About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 170
|
|
Prior en Andere v de Reuck en Andere [2004] ZAFSHC 170; [2004] ZAFSHC 5 (19 February 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
No.: 4106/2003
In die
saak tussen:
ALLAN
TIMOTHY PRIOR
1ste Applikant
JR
1047 INVESTMENTS BK
2de Applikant
RHINOS
BOTTLE STORE BK
3de Applikant
J E
GENERAL DEALERS BK
4de Applikant
En
LINDA
DE REUCK
1ste Respondent
STAMATIOS
TSANGARAKIS N.O.
2de Respondent
CHAVONNES
COOPER N.O.
3de Respondent
C
MAREDI
4de Respondent
J.J.
FEUTH
5de Respondent
DIE
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
6de Respondent
ELLENBERGER
& KAHTS AFSLAERS
7de Respondent
_____________________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN, R
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
12 FEBRUARIE 2004
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
19 FEBRUARIE 2004
_____________________________________________________________________
[1] Onder aansoek 1614/2003 het
eerste respondent aansoek gedoen vir ân bevel
nisi
waarin as eerste stap in sekwestrasieverrigtinge gevra word dat
eerste respondent se boedel voorlopig gesekwestreer word. Die
skuldoorsaak was daadwerklike insolvensie.
Die aansoek was heftig opponeer en by
verskeie kere was aan eerste applikant uitstel verleen om, so blyk
uit die stukke, sy finansiële
huis in orde te kry en sy skuldeisers
ten volle te betaal.
In een van die aansoeke om uitstel (aansoek nr.
2565/2003) is deur Beckley R aangeteken dat eerste applikant erken
dat hy aan eerste
respondent ân bedrag van R1 235 000,00
verskuldig is.
Op 4 September 2003 het Beckley R ân voorlopige
sekwestrasiebevel met spesifieke opdragte ten aansien van betekening
keerbaar op
2 Oktober 2003 verleen.
Die bevele ten aansien van betekening was nagekom en het
Musi R op 2 Oktober 2003 die voorlopige sekwestrasiebevel finaal
gemaak.
[2] In die veelvuldige aansoeke om uitstel was dit
deurgaans eerste applikant se kontensie dat hy oor voldoende bates
beskik wat,
indien te gelde gemaak word, voldoende sal wees om alle
skuldeisers ten volle te betaal en ook nog ân oorskot sal lewer.
Die bates
het bestaan uit onroerende eiendom in eerste applikant se
naam geregistreer en ook onroerende eiendom in tweede, derde en
vierde
applikante, waarvan eerste applikant die houer van ân
deurslaggewende ledebelang was, se name geregistreer was.
[3] Finale sekwestrasie van eerste applikant se boedel
het die wiele van die sekwestrasieproses aan die rol gesit, met
tweede, derde
en vierde respondente as dié deur sesde respondent
aangestelde kurators.
In die sekwestrasieproses was ân veiling met sewende
respondent as afslaer vir die verkoping van die onroerende eiendomme
in eerste
applikant se naam geregistreer, asook die eiendomme van
tweede, derde en vierde applikante vir 4 Desember 2003 en 19 Desember
2003
gereël.
[4] Op 4 Desemebr 2003 het eerste
applikant namens homself en tweede tot vierde applikante ân bevel
verkry wat die veilings afgelas
en voorts ân bevel
nisi
in terme waarvan die respondente redes moet aanvoer waarom op die
keerdatum die finale sekwestrasiebevel nie tesyde gestel sal word
nie, bekom.
[5] Op die uitgestelde keerdatum was die aansoek om
tersydestelling wel met ân lywige 660 bladsye pak dokumente as
materiaal beredeneer.
In die aansoek voer applikante aan dat vyfde respondent,
wat as prokureur vir eerste respondent op die keerdatum van die
voorlopige
sekwestrasiebevel, te wete 2 Oktober 2003, verskyn het,
wesenlike inligting, wat die bevel deur die Voorsittende Regter kon
en op
waarskynlikhede sou beïnvloed om nie die bevel finaal te maak
nie, van voormelde te weerhou het.
Met ân beroep op die uitspraak in
NATIONAL DIRECTOR
OF PUBLIC PROSECUTIONS v BASSON
2003 (1) SA 419
(SCA) op 429 [21]
word aangevoer dat die weerhouding van wesenlike inligting ook in die
onderhawige geval
per
se
tersydestelling
van die sekwestrasiebevel regverdig.
Die feitlike bewering ten grondslag van die voormelde
submissie word in eerste applikant se steunende verklaring
uiteengesit:
â
67. Ek
steun op die feite soos uiteengesit in die verklaring van my
prokureur le Roux wat deel vorm van aanhangsel ATP5, en op die
basis
daarvan is dit my saak dat die bevel wederregtelik en verkeerdelik
aangevra is, en dat die vyfde respondent, wat in die hof
verskyn het,
hom aan wangedrag skuldig gemaak het deurdat hy nie die wesenlike
feite aan die Agbare Hof geopenbaar het nie. Die
feite wat hy
verswyg het was dat my prokureur en advokaat gevra het dat die
aansoek ân wyle moet afstaan terwyl hulle stukke opstel
om die
verdere Georgiou dokumente en die bankwaarborg voor die hof te plaas.
Dit is verder my saak dat die vyfde respondent inderdaad
daarvan
bewus was en desnieteenstaande het hy dit aan die Voorsittende Regter
verswyg.â
[6] In die opponerende verklaring van vyfde respondent,
waaruit selektief aangehaal word, word die gebeure op 2 Oktober 2003
verduidelik:
â
6.1 Aangesien
geen verdere opponerende stukke vanaf eerste applikant onvang is nie,
is die aangeleentheid op die onbestrede rol geplaas.
6.2 Geen taal of tyding vanaf
eerste applikant en/of sy prokureurs van rekord is ontvang tot en met
die keerdag, te wete 2 Oktober
2003 nie.
6.4 Dit blyk uit aanhangsel
âATP5â tot applikant se huidige aansoek vir tersydestelling van
die finale sekwestrasiebevel, dat
beide eerste applikant sowel as sy
regsverteenwoordigers bewus was van die feit dat die aansoek vir
bekragtiging sou dien op 2 Oktober
2003.
6.6 Om ongeveer 09h15 het ek by
G hof arriveer. (Dis waar die onbestrede mosies aangehoor sou word).
Die mosiehof verrigtinge het
ân aanvang geneem om 09h30.
6.7 Net voor die Mosiehof ân
aanvang sou neem (om ongeveer 09h30) het Adv Edeling, wat geklee was
in ân pak vir my genader.
6.13 Advokaat Edeling het my
versoek dat die aangeleentheid afstaan.
6.14 Ek het gevra waarom die
aangeleentheid moes afstaan. Hy het my meegedeel dat hy nie in
daardie stadium in ân posisie was om
my te antwoord nie, aangesien
hy nie geweet het nie.
6.15 Vanweë die geskiedenis van
die aangeleentheid en die feit dat Adv. Edeling nie aan my ân rede
kon verstrek waarom die aangeleentheid
moes afstaan nie, het ek aan
hom vermeld dat ek van voornemens was om voort te gaan met die
aansoek en om die Hof te versoek om die
bevel te bekragtig. Ek het
pertinent aan hom vermeld dat ek nie bereid was om toe te stem
daartoe dat die aangeleentheid afstaan
nie.
6.16 Die aangeleentheid was
redelik vroeg op die mosiehofrol en het ek, nadat die aansoek geroep
is, opgestaan en my verskyning namens
die applikant aangekondig.
6.17 Adv. Edeling het hierop,
terwyl ek besig was om die Hof toe te spreek, ân kollega te wete
Adv Phillip Rudolph Cronje, (wat
ân stawende beëdigde verklaring
aflê het wat deel vorm van aanhangsel âATP5â tot die aansoek om
tersydestelling) genader
en hom versoek om die aangeleentheid te laat
afstaan.
6.18 Adv Cronje het inderdaad op
versoek van Adv Edeling opgestaan en die Agbare Hof versoek om die
aangeleentheid te laat afstaan.
(Geen rede is aan die Voorsittende
Regter verskaf waarom die aangeleentheid moet afstaan nie).
6.20 Ek het op daardie stadium
die indruk gekry van Adv Edeling dat hy onderweg was om sy hofklere
te gaan haal en het ek verwag dat
hy onmiddellik sou terugkeer.
6.21 Ek het geensins my
bedoeling en/of my instruksies teenoor Adv Edeling verswyg nie. Dis
duidelik uit aanhangsel âATP5â insoverre
Mnr Le Roux onder eed
verklaar dat Adv Edeling hom meegedeel het dat ek van voorneme was om
vir ân finale bevel te vra.
6.22 Op geen stadium het ek
teenoor Adv Edeling onderneem dat die aangeleentheid uitgestel sou
word of dat ek die Hof sou versoek
om die saak te laat afstaan nie.
Dis ook duidelik dat Adv Edeling onder geen sodanige indruk verkeer
het tydens sy gesprek met Mnr
Le Roux nie. Ek wil beklemtoon dat nog
Adv Edeling nog mnr. Cronje enigsins ân rede verstrek het waarom
die aangeleentheid moes
afstaan.
6.23 Mosiehofverrigtinge het
voortgegaan en Adv Edeling het nie weer sy verskyning by die Mosiehof
gemaak nie.
6.24 Ongeveer 11h00 het ek die
Mosiehof verlaat en Adv Cronje en Adv J A Fourie, buite die hof
aangetref.
6.25 Adv Cronje het aan my
vermeld dat hy onseker is oor rakende wat hom verder te doen staan,
aangesien hy die aangeleentheid vroeër
op versoek van Adv Edeling
laat afstaan het maar sedertdien geen verdere tyding van hom ontvang
het nie. Adv Cronje was onseker of
hy maar kon terugkeer na sy
kamers.
6.26 Ek het op daardie stadium
aan hom gemeld dat hy maar self moes besluit wat hom te doen staan.
Ek het daarop teruggekeer na die
Mosiehof.
6.27 Adv Cronje het geensins op
daardie stadium (of op enige ander stadium) aan my gemeld dat Adv
Edeling op pad was Hof toe nie of
dat hy en mnr. Le Roux by sy
kamers gewag het op dokumente nie. Hy het beslis ook nie gemeld dat
hulle besig was om stukke op te
stel nie.
6.28 Teen die einde van die
Mosiehofrol het die Griffier die sake wat afgestaan het weer in
chronologiese volgorde begin roep.
6.29 Toe die aansoek die tweede
keer geroep word deur die Griffier, en voordat ek Sy Edele Regter
Musi, kon begin toespreek, het laasgenoemde
gevra of dit die
aangeleentheid is waarin daar vroeër die dag ân verskyning was.
Ek het bevestigend geantwoord en terwyl ek besig
was om die
Voorsittende Beampte toe te spreek het Adv Fourie my aandag getrek en
aan my meegedeel dat Adv Edeling oënskynlik onderweg
was. Ek het
hierdie mededeling onmiddellik onder die Voorsittende Regter se
aandag gebring en het hy toe voorgestel dat die aangeleentheid
dan
maar verder moes afstaan om weer geroep te word nadat die sake wat
afgestaan het, klaar afgehandel is.
6.30 Die aangeleentheid is toe
ân derde keer geroep waarop ek aan die voorsittende beampte vermeld
het dat daar steeds geen verskyning
namens die eerste applikant was
nie. Hierop het die Agbare Regter aangedui dat hy wel bereid was om
die aansoek aan te hoor. Ek
het die Hof toegespreek en die
voorlopige sekwestrasie bevel is bekragtig.â
[7] Uit die voorafgaande bewerings is dit minstens
duidelik dat eerste applikant wat deurgaans geweet het dat die
aansoek op die rol
was, versoek het dat die aansoek tot later moes
afstaan en dat vyfde respondent selfs daardie versoek nie tegemoet
sou kom nie.
Dit is dan ook duidelik dat eerste applikant
nieteenstaande die wete dat enige versoek dat die aangeleentheid
vertraag moet word sou
beveg, nie die moeite getroos het om toe te
sien dat indien saak wel geroep was dat hy teenwoordig is nie.
[8] Die wesensvraag is nie of vyfde respondent sekere
inligting aan die Voorsittende Regter oorgedra het nie, maar oor
welke inligting
hy beskik het en weerhou het.
Dit was nie, en kon nie aangevoer word, dat vyfde
respondent die inligting waaroor hy verklaar het hy beskik het, nie
aan die Voorsittende
Regter oorgedra het nie.
Oor welke inligting vyfde respondent beskik het, veskil
die partye hewiglik en fel.
[9] Oplossing van die feitegeskil,
omdat beide partye versoek het dat die aansoek slegs op die
verklarings beslis moet word, sal vir
sukses deur applikante, behels
dat bevind moet word dat vyfde respondent se weergawe so vergesog en
onhoudbaar is dat op grond van
die stukke alleen dit verwerp moet
word of dat
viva
voce
getuienis nie
die oorwig van waarskynlikhede wat uit die stukke mag blyk sal
versteur nie (
ADMINSTRATOR,
TRANSVAAL AND OTHERS v THELETSANE AND OTHERS
[1990] ZASCA 156
;
1991 (2) SA 192
(AA) te 197A-B
).
Die getuienis uit die stukke regverdig myns insiens nie
verwerping van vyfde respondent se bewerings as onhoudbaar en
vergesog nie,
en is die waarskynlikhede gelyk gebalanseer.
Vyfde respondent se bewerings wat dan
as feitebasis moet dien (cf.
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te 634E-635C
)
regverdig nie ân bevel soos deur applikante aangevra nie.
[9] Die
volgende bevele moet volg:
1. Die aansoek word afgewys met koste wat insluit die
koste van twee advokate.
2. Die koste sal betaalbaar wees deur die insolvente
boedel van die eerste applikant.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens Applikante:
Adv.
J.G. Cilliers
i.o.v.
Symington & De Kok
Namens Respondente:
Adv.
A.J.R. van Rhyn SC
Bygestaan
deur: Adv. N. Snellenburg
i.o.v.
Honey Prokureurs
/scd