IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIDAFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3031/2005
In die saak tussen:
OOS VRYSTAAT KAAP BEDRYF BEPERK Eiser
en
HENDRIK JACOBUS BESTER Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP: 27 OKTOBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: HANCKE R
_____________________________________________________
GELEWER OP: 10 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n aansoek om voorlopige vonnis gebaseer op ‘n
skulderkenning ingevolge waarvan eiser ‘n bedrag van R597
834,92 van die verweerder vorder, tesame met rente en
koste.
[2] Verweerder het verskeie verwere teen eiser se vordering
geopper. Eerstens, is dit die verweerder se saak dat sy
ledebonusfondse en ledeheffingsfondse groter is as die
geëisde bedrag en dat eiser verplig was om skuldvergelyking
toe te pas. In hierdie verband het Mnr. van Rhyn, namens
die verweerder, gesteun op die bewoording van artikel 96(6)
wat soos volg lui:
“Die bedrae betaalbaar aan ‘n lid kragtens hierdie artikel word
aangewend ter vereffening of gedeeltelike vereffening van enige
bedrag wat daardie lid aan die koöperasie verskuldig mag
wees.”
[3] Genoemde betaling het betrekking op die ledeheffingsfonds
terwyl artikel 95(5) gelykluidende bepalings het ten opsigte
van die ledebonusfonds. Dit is egter belangrik om daarop te
let dat die bedrae waarna hier verwys word, betaalbaar is
“kragtens hierdie artikel” by die plaasvind van ‘n sekere
gebeurtenis, naamlik by onder andere die afsterwe van die
lid, of indien die lid die ouderdom van vyf en sestig jaar
bereik het en so meer. Dit is verder belangrik om daarop te
let dat kragtens klousule 12.2 van die skulderkenning die
2
verweerder uitdruklik afstand doen van enige reg om
skuldvergelyking toe te pas. Daar het dus geen verpligting
op eiser gerus om skuldvergelyking toe te pas nie.
Verweerder se verdere betoog in hierdie verband, naamlik
dat daar ‘n oorverhaling van rente was, was afhanklik van die
sukses van hierdie verweer op die basis dat indien
skuldvergelyking toegepas word, was die ge ëisde kapitale
bedrag uitgewis en dus nie sprake van enige betaling van
rente nie. Hierdie verweer kan dus nie slaag nie.
[4] Mnr. van Rhyn het betoog dat die skulderkenning
voorwaardelik was en dus nie ‘n likiede dokument is nie. In
hierdie verband het hy gesteun op klousule 2.2.3 daarvan;
waar:
“..... die debiteur erken dat die uitstelreëlings hierin vervat,
onderworpe is aan die voorwaarde dat gemelde uitstelre ëlings
op ‘n maandtotmaand basis verleen word en op ‘n
maandelikse basis hersien sal word om te bepaal of die debiteur
steeds voldoen aan al die vereistes vir kredietverlening .....”
3
[5] In teenstelling met ‘n wissel, tjek of promesse, is daar geen
statutêre omskrywing van ‘n verhandelbare dokument nie.
Vir doeleindes van die verlening van voorlopige vonnis, kan
daar volstaan word met die volgende omskrywing wat
Wessels, A.R. in RICH AND OTHERS v LAGERWEY 1974
(4) SA 748 (A) op 754 G – H gegee het:
“In my opinion, however, it is not the type of transaction which
determines whether the related document signed by the debtor
is one upon which provisional sentence may properly be
granted. If the document in question, upon a proper construction
thereof, evidences by its terms, and without resort to evidence
extrinsic thereto, is an unconditional acknowledgment of
indebtedness in an ascertained amount of money, the payment
of which is due to the creditor, it is one upon which provisional
sentence may properly be granted.”
Sien ook UNION SHARE AGENCY & INVESTMENT LTD v
SPAIN 1928 AD 74 te 79.
[6] In HARROWSMITH v CERES FLATS (PTY) LTD 1979 (2)
SA 722 (T) word op 731 G – H die volgende verklaar:
4
“The Court drew a distinction between the indebtedness being
subject to the happening of an event and the payment or
performance of the indebtedness being so subject. If the
indebtedness is subject to a condition then there is no liquidity
because the debt cannot then be described as clear and certain
or unconditional and the document containing the indebtedness
cannot support a claim for provisional sentence. If payment or
performance depends on some simple condition or event, it is
sufficient for the plaintiff to allege that the condition has been
complied with or that the event has happened without destroying
the liquidity of the document containing the indebtedness for the
purpose of provisional sentence.”
[7] Daar moet dus onderskei word tussen ‘n verskuldigheid wat
voorwaardelik is (wat nie vatbaar is vir voorlopige vonnis) en
‘n betaling wat onderhewig is aan ‘n voorwaarde. Alhoewel
die woord “voorwaarde” gebruik word, is dit duidelik dat
hierdie ‘n bepaling is uitsluitlik ten gunste van die eiser om
die re ëling tussen die partye te he rsien, indien
verweerder nie voldoen aan die vereistes vir
kredietverlening nie – hier is dus nie sprake daarvan
5
dat nόg die verskuldigheid nόg betaling onderhewig
is aan ‘n voorwaarde nie. Die skulderkenning is dus ‘n
likiede dokument wat onvoorwaardelik is en voldoen dus aan
die vereistes wat gestel word vir ‘n likiede dokument.
[8] Mnr. van Rhyn het verder betoog dat die
skuldversekeringspremies nie bepaalbaar is nie en dat
ekstrinsieke getuienis nodig is om dit te bepaal. Dit is egter
belangrik om te let op die bepalings van klousule 3 van die
skulderkenning, wat soos volg lui:
“Die debiteur onderneem om skuldversekeringspremies
maandeliks op die volle verskuldigde bedrag aan die krediteur te
betaal teen R252 per R1 00000 (eenduisend rand) welke
premies maandeliks tot die hoofskuld toegevoeg sal word.”
[9] Die regsposisie in hierdie verband word deur Herbstein en
Van Winsen The Civil Practice of the Supreme Court of
South Africa (Vierde Uitgawe) op p. 964 soos volg
opgesom:
6
“The practice of our courts has allowed what appears to be an
exception to the rule, by granting provisional sentence on
amounts that are not set out and acknowledged in the liquid
document sued upon, but are referred to in it, for instance
insurance premiums, bank charges or legal charges. Such a
claim must relate to a ‘liquid debt’ in the sense that ‘its money
value has been ascertained or in the sense that it is capable of
prompt ascertainment’.”
[10] Dit is duidelik dat die skuldversekeringspremies bepaalbaar
en berekenbaar is, naamlik teen ‘n koers van R2,52 per R1
000,00 welke premies maandeliks tot die hoofskuld gevoeg
kan word. UNION SHARE AGENCY & INVESTMENT LTD
v SPAIN supra te 80. Die betoog in hierdie verband kan dus
nie opgaan nie.
[11] Verweerder het verder daarop gesteun dat daar ‘n novasie
was of ‘n skikking op 20 April 2005 bereik is. Dit blyk egter
uit eiser se skrywe ten opsigte van die samesprekings wat
gehou is op gemelde datum dat daar nie sprake is van ‘n
tussentydse ooreenkoms nie. Dit is belangrik om in gedagte
7
te hou dat eiser gewapen is met ‘n likiede dokument en
geregtig is op voorlopige vonnis tensy die verweerder
“..... satisfy the court on a preponderance of probability that it is
unlikely that the plaintiff will succeed in the principal case .....
This onus, moreover, can only be discharged upon facts raised
on affidavit and not on inferences from the facts.”
( SYFRETS MORTGAGE NOMINEES LTD v CAPE ST
FRANCIS HOTELS (PTY) LTD 1991 (3) SA 276 (SOK) te
286 D – E. Sien ook RANDCON (NATAL) (PTY) LTD v
FLORIDA TWIN ESTATES (PTY) LTD 1973 (4) SA 181 (D)
te 190 C – D.)
[12] Mnr. van Rhyn het verder namens die verweerder betoog dat
die sertifikaat nie voldoen aan die vereistes soos gestel deur
klousule 7 van die skulderkenning, wat soos volg lui:
“Die DEBITEUR bevestig dat ‘n sertifikaat onderteken deur
enigeen van die SKULDEISER se direkteure ..... waarop die
bedrag insluitende rente, rentekoerse, addisionele
8
finansieringskoste, addisionele finansieringskostekoerse sowel
as premies verskuldig ten opsigte van ‘n skuldversekeringskema
wat volgens die SKULDEISER deur die DEBITEUR op enige
gegewe tyd verskuldig en betaalbaar aangetoon word, vir
doeleindes van alle geregtelike verrigtinge teen die DEBITEUR,
vir verhaal van sodanige bedrag, prima facie bewys sal wees
van die feite in daardie sertifikaat vermeld en van die bedrag,
rente, rentekoerse, addisionele finansieringskoste en
addisionele finansieringskostekoerse sowel as premies ten
opsigte van die skuldversekeringskema deur die DEBITEUR
aan die SKULDEISER verskuldig, sonder bewys van die
aanstelling van die betrokke ondertekenaar van sodanige
sertifikaat.”
[13] Klousule 2 van die betrokke sertifikaat lees soos volg:
“Dat die bedrag verskuldig en betaalbaar aan Oos Vrystaat
Kaap Bedryf Bpk op rekeningnommer 200100 deur Hendrik
Jacobus Bester op 30 Junie 2005 die bedrag van R597 834.92
(vyfhonderd seweennegentig duisend agthonderd vyfendertig
rand en tweeen negentig sent) beloop, plus rente daarop teen
17% per jaar vanaf 1 Julie 2005 tot datum van vereffening plus
kredietversekering.”
9
[14] Dit blyk nie dat die skulderkenning dit as ‘n vereiste stel dat
elke item volledig uiteengesit behoort te word nie; inteendeel
maak dit voorsiening daarvoor dat die bedrag wat van die
verweerder verhaalbaar is items soos rente en
finansieringskoste kan insluit, wat by wyse van die betrokke
sertifikaat prima facie bewys daar kan stel. Wat die
dagvaarding betref, blyk dit dat dit eiser se saak is dat twee
bedrae betaal is, synde ‘n totale bedrag van R921 477,80
latende ‘n balans van R755 652,60 wat minder is as die
geëisde bedrag, en dus tot voordeel van die verweerder is.
[15] Die laaste verweer waarop verweerder gesteun het, is die
feit dat eiser nie sou voldoen het aan die bepalings van
Hofreël 8(3) deur die nieaanhegting van dokumentasie
waarop die eis gebaseer is.
[16] Gemelde subreël lui soos volg:
“Afskrifte van alle dokumente waarop die eis berus, word aan
die dagvaarding geheg en tesame daarmee beteken.:
10
[17] In hierdie verband verwys die skulderkenning na die statuut
soos volg:
“Die bepalings van die maatskappy se statuut soos wat dit van
tyd tot tyd aangepas en gewysig mag word, maak deel uit van
hierdie ooreenkoms asof dit spesifiek hierin opgeneem en
herhaal is.”
[18] In LONGTILL CONSTRUCTION LTD v LIRHOBERN (PTY)
LTD 1978 (2) SA 240 (W) verklaar Nestadt, R op 244 C die
volgende:
“In the light of what has been stated above, any one of the
following (similar) criteria fall to be applied in determining
whether the building contract is a document upon which the
plaintiff's claims are founded (thus necessitating it having to be
annexed to the summons): Whether it is necessary to determine
the defendant's liability; or material to the plaintiff's cause of
action; or whether the action is so dependent on it that it cannot
proceed without a consideration of it; or whether it forms a vitally
important part of the plaintiff's claims against the defendant.”
11
[19] Bogemelde saak is, na my mening, onderskeibaar van die
huidige saak, aangesien voorlopige vonnis in eersgenoemde
saak aangevra was op grond van ‘n argiteksertifikaat. Die
argitek se magtiging, wat ‘n wesenlike bestanddeel was van
eiser se vordering, het slegs geblyk uit die skriftelike
boukontrak en addendum, wat nie aangeheg was aan die
eiser se dagvaarding nie. Voorlopige vonnis is, na my
mening, tereg geweier.
[20] In Herbstein en Van Winsen, a.w. word op p. 966 die
volgende verklaar:
“The mere fact that the instrument sued upon contains a
reference to some other written agreement does not destroy its
liquidity, although it enables the defendant to raise a defence
which he may not otherwise be entitled to raise.”
[21] In die huidige saak het die verweerder gesteun op die
bepalings van die eiser se statuut, welke verweer egter nie
opgaan, soos hierbo aangetoon. Na my mening was die
aanhegting van die betrokke statuut nie nodig om
12
verweerder se aanspreeklikheid te bepaal, nog minder is dit
wesenlik tot die eiser se skuldoorsaak. Dit blyk dus dat dit
onnodig was om die eiser se statuut aan te heg.
[22] Dit volg dus uit die voorgaande dat die eiser daarin geslaag
het om , insoverre dit ingeskil geplaas is, die nodige feite aan
te toon ten einde ‘n skuldoorsaak op die skulderkenning te
fundeer, maar dat die verweerder nie daarin geslaag het om,
ten opsigte van die meriete, hom van die onus te kwyt dat
die balans van die waarskynlikhede om in die hoofsaak te
slaag, in sy guns is nie; gevolglik is eiser dus geregtig op
voorlopige vonnis soos aangevra. Erasmus Superior Court
Practice B 1 80.
[23] Bygevolg word voorlopige vonnis verleen ingevolge bede 1,
2a en 3 van die dagvaarding.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die eiser: Adv. J.P. de Bruyn SC
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
13
Namens die verweerder: Adv. A.J.R. van Rhyn SC
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp
14