About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 155
|
|
HG Gericke Family Farms (Edms) Bpk v Lid van die Uitvoerende Raad: Plaaslike Regering en Behuising (709/2005) [2005] ZAFSHC 155 (15 December 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak nr: 709/2005
HG
GERICKE FAMILY FARMS (EDMS) BPK
Applikant
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD:
PLAASLIKE
REGERING EN BEHUISING
1ste Respondent
NGWATHE
MUNISIPALITEIT
2de Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HATTINGH, R
et
CILLIé, R
_______________________________________________________
UITSPRAAK:
HATTINGH, R
_______________________________________________________
GELEWER OP:
15 DESEMBER 2005
_______________________________________________________
[1] ân Eenvoudige
geskilpunt,
te wete wat die korrekte intrepetasie is wat aan ân bepaalde
klousule geheg behoort te word is deur die applikant self
ontsier
deurdat ellelange irrelevante feite by die hare ingesleep is wat die
respondent genoop het om daarop te antwoord. Dit het
ân
papieroorlog ontketen wat geëindig het in ân bundel wat bykans 810
bladsye beslaan het.
[2] Omdat
die applikant, nie die kaf van die koring kon of wou skei nie sal
daar ân gepaste bevel teen die applikant gemaak word.
[3] In die Kennisgewing
van Mosie versoek die applikant:
â
(a) Dat
die eerste respondent se besluit om die applikant se aansoek kragtens
artikel 20 van die Ordonansie op Dorp
e,
nr. 9 van 1969 (VS) gedateer 10 Februarie 2004 vir die Onderverdeling
van die Restant van die plaas Luciana nommer 214, geleë
in die
distrik van Parys te weier, hersien en ter syde gestel word.
(b) Dat daar aan die
Landmeter-Generaal, Bloemfontein verlof verleen word om in
ooreenstemming met sy pligte te handel ten opsigte
van die beoogde
onderverdeling van die Restant van die plaas Luciana nommer 214 geleë
in die distrik van Parys soos wat die onderverdeling
beskryf word in
die aansoek gedateer 10 Februarie 2004 gemerk Aanhangsel âGBG11â
tot die applikant se Funderende Beëdigde Verklaring,
op die basis
asof die eerste respondent die aansoek goedgekeur het op die wyse
bedoel in artikel 20 van die Ordonansie.
(c) Alternatiewelik
tot bede (b) hierbo, dat die eerste respondent gelas word om die
aansoek te heroorweeg op die basis dat die beoogde
onderverdeling nie
strydig sal wees met die bepalings van paragraaf 2.3 van Aanhangsel
âCâ tot die Vaalrivier Kompleks Gidsplan
nie.
(d) Dat die eerste respondent beveel
word om die koste van hierdie aansoek te betaal, alternatiewelik, en
slegs indien die tweede
respondent hierdie aansoek sou teenstaan, dat
die respondente gesamentlik en afsonderlik, die een betaal die ander
kwytgeskel te
word, beveel word om die koste van hierdie aansoek te
betaal.â
[4] Die eerste respondent
het die aansoek van applikant afgewys op grond daarvan dat:
â
The
Subdivision of the Remainder of the Farm Luciana number 214 was
declined due to the fact that paragraph 2.3 in annexure âCâ
of
the Vaalriver Cormplex Guide Plan determines that all properties that
presently borders the Vaalriver should maintain a water
frontage of
at least 100m wide, measured horizontally. The subdivision will
result in the proposed subdivided portion being cut
off from the
Vaalriver and therefore a hundred metre waterfront will not be
maintained.â
[5] Dit
is gemeen saak dat die gidsplan van statutêre bindende aard is
ooreenkomstig die bepalings van artikel 6(A)(10) van die destydse
Wet
op die Beplanning en Benutting van Hulpbronne, Wet 88 van 1967 soos
herbevestig en bekragtig is in artikel 37 van die Wet op
Fisiese
Beplanning, nommer 125 van 1991.
[6] Klousule
2.3 lees soos volg:
â
Die breedte van die waterkantgrens
van enige eiendom, hetsy dit deel van enige dorp, vakansiedorp of
âoord (met inbegrip van klubterreine
en woonwaparke) uitmaak,
horisontaal gemeet mintens 100m wees met die uitsondering van die
volgende:
bestaande eiendomme
....â
[7] Meneer
Knoetze namens applikant het betoog dat klousule 2.3 nie in die weg
staan van die eerste respondent om die onderverdeling
goed te keur
nie; daarteenoor het Mnr. Claassen namens eerste respondent betoog
dat op ân behoorlike intrepetasie van klousule
2.3 dit die eerste
respondent verbied om enigsins die voorgestelde onderverdeling te
magtig.
[8] Uit Aanhangsel âGBG5â
blyk dit duidelik dat die voorgestelde onderverdeling beskryf word as
die âproposed subdivisionâ
en gemerk 1, 2, 3 en 4. Dit word
hierby aangeheg.
[9] Die
vertolking wat aan klousule 2.3 gegee moet word vereis nie ân in
diepte bespreking van al die reëls wat toepaslik is by
wetsuitleg
nie. Eerstens omdat die uitleg van die klousule betreklik eenvoudig
is, en tweedens omdat die primêre reël van intrepetasie
opsigself
ân volkome antwoord verskaf.
[10] In
UNION
GOVERNMENT v MACK
1917 AD 731
â 739 verklaar Solomon, AR:
â
....
the primary rule in the construction of statutes is that the language
of
the legislature should be read in its ordinary sense.â
[11] Klousule
2.3 verwys nadruklik dat die breedte van die waterkantgrens van enige
eiendom horisontaal gemeet minstens 100m moet
wees. Soos blyk uit
die Aanhangsel âGBG5â is die voorgestelde eiendom glad nie
begrens deur enige waterkant nie en is die klousule
op die
gramatikale betekenis van âân waterkantgrensâ nie van
toepassing of ân beletsel vir die eerste respondent om die aansoek
op die meriete te oorweeg nie. Dit was duidelik die wetgewer se
bedoeling om die rivieroewer nie op te snipper in stukkies kleiner
as
100m nie behalwe in die geval van bestaande eiendomme. Word die
onderverdeling goedgekeur tas dit hoegenaamd nie die rivieroewer
aan
nie en ook nie die waterkantgrens van die restant van die plaas
Luciana nr. 214 nie.
[12] Tydens die aanhoor
van die aansoek het Mnr. Knoetze namens applikant smeekbede (b) laat
vaar en slegs staat gemaak op die alternatiewe
smeekbede daartoe.
[13] Dit is duidelik soos
reeds blyk uit die inleidende paragrawe hierin dat die applikant die
oorsaak was dat hierdie aansoek ontaard
het in ân oor-en-weer
gekekkel oor irrelevanthede. Al is die applikant suksesvol in
hierdie aansoek is hy nie geregtig op die
normale kostebevel nie.
[14] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
(a) ân Bevel in terme
smeekbede 1 en 3 van die Kennisgewing van Mosie.
(b) Eerste respondent
betaal applikant slegs die helfte van die getakseerde koste van die
aansoek.
________________
G.A. HATTINGH, R
Ek stem saam.
__________
C.B. CILLIé
Namens die
applikant: Advokaat B. Knoetze SC
In
opdrag van:
Stander,
Venter en Kleynhans
BLOEMFONTEIN
Namens
1ste respondent: Adovkaat J. Claassen
In
opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/em