IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIDAFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 893/2002
In die saak tussen:
MORWANE PLANTER KHOLOANYANE Applikant
1
MOSALA CHARLES MKHONAZI
Applikant 2
DAWID RUITERS
Applikant 3
PETRUS MOTLALEPULA MOTSOENENG
Applikant 4
SEHLOHO MICHAEL RADEBE
Applikant 5
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: MALHERBE RP
AANGEHOOR OP: 11 NOVEMBER 2005
UITSPRAAK: MALHERBE RP
GELEWER OP: 17 NOVEMBER 2005
Die 5 applikante was beskuldigdes 1 tot 5 wat voor Lombard R in
die Rondgaande Hof te Bethlehem verskyn het op die volgende 8
aanklagte:
1. Roof met verswarende omstandighede.
2. Huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
3. Poging tot moord.
4. Poging tot moord.
5. Onwettige besit van ‘n 9mm pistool.
6. Onwettige besit van 5 rondtes 9mm ammunisie.
7. Onwettige besit van ‘n 7,65 pistool.
8. Onwettige besit van 7 rondtes 7,65 ammunisie.
Hulle is skuldig bevind soos volg:
Aanklag 1: Al 5 applikante: slegs aan roof.
Aanklag 2: Al 5 applikante, maar net aan poging tot diefstal van ‘n
hoeveelheid vleis.
Aanklagte 3 en 4: Slegs eerste applikant.
Aanklagte 5 en 6: Slegs eerste applikant.
Aanklagte 7 en 8: Al 5 applikante.
Hulle is soos volg gevonnis:
Eerste applikant:
Aanklag 1: 7 jaar gevangenisstraf
Aanklag 2: 6 jaar gevangenisstraf
Aanklag 3: 10 jaar gevangenisstraf
Aanklag 4: 10 jaar gevangenisstraf
2
Aanklag 5: 4 jaar gevangenisstraf
Aanklag 6: 10 jaar gevangenisstraf
Aanklag 7: 2 jaar gevangenisstraf
Aanklag 8: 1 jaar gevangenisstraf
TOTAAL: 50 jaar gevangenisstraf
Die geleerde verhoorregter het gelas dat hierdie vonnisse s ó sal
saamloop dat 1ste applikant 18 jaar gevangenisstraf moet uitdien.
Applikante 2, 3, 4 en 5 is elk skuldig bevind op aanklagte 1, 2, 7 en
8 en op daardie aanklagte gevonnis tot 6 jaar, 5 jaar, 2 jaar en 1
jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Die totaal van 14 jaar
gevangenisstraf moet op s ó wyse uitgedien word dat elkeen van
hierdie applikante 10 jaar gevangenisstraf uitdien. Hulle doen nou
almal aansoek om verlof om te appelleer teen beide die
skuldigbevindings en vonnisse.
Die geleerde verhoorregter het ‘n goedgemotiveerde en volledige
uitspraak gelewer waarin die getuienis en regsbeginsels duidelik
opgesom en uiteengesit is. Hy het baie sterk
geloofwaardigheidsbevindings ten gunste van die Staat gemaak.
Dit is welbekend dat ‘n Hof van app èl nie maklik inmeng met sulke
bevindings nie. Namens applikante het Mej. Wright alles ges ê wat
3
redelikerwyse namens hulle gesê kan word maar my nie oortuig dat
daar enige redelike vooruitsigte op welslae bestaan met betrekking
tot die skuldigbevindings nie.
Ook die onderskeie vonnise is goed gemotiveerd. Die kumulatiewe
effek van die vonnisse is versag deur te gelas dat hulle saamloop
soos hierbo uiteengesit. Na my mening is daar ook geen redelike
vooruitsig dat ‘n ander Hof sal inmeng met die opgelegde vonnisse
nie.
Gevolglik word al 5 applikante se aansoeke om verlof om te
appelleer afgewys.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens die applikante: Mej. G. Wright
In opdrag van:
Die Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens die staat: Mnr. C.F. Steyn
In opdrag van:
Die Direkteur van
4
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em
5