S v Williams (136/86) [1986] ZASCA 130 (25 November 1986)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction based on circumstantial evidence — Appellant and co-accused charged with murder of Johanna Conradie — Evidence presented included witness testimonies and confessions — Appellant denied involvement and claimed no presence at the crime scene — Conviction upheld despite lack of direct evidence linking appellant to the murder — Court found sufficient circumstantial evidence to support conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 130
|

|

S v Williams (136/86) [1986] ZASCA 130 (25 November 1986)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
JOOL WILLIAMS
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: RABIE, HR JACOBS AR et GALGUT, Wnd
AR
Verhoor
: 13 November 1986
Gelewer
: 25 November 1986
UITSPRAAK
JACOBS
, AR :
Appellant en twee ander, tw Charles Duimpies
en Harry Demas (ek
verwys hierna na hulle as Duimpies en Demas),
het in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop voor Tebbutt..../
2
2
Tebbutt R en twee assessore tereg gestaan op 'n aanklag van
moord. Die
bewerings teen hulle was dat hulle op Saterdag,
25 Augustus 1984 en te of naby Blackheath in die distrik Kuils-
rivier vir
Johanna Conradie wederregtelik en opsetlik gedood
het deur haar te wurg, met
'n stuk hout te slaan, haar te skop
en haar te brand. Al drie beskuldigdes is skuldig bevind
aan moord sonder versagtende omstandighede en al drie is ter
dood veroordeel. Slegs appellant het aansoek gedoen om ver-
lof om teen die skuldigbevinding sowel as die vonnis te appel-
leer en die Verhoorregter het sodanige verlof aan hom verleen.
Johanna Conradie (die oorledene) was 19 jaar
oud. Gedurende Augustus 1984 het sy blykbaar by ene Eliza-
beth Daniels, een van die staatsgetuies, gebly. Volgens
Elizabeth het sy die oorledene op Saterdag 25 Augustus 1984,
die .... / 3
3
die dag waarop die Staat beweer sy vermoor is, vir die laaste
keer lewend
gesien. Ek vervys later weer na Elizabeth se
getuienis in dié verband.
Blykbaar is die oorledene se lyk
ongeveer twee weke later, d w s ná
die voormelde Saterdag,
ontdek. Ongelukkig het die Staat geen getuienis voorgelê
van wie die lyk ontdek het nie, presies wanneer dit ontdek is
nie en onder watter omstandighede dit ontdek is nie. Dit
skyn egter of dit by die verhoor gemene saak was dat die oor-
ledene se lyk in 'n bos tussen Eersterivier, waar oorledene
destyds woonagtig was, en 'n plek met die naam van Blackheath
gevind is.
Volgens die patoloog wat die regsgeneeskundige
lykskouing op 5 September 1984 gehou het, was oorledene se
lyk op daardie stadium in 'n toestand van ontbinding maar hy
was .... / 4
4
was van mening dat die oorsaak van dood aan 'n kopbesering
toegeskryf kan
word. Daar was vier skeurwonde aan die kop
wat gewissel het van 2,5 tot 7
sentimeters in lengte. Daar
was geen frakture van die skedel nie maar daar
was bloeding
op die brein, veroorsaak deur die kopbeserings. Hy het te-
kens van verwurging gevind wat moontlik met gebruik van 'n
voorwerp soos 'n serp veroorsaak kon gewees het. Aan die
binnekant van beide oorledene se dye was daar uitgebreide
brandwonde maar dit het nie bygedra tot oorledene se dood nie.
Duimpies is op 10 September 1984 in verband met
oorledene se dood gearresteer. Op 11 September 1984 het hy
vrywilliglik 'n verklaring voor 'n landdros afgelê. Hierdie
verklaring (
Bew C
) is by die verhoor ingehandig as deel van
die Staat se saak. In die verklaring vertel Duimpies dat
die .... / 5
5
die oorledene in die betrokke bos om die lewe gebring is in
sy
teenwoordigheid sowel as in die teenwoordigheid van Demas
en appellant en nog
drie ander persone by name Tiekie, Lony
en Julius. Duimpies impliseer vir
appellant en die ander
vier mans in die moord en probeer die indruk skep dat
sy aan-
deel eintlik onder dwang van die ander geskied het. Hy be-
weer
dat Magriet Fortuin,wat 'n staatsgetuie was ock teenwoor-
dig was.
Op 4 Oktober 1984 is Demas, appellant en voor-
melde Magriet Fortuin
(hierna genoem Magriet), ook in ver-
band met die moord gearresteer. Op 5
November 1984 verskyn
Duimpies, Demas, appellant en Magriet toe voor die landdros-
hof op Kuilsrivier en word hulle ingevolge art 119 van die
Strafproseswet no 51 van 1977 (die Wet) aangesê om op die
aanklag .... / 6.
6
aanklag van moord te pleit. Die notule van hierdie verrig-
tinge
(
Bew B
) is ook deur die Staat by die verhoor ingehandig.
Duimpies het
by hierdie geleentheid skuldig gepleit terwyl Demas appellant en Magriet
onskuldig gepleit het. Duimpies is deur die
landdros ingevolge art 112(1)(b) van
die Wet onder-vra. In breë trekke was sy relaas dat hy die oorledene op
Saterdag 25 Augustus
1984 na die bosse toe geneem het met die spesifieke doel om
haar te gaan vermoor omdat, soos hy dit ge-stel het, "sy 'n ooggetuie
was van
die moord die Vrydagaand." Dit het úit die getuienis by die verhoor
geblyk dat iemand wel die Vrydagaand vermoor is
maar die besonderhede omtrent
die hofsaak wat op daardie moord gevolg het is taamlik vaag. Dit blyk egter uit
die getuienis dat appellant
een van die beskul-digdes in daardie saak was. Een
persoon - dit is nie duidelik
wie ... /7
7(a)
geantwoord. By dieselfde pleitverrigtinge het Demas, appel-
lant en
Magriet ontken dat hulle aandadig was aan oorledene
se dood of teenwoordig
was toe sy gedood is. Magriet het o a
gesê "Ek was die Saterdag in
Beilville gewees."
Die verhoor voor die Hof a
quo
het op 15 April
1986.... / 8
7.
wie dit was nie - is skuldig bevind aan moord en Demas is skuldig bevind aan
poging tot roof. Die saak teen Magriet, wat eers
'n mede-beskuldigde was, is
teruggetrek en sy is, net soos in die onderhawige saak, as staatsgetuie geroep.
Dit blyk ver-der dat sy
vir appellant by die Vrydagaand se insident betrek het
maar dat haar getuienis in dié verband deur die hof wat daar-die saak
verhoor het verwerp is en dat appellant onskuldig be-vind en ontslaan is. In sy
pleitverduideliking,waarna ek vroeër verwys
het, gee Duimpies 'n volledige
beskrywing van hoe hy die oorledene met sy serp verwurg het, hoe hy haar toe met
'n stuk hout oor haar kop geslaan het tot sy dood is en hoe hy toe hout op
haar gepak het en die hout aan die brand gesteek het. Op
'n vraag van die
landdros of hy alleen saam met oor-ledene was toe al die dinge gebeur het, het
Duimpies bevestigend
geantwoord / 8
8
1986 begin. Toe die drie beskuldigdes,wat deur verskillende
advokate
verteenwoordig was,gevra is om op die aanklag te
pleit,het Duimpies skuldig
gepleit terwyl Demas en appellant
onskuldig gepleit het. Demas en appellant
se onderskeie
advokate het, namens hulle, aangedui dat genoemde twee
ontken
dat hulle enige aandeel gehad het in die oorledene se dood
of
teenwoordig was toe die oorledene gedood is. Eers daarna
het die voorsittende regter, op uitnodiging van Duimpies se
advokaat,vir Duimpies ingevolge art 112(1)(b) van die Wet
ondervra aangesien geen verklaring deur Ouimpies ingevolge
art 112(2) van die Wet op skrif gestel is nie. Tydens on-
dervraging deur die voorsittende regter het Duimpies in breë
trekke die inhoud van sy pleitverduideliking voor die land-
dr oshof op 5 November 1984,
Bew
B, herhaal. Die strekking
daarvan .... / 9
9
daarvan was weer dat hy die oorledene vermccr het en daar vas
geen
suggestie van sy kant dat iemand anders hom gehelp het
om die moord te pleeg
nie of teenwoordig was toe hy dit ge-
doen het nie. 'n Pleit van onskuldig is deur die Hof t o v
Duimpies genotuleer.
Nadat die mediese getuienis waarna ek reeds ver-
wys het, aangebied is het die Staat vir Magriet as getzie geroep.
Die saak teen haar is blykbaar op een of ander stadium na die
pl'eitverrigtinge van 5 November 1984 teruggetrek. Ek is nié
van plan om haar getuienis in detail weer te gee nie. In
breë trekke was die strekking daarvan dat op die Saterdag van
die beweerde moord omstreeks 12 uur, sy en die oorledene, op
Duimpies, Demas en appellant se versoek, laasgenoemde drie
vanaf Eersterivier na Blackheath vergesel het. Hulle het
kortpad ..... / 10
10
kortpad deur 'n bos gestap en op 'n stadium in die bos het die drie mans
skielik die oorledene daarvan beskuldig dat sy "gepimp" het
wat blykbaar beteken
dat sy aan mense vertel het wie betrokke was by die moord wat die vorige
Vrydagaand gepleeg is. Daarna het die
drie die oorledene begin aanrand. Sy
beweer dat appellant die aanranding begin het deur oorle-dene met 'n stuk hout
oor die kop te
slaan. Daarna het Duimpies sy serp om oorledene se nek gesit en
die drie mans het die oorledene toe met sy serp verwurg. Toe sy flou
op die
grond val, het die drie haar om die beurt met die stuk hout oor die kop geslaan.
Daarna het Duimpies begin om hout op oorledene
te pak. Op daardie stadium, en
terwyl Duimpies nog besig was om na vuurhoutjies te soek om die hout aan die
brand te steek, is sy,
Magriet, en Demas en appellant daar
weg .... / 11
11
weg. Hulle het Duimpies op die toneel gelos en het hom nie
weer gesien
nie. Na kruisondervraging deur die ander advokate het
advokaat Rorich, namens die Staat,die Hof soos volg toegespreek
en die
volgende kommentaar van die Verhoorregter ontlok; ek
haal aan:
"
MR RORICH
: My Lord, I would just like to mention at this stage that
there was a bit of deviation from a statement. I made it available to My
Learned
Priends, so it might be advisable that this witness returns tomorrow when My
Learned Friends have had a chance to go through
the statement and very likely
damage what has already been-or worsen the damage.
COURT
: Do you think
it's going to help to give us any
better impression of this witness .
MR RORICH
: I don't think so My Lord, it just depends on My Learned
Friends, I just want to give them then the
opportunity to
COURT
: Subject to what you're going to
have to say in argument neither of us have asked this witness any quest-ions
because quite honestly,
Mr Rorich, many things that she says to us at this
stage, I am, not prepared to be-lieve".
Watter.../ 12
12
Watter afwykings daar in die getuie se verkla-ring was, weet ons nie want dit
is toe nooit ingehandig nie en Magriet is nie deur die
advokate namens Demas en
appellant daaroor ondervra nie. Daaroor is ek glad nie verbaas nie, want
ná die opmerkings van die
Verhoorregter en, in 'n mate ook die afleiding
wat mens moet maak uit die houding van die Staat se advokaat, sou die advokate
namens
Demas en appellant geregtig gewees het om te dink dat dit blote
verkwisting van tyd sou wees om Magriet verder te diskrediteer.
Die volgende getuie wat die Staat geroep het
was voormelde Elizabéth Daniels by wie se huis die oorledene
ten tyde van die gebeure gebly het. Duimpies het blykbaar
ook soms by haar huis geslaap. Vir Demas en appellant het
sy geken en Magriet was 'n vriendin van haar. Sy het getuig
dat .... /13
13
dat sy die betrokke Saterdag vir Duimpies, Demas, appellant,
Magriet en
die oorledene saam gesien loop het in die rigting
van Blackheath. Sy het eers
gesê hulle het in die rigting
van die bos geloop maar het later
gesê hulle is in die bos
in. Sy kon nie die datum gee wat sy die groep gesien loop
het nie maar volgens haar was dit die Saterdag nadat daar die
vorige nag 'n moord gepleeg is en daar die oggend 'n, lyk in die
veld naby haar huis gelê het. Dit was ook die laaste keer
wat sy oorledene lewend gesien het. Volgens haar was die groep
"'n hele ent" van haar af toe sy hulle gesien het. Sy het van-
uit die getuiebank na strate beduie om die distansie wat die
groep van haar was te probeer bepaal en die Verhoorregter het
dit geskat op "so'n 100 tot 150 meter". Sy het etlike kere
gesê dat Magriet 'n vriendin van haar was maar het getuig dat
sy..../ 14
14
sy na die bezrokke Saterdag nooit weer vir Magriet gesien het
nie en dat
hoewel sy blykbaar buite die hof gesit en wag het
terwyl Magriet getuig het,
sy nie geweet het dat Magriet 'n
getuie in die saak was nie. Sy het in elk geval nooit die
saak met Magriet bespreek nie.
Die Staat het daarna sy saak gesluit. Ek meen
dit moet duidelik wees dat in die lig van die Verhoorregter se
opmerking omtrent die kwaliteit van Magriet se getuienis
waarna ek vroeër verwys het daar aan die einde van die Staat
se saak geen aanvaarbare getuienis hoegenaamd was wat appellant
by die
moord betrek het nie. Hoe dit ook al sy, Duimpies is
toe deur sy advokaat opgeroep om te kom getuig. Hy het on-
middellik met die deur in die huis geval en gesê dat wat hy
vir die Hof in sy pleitverduideliking gesê het, naamlik dat hy
alleen .... / 15
15
alleen verantwoordelik was vir die moord op die oorledene, nie die waarheid
was nie. Die waarheid, so het hy getuig, is soos wat Elizabeth
Daniels getuig
het naamlik dat Demas, ap-pellant en Magriet die Saterdag saam met hom en die
oorledene die bos in is en, soos Magriet
getuig het, dat hy en Demas en
appellant saam vir oorledene aangerand het en haar vermoor het. Hy het erken
dat, op sy jongste weergawe,
hy in sy ver-klaring aan die landdros,
Bewys
C
, valslik drie onskuldige mense naamlik Tiekie, Lony en Julius by die moord
betrek het, maar, het hy gesê, dit was omdat hy
probeer het om sy kant
"skoon te praat" en toe het hy maar vir bogemelde drie "in die saak ge-druk". Hy
kon nie verduidelik waarom
hy, benewens Demas en appellant wat volgens hom in
elk geval die misdaad help pleeg
het, ook nog drie onskuldige mense se name moes bysleep nie.
In .... / 16
16
In sy pleitverduideliking voor die landdroshof, B
ew B
, het hy,
so
het hy getuig, maar al die skuld op homself geneem om vir
Demas en appellant
te help. Sy pleitverduideliking voor die
Hof a
quo
het hy, tydens
kruisondervraging deur advokaat Rorich,
probeer verduidelik deur te sê
dat hy nie geweet het sy twee
mede-beskuldigdes gaan onskuldig pleit nie en
toe hy hoor hulle
pleit onskuldig het hy besluit om die waarheid te praat. Die
waarheid,
volgens hom, was dit wat hy onder eed getuig het
naamlik dat hulle hom gehelp het om die moord te pleeg. Dit
was natuurlik 'n leuen want sy eie pleitverduideliking voor die
Hof a
quo
waarin hy geen woord rep van sy mede-beskuldigdes
se betrokkenheid nie,is gegee nadat hy baie goed geweet het dat
Demas en appellant onskuldig pleit en alle aandadigheid aan die
misdaad ontken. Later in sy getuienis, nog steeds in antwoord
op..../ 17
17
op vrae deur advckaat Rorich, het Duimpies beweer dat hy die vo-
rige dag
bes'luit het om die waarheid te vertel omdat sy ma "nie
vir (hom) lekker
gelyk het omtrent die verklaring wat (hy) vroeër
in die hof gemaak het nie". Hy het toe die aand toe hy in die
sel lê besluit om vir die Hof te vertel van Demas en appellant
se aandeel in die misdaad. Duimpies het ook erken dat voor die
verhoor van die huidige saak begin het hy op een of ander stadium,
terwyl hy en 'n groep saam in 'n voertuig na die Hof vervoer is,
iemand in die voertuig aangeval en gedood het en dat Demas en
appellant teenwoordig was en as getuies opgeroep is om in die aan-
klag van moord wat uit daardie voorval spruit, en wat nog moet
voorkom, teen hom te getuig.
Demas en appellant het beide onder eed getuig en
beide het ontken dat hulle die betrokke Saterdag saam met Duimpies
of..../ 18
18
of Magriet of díe oorledene die bos ingegaan het of dat hulle
enige
aandeel in oorledene se dood gehad het of teenwoordig
was toe sy gedood
is
In die Verhoorhof se uitspraak word gesê dat as
"Magriet se getuienis alleen gestaan het, sou ons sonder aarseling geen waarde
hoegenaamd daaraan geheg het nie".
Die Hof gaan egter dan voort
en sê:
"Maar die feit bly staan dat wat die wesenlike aspekte van die aanval op die
oorledene betref, sy en Duimpies die-selfde storie vertel.
Duimpies was van sy
arrestasie af in hegtenis. Dit sou dus feitlik onmoontlik gewees het vir hulle
om bymekaar te kom om dieselfde
storie uit te werk en later te kom
vertel."
In die uitspraak word dan op sekere verskille in Magriet
en
Duimpies se relase van die aanval op oorledene verwys maar,
gaan die uitspraak voort, hierdie verskille is
"nie van so'n aard om afstand te doen van die feit dat op die belangrike
aspekte hulle dieselfde storie vertel nie."
Nou..../ 19
19
Nou wil ek met groot respek aan die hand doen dat behalwe vir die feit dat
oorledene in die bos aangeval is Duimpies en Magriet se
weergawes van hoe die
aanval plaasgevind het feitlik op elke wesenlike aspek verskil. Ek verwys slegs
na die volgende:
Magriet sê die aanval is deur appellant begin wat vir die oorledene met 'n
stuk hout oor die kop geslaan het. Daarna het Duimpies
die serp om haar nek
gesit en het Duimpies, Demas en appellant haar met die serp verwurg. Toe die
oorledene op die grond val het
al drie haar met die stuk hout oor die kop
geslaan.
Duimpies se weergawe is dat hy sy serp van sy nek
afgehaal het en om oorledene se nek gesit het. Toe het hy, Demas en appellant
almal
aan die serp getrek totdat
die..../ 20
20
die oorledene op die grond geval
het. Toe eers is sy deur
die drie mans om die beurt oor die kop geslaan.
Magriet vertel ook van 'n yster waarmee al drie mans die oorledene geslaan
het. Hiervan rep Duimpies nie 'n woord nie.
Magriet vertel dat nadat oorledene geslaan is en stil bly lê het
Duimpies alleen takke op haar gepak het en terwyl hy be-sig
was om na
vuurhoutjies te soek om die takke aan die brand te steek, het sy en Demas en
appellant geloop. Hulle het vir Duimpies daar
gelos en hom nie weer gesien
nie.
Duimpies sê hy en Demas en appellant het al drie saam tak ke op
oorledene gepak, dit aan die brand gesteek en hulle is almal
saam van die toneel
weg.
Magriet sê toe die takke op die oorledene gepak is,het sy
op haar rug gelê. Duimpies sê sy het op haar maag gelê.
Ek.../ 21
21
Ek is dus van mening dat die Verhoorhof se stel-
ling dat wat die
wesenlike aspekte van die aanval op die oor-
ledene betref Magriet en
Duimpies "dieselfde storie vertel"
nie deur die getuienis gesteun word
nie.
'n Aspek wat die Verhoorhof blykbaar baie beïndruk
het,was dat Magriet se beskrywing van die aanval op oorledene
inpas by die
beserings wat die patoloog gevind het. In die
Verhoorhof se uitspraak word
dit soos volg gestel:
"Hoe sou sy dan geweet het hoe oorledene daardie beserings opgedoen het. Sy
moes
derhalwe teenwoordig gewees het."
Wat die Verhoorhof
egter blykbaar uit die oog
verloor het is dat Magriet teenwoordig was toe Duimpies sy
pleitverduideliking
Bew B
voor die landdroshof gegee het. Sy
was destyds 'n mede-beskuldigde. Daar het Duimpies vertel dat
hy.../ 22
22
hy die oorledene met die serp verwurg het, dat hy oorledene
met 'n hout
o'or die kop geslaan het en dat hy toe takke op oor-
ledene gegooi het en dit aan die brand gesteek het. Dit was
eintlik al waarop die mediese getuienis neergekom het naamlik
dat oorledene kopwonde gehad het, dat daar tekens van verwurging
was en dat daar brandwonde aan oorledene se liggaam was. Ek
sou dus met groot huiwering bereid wees om te aanvaar dat Magriet
noodwendig 'n ooggetuie van die aanval op oorledene moes gewees
het bloot op grond daarvan dat haar beskrywing van die aanval
inpas by die beserings wat by die nadoodse ondersoek gevind
is. Ek sou eerder geneig wees om, vanwee die verskille wat
daar was tussen Magriet en Duimpies se weergawes waarna ek
hierbo verwys het, die afleiding te maak dat Magriet
nie
teen-
woordig was toe die oorledene gedood is nie soos Duimpies dan
ook../23 '
23
ook in sy pleitverduideliking voor die landdroshof en die Hof
a
quo
te kenne gegee het. Hoe dit ook al sy, ek bespreek ver-
volgens kortliks die
Hof a
quo
se benadering van Duimpies se
getuienis voor daardie Hof
want dit is hoofsaaklik op sy ge-
tuienis wat appellant se skuldigbevinding gebaseer was.
Die Verhoorregter sê in sy uitspraak:
"Duimpies het op ons 'n goeie indruk gemaak. Hy het wel voorheen oor die voorval
'n leuen vertel en hy erken dit. Hy het ons nou
as geloofwaardig voorgekom en
ons het al drie die indruk gekry dat hy nou met die volle waarheid vorendag wil
kom om' sy gewete skoon
te maak."
Nou moet ek
dadelik sê dat die stelling dat Duim-
peis voorheen oor die voorval "'n leuen" vertel het, die ware
toedrag van sake darem baie saggies stel. As sy getuienis ge-
glo moet word,het hy voorheen
drie
leuens oor die voorval ver-
tel. Een in sy verklaring voor die landdros en 'n verdere twee
in..../ 24
24
in sy daaropvolgende pleitverduidelikings. Wat my betref is
die leuens Wat
hy in sy verklaring voor die landdros vertel het
die ernstigste van aard. As
sy getuienis voor die Hof a
quo
geglo moet word dan het hy in daardie
verklaring doelbewus drie
onskuldige mense tw Tiekie, Lony en Julius valslik by die moord
op oorledene betrek. Die Verhoorhof verwys wel in sy uitspraak
na hierdie verklaring,maar gebruik dit eintlik in Duimpies se
guns omdat dit dan sou aantoon dat hy reeds vir Demas en appel-
lant by die moord op oorledene betrek het op 'n stadium voordat
hulle nog getuie was van die moord wat na bewering deur hom in
die vangwa gepleeg is. Die feit dat Demas en appellant teen
hom gaan getuig as hy vir die tweede moord aangekla word,kan
dus nie as moontlike rede dien, so redeneer die Hof, waarom
hy nou genoemde twee valslik by die moord op die oorledene
sal .... / 25
25
sal wil betrek nie. Na die feit dat Duimpies op sy huidige weergawe
ind'erdaad drie ander onskuldige mense valslik by die moord probeer
betrek het,
word daar in die uitspraak glad nie verwys nie. Maar selfs in sy getuienis voor
die Hof a
quo
het Duimpies nie geskroom om onwaarhede te vertel nie. Ek
het reeds verwys na sy eerste verduideliking waarom hy dan kwansuis nou
besluit
het om "die waarheid" te vertel en dit as 'n ooglopende leuen bestempel. Hy het
ook in sy verklaring voor die landdros,
Bew C
, 'n lang storie vertel van
hoe Tiekie, appellant en 'n groep ander die Vrydagaand voor die oorledene
vermoor is by 'n smokkelhuis
mense aangerand het en van 'n baad-jie beroof het.
Toe hy deur appellant se advokaat oor die insident ondervra is het hy ontken dat
hy ooit so iets vir die
landdros vertel het. Hy het gesuggereer dat die landdros dit
uit .... / 26
26
uit sy eie in die verklaring moes ingeskryf het. Dit was
eers toe die
Verhoorregter vir hom daarop gewys het dat dit
mos verregaande is om te wil
beweer dat die landdros son storie
uit sy duim sou suig dat hy onthou het dat hy vir die landdros
so iets vertel het maar, sê hy toe, dit was wat iemand anders
hom
die volgende dag vertel het. Hierdie is miskien 'n nietig-
heid in vergelyking met die ander leuens wat Duimpies vertel het,
maar dit is tog 'n verdere aanduiding van die onbetroubaarheid
van sy getuienis. Dit is natuurlik geykte reg dat die versig-
tigheidsmaatreël wat daar geld wanneer 'n medepligtige namens die
Staat teen medepligtiges wat beskuldigdes is, getuig,soos in
R v Ncanana
1948 (4) SA 399
(A) uiteengesit, ook ten volle
van toepassing is op 'n beskuldigde wat teen sy mede-beskuldig-
des getuig (kyk bv
S v Dladla
1980 (1) SA 526
(A) op 529).
Onder die omstandighede van hierdie saak sou dit
ooglopend .... / 2
27
ooglopend uiters gevaarlik gewees het om Duimpies se relaas in die Hof a
quo
van hoe die oorledene aan haar einde gekom het en wie, behalwe
hyself, daarvoor verantwoordelik was te aan-vaar sonder dat daar
sterk
(en ek doen die onderstreping doel-bewus) stawende getuienis vir sy weergawe
was. Die Verhoor-hof het hierdie stawing blykbaar probeer
soek in die getuienis
van Magriet, maar omdat sy self so 'n onbetroubare getuie was dat "as haar
getuienis alleen gestaan het, sou
die hof geen waarde; hoegenaamd daaraan geheg
het nie" het die Hof eintlik stawing vir haar getuienis van wat in die bos
gebeur het
gesoek in Duimpies se getuienis. In dié verband het die Hof
dus eintlik
in 'n sirkel geredeneer. Bowendien is dit vreemd dat die Hof
hoegenaamd Magriet se getuienis in ag geneem het nadat dit te-
vore (soos hierbo aangedui) aan die advokate te kenne gegee
het .... / 28
28
het dat haar getuienis buite rekening gelaat kan word.
Die Verhoorhof was
beïndruk deur Elizabeth Daniels as getuie en het haar getuienis geglo.
Appellant se advokaat het daarop gewys
dat sekere aspekte van haar getuienis
vatbaar is vir kritiek. Ek ag dit nie nodig om hierdie kritiek te bespreek nie
want na my mening
dra haar getuienis nie wesenlik by tot die kern van die saak
nie naamlik of dit bo redelike twyfel bewys is dat appellant 'n aandeel
gehad
het in die aan-val op oorledene wat tot haar dood gelei het. Na my mening was
daar nie sodanige bewys nie.
Die appèl slaag dus en die skuldigbevinding en vonnis word ter syde
gestel.
H.R. JACOBS, AR RABIE, HR ) stem saam
GALGUT, Wnd AR)