About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 10
|
|
S v Mokoka (2377/2003) [2004] ZAFSHC 10 (26 February 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr.: 2377/2003
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
DUMISANE
MOKOKA
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
26 FEBRUARIE 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde, ân 25-jarige man, is skuldig bevind
aan die oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992, naamlik die
besit
van 74,7 kilogram dagga. Hy is beboet met R3 000,00 of 18
maande gevangenisstraf en is daar seker verbeurdverklaringsbevele
gemaak.
Die saak is na die Direkteur van Openbare Vervolgings
verwys vir ân mening met betrekking tot die skuldigbevinding,
vonnis en verbeurdverklaring
van die voertuie. Die Direkteur van
Openbare Vervolgings het egter slegs kommentaar gelewer op die
skuldigbevinding, en ân afskrif
van sy aanbeveling met betrekking
daartoe word hierby aangeheg. Die betrokke personeellid, adv. Botha,
word bedank vir sy memorandum
wat in dié verband aan die Hof gestuur
is.
Ek stem saam met die motivering wat daarin gemeld word
en dat die skuldigbevinding tersyde gestel moet word. In die lig van
die feit
dat die beskuldigde slegs aan besit van dagga, dit wil sê
oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992, skuldig bevind is
en
die alternatiewe gevangenisstraf wat daarvoor opgelê is heel
moontlik in die lig van die omstandighede in elk geval te swaar is,
en veral die feit dat die beskuldigde reeds vanaf 27 September 2003
in hegtenis is (dit wil sê amper 5 maande) meen ek dat dit nie
gepas
sal wees om die saak vir herverhoor te verwys soos deur adv. Botha
voorgestel nie.
In
die lig van al die omstandighede van die saak word die volgende bevel
dan gemaak:
Die skuldigbevinding, vonnis en
verbeurdverklaringsbevele wat in hierdie saak gemaak is word tersyde
gestel.
_________________
G.F.
WRIGHT, R
EK STEM SAAM
__________________
D.J.
LOMBARD, R
/scd