S v Chakela (1183/05) [2005] ZAFSHC 115 (15 December 2005)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking — Plea of guilty — Accused initially charged with housebreaking with intent to steal and theft, later found to have only committed theft — Automatic review of conviction — Court finds insufficient evidence of intent to break in — Conviction amended to theft with a lighter sentence imposed. Accused entered a home intending to visit a friend but took items when he found the owner asleep; no evidence of prior intent to commit theft or break in. Conviction altered to reflect theft only, resulting in a reduced sentence of 12 months' imprisonment, 6 months suspended for 4 years on condition of no further theft convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 115
|

|

S v Chakela (1183/05) [2005] ZAFSHC 115 (15 December 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANGE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1183/05
In
die hersiening van:-
DIE
STAAT
en
MALEFANE
ELIAS CHAKELA
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT
R
et
VAN
ZYL WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
15
DESEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Beskuldigde
het te Senekal tereggestaan op ‘n aanklag van huisbraak met die
opset om te steel en diefstal, op welke aanklag
die beskuldigde
skuldig gepleit het en waarop hy tot 24 (vier en twintig) maande
gevangenisstraf waarvan 6 (ses) maande gevangenisstraf
opgeskort is
vir 4 (vier) jaar op sekere voorwaardes, deur die verhoorlanddros
gevonnis is.
[2] Die
vonnis was onderhewig aan outomatiese hersiening, waarop C.J. Musi,
R, die volgende navrae gerig het:
“
1. Toon
die ondervraging ingevolge artikel 112(1)(b) Wet 51 van 1977
in
casu
aan dat die beskuldigde die huis oopgebreek en binnegegaan het met
die opset om te steel.
Die landdros word
versoek om redes vir die vonnis te verskaf.”
[3] In
sy skriftelike redes het die verhoorlanddros toegegee dat hy fouteer
het deur die beskuldigde skuldig te bevind aan die ten
laste gelegde
misdryf. Die verhoorlanddros het voorts, na my mening heeltemal
tereg, aangetoon dat die beskuldigde slegs aan diefstal
skuldig
bevind moes gewees het. Wat die vonnis betref, het die
verhoorlanddros ook toegegee dat indien die skuldigbevinding gewysig
sou word tot een van diefstal, ‘n ligter vonnis meer gepas sal
wees.
[4] Die
aanklag teen die beskuldigde het as volg gelees:
“
Dat
die beskuldigde skuldig is aan huisbraak met die opset om te steel en
diefstal deurdat hy op of omtrent 8 Mei 2004 en te of naby
6140 Tambo
in die distrik van Senekal wederregtelik en opsetlik die deur van ‘n
huis oopgebreek en binnegegaan het met die opset
om die goed daarin
te steel
en toe daar wederregtelik en opsetlik 1 x Nokia selfoon ter waarde
van R800.00, kontant ter waarde van R480.00 en ‘n baadjie ter
waarde van R195.00, die eiendom of in die regmatige besit van David
Ntjobane gesteel het.”
[5] Ten
tyde van die ondervraging ooreenkomstig die bepalings van artikel
112(1)(b) van die Strafproseswet, Wet Nr. 51 van 1977, het
dit geblyk
dat die beskuldigde na die klaer se huis gegaan het om daar te gaan
aantrek, aangesien hulle vir dieselfde sokkerspan
gespeel het. Toe
hy by die klaer se huis opdaag, het hy egter gevind dat die klaer
geslaap het en het hy toe op daardie stadium
besluit om die baadjie,
die selfoon en die kontant te neem. Daar is geen aanduiding dat die
beskuldigde na die klaer se huis gegaan
het met die bedoeling om daar
in te breek of daar te steel nie en voorts is daar geen getuienis wat
aantoon dat die beskuldigde die
huis van die klaer oopgebreek het
en/of sonder toestemming binnegegaan het nie. Na my mening kon die
beskuldigde gevolglik slegs
skuldig bevind gewees het aan diefstal
van die gemelde items en moet daar gevolglik met die skuldigbevinding
ingemeng word.
[6] Wat
die opgelegde vonnis betref, moet die beskuldigde uiteraard ‘n
ligter vonnis opgelê word as die vonnis wat ten opsigte
van die
aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal opgelê
was. Geen vorige veroordelings is teen die beskuldigde
bewys nie.
Soos op volledige wyse deur die verhoorlanddros in sy skriftelike
redes vermeld, moet die volgende faktore in ag geneem
word by die
oorweging van ‘n gepaste vonnis. Die beskuldigde is 24 jaar oud,
getroud met geen kinders nie en is beide hy en sy
vrou werkloos.
Beskuldigde het graad 12 op skool geslaag, waarna hy aanvanklik ‘n
vaste betrekking gehad het te Boksburg vanaf
2000 tot 2003. Hy het
te Boksburg gewoon by sy moeder, maar nadat sy gesterf het, het hy
nie meer plek gehad om te bly nie. Beskuldigde
se pleit van skuldig
word ook as strafversagtend in sy guns in aanmerking geneem as synde
‘n teken van sy berou. Hierteenoor moet
egter ook in gedagte gehou
word dat die klaer skade gely het in die bedrag van R1 475.00, welke
skade nie vergoed is nie. Volgens
die skriftelike redes verskaf deur
die landdros, kom hierdie misdryf ook veelvuldig in die bepaalde
distrik voor.
[7] By die oorweging van
‘n gepaste vonnis, is dit noodsaaklik om ‘n balans te handhaaf
tussen die aard en erns van die misdryf,
die belange van die
gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die beskuldigde.
Soos reeds hierbo vermeld, noodsaak die oorweging
van hierdie faktore
dat daar in die onderhawige geval ingemeng moet word met die
opgelegde vonnis, inaggenome die inmenging met die
tersaaklike
skuldigbevinding.
[8] In
die vooropstelling word die volgende bevele verleen:
1. Die skuldigbevinding
word gewysig tot ‘n skuldigbevinding aan diefstal.
2. Die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
“12 (Twaalf) maande
gevangenisstraf waarvan 6 (ses) maande gevangenisstraf vir 4 (vier)
jaar opgeskort word op voorwaarde dat die
beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan diefstal gepleeg gedurende die
opskortingsperiode nie.”
_________________
C. VAN ZYL, WND R
Ek
stem saam.
_____________
G.F. WRIGHT, R
/sp