S v Moejane (1269/2005) [2005] ZAFSHC 144 (10 November 2005)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — First offender — Consideration of age and circumstances — The accused, an 18-year-old first offender, was convicted of dealing in 7 kg of dagga and sentenced to 18 months' imprisonment, suspended on conditions, and a fine of R3,000 or 300 days' imprisonment. The court acknowledged the accused's youth and the nature of the crime, determining that a longer suspended sentence was appropriate. However, it found the alternative sentence of 300 days' imprisonment disproportionate to the fine, ultimately reducing the alternative sentence to 6 months' imprisonment while upholding the conviction.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak nr: 1269/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
 
en
RELEBOHILE MOEJANE 
_____________________________________________________
CORAM:  HANCKE, J et WRIGHT, J 
_____________________________________________________
UITSPRAAK:  WRIGHT, J
_____________________________________________________
GELEWER OP:  10 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ‘n agtienjarige eerste oortreder, is skuldig  
bevind aan die oortreding van Artikel 5(b) van Wet 140 van  
1992, te wete handel dryf in 7kg dagga.  Hy is gevonnis tot  
18   (agtien)   maande   gevangenisstraf   wat   op   gepasde 
voorwaardes opgeskort is asook tot ‘n boete van R3 000,00 
(drieduisend   rand)   of   300   (driehonderd)   dae  
gevangenisstraf.
[2] Nadat navraag gerig, is blyk dit dat die beskuldigde oop  
kaarte met die hof gespeel het en meegedeel het dat hy die 
misdaad gepleeg het om klere te koop.   Die beskuldigde  
het verder in die hof meegedeel dat hy nog skoolgaan en  
dat   hy   eers   18   jaar   oud   word   in   Oktober   2005.     (Die 
misdaad is derhalwe gepleeg toe hy nog 17 jaar oud was.)
[3] Dit is erkende reg dat ‘n hof ‘n sewentienjarige eerste 
oortreder meer tegemoedkomend sal straf as in die geval van ‘n 
volwasse persoon.  Daar sal veral gepoog word om te kyk of die 
persoon nie uit die gevangenis gehou kan word nie.  Omdat ons 
hier met ‘n baie ernstige misdaad te doen het is dit myns insiens in 
orde dat ‘n langerige termyn van gevangenisstraf wat opgeskort 
word, opgelê word en het ek geen probleem met die 18 maande 
gevangenisstraf wat op gepasde voorwaardes opgeskort is en wat 
as ‘n swaard oor die beskuldigde se kop sal hang sodat hy nie 
weer hierdie misdaad pleeg nie.
[4] Wat   die   boete   met   alternatiewe   gevangenisstraf   betref, 
word besef dat ‘n mens nie vir ‘n misdaad van hierdie aard  
‘n mindere boete as die opgelegde boete kan oplê nie maar 
meen ek dat die 300 dae gevangenisstraf buite verhouding  
tot   die   boete   is.     In   die   verband   word   gewys   na  S   v 
KAPENG  1992   (1)   SASV   596   (O)   en   ook   die   latere 
2
beslissing   van  S   v   MAKOAE  1997   (2)   SASV   705   (O) 
waarop gewys word dat die verhouding tussen die boete en 
die alternatiewe gevangenisstraf gedurig in heroorweging  
geneem moet word as gevolg van die waardevermindering  
van geld.   In laasgenoemde beslissing word die volgende  
gesê op bladsy 709 C­F:
“Hierdie is duidelik ‘n geval waar die beskuldigde nie in  
staat sal wees om uit sy eie inkomste ‘n boete wat gepas  
sal wees in die lig van die erns van die misdryf te betaal  
nie.  Nogtans word daar saamgestem met die beginsel, dat  
in misdade van hierdie aard, die keuse van ‘n boete aan ‘n  
eerste oortreder verskaf moet word.   (Cf bv   S v Nxumalo  
1992 (2) SASV 268 (O) en  S v Monisa 1992 (2) SASV 671  
(O) op 672i.)
Wat meer kommentaar vereis is die verhouding tussen die boete en die 
alternatiewe gevangenisstraf.  Dit het in elk geval geblyk dat die beskuldigde 
nie eers in staat was om die boete van R3 000 te betaal nie.  Selfs al sou die 
boete dubbel die bedrag wees wat inderdaad opgelê is, sou dit nog ‘n 
relatiewe ligte straf wees in verhouding tot 30 maande gevangenisstraf.  Selfs 
‘n persoon met ‘n relatiewe geringe inkomste van ongeveer R6 000 per jaar, 
sou eerder ten alle koste wou poog om die boete te betaal eerder as om vir 
twee en ‘n half jaar tronk toe te gaan.  Die verhouding van boetes wat op gelê 
word teenoor die alternatiewe gevangenisstraf het nie tred gehou met die 
waardevermindering van geld nie.  (Sien S v Kapeng 1992 (1) SASV 596 (O) 
en die sake daar aangehaal, asook die hersieningsuitspraak in S v Andries 
Motsamai (hersieningsno 132/97).)  Dit geld des te meer in ‘n geval soos 
hierdie waar dit vir die landdros duidelik moes gewees het dat die beskuldigde 
nie in staat sal wees om die boete te betaal tensy hy finansiële hulp van ‘n 
3
vriend of familielid ontvang nie of oor ander onverklaarde bates beskik wat hy 
te gelde kom maak.”
[5] In hierdie geval sal die 300 dae gevangenisstraf beteken dat 
die beskuldigde in alle waarskynlikheid vir bykans ‘n jaar in die 
tronk deurbring wat ongetwyfeld ‘n baie swaarder straf is as ‘n 
boete van R3 000,00.  Hierdie aspek moet in samehang gesien 
word met die feit dat ons hier met ‘n jeugdige eerste oortreder te 
doen het en die ander versagtende faktore waarna hierbo verwys 
is.
[6] In   die   lig   van   al   die   omstandighede   meen   ek   dat  
alternatiewe   gevangenisstraf   van   6   (ses)   maande  
voldoende behoort te wees.   (Dit blyk nie eers uit die J4  
vorm   of   die   boete   inderdaad   betaal   is   alhoewel   die 
belangrikheid van die voltooiing van die betrokke gedeelte  
van die vorm al by herhaling beklemtoon is).
[7] Bygevolg word die skuldigbevinding bekragtig sowel as die 
vonnis behalwe dat die gedeelte van die vonnis dat die 
beskuldigde beboet word met R3 000,00 of 300 (driehonderd) dae 
gevangenisstraf ter syde gestel word en vervang word met die 
volgende:
‘n Boete van R3 000,00 (drieduisend rand) of 6 (ses) 
maande gevangenisstraf.
Die gewysigde vonnis moet geag word opgel ê te gewees  
het op 13 September 2005.
4
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/em
5