About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 152
|
|
S v Muraping (1500/2005) [2005] ZAFSHC 152 (1 December 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr. :
1500/2005
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
BEN
MURAPING
______________________________________________________
CORAM:
HANCKE, R
et
MATSEPE, Wnd R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
MATSEPE,
R
GELEWER OP:
1
DESEMBER 2005
Die beskuldigde is
skuldig bevind
op ân aanklag van diefstal van teëls ter waarde van R9 000,00, en
as volg gevonnis:-
Beboet,
Eenduisend Rand (R1 000,00) of ses (6) maande gevangenisstraf, plus
ân verdere ses (6) maande gevangenisstraf opgeskort
vir vier (4)
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
diefstal van artikel 36 of 27 van Wet 62 van 1955
waarvan ân
opgeskorte vonnis opgelê is gepleeg gedurende die opskortingstermyn
nie. Ondersoek ingevolge artikel 103 van Wet 60
van 2000 soos per
aanhangsel âBâ.
Die
beskuldigde het by aanvang van die verhoor skuldig gepleit.
Die artikel 112(1)(b) Wet
51 van 1977 ondervraging is toe deur die landdros gedoen en ly as
volg:-
V. Pleit u vrywillig
skuldig?
A. Ja
V. Was
u op 03-11-1977 te Zone 8 hier te Ficksburg?
A. Ja
V. Was
u in besit van items?
A. Ja
V. Wat
was dit gewees?
A. Dit
was vloerteëls
V. Waar
het u dit gekry?
A. By
nommer 62 Caledonstraat geneem
V. Die
waarde daarvan is R9 000,00 (nege duisend), sal u dit betwis?
A. Nee
V. Het
u enige reg of toestemming gehad om dit te neem?
A. Nee
V. Het
u geweet u pleeg ân misdryf?
A. Ja
V. Het
u besef u optrede was onwettig?
A. Ja.
Dit blyk nie dat die
beskuldigde op die tydstip van skuldigbevinding erken dat hy die
teëls âgeneemâ het met die opset om dit
aan homself toe te eien
nie.
Op
daardie stadium is die eienaar van die teëls nog nie geïdentifiseer
en kan die redelike moontlikheid nie uitgeskakel word dat
dit
res
derelictae
kan
wees.
Die
skuldigbevinding kan gevolglik nie bekragtig word nie en gelas die
hof as volg:
1. Die skuldigbevinding
word tersyde gestel.
2. Die
saak word terugverwys na die hof
a
quo
sodat die landdros die ondervraging behoorlik kan laat geskied.
__________________
V. MATSEPE, Wnd R
I concur.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
/em