About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 12
|
|
S v Oliphant (342/2004) [2004] ZAFSHC 12 (4 March 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No.: 342/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
MERVIN
OLIPHANT
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
4 MAART 2004
___________________________________________________________
In hierdie saak is die beskuldigde skuldig bevind aan
gewone aanranding en gevonnis tot vier maande gevangenisstraf wat op
gepaste
voorwaardes opgeskort is.
Daarna
het die landdros op Koffiefontein die volgende skrywe gerig:
â
Die notule van die
hofverrigtinge in hierdie saak gaan hiermee aan u vir voorlegging aan
ân hersieningsregter.
Die Verhoorlanddros het
foutiewelik beskuldigde nommer 2 (Mervin Oliphant) skuldig bevind en
gevonnis op ân aanklag van aanranding.
Die Verhoorlanddros het
fouteer deur beskuldigde nommer 1 met beskuldigde 2 te verwar tydens
uitspraak.
Klaer het nie gesien dat
beskuldigde nommer 2 hom met ân mes steek nie. Hy vermoed so maar
daar was geen getuienis om sy vermoede
te bevestig nie. By gebrek
aan sodanige getuienis moes die verhoorhof beskuldigde nommer 2 ook
onskuldig bevind en ontslaan het.
Ek
vra dus dat die fout op hersiening reggestel word.â
Na
deurlees van die oorkonde en met inagneming van alle omstandighede
stem ek hiermee saam.
Bygevolg
word die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
/scd