Kholoanyane and Others v S [2005] ZAFSHC 113 (17 November 2005)

40 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Application for leave to appeal against convictions and sentences — Five applicants convicted on multiple charges including robbery, attempted murder, and illegal possession of firearms — Applicants sought leave to appeal against both convictions and sentences — Court found no reasonable prospects of success on appeal — Application for leave to appeal dismissed.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 893/2002
In die saak tussen:
MORWANE PLANTER KHOLOANYANE  Applikant 
1
MOSALA CHARLES MKHONAZI 
Applikant 2
DAWID RUITERS  
Applikant 3
PETRUS MOTLALEPULA MOTSOENENG 
Applikant 4
SEHLOHO MICHAEL RADEBE 
Applikant 5
en
DIE STAAT  Respondent
CORAM: MALHERBE RP
AANGEHOOR OP: 11 NOVEMBER 2005
UITSPRAAK: MALHERBE RP
GELEWER OP: 17 NOVEMBER 2005
Die 5 applikante was beskuldigdes 1 tot 5 wat voor Lombard R in  
die Rondgaande Hof te Bethlehem verskyn het op die volgende 8  
aanklagte:
1. Roof met verswarende omstandighede.
2. Huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
3. Poging tot moord.
4. Poging tot moord.
5. Onwettige besit van ‘n 9mm pistool.
6. Onwettige besit van 5 rondtes 9mm ammunisie.
7. Onwettige besit van ‘n 7,65 pistool.
8. Onwettige besit van 7 rondtes 7,65 ammunisie.
Hulle is skuldig bevind soos volg:
Aanklag 1: Al 5 applikante:  slegs aan roof.
Aanklag 2: Al 5 applikante, maar net aan poging tot diefstal van ‘n 
hoeveelheid vleis.
Aanklagte 3 en 4: Slegs eerste applikant.
Aanklagte 5 en 6: Slegs eerste applikant.
Aanklagte 7 en 8: Al 5 applikante.
Hulle is soos volg gevonnis:
Eerste applikant:
Aanklag 1:   7 jaar gevangenisstraf
Aanklag 2:   6 jaar gevangenisstraf
Aanklag 3:   10 jaar gevangenisstraf
Aanklag 4:   10 jaar gevangenisstraf
2
Aanklag 5:    4 jaar gevangenisstraf
Aanklag 6:    10 jaar gevangenisstraf
Aanklag 7:     2 jaar gevangenisstraf
Aanklag 8:     1 jaar gevangenisstraf
TOTAAL:     50 jaar gevangenisstraf
Die geleerde verhoorregter het gelas dat hierdie vonnisse s ó sal 
saamloop dat 1ste applikant 18 jaar gevangenisstraf moet uitdien.
Applikante 2, 3, 4 en 5 is elk skuldig bevind op aanklagte 1, 2, 7 en  
8 en op daardie aanklagte gevonnis tot 6 jaar, 5 jaar, 2 jaar en 1  
jaar   gevangenisstraf   onderskeidelik.     Die   totaal   van   14   jaar 
gevangenisstraf moet op s ó wyse uitgedien word dat elkeen van  
hierdie applikante 10 jaar gevangenisstraf uitdien.  Hulle doen nou  
almal   aansoek   om   verlof   om   te   appelleer   teen   beide   die  
skuldigbevindings en vonnisse.
Die geleerde verhoorregter het ‘n goed­gemotiveerde en volledige  
uitspraak gelewer waarin die getuienis en regsbeginsels duidelik  
opgesom   en   uiteengesit   is.     Hy   het   baie   sterk  
geloofwaardigheidsbevindings   ten   gunste   van   die   Staat   gemaak. 
Dit is welbekend dat ‘n Hof van app èl nie maklik inmeng met sulke  
bevindings nie.  Namens applikante het Mej. Wright alles ges ê wat 
3
redelikerwyse namens hulle gesê kan word maar my nie oortuig dat  
daar enige redelike vooruitsigte op welslae bestaan met betrekking  
tot die skuldigbevindings nie. 
Ook die onderskeie vonnise is goed gemotiveerd.  Die kumulatiewe  
effek van die vonnisse is versag deur te gelas dat hulle saamloop  
soos hierbo uiteengesit.  Na my mening is daar ook geen redelike  
vooruitsig dat ‘n ander Hof sal inmeng met die opgelegde vonnisse  
nie.
Gevolglik word al 5 applikante se aansoeke om verlof om te 
appelleer afgewys.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens die applikante: Mej. G. Wright
In opdrag van:
Die Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens die staat:    Mnr. C.F. Steyn 
In opdrag van:
Die Direkteur van
4
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em
5