S v Hinana (152/2004) [2004] ZAFSHC 2 (5 February 2004)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Unlawful sentence imposed on minor — Accused, aged 15, convicted of burglary and theft, sentenced to referral to a 'nywerheidskool' under incorrect legal provision — Magistrate's request for review highlighted the illegality of the sentence — Court found that the referral was not permissible under the applicable legislation and noted procedural irregularities in handling the case — Sentence set aside and matter referred back to the magistrate for reconsideration of sentencing in light of subsequent events.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 2
|

|

S v Hinana (152/2004) [2004] ZAFSHC 2 (5 February 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsaak Nr.
152/2004
In
die hersiening tussen:
DIE STAAT
en
SONWABO JOHN HINANA
___________________________________________________________
CORAM:
CILLIé
et
VAN
DER MERWE, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
VAN
DER MERWE, R
___________________________________________________________
GELEWER OP:
5
FEBRUARIE 2004
___________________________________________________________
[1] Die beskuldigde in hierdie
aangeleentheid, wat toe pas 15 jaar oud geword het, is op 14 Augustus
2002 op grond van sy pleit van
skuldig skuldig bevind aan huisbraak
met die opset om te steel en diefstal wat op 28 Mei 2002 plaasgevind
het. Die vonnis wat hy
op 16 Oktober 2002 opgelê was, was dat hy
ingevolge artikel 15(1)(d) van Wet No.74 van 1983 verwys word na ‘n
nywerheidskool.
Ook is gelas dat hy hangende sy oorplasing na die
nywerheidskool aangehou word te ‘n plek van veiligheid.
[2] ‘n Skrywe waarin die landdros versoek dat die
gemelde vonnis op hersiening tersyde gestel word, het die Griffier
van hierdie
Hof bereik op 29 Januarie 2004. In hierdie skrywe
verklaar die landdros dat dit onder sy aandag gekom het dat die
gemelde vonnis
regtens ongeoorloof was, dat hy bedoel het om die
beskuldigde ingevolge die bepalings van artikel 290(1)(d) van die
Strafproseswet,
No. 51 van 1977 na ‘n verbeteringskool te verwys en
word versoek dat die opgelegde vonnis tersyde gestel word.
[3] Die landdros is natuurlik korrek dat ‘n verwysing
na ‘n nywerheidskool ingevolge die bepalings van artikel 15(1)(d)
van die
Wet op Kindersorg, No.74 van 1983 nie ‘n geoorloofde vonnis
in ‘n strafhof is nie. Ingevolge gemelde artikel is ‘n Kinderhof
wat na ‘n ondersoek ingevolge artikel 13 van Wet No.74 van 1983
oortuig is dat die betrokke kind ‘n sorgbehoewende kind is, bevoeg
om daardie kind te verwys na ‘n nywerheidskool wat deur die
Direkteur-generaal aangewys is. Die vonnis moet dus tersyde gestel
word.
[4] Dit blyk verder uit die oorkonde dat daar nie vir
die beskuldigde plek was in die aangewese plek van veiligheid nie.
Gevolglik
is die beskuldigde op die volgende dag, dit wil sê 17
Oktober 2002, geplaas in die sorg van sy voog hangende die verwagte
aanwysing
van ‘n nywerheidskool. So ‘n verwysing of plasing het
uiteraard nooit plaasgevind nie. Sedertdien, so deel die landdros
mee,
het die beskuldigde, terwyl in die sorg van sy voog, ‘n
verdere misdryf gepleeg en is hy gevonnis tot 18 maande
gevangenisstraf.
[5] Slordigheid, onbeholpenheid en ongeërgdheid soos
wat blyk uit die hantering van hierdie saak, wat boonop betrekking
het op ‘n
kind, is teleurstellend en kan nie geduld word nie.
Blote nalees van die betrokke wetsartikel sou dit onmiddellik
duidelik gemaak
het dat die vonnis ongeoorloof is. Daarna is die
saak vir geen verklaarbare rede nie vir outomatiese hersiening na
hierdie Hof versend
nie en het dit eenvoudig nooit weer aandag geniet
nie totdat dit skynbaar ontdek is toe die beskuldigde weer voor die
hof gekom het
met betrekking tot bogemelde ander saak. Die gemelde
skrywe waarmee die landdros die saak na hierdie Hof verwys het, dra
duidelik
die datum 11 Februarie 2002. Bowendien bevat hierdie skrywe
sowel as die vorm J4 die datumstempel van die landdros van 28 Oktober
2002. Geeneen van hierdie datums kan korrek wees nie en dit getuig
ten minste van onaanvaarbare ongeërgdheid. Dit word van harte
vertrou dat die betrokkenes hierdie opmerkings ter harte sal neem.
[6] Die landdros versoek dat nou aan die beskuldigde ‘n
opgeskorte vonnis opgelê word. Ek meen nie dat aan hierdie versoek
voldoen
kan word nie. Weens die tydsverloop en veranderde
omstandighede behoort vonnis opnuut oorweeg te word nadat aan die
beskuldigde
geleentheid gegee is om sy saak te stel. Na my oordeel
moet die saak na die landdros terugverwys word vir vonnisoplegging
met inagneming
van gebeure sedert skudigbevinding.
[7] Gevolglik word die opgelegde vonnis tersyde gestel
en word die saak na die landdros terugverwys om opnuut vonnis op te
lê.
___________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
EK
STEM SAAM
______________
C.B.
CILLIé, R
/scd