Meiring v S [2005] ZAFSHC 114 (17 November 2005)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Appellant convicted of murder and sentenced to 18 years' imprisonment — Appeal against sentence following significant reductions in co-accused's sentences — Appellant's youth, difficult upbringing, and limited intellectual capacity considered as mitigating factors — Court finds that a sentence of 15 years' imprisonment is appropriate and just in the circumstances — Appeal upheld and original sentence replaced with 15 years' imprisonment, backdated to date of conviction.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appelnr. : A95/2005
In die appèl van:­
CAREL PHILLIPUS MEIRING Appellant
en
DIE STAAT Respondent
_____________________________________________________
CORAM: MALHERBE  RP et BECKLEY  R et CILLIé  R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP: 14 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: MALHERBE  RP
_____________________________________________________
GELEWER OP: 17 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Appellant het as 20­jarige jong man in die Rondgaande Hof  
te Virginia voor Van Coller R tereggestaan op ‘n aanklag van  
moord.   Hy was beskuldigde 1.   Ene Johannes Zacharias  
Moolman was beskuldigde 2 en Anna Maria van Niekerk was 
beskuldigde 3.  Hulle het na bewering Van Niekerk se “man”  
op 26 Julie 1999 vermoor.  (Mev. Van Niekerk was van die  
oorledene geskei, maar hulle het na die egskeiding weer as  
man en vrou saamgeleef tot met sy dood.)  By die aanvang  
van die verrigtinge het appellant skuldig gepleit en sy mede­
beskuldigdes het onskuldig gepleit.  Appellant se verhoor is  
geskei   van   dié   van   die   ander   twee   beskuldigdes.     Hy   is 
skuldig bevind aan moord en op 3 Augustus 2000 gevonnis  
tot 18 (agtien) jaar gevangenisstraf.  Beide Moolman en Van  
Niekerk is ook later deur dieselfde Regter skuldig bevind aan  
moord en soos volg gevonnis:
Moolman: 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf.
Van Niekerk: Lewenslange gevangenisstraf.
Beide van hulle het na die Volle Hof van hierdie Afdeling ge­
appelleer.  Moolman se vonnis is tersyde gestel.  Die saak is  
na   die   Verhoorregter   terugverwys   wat   die   vonnis   van   15 
(vyftien) jaar gevangenisstraf drasties verminder het deur 8  
(agt)  jaar  daarvan  op te  skort  vir  4  (vier)  jaar  op  sekere 
voorwaardes.   Van Niekerk se vonnis is deur die Volle Hof  
verminder na 20 (twintig) jaar gevangenisstraf.   Appellant  
kom nou in hoër beroep slegs teen sy vonnis.
[2] Die feite van die saak blyk uit appellant se pleitverduideliking  
2
asook uit die uitspraak van die Volle Hof gedateer 23 Mei  
2002.   Kortliks kom dit daarop neer dat Van Niekerk, wat  
tydens die gebeure 39 jaar oud was, met appellant, wat toe  
19   jaar   oud   was,   saamgesweer  het   om   die   oorledene   te 
vermoor.  Hulle gesprekke oor die beplande moord het voor  
Van Niekerk se minderjarige kinders uit ‘n vorige huwelik  
plaasgevind.     Oorledene   is   in   sy   slaap   deur   appellant 
verwurg terwyl Moolman oorledene se bene vasgehou het.  
Na   die   moord   het   hulle   by   Van   Niekerk   en   haar   kinders 
aangesluit waar hulle in ‘n motor buite die dorp gewag het en 
daarna gaan drankies drink en “pool” gespeel het in ‘n hotel  
asof niks gebeur het nie!  Voorwaar ‘n bisarre verhaal.
[3] Die getuienis maak dit na my mening duidelik dat die plan  
om oorledene om die lewe te bring by Mev. van Niekerk  
ontstaan het en dat sy die twee jong mans be ïnvloed het om 
die bose daad te pleeg.   Sy het ongetwyfeld die swaarste  
straf van die drie verdien.
[4] Die geleerde Verhoorregter het bevind dat daar wesenlike en 
3
dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van ‘n  
mindere   vonnis   as   lewenslange   gevangenisstraf   vir   die 
beplande   moord   regverdig.     Hierdie   omstandighede   is  
appellant se jeugdige ouderdom, sy ongelukkige kinderjare  
en swak huislike omstandighede waarin hy as aangenome  
kind   grootgeword   het   asook   sy   beperkte   verstandelike 
vermoëns.   (Hy was in ‘n skool vir leergestremde kinders  
waar hy slegs standerd 7 voltooi het.)   Dit is ook belangrik  
om   te   beklemtoon   dat   appellant   (luidens   sy   onbetwiste 
pleitverduideliking) die dag na die voorval gearresteer is en  
op dieselfde dag ‘n bekentenis voor ‘n landdros afgel ê het. 
In sy pleitverduideliking spreek hy sy “diep berou” uit.
[5] In die lig van die vermindering in die vonnisse van sy mede­
beskuldigdes meen ek dat dit net reg en billik sal wees indien 
appellant se vonnis ook wesenlik verminder word.  Veral die  
drastiese   vermindering   van   Moolman   se   vonnis   deur   die 
Verhoorregter na 7 (sewe) jaar effektiewe gevangenisstraf,  
oortuig   my   dat   appellant   se   vonnis   verminder   behoort   te 
word.  ‘n Vonnis van 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf is in al  
4
die omstandighede van hierdie saak gepas.
[6] Gevolglik slaag die appèl.  Die opgelegde vonnis van 18 
(agtien) jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met 
‘n vonnis van 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf wat teruggedateer 
word tot 3 Augustus 2000.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek stem saam.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Ek stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die appellant: Adv. K. Pretorius
In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Mev. E. Liebenberg
In opdrag van:
Direkteur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
5
/sp
6