About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 7
|
|
S v Saal (235/2004) [2004] ZAFSHC 7 (26 February 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No.: 235/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
WILLEM
SAAL
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
26 FEBRUARIE 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde, ân 44-jarige man,
is skuldig bevind aan veediefstal van een skaap en gevonnis tot ses
maande gevangenisstraf asook
ân verdere 12 maande gevangenisstraf
wat op gespaste voorwaardes vir vyf jaar opgeskort is.
Redes vir vonnis is aangevra en verskaf.
Dit
is bekend dat veediefstal ân ernstige misdaad is ten opsigte
waarvan dit moeilik is om die oortreder op te spoor. Om daardie
rede
word daar nie, soos gewoonlik die geval is, oorweeg om ân eerste
oortreder buite die gevangenis te straf nie en word hy direkte
gevangenisstraf opgelê tensy daar besondere versagtende
omstandighede bestaan.
In hierdie geval was die persoon ân 44-jarige
skaapwagter wat vir die klaer gewerk het en het hy ân skaap ter
waarde van R300,00
gesteel. Hy het skuldig gepleit en oop kaarte met
die hof gespeel. Daar bestaan hoegenaamd geen rede bo en behalwe die
vonnis van
ses maande nog ân opgeskorte vonnis bygevoeg moet word
nie. Indien die omstandighede sodanig was, kon daar moontlik slegs
ân
opgeskorte vonnis opgelê gewees het. In effek kom dit nou
daarop neer dat daar einlik ân vonnis van 18 maande opgelê word
(alhoewel
12 maande daarvan nie noodwendig ondergaan hoef te word
nie).
Die
vonnis is dus skokkend onvanpas en moet tersyde gestel word.
Bygevolg word die skuldigbevinding en die vonnis van ses
maande bekragtig, maar die opgeskorte vonnis van 12 maande tersyde
gestel.
________________
G.F.
WRIGHT, R
EK STEM SAAM
_________________
D.J.
LOMBARD, R
/scd