Da Silva v Vrystaat Mielies (Edms) Beperk (4455/2005) [2005] ZAFSHC 150 (24 November 2005)

66 Reportability
Commercial Law

Brief Summary

Arbitration — Interim agreement — Validity of arbitration agreement — Applicants sought a declaratory order confirming an arbitration agreement with the respondent regarding disputes arising from grain supply contracts — Respondent contended that the applicants' failure to deliver grain constituted a breach of the interim agreement, thereby nullifying the arbitration clause — Court held that the interim agreement was indivisible, and the applicants' failure to perform their delivery obligations resulted in the cancellation of the entire agreement, including the arbitration provision — Respondent was entitled to cancel the interim agreement due to the applicants' breach, thus rendering the arbitration agreement ineffective.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 4455/2005
In die saak tussen:­
CARLOS ALBERTO DA SILVA EN 33 ANDER Applikante
en
VRYSTAAT MIELIES (EDMS) BEPERK Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP: 17 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: KRUGER  R
_____________________________________________________
GELEWER OP: 24 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Applikante   vra   ‘n   verklarende   bevel   dat   applikante   en 
respondent   ingevolge   die   Arbitrasiewet   42   van   1965   ‘n 
ooreenkoms   bereik   het   met   betrekking   tot   die   hou   van 
arbitrasie­verrigtinge ten einde enige geskille tussen hulle op  
te   los   en   dat   hierdie   ooreenkoms   steeds   van   krag   is. 
Samehangend   daarmee   versoek   applikante   ‘n   bevel   wat 
respondent verbied om voort  te gaan  met  die  uitreik van  
dagvaardings   en   ‘n   bevel   dat   enige   hofverrigtinge  
voortspruitend uit of gebaseer op ‘n dagvaarding wat reeds  
uitgereik is, opgeskort word hangende die finalisering van die 
arbitrasie­verrigtinge.   Alternatiewelik tot hierdie bevele oor  
arbitrasie   vra   applikante   ‘n   verklarende   bevel   dat   die 
skriftelike   koopkontrakte   wat   hulle   met   respondent  
aangegaan het, nietig verklaar word vanwe ë die vaagheid  
daarvan.
[2] Applikante is graanprodusente wat kontrakte met respondent 
gesluit het ingevolge waarvan hulle graan aan respondent  
moet lewer.
[3] Verskeie geskille het tussen die partye ontstaan as gevolg 
waarvan applikante geweier en/of versuim het om graan aan die 
respondent te lewer.
[4] Die partye het toe ‘n tussentydse reëling getref wat blyk uit 
aanhangsels “F” en “G” tot die stukke.  Respondent se prokureur 
het die volgende aanbod gemaak:
“5. Ons kliënt maak naa mlik die volgende voorstel ter skikking  
van die onderhawige dispuut:
5.1 U   kliënte   lewer   die   uitstaande  gedeelte   van   die 
oeste in naam van ons kli ënt, sonder benadeling  
2
van hulle regte.
5.2 Ons kliënt betaal die netto prys wat bepaal is per die portefeuljereëls 
(dit wil sê volgens ons kliënt se weergawe) ten opsigte van die verdere 
lewerings, in trust by ons in, hangende die beslegting van die dispuut.
5.3 Die dispute soos voorlopig blyk uit die korrespondensie en/of soos 
aangevul, word besleg by wyse van summiere, informele arbitrasie.
5.4 Die arbitrasie word gedoen deur ‘n afgetrede regter.
5.5 Moontlike arbitrasie datums is 5, 6, 8, 9 en 26 September 2005.
5.6 Daar   kan   hierna   oor   die   besonderhede   van   die 
prosedure ooreengekom word.”
[5] Hierdie   aanbod   was   vir   die   applikante   se   prokureurs  
aanvaarbaar:
“2. Ons kliënte gaan akkoord met die inhoud van par. 5 van u brief  
en sal voortgaan om hul mielies, onderhewig aan par. 5 van u  
brief, aan u kli ënt te lewer.  Ons bevestig dat die lewering van  
die mielies  nie geag moet word as ‘n erkenning van die  
terme   en   voorwaardes   van   die   betrokke  
verkoopsooreenkomste, welke huidig in dispuut is nie.”
[6] Applikante se prokureurs gaan akkoord met die voorstel ten  
aansien van die beregting van die aangeleentheid by wyse  
van arbitrasie.
3
[7] Die tussentydse re ëling het dus behels dat applikante graan  
sou lewer en dat die aangeleentheid by wyse van arbitrasie  
besleg sou word.
[8] Die applikante het versuim om graan te lewer.  Respondent  
se   prokureur   het   toe   in   ‘n   brief   van   5   Oktober   2005   vir 
applikante se prokureurs daarop gewys dat die applikante  
verplig was om graan te lewer, maar dat hulle tot op datum  
versuim het om dit te doen.   Applikante is aangemaan om  
voor Vrydag 7 Oktober 2005 te lewer, by versuim waarvan  
respondent die ooreenkoms sou kanselleer.
[9] Nadat applikante se prokureur op 7 Oktober 2005 laat weet 
het dat slegs twee van die applikante nog mielies voorhande 
gehad het wat gelewer kon word, het respondent se prokureur in ‘n 
brief van 11 Oktober 2005 gesê dat daar uitdruklik ooreengekom 
was dat die gekontrakteerde mielies gelewer moet word, wat 
applikante nie gedoen het nie.  Hy sê dan verder:
“Dit is dus duidelik dat u kli ënte in stryd met die tussentydse  
reëlings optree en word dit derhalwe hiermee beëindig.”
[10] Respondent se saak word soos volg in Mnr. Pretorius se  
betoogshoofde uiteengesit:
4
“5.7 Daar is naamlik die volgende tyssentydse reëling getref:
5.7.1 Applikante   gaan   voort   om   die   graan   te   lewer, 
sonder benadeling van regte; en
5.7.2 Die   dispute   voortspruitend   uit   die   koopkontrakte 
word by wyse van arbitrasie besleg.
5.8 Gemelde tussentydse re ëling is een, ondeelbare re ëling: 
Die   tussentydse   lewering   is   beding,   juis   omdat   die 
arbitrasie reëling moontlik tussentydse regshulp deur die  
howe mag uitgesluit het.
5.9 Die tussentydse lewering van die graan was dus wesenlik, hangende 
die arbitrasie.
5.10 Op ‘n behoorlike uitleg van die skrywes en/of met inagneming van die 
omringende omstandighede, moes hierdie lewering van graan onverwyld 
geskied het, selfs al sou die prosedure ten opsigte van die arbitrasie nog nie 
gefinaliseer gewees het nie.
5.11 Die reëlings was van toepassing op alle applikante en ongeag die 
vraag of sodanige graan reeds weggelewer was.
5.12 Die versuim van applikante om die graan te lewer, het dus ‘n 
verbreking van die tussentydse reëling daargestel.
5.13 Respondente was derhalwe geregtig om applikante aan te maan in 
hierdie verband.
5.14 Applikante se versuim om te lewer, die ontkenning van sodanige plig 
tot lewering en die bewering dat slegs twee applikante al dus verplig is, na 
finalisering van die arbitrasie reëlings, stel kontrakbreuk daar, synde positiewe 
5
wanprestasie en/of repudiëring.
5.15 Respondent was derhalwe geregtig om die tussentydse reëling te 
kanselleer.
5.16 Die   lewering   en   arbitrasie   is   onlosmaaklik   deel   van 
dieselfde   tussentydse   re ëling.     Die   regsgeldige  
beëindiging daarvan, het ook ‘n einde gebring aan die  
gedeelte wat op arbitrasie betrekking het.
5.17 Hierdie   geval   is   naamlik   onderskeibaar   van   ‘n  
sogenaamde ‘hoofkontrak’ wat bepaal dat alle dispute,  
voortspruitend uit die hoofkontrak, deur arbitrasie besleg  
sal word.  In sodanige geval sou die kansellasie (weens  
kontrakbreuk) van die hoofkontrak, nie   per se   ‘n einde  
bring aan die arbitrasieklousule nie:  Dit mag juis die tipe  
dispuut wees wat die partye bedoel het, deur arbitrasie  
besleg moet word.
5.18 In   casu  was  daar   voortspruitend   uit   die  koopkontrakte 
twee aspekte ter sprake:  Tyssentydse beveiliging van die 
graan en ‘n alternatiewe dispuutbeslegtingsmetode.   As  
gevolg   van   die   arbitrasie  was   dit   noodsaaklik   om  
daarmee saam , los van die hoofkontrak, re ëlings te tref  
vir die tussentydse beveiling.
6
5.19 Die tussentydse beveiliging (deur ooreenkoms, aangesien die 
arbitrasie regshulp deur die howe sou uitsluit), was derhalwe onlosmaaklik 
verbind aan die arbitrasie reëling:  Anders gestel, die arbitrasie het as 
voorwaarde gehad die tussentydse beveiliging, deur dieselfde ooreenkoms.
5.20 Verbreking van die tussentydse beveiliging, welke respondent sonder 
remedie deur die geregshowe sou laat indien die arbitrasiereëling steeds sou 
geld, het dus tot gevolg dat die geheel van die tussentydse reëls gekanselleer 
kon word.
5.21 Die arbitrasie­afspraak het dus tesame met die geheel van die 
tussentydse reëling verval.
5.22 Alternatiewelik  behoort   die   Agbare   Hof,   in   die   lig   van 
applikante se verbreking van die tussentydse re ëling, die 
diskresie ten opsigte van die afdwing van die arbitrasie  
ooreenkoms teen applikante uit te oefen.”
[11] Artikel 3 van die Arbitrasiewet 42 van 1962 bepaal:
“3. Bindende   krag   van   arbitrasie­ooreenkoms   en  
bevoegdheid van hof met betrekking daartoe.    ­  (1)  Tensy  
die ooreenkoms anders bepaal, kan ‘n arbitrasie­ooreenkoms  
nie beëindig word nie behalwe met die toestemming van al die  
partye daarby.
2) Die hof kan te eniger tyd op aansoek van ‘n party by ‘n  
arbitrasie­ooreenkoms, om ‘n gegronde rede aangevoer­
(a) die arbitrasie­ooreenkoms tersyde stel; of
7
(b) beveel   dat   ‘n   bepaalde   geskil   in   die   arbitrasie­
ooreenkoms bedoel, nie na arbitrasie verwys word  
nie; of
(c) beveel   dat   die   arbitrasie­ooreenkoms   ophou   om 
van krag te wees met betrekking tot ‘n geskil wat  
verwys is.”
[12] ‘n Arbitrasie­ooreenkoms is:
“’n Skriftelike ooreenkoms wat voorsiening maak vir die verwysing na  
arbitrasie   van   ‘n   bestaande   geskil   of   ‘n   toekomstige   geskil   met 
betrekking  tot  ‘n  aangeleentheid  in  die  ooreenkoms  vermeld, 
hetsy ‘n arbiter daarin genoem of aangewys word al dan nie;”
[13] Mnr. Pretorius sê die normale situasie by arbitrasie­reëling is 
dat daar ‘n hoofkontrak is waarvan slegs een bepaling ‘n  
arbitrasie­klousule is.  Dit is soos by die saak van GARDENS 
HOTEL   (PTY)   LTD   v   SOMADEL   INVESTMENTS   (PTY) 
LTD  1981 (3) SA 911 (W): waar die hoofkontrak in so ‘n  
geval by wyse van kansellasie tot ‘n einde kom, oorleef die  
arbitrasie­klousule.
8
[14] Elke   geval   het   egter   sy   eie   feite.     Hy   sê   hier   was   ‘n 
koopkontrak.     Dit   was   die   hoofkontrak.     Daar   was   geen 
arbitrasie­klousule   in   daardie   kontrak   nie.     Toe   is   ‘n  
tussentydse   reëling   getref   ingevolge   waarvan   die   graan 
beveilig   sou   word,   hangende   arbitrasie.     Hierdie   was   ‘n 
tussentydse   voorstel   –   een   aanbod,   een   aanname.     Toe 
lewering nie geskied het nie, het die tussentydse re ëling tot 
‘n einde gekom.
[15] Mnr. Pretorius sê die ooreenkoms tussen die partye moet 
uitgelê word teen die omringende omstandighede:
1. Die wyse waarop die partye opgetree het;
2. Korrespondensie;
3. Wat was waarskynlik in die gedagte van die partye met  
die   aangaan   van   die   reëling?     Sien   VAN   DER 
WESTHUIZEN   v   ARNOLD  2002  (6)   SA   453   (HHA) 
par. [13] en RANE INVESTMENTS TRUST v CIR 2003 
(6) SA 332 (HHA) par. [26].
[16] Mnr. Pretorius se betoog is dat in die onderhawige geval volg 
9
die dispute uit die koopkontrakte self.  Dit is juis ten opsigte  
van   hierdie   dispute   dat   die   partye   ‘n   afsonderlike,  
onafhanklike tussentydse re ëling getref het:   Lewering van  
die mielies en beslegting van die dispute deur arbitrasie.  Dit  
is   naamlik   ‘n   ondeelbare   kontrak   waar   die   arbitrasie   nie 
afsonderlik   beding   is   nie,   maar   deel   vorm   van   die  
tussentydse reëling.
Hierdie   skikking   is   ‘n   ondeelbare   ooreenkoms   en   sou 
beëindiging daarvan, ook die einde van die arbitrasie re ëling 
beteken:     Die   arbitrasie   is   naamlik   onafhanklik   van   die 
koopkontrak ooreengekom en blyk dit nie van toepassing te  
wees op die tussentydse lewering per se nie.
In casu   is ‘n afsonderlike, ondeelbare tussentydse re ëling 
getref.     Kansellasie   daarvan,   raak   beide   die   lewering   en 
arbitrasie.  Daar is naamlik nie ‘n hoofkontrak met slegs een  
klousule   wat   arbitrasie   voorskryf   vir   alle   dispute  
voortspruitend uit sodanige hoofkontrak nie.   In casu het die 
hoofkontrak,   waaruit   die   dispute   voortspruit,   geen  
10
arbitrasieklousule   nie.     Daar   is   dus   ‘n   kontraktuele,  
afsonderlike en ondeelbare re ëling getref.  Applikant kan nie  
eensydiglik   besluit   om   net   die   dele   van   die   tussentydse 
reëling wat hulle pas (arbitrasie) af te dwing nie, en nie die  
ander deel nie (lewering).
[17] Die   rede   waarom   die   respondent   die   tussentydse   reëling 
aangegaan het, blyk uit paragraaf 3 van die brief waarin die  
voorstel gemaak is:
“3. Dit word bevestig dat dit in belang van kliënte is om:
3.1 Deur   onderhandelings   ‘n   tussentydse   reëling   te 
tref   vir   die   beveiling   van   die   opbrengs   van   die 
balans mielies; en
3.2 ‘n Ooreenkoms te bereik oor spoedige, informele en summiere 
dispuutbeslegting.”
[18] Mnr. Pretorius s ê die tussentydse re ëling het beide lewering  
van   graan   en   beslegting   van   die   geskil   deur   arbitrasie 
behels.     Die   graan   is   in   trust   gelewer   hangende   die 
beslegting van die geskille.   Hy s ê die tussentydse re ëling 
11
bestaande   eerstens   uit   die   tussentydse   lewering   en  
tweedens die dispuut beslegting.   Dit stel een ondeelbare  
reëling daar.
[19] Die fundamentele en oorheersende beginsel by die vraag na  
deelbaarheid,   is   dat   ‘n   mens   kyk   na   die   waarskynlike 
bedoeling   van   die   partye.     Sien  SASFIN   (PTY)   LTD   v 
BEUKES 1989 (1) SA 1 (A) op 16 B.
[20] Mnr.   Pretorius   sê   dat   die   voorstel   wat   aanvaar   is,   ‘n 
ondeelbare   tussentydse   reëling   daargestel   het.     Hy   sê 
tussentydse   beveiliging   van   die   graan   was   wesenlik   en 
noodsaaklik indien arbitrasie sou plaasvind.  Toe applikante  
die tussentydse re ëling repudieer, was respondent geregtig  
om die tussentydse reëling te kanselleer.  
[21] Die respondent se saak is dat toe applikante nie lewer nie,  
het die hele tussentydse re ëling insluitend die verpligting tot  
arbitrasie, weggeval.
12
[22] In   teenstelling   hiertoe,   is   applikante   se   saak   dat   daar   ‘n 
geldige   arbitrasie­ooreenkoms   tussen   die   partye   bestaan. 
Ingevolge   artikel   3(1)   van   die   Arbitrasiewet   kan   dit   slegs 
beëindig word by wyse van toestemming van al die partye  
daartoe.   Artikel 3(2) bepaal dat die Hof genader kan word  
deur ‘n party by ‘n arbitrasie­ooreenkoms ten einde so ‘n  
ooreenkoms tersyde te stel.   Dit, s ê die applikante, is nie  
gedoen nie en die respondent poog steeds nie om dit te  
doen nie.
[23] Op   die   stukke   bestaan   daar   ‘n   geskil   welke   van   die 
applikante   nog   steeds   mielies  gehad  het  om  te  lewer   op 
datum toe die arbitrasie­ooreenkoms aangegaan is.   Mnr.  
Knoetze, namens applikante, wys daarop dat die arbitrasie­
ooreenkoms nie onderworpe was aan die vervulling van ‘n  
opskortende voorwaarde nie.  Dit strook met respondent se  
siening, want hy het dit as ‘n bestaande ooreenkoms gesien  
welke   hy   gekanselleer   het.     Mnr.   Knoetze   s ê   die 
Arbitrasiewet gee respondente ‘n remedie ingevolge artikel  
3(2), maar respondent het verkies om die Arbitrasiewet te  
13
ignoreer.  Daar is geen teenaansoek vir kansellasie van die  
arbitrasie­ooreenkoms nie.
[24] Respondent se saak is dat toe applikante nie lewer nie, het  
die hele tussentydse reëling weggeval.
[25] Die versuim om te lewer, het moontlik kontrakbreuk van die  
tussentydse   reëling   daargestel,   maar   dit   word   nie   deur 
applikante   erken   nie.     Die   respondent   se   reg   om   die 
tussentydse reëling te kanselleer, is in geskil.  Daar kan dus  
nie   sprake   wees   daarvan   dat   hierdie   ‘n   geval   is   soos   in 
TURKSTRA AND ANOTHER v MASSYN  1958 (1) SA 623  
(T)   op   625   G   ­   H   waar   die   partye   by   ooreenkoms   die 
arbitrasie­reëling beëindig het nie.  
[26] Die argument rondom deelbaarheid is in hierdie saak nie  
behulpsaam nie.  Selfs al aanvaar mens dat die lewering­ en  
arbitrasie­klousules ondeelbaar was, beteken dit nog nie dat  
die   arbitrasie­reëling   outomaties   sou   wegval   as   daar   nie­
nakoming van die lewerings­reëling was nie.
14
[27] ‘n Mens moet die rede vir die aangaan van die ooreenkoms  
onderskei   van   die   vraag   of   een   klousule   van   ‘n   kontrak 
afhanklik is van ‘n ander.  
[28] Die   rede   waarom   die   respondent   die   tussentydse   reëling 
aangegaan   het,   was   om   in   die   tussentyd   lewering   te 
bewerkstellig en die graan te beveilig.  Die waarskynlike rede 
waarom die applikante die tussentydse re ëling aangegaan  
het, was om die geskil na arbitrasie te verwys.
[29] Die respondent se argument dat die arbitrasie­re ëling slegs 
aanvaar is omdat beveiliging van die graan daarmee sou  
saamgaan,   word   n êrens   uitdruklik   vermeld   in   die  
korrespondensie nie.   Verder verloor dit artikel 21 van die  
Arbitrasiewet   uit   die   oog.     Artikel   21(1)(f)   bepaal   dat   vir 
doeleindes van en met betrekking tot ‘n verwysing kragtens  
‘n arbitrasie­ooreenkoms, het die Hof dieselfde bevoegdheid  
om bevele te gee ten opsigte van tussentydse interdik of  
soortgelyke verligting.  Artikel 21(1)(g) maak voorsiening vir  
15
‘n   bevel   ter   versekering   van   die   bedrag   in   geskil   by   die 
verwysing.  Ten spyte van die verwysing na arbitrasie, sou ‘n  
Hof dus steeds ‘n tussentydse bevel ter beveiliging van die  
graan kon uitreik.  Die Hof sou wel ‘n bevel kon uitreik dat die 
applikante   nie   met   die   graan   mag   handel   hangende  
finalisering van die arbitrasie nie, en na my mening is so ‘n  
bevel gepas in die omstandighede.
 [30] Die   lewering­   en   arbitrasie­klousules   staan   beide   in   die 
ooreenkoms.     Dit   word   nie   gesê   dat   arbitrasie   eers   sal 
plaasvind nadat lewering plaasgevind het nie.  Daar is geen  
opskortende voorwaarde nie.  Dit word ook nie ges ê dat die 
arbitrasie slegs sal plaasvind nadat die graan beveilig is nie.  
Partye litigeer nie noodwendig vanuit ‘n posisie van sterkte  
nie.   Wanneer ‘n dagvaarding uitgereik word, is daar geen  
waarborg dat betaling sal kan geskied indien vonnis verkry  
word nie.  Die respondent het natuurlik gehoop om lewering  
te verkry en so sy eis te beveilig en te versterk.  Daar is geen 
aanduiding dat die applikante soortgelyke gedagtes gehad  
het   nie.     Die   ooreenkoms   is   aangegaan   met   die   twee 
16
onafhanklike bepalings wat saamgestaan het wat moontlik  
ondeelbaar is, maar die een is nie afhanklik van die ander  
nie.
[31] Die betoog van Mnr. Pretorius is soortgelyk aan die betoog in 
SCRIVEN BROS v RHODESIAN HIDES & PRODUCE CO.  
LTD., AND OTHERS 1943 (AD) 393 op 401:
“But the heads of argument of Mr.   de Villiers , who appeared for  
Scrivens   in   this   Court,   make   the   point   that   the   company 
repudiated the contract  in toto and was therefore not entitled to  
avail   itself   of   the   arbitration   clause,   the   claim   and   the  
counterclaim   going   to   the   root   of   the   contract.     The   fallacy 
underlying this contention is the assumption that a repudiation of 
a contract (in the sense of a refusal to continue performance  
under it) by one party puts the whole contract out of existence.  
It is true that a repudiation of a contract by one party may relieve 
the other party of the obligation to carry out the other terms of  
the contract after the date of repudiation, but the repudiation  
does not destroy the efficacy of the arbitration clause.  The real  
object of that clause is to provide suitable machinery for the  
settlement of disputes arising out of or in relation to the contract  
17
and as that is its object it is reasonable to infer that both parties  
to the contract intended that the clause should operate even  
after   the   performance   of   the   contract   is   at   an   end.     If,   for 
example, this contract had come to an end on a date stipulated  
for   its   termination,   I   do   not   think   that   it   could   have   been 
contended successfully that the arbitration clause was no longer  
operative.   So, too, it seems to me that when the contract is  
prematurely terminated by repudiation by one of the parties, the  
arbitration clause is still operative.”
[32] Hierdie   is   ‘n   geval   waar   een   ondeelbare   ooreenkoms   na 
bewering   verbreek   is   deur   applikante   se   versuim   om   te 
lewer.     Die   tussentydse   reëling   het   effektief   ‘n   arbitrasie­
klousule in die hoofkontrak geplaas.   Die arbitrasie behels  
die   hoofkontrak.     Die   arbiter   moet   die   geskil   tussen   die 
partye beslis met verwysing na die hoofkontrak.  
[33] Applikante is dus geregtig op ‘n verklarende bevel dat die  
aangeleentheid   na   arbitrasie   moet   gaan   en   dat  
hofverrigtinge, hangende daardie arbitrasie, opgeskort word.
[34] Hierdie gevolgtrekking maak dit onnodig om na die aspek  
18
van beweerde nietigheid van die koopkontrakte te verwys.
[35] Wat   koste   betref,   is   hier   nie   ‘n   basis   vir   ‘n   spesiale 
kostebevel nie.   Die respondent het voortdurend te goeder  
trou opgetree het in die veronderstelling dat die arbitrasie  
weggeval het, omdat, volgens hom, die applikante nie by die  
lewerings­reëling gehou het nie.  
[36] Die omvang van die stukke en die ingewikkeldheid van die  
regspunte   betrokke,   regverdig   wel   die   koste   van   twee 
advokate.
[37] Die volgende bevel word gemaak:
37.1 ‘n Verklarende bevel word gemaak dat die applikante  
en die respondent ooreenkomstig Wet 42 van 1965 ‘n  
ooreenkoms bereik het met betrekking tot die hou van  
arbitrasie­verrigtinge   ten   einde   enige   dispute   tussen 
hulle op te los en dat hierdie ooreenkoms steeds van  
krag is;
19
37.2 Die respondent word verbied om voort te gaan met die  
uitreik van dagvaardings teen die applikante hangende  
die finalisering van die arbitrasie­verrigtinge tussen die  
applikante en respondent; 
37.3 Enige   hofverrigting   en/of   bevel   voortspruitend   uit   of 
gebaseer   op   ‘n   dagvaarding   wat   reeds   sedert   die 
aangaan   van   die   arbitrasie­ooreenkoms   deur   die  
respondent teen enige van die applikante uitgereik is,  
word   opgeskort   hangende   die   finalisering   van   die 
voormelde arbitrasie­verrigtinge;
37.4 Die   respondent   word   gelas   om   sy   verpligtinge  
voortspruitend   uit   die   arbitrasie­ooreenkoms,   sonder 
onredelike versuim na te kom.   Die applikante word  
verbied om met hulle graan wat die onderwerp van die  
arbitrasie is, te handel, hangende finalisering van die  
arbitrasie­verrigtinge.
20
37.5 Die respondent word gelas om die koste van hierdie  
aansoek   te   betaal   insluitend   die   koste   van   twee 
advokate.
____________
A. KRUGER, R
Namens die applikante: Adv. Barnard Knoetze SC
Bygestaan deur:
Adv. P. Zietsman
In opdrag van:
Naudes 
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. J.J. Pretorius
In opdrag van:
Horn & Van Rensburg 
BLOEMFONTEIN
/sp
21