. Dit kon net so wel gewees het om sy spore dood
te vee.
Dit kon hom seer sekerlik nie benadeel het om die skyn van onskuld te probeer
skep nie. Dit is insiggewend dat hy toe nie
geopenbaar het dat die kind die
vorige dag saam met hom selfs in Hazyview was nie. Inteendeel het hy teenoor
Dianah ontken dat hy
saam met die kind was. Myns insiens, veral inaggenome
appellant se algemene onbetroubare getuienis, is daar
geen/
15.
geen gegronde rede om met die verhoorhof se
aanvaarding van die hoofman en Dianah se getuienis in te meng nie. Daar bestaan
ook geen
rede om die vrywilligheid van appellant se verklaring te bevraagteken
nie. Appellant self het dit nie gedoen nie.
Die tweede vraag wat ons aandag verg is
of daar aan artikel 209 van die Strafproseswet 51 van
1977 voldoen is en derhalwe dat die verklaring teen
appellant gebruik kon word. Dit artikel lees:
"Skuldigbevinding kan op bekentenis deur beskuldigde volg. - 'n Beskuldigde
kan aan 'n misdryf skuldig bevind word op die enkele bewys
van 'n bekentenis
deur daardie beskuldigde dat hy die betrokke misdryf gepleeg het, indien
bedoelde bekentenis in n wesenlike opsig
bevestig word of, waar die bekentenis
nie so
bevestig/
16.
bevestig word nie, indien dit deur
ander getuienis as bedoelde bekentenis
bewys word dat die misdryf inderdaad
gepleeg is."
Ek sal vir die doeleinde van die huidige punt aanvaar
dat appellant se
verklaring op 'n bekentenis neerkom en
dat artikel 209 dus van toepassing is. Dit is voor
die hand liggend dat
dit nie deur ander getuienis bewys
is dat die kind inderdaad vermoor is nie. Na my mening
egter is die verklaring in wesenlike opsigte bevestig.
Inherent daarin is (i) 'n erkenning dat hy saam met die kind
was en (ii)
dat die kind weens sy afsterwe nie weer
lewendig gesien sal word nie. Wat (i) betref, word dit
deur die getuienis bevestig dat op die dag van die kind
se verdwyning appellant die kind van sy huis af weggeneem
het/
17. het en by Hazyview hom weggetrek het toe Sipho hom geroep het.
Wat (ii) betref, is daar die getuienis dat die kind inderdaad verdwyn
het en dat
ongeag 'n soektog ha hom hy nie opgespoor is nie.
Die derde vraag is of die verhoorhof se bevinding dat appellant se erkenning
dat hy die kind gedood het, saam met die ander omstandigheidsgetuienis,
die
pleging van die misdryf van moord (deur appellant) bewys het,korrek is al dan
nie. Die afwesigheid van
'n
corpus delicti
skep natuurlik 'n probleem vir die Staat. Die gevolg
hiervan is dat daar geen direkte bewys is nie dat die kind gedood is of, indien
wel, hoe en waar en wanneer dit geskied het. Maar dit, soos uit verskeie
gewysdes/
18.
gewysdes blyk, is nie 'n oorbrugbare struikelblok nie (kyk bv
R v Nhleko
1960(4) S A 712 (A) op 721 D - G;
R v Sikosana
1960(4)
S A 723(A) op 729 A - 730 A; Hunt,
South African Criminal Law and
Procedure
, 2de uitgawe vol II p 374). In 'n bepaalde geval mag die
omstandigheids-getuienis sodanig wees dat die afleiding dat die beskuldigde
die
misdaad gepleeg het met die nodige sekerheid gemaak kan word. Na my mening is
die onderhawige saak so 'n geval. Die getuienis
teen appellant kom op die
volgende neer: (i) Om die volgende redes moet dit afgelei word dat daar op die
betrokke dag iets verkeerd
met die kind gebeur het, meer in besonder dat hy dood
is en dit ofskoon dat geen lyk gevind is nie;
(a) Vanaf/
19.
(a) Vanaf 29 Maart 1985 tot en met die verhoor
in Maartmaand die volgende jaar het die kind, sover dit bekend is, verdwyn en
ten spyte van 'n soektog is hy nie gevind nie.
(b) Alhoewel daar geen direkte tersaaklike ge-
tuienis is nie kan dit
aanvaar word dat sou
die kind nog geleef het sy familie van hom sou
gehoor
het. Die huidige saak verskil van bv
S v Bengu
1965(1) S A 298 (N) wat te doen gehad het met die verdwyning
van 'n baba en waar dit bevind is (kyk op 301 C) dat dit moontlik deur
iemand
gevind en aangeneem is.
(c) Die getuienis dui aan dat die betrokke omgewing
sodanig is dat die lyk
van 'n persoon maklik
weggemaak/
20. weggemaak kon gewees het. (d) Appellant self erken dat die kind dood is.
(ii) Die verdere afleiding dat appellánt daarvoor
ver-antwoordelik is, is
onvermydelik:
(a)
Appellant was op 29 Maart
1985 in die geselskap van die kind en het hom van sy tuiste
weggeneem.
(b)
Appellant self erken dat hy die
kind gedood het. Daar bestaan geen rede om die betroubaarheid van hierdie
erkenning te bevraagteken
nie.
(iii) Die oorblywende
vraag is of die gevolgtrekking dat
appellant die kind wederregtelik en met die nodige opset gedood het, die
enigste redelike een is. Na my mening moet dit bevestigend
beantwoord word. (a)
Prima facie
blyk daar geen onskuldige rede vir
die/
21. die doding van die kind deur appellant te wees nie.
(b)
Appellant het geen sodanige
rede soos byvoorbeeld dat die kind per ongeluk of in noodweer deur hom gedood
is, verstrek nie.
(c)
In plaas daarvan ontken
hy valslik óf dat hy in die geselskap van die kind op die kritieke
stadium was óf dat hy erken
het dat hy hom gedood
het.
(d)
In hierdie omstandighede is die
beginsel van
R v Mlambo
1957(4) S A 727(A) te
738 A - E van toepassing. Geen plig het op die Staat gerus om moontlikhede soos
wat alreeds genoem is uit te
skakel nie. Sonder 'n verduideliking deur appellant
is hulle bespiegelend. Die
uiterste/ ......
22.
uiterste afleiding, soos vroeër uiteengesit, moet gemaak
word.
Om saam te vat, is ek die mening toegedaan
dat,soos wat Le Grange R in sy sorgvuldige uitspraak bevind het,die kumulatiewe
effek van
al die getuienis genoegsaam was om te bewys dat appellant die kind van
sy huis weggeneem het en hom later die dag, tussen ongeveer
1 uur nm en 5 uur
nm, op een of ander wyse in die omgewing van Hazyview vermoor het. Die
appèl teen die skuldigbevinding aan
moord kan dus nie slaag nie.
Ek handel vervolgens met die skuldigbevinding aan kinderdiefstal. Die enigste
punt wat hier geopper is, is of daar nie 'n verdubbeling
van aanklagte was nie.
Ek ver-Jondersteldat sou appellant ab
initio
die opset gehad het
om/
23.
om die kind te vermoor, daar sodanige
verdubbeling was. Maar daar is geen sulke getuienis nie; dit berus op
be-spiegeling. Die skuldigbevinding
aan kinderdiefstal moet bly staan.
Wat die appèl teen die bevinding dat ver-sagtende omstandighede nie
bewys is nie betref, is ons gevra om drankbedwelming en
emosionele versteurdheid
van appellant te oorweeg. Daar is egter geen getuienis om laasgenoemde daar te
stel nie. Wat drank betref
is ek nie van voorneme om die getuienis in dié
verband te ontleed nie. Die verhoorhof het dit gedoen en tot die volgende
beskouing
geraak:
"Die/
24.
"Die enigste omstandigheid wat as ver-sagtend in hierdie geval aangebied is
is dat die beskuldigde die betrokke dag onder die invloed
van drank verkeer het.
Dit is 'n onbegonne taak vir hierdie Verhoorhof om te bepaal in welke mate die
inname van drank op die beskuldigde
ingewerk het en hom beïnvloed het by
die pleging van die misdaad gesien die feit dat die aard van die handeling wat
die misdaad
daargestel het, die beweegrede daarvoor, en die wesenlike omringende
om-standighede waaronder die misdaad gepleeg is, nie aan die
Hof bekend gemaak
is nie.J. Aangesien ons egter nie oor die aange-leenthede waarna ek reeds verwys
het ingelig is nie en self nie
eers die tyd kan vasstel wanneer die beskuldigde
se handeling wat die misdaad geskep het ge-pleeg is nie kan ons nie bevind dat
daar
op die oorwig van getuienis bevind moet word dat die beskuldigde tot so 'n
mate onder die invloed van drank was toe die misdaad gepleeg
is dat dit as 'n
ver-sagtende omstandigheid aangemerk kan word nie."
Geen/
25.
Geen fout kan met hierdie benadering gevind word
nie.
Die appèl word afgewys.
NESTADT, Wnde AR
BOTHA, AR )
) STEM SAAM JACOBS, AR )