S v Mokoena (SR29/2004) [2004] ZAFSHC 9; 2005 (2) SACR 280 (O) (26 February 2004)

52 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Special review — Unavailability of magistrate to continue trial — The trial of the accused commenced in the Sasolburg Magistrate's Court but faced multiple delays due to the magistrate's illness and eventual permanent unavailability — The High Court considered whether the magistrate was "unavailable" as per section 118 of Act 51 of 1977, leading to the question of whether the proceedings should be set aside — The court held that the magistrate's health condition rendered him permanently unfit to preside over the trial, resulting in the proceedings being set aside without the need for further orders.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 9
|

|

S v Mokoena (SR29/2004) [2004] ZAFSHC 9; 2005 (2) SACR 280 (O) (26 February 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer : SR29/2004
In die Spesiale Hersiening van:
DIE STAAT
versus
PHILLEHA TABOHO MOKOENA
CORAM:
CILLIé
R
et
VOGES WR
UITSPRAAK:
CILLIé
R
DATUM
GELEWER:
26 FEBRUARIE 2004
[1] Die verhoor van
hierdie beskuldigde het in die landdroshof te Sasolburg ‘n aanvang
geneem op 11 November 2002. Getuienis is
voor die landdros gelei en
die verrigtinge is meganies opgeneem. Op 4 Desember 2002 is die
verhoor hervat en daarna uitgestel na
4 Februarie 2003 vir verdere
voortsetting van die verhoor. Op laasgemelde datum kon die verhoor
nie voortgaan nie omdat “landdros
afsiek vandag”. Sedertdien is
die saak op tien geleenthede uitgestel vanweë die landdros se
ongesteldheid. Die hooflanddros
van daardie kantoor rapporteer nou
dat die verhoorlanddros in Maart 2003 ‘n hartomlyningoperasie
ondergaan het en in die proses
is om medies ongeskik verklaar te
word. Hy is sedert 19 Junie 2003 nie meer op kantoor nie.
Die
hooflanddros het nou die saak op spesiale hersiening gestuur en
versoek dat die verrigtinge tersyde gestel word omdat dit “sinneloos
blyk te wees om die aangeleentheid nog verder te vertraag”. Ek
aanvaar dat daar ‘n praktyk gevestig het dat ‘n Hersieningsregter
op hierdie wyse oorweging aan die aangeleentheid kan gee ten spyte
daarvan dat artikels 301 tot 304 van Wet 51 van 1977 wat met
hersienings
van strafverrigtinge in laer howe handel, beperk is tot
gevalle waar daar ten minste ‘n skuldigbevinding was.
[2] Artikel 118 van Wet 51 van 1977 voorsien dat
waar ‘n Regter of landdros
voor enige
getuienis
aangehoor is “om enige rede
nie beskikbaar is om die verhoor voor te sit nie” kan die verhoor
voor ‘n ander Regter of landdros
voortgesit kan word. Artikel 147
van Wet 51 van 1977 reël die posisie waar ‘n assessor gedurende ‘n
verhoor sterf of onbekwaam
raak om as assessor voort te gaan. Die
regsposisie wanneer ‘n landdros
na
getuienis
reeds aangehoor is en vir een
of ander rede nie met die verhoor kan voortgaan nie word egter nie
statutêr gereël nie.
[3] Dit moet nou aanvaar word dat die vraag in
sulke gevalle is of so ‘n landdros “onbeskikbaar” is om met die
verhoor voort
te gaan. Vgl
STAAT v
GWALA AND OTHERS
1969(2) SA 227 (N)
en die volbank uitspraak in
STAAT v
TLAILANE EN ‘N ANDER
1982(4) SA
107 (T) waarin die uitspraak in
REX v
MHLANGA
1959(2) SA 220 (T)
omvergewerp is. Hierdie uitsprake handel met gevalle waar die
landdros wat tot op daardie stadium die getuienis
aangehoor het uit
die distrik verplaas is. In
STAAT v
LAPPING
1998(1) SASV 409 (W) het
die hof te doen gehad met ‘n landdros, wat nadat getuienis
aangehoor was, gearresteer is en verhoor moes
word op klagtes van
bedrog. Daardie landdros was as gevolg hiervan geskors van diens.
Cloete R se bevinding was dat die landdros
onbeskikbaar is om die
verhoor voort te sit en is gelas dat die verrigtinge tot op daardie
tydstip tersyde gestel word. Insgelyks
is soortgelyke bevele gemaak
waar die landdros ernstig siek geword het. Vergelyk
STAAT
v MAKONI AND OTHERS
1976(1) SA 169
(R) en
STAAT v CHIGUMBU
1980(1) SA 927 (R) alhoewel in laasgenoeme geval dit skyn asof die
bevel ietwat voortydig gemaak was. In
STAAT
v TLAILANE
(
supra)
het Van Reenen R op bl 110H tot 111A aangedui dat die vraag of die
siekte langdurig genoeg is om ‘n herverhoor te gelas telkens
aan
die diskresie van die Hersieningsregter oorgelaat moet word.
[4] Ek aanvaar dat in die onderhawige geval die
gesondheidstoestand van die landdros sodanig is dat hy permanent
ongeskik is om die
verhoor voort te sit. In navolging van die
bovermelde uitsprake sou dit dan lei tot ‘n bevel soos die
hooflanddros van Sasolburg
aanvra. In
STAAT
v DE KOKER
1978(1) SA 659 (O) het
hierdie Hof by monde van Flemming WnR (soos hy toe was) egter die
vraag geopper of dit hoegenaamd nodig is
dat enige bevel deur ‘n
Hersieningsregter gemaak moet word in gevalle waar dit onmoontlik is
om die verrigtinge tot sy normale
einde deur te voer. Die
gevolgtrekking van Flemming WnR was dat “volgens die regspraak
bring onmoontlikheid daarvan om met die
verhoor voort te gaan weens
onbeskikbaarheid van die landdros mee dat die verrigtinge sonder meer
as abortief beskou word en verval
sonder die noodsaak van enige
tersydestelling deur ‘n hoër hof” (vgl bl 660H). In al die
beslissings
supra
na verwys, is sodanige bevel egter wel deur die Hersieningsregter
gemaak. In
STAAT v CHIGUMBU
(
supra
bl
929A-B) het Gubbay R
obiter
te kenne gegee dat daar veel te sê is vir Flemming WnR se sienswyse.
Dit skyn egter asof Cloete R in
STAAT v LAPPING
(
supra
bl 416d-e) nie heeltemal hiermee saamstem nie.
[5] Ek meen dat die antwoord sinvol afhanklik
gestel kan word van die
sekerheid
waarmee gesê kan word dat die verhoor voor die verhoorlanddros nooit
sal kan voortgaan nie. Indien die verhoorlanddros byvoorbeeld
te
sterwe kom, sou daar myns insiens geen nodigheid wees dat ‘n
Hersieningsregter genader word vir enige bevel nie. Die verrigtinge
verval dan eenvoudig vanself. In die ongerapporteerde uitspraak in
S v DINGAAN RASKANKANE
,
Hersieningsnommer 1983/98 (OPA) gedateer 28 Mei 1998 het hierdie Hof
by monde van Theron WnR met wie Hancke R saamgestem het inderdaad
so
beslis. Andersyds, as die graad of omvang van die verhoorlanddros se
onbeskikbaarheid ter sprake is en die vraag ontstaan of
die punt
bereik is dat dit in die algemene belang van regspleging is dat nie
toegelaat behoort te word dat die verhoor onbepaald
sloer totdat die
landdros eendag, indien ooit, weer beskikbaar raak nie, is dit nodig
dat die geval “aan die diskresie van die
betrokke hersieningshof
oorgelaat word want dit sal ‘n deurdagte opweging van die voor- en
nadele van uitstel teenoor herverhoor
verg wat van die omstandighede
in elke geval afhang”. (Vgl
STAAT
v TLAILANE
(
supra
bl 110A – 111A).) ‘n Bevinding of die landdros onbeskikbaar is
om met die verhoor voort te gaan is dan nodig. ‘n Landdroshof
kan
nie beslis oor die geldigheid van sy eie verrigtinge nie. ‘n
Bevinding hieroor deur ‘n hoër hof is dus noodsaaklik.
[6] Of so ‘n bevinding indien positief, ook
opgevolg moet word met ‘n bevel wat die verrigtinge tot op daardie
tydstip tersyde
stel, skyn my ‘n bloot teoretiese debat met geen
praktiese effek te wees nie. Dit is duidelik dat die hoër hof wel
die bevoegdheid
het tot die maak van so ‘n bevel. Ten einde enige
moontlike verwarring te vermy mag dit egter wenslik wees dat so ‘n
bevel wel
gemaak word en ek is voornemens om dit te doen.
[7] Ten slotte moet gemeld word dat die
beskuldigde ‘n belang het by gevalle waar ‘n bevinding dat die
verhoorlanddros onbeskikbaar
geword het van ‘n Hersieningsregter
geverg word. Normaalweg behoort sy siening in gevalle waar so ‘n
bevel van ‘n Hersieningsregter
aangevra word, verkry te word en
tesame met die stukke aan die Hersieningsregter voorgelê te word.
In die onderhawige geval is
dit egter so klaarblyklik tot voordeel
van die beskuldigde dat die bevel wat hierna volg, gemaak behoort te
word, dat daarvan afgesien
word. Die vervolgingsgesag moet in die
posisie geplaas word om in die lig van omstandighede wat beste aan
sigself bekend is, self
te besluit of daar
met ‘n vervolging
de
novo
voor ‘n ander landdros
voortgegaan moet word. Geen bevel in hierdie verband is nodig nie.
Bygevolg word bevind dat die verhoorlanddros in
Sasolburg saak nr
B1503/2002,
S v PHILLEHA TABOHO MOKOENA
onbeskikbaar is om met die verhoor voort te gaan. Die verrigtinge
tot dusver word tersyde gestel.
____________
CB CILLIé, R
EK STEM SAAM:
______________
M
VOGES, WR
/Jacobs