S v Mpolo (1160/2005) [2005] ZAFSHC 148 (10 November 2005)

35 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Sentence — Appellant convicted of shoplifting and sentenced to 18 months imprisonment — Appellant's personal circumstances included unemployment and family responsibilities — Previous convictions for theft considered as aggravating factors — Court found original sentence excessive given the value of stolen goods and circumstances of the offence — Sentence reduced to 6 months imprisonment.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak nr: 1160/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
 
en
TANKISO MPOLO 
_____________________________________________________
CORAM:  HANCKE, J et WRIGHT, J 
_____________________________________________________
UITSPRAAK:  WRIGHT, J
_____________________________________________________
GELEWER OP:  10 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ‘n 41 jarige man, is skuldig bevind aan  
winkeldiefstal en gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf. 
[2] Hy het skuldig gepleit en vermeld dat hy nie kos het nie en 
dat hy werk gesoek het.  Hy het vir ‘n werknemer van Spar in 
Ladybrand gevra om vir hom kos te gee aangesien hy nie werk het 
nie en laasgenoemde het geantwoord dat hy moet gaan werk soek 
en dat hy hom nie enige kos sal gee nie.  Daarna het hy kaas en 
ham ter waarde van R46,00 gesteel.
[3] Ter versagting het hy vermeld dat hy geskei is van sy vrou  
en dat daar twee kinders uit die huwelik gebore is maar dat  
die kinders met haar moeder saamwoon.  Hy het drie jaar  
laas gewerk maar is afgedank en hy doen tans stukwerk en  
tuinwerk en verdien R50,00 per dag.  Hy het vermeld dat hy 
nie geld vir ‘n boete het nie en baie spyt is oor wat hy  
gedoen het.
[4] Dit is wel so dat die beskuldigde vorige veroordelings het  
onder meer twee van diefstal onderskeidelik in 2003 en  
2004.     Vir   laasgenoemde   oortreding   is   hy   24   maande 
gevangenisstraf opgel ê maar het toe algemene amnestie  
ontvang.  Dit is egter nie duidelik uit die J14 vorms wat die  
aard van die diefstal was wat deur hom gepleeg is nie.  Dit  
is ook so dat ons te doen het met ‘n misdaad wat oor die  
algemeen baie voorkom in die betrokke landdroshofdistrik.
[5] Indien dit nie vir bogemelde verswarende omstandighede  
gewees   het   nie   sou   ‘n   algehele   opgeskorte   vonnis   in 
hierdie   geval   aangewese   wees.     In   die   lig   van   die 
verswarende   faktore   meen   ek   dat   die   landdros   nie  
2
gefouteer het nie deur gevangenisstraf op te l ê nie maar  
dat die vonnis nog sodanig buitensporig is dat daarmee  
ingemeng behoort te word, veral in die lig van die waarde  
van die gesteelde goedere en die rede vir die pleging van  
die oortreding.
[6] Bygevolg word die skuldigbevinding bekragtig en die vonnis 
ter syde gestel en vervang met die volgende:
6 (ses) maande gevangenisstraf.   Die vonnis moet geag  
word opgelê te gewees het op 23 Augustus 2005.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/em
3