S v August and Another (1306/2005) [2005] ZAFSHC 140 (3 November 2005)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking — Conviction and sentencing — Accused found guilty of housebreaking with intent to steal and theft, sentenced to 18 months imprisonment; second accused's sentence of 12 months suspended for three years — Court reviews the magistrate's handling of the case, particularly regarding the provision of legal assistance to the accused — Magistrate's decision deemed appropriate as sufficient opportunities for legal aid were provided, and no unreasonable delay in proceedings established — Conviction and sentences upheld.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. 1306/2005
In die hersiening tussen:­
DIE STAAT
versus
MARK AUGUST Beskuldigde 1
ELRICO CASTER Beskuldigde 2
_____________________________________________________
CORAM: HANCKE  R  et  MATSEPE  WND R
UITSPRAAK DEUR: MATSEPE  WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP: 3 NOVEMBER 2005
_____________________________________________________
Die beskuldigdes hierin is skuldig bevind aan huisbraak met die 
opset om te steel en diefstal en gevonnis tot 18 (agttien) maande 
gevangenisstraf.  In die geval van beskuldigde 2 is 12 (twaalf) 
maande gevangenisstraf opgeskort vir 3 (drie) jaar op sekere 
voorwaardes.
Op   11   Oktober   2005   het   Regter   C.J.   Musi   die   saak   van 
beskuldigde 1, Mark August, aan die betrokke landdros F.J. van  
Noordwyk teruggestuur met die volgende opmerkings:
“1. Waarom het die landdros nie die beskuldigde gehelp om  
die dienste van ‘n prokureur te bekom nie?
2. Is beskuldigde 2 se skuldigbevinding – as begunstigde – korrek?
3. Die landdros word versoek om volledige redes vir vonnis te verskaf.”
Die redes vir vonnis deur die landdros is voorgel ê en dien voor my 
op 25 Oktober 2005.   Wat betref die eerste navraag van Regter  
C.J.   Musi   met   betrekking   tot   waarom   die   landdros   nie   die 
beskuldigde gehelp het om die dienste van ‘n prokureur te bekom  
nie, verwys die landdros na vyf verskillende uitstelgeleenthede wat  
die beskuldigdes verleen was in die hof  a quo, wat bedoel was om 
hulle geleentheid te gun om aansoek te doen vir regshulp vanaf  
die Regshulpraad.
In dié opsig verwys hy na die volgende uitstelle op 25 Mei 2005, 1  
Junie 2005, 23 Junie 2005, 6 Julie 2005, 27 Julie 2005 sowel as  
op 16 Augustus 2005.
Die opmerking word gemaak dat dit op 16 Augustus 2005 geblyk  
het dat die beskuldigdes steeds nie by die Regshulpkliniek was nie  
2
en   omrede   die   Hof   van   mening   was   dat   hulle   geen   pogings 
aangewend   het   om   regshulp   te   verkry   nie   en   dat   hulle   die 
afhandeling van die saak vertraag en dat die tydperk ‘n onredelike  
lang tydperk is wat verstryk het sonder dat hulle enige pogings  
aangewend   het   om   regshulp   te   verkry,   dat   hy   derhalwe   van 
oordeel was dat hulle genoegsame hulp verleen was om regshulp  
te bekom en dit blyk dat hulle nie daarin belangstel nie.
Die vraag is of die tydperk vanaf 25 Mei 2005 tot 16 Augustus  
2005 onredelik was en of die landdros nie verdere moeite moes  
gedoen   het   om   die   beskuldigdes   inderdaad   aktief   te   help   om 
regshulp te bekom deur bv. hulle met ‘n hofordinans te stuur na die 
Regshulpraad   en/of   selfs   die   Regshulpraad   te   skakel   om   te 
verneem of die  beskuldigdes nie hulp kan kry nie.    Ek  is van  
mening dat onder hierdie omstandighede die landdros meer moes  
gedoen   het   om   die   beskuldigdes   behulpsaam   te   wees   en   dat 
hierdie siening onder die aandag van die landdros gebring moet  
word.
Wat betref die tweede punt wat Regter C.J. Musi geopper het, nl.  
3
of beskuldigde 2 se skuldigbevinding op grond daarvan dat hy as  
begunstigde bestempel kon word, korrek is, voer die landdros aan  
dat die saak van  S v MAREE EN ANDERE  1964 (4) SA 545 (A)  
op   p.   557   stawing   daarvoor   is   dat   die   skuldigbevinding   van 
beskuldigde nr. 2 as begunstiger in orde is.
Hy   verwys   na   die   bespreking   van   hierdie   aspek   in   die   Vierde 
Uitgawe van  Strafprosesreg  deur Snyman waar die konsep van  
diefstal as ‘n voortdurende misdaad bespreek word en daar geen  
begunstiging by diefstal sal wees nie.
Dit is inderdaad korrek dat die misdaad waarmee die Hof in hierdie  
saak te doene het, nie diefstal as sulks is nie, maar wel huisbraak  
met die opset om diefstal te pleeg.
In die handboek wat die landdros na verwys soos hierbo vermeld,  
word begunstiger as volg omskryf op p. 276 daarvan:­
“’n Begunstiger is iemand wat, nadat ‘n misdaad reeds gepleeg is,  
wederregtelik   en   opsetlik   ‘n   handeling   verrig   (of   versuim   om   ‘n 
4
handeling   te   verrig)   met   die   opset   om   die   dader   wat   die   gemelde 
misdaad gepleeg het of ‘n medepligte tot daardie misdaad  in staat te 
stel om aanspreeklikheid vir die misdaad te ontduik, of om  
dit vir so iemand makliker te maak om aanspreeklikheid te  
ontduik.”
Die volgende beslissings wat aangehaal word in Snyman a.w., gee 
‘n aanduiding van ons howe se benadering hieromtrent, vergelyk  
die volgende:
(i) S v BARNES AND ANOTHER  1992 SASV 485 (N) 493 E,  
waar die volgende aangehaal word:
“This   conduct   was   ..........   intended   to   assist   the  
perpetrator ......... to escape conviction.”
(ii) S v NKOSI AND ANOTHER 1991 (2) SASV 194 (A) 201 A –  
D waar op bl. 208 die hof a qou dit so stel:
“The second and narrower approach regards accessories after the fact  
are   those   people   who,   in   helping   the   perpetrator   after   the 
commission of the offence have a certain object in mind  namely 
5
to defeat or obstruct the cause of justice.  They are people who  
prevent   the   apprehension   and   bringing   to   justice   of   the 
perpetrator.”
Dit blyk dus dat beskuldigde nr. 2 in hierdie saak onomwonde  
moes erken het dat hy die opset gehad het om vir beskuldigde nr.  
1 te help om aanspreeklikheid vir die misdaad te ontduik en/of om  
dit vir beskuldigde nr. 1 makliker te maak om aanspreeklikheid te  
ontduik.
In S v MAREE EN ANDERE  1964 (4) 558 word die geskiedenis  
van hierdie beginsel bespreek en blyk dit dat die hof dit aanvaar  
dat dit die bedoeling van die beskuldigde moet wees om die dader  
te help om arrestasie te ontkom.   Met ander woorde kan dit met  
alle sekerheid gestel word dat dit die bedoeling en/of die opset  
was waarmee beskuldigde 2 opgetree het op die betrokke dag en  
of hy dit so erken het.
Die volgende blyk beskuldigde 2 se erkennings te wees nl.:
1. Hy   het   by   die   huis   gesit   en   dat   beskuldigde   1   hom 
genader het.  Beskuldigde 1 het hom toe meegedeel dat  
6
die ‘playstation’ hy dit in die agterste perseel van Johan  
Visagie gesit het.  Beskuldigde 1 het hom nie ges ê waar 
hy die ‘playstation’ gekry het nie, maar het hom wel later  
gesê dat hy hom van Johan Visagie se huis gekry het vier 
vyf.  Die ‘ding’, wat veronderstel te wees die sogenoemde 
‘playstation’ sê hy:
“Het ek toe by my tante se huis geb êre en s ê hulle is toe na  
Cash Crusaders toe waar hulle die ‘ding’ verkoop het.”
Die hof moet homself die vraag afvra of die beskuldigde homself  
skuldig maak as ‘n begunstiger deurdat hy die gesteelde item by  
sy tante se huis gaan verberg het en sodoende die opset gehad  
het om vir beskuldigde nr. 1 te help om aanspreeklikheid vir die  
misdaad   te   ontduik   en/of   dit   makliker   vir   hom   te   maak   om 
aanspreeklikheid te ontduik.
Deur iets te verberg wat gesteel is wat hy weet wel gesteel is met  
die doel dat dit nie gevind moet word nie, dui daarop dat daar wel  
opset was om die misdaad te pleeg.
7
Derhalwe is ek van mening dat geen fout gevind kan word met die  
landdros se bevinding oor die skuldigbevinding nie.   Daar is ook  
voldoende redes vir die vonnis verskaf.
Bygevolg word beide die skuldigbevindings en vonnisse bekragtig.
__________________
V. MATSEPE, WND R
Ek stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/sp
8