Makgasane and Others v S [2005] ZAFSHC 138 (27 October 2005)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of firearm — Joint possession — Appellants convicted of robbery, attempted murder, and illegal possession of a firearm and ammunition — Evidence showed only second appellant had physical possession of firearm — Court found insufficient evidence to prove first and third appellants jointly possessed the firearm — Convictions of first and third appellants on firearm-related charges set aside, while second appellant's sentence on those charges reduced to three years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 138
|

|

Makgasane and Others v S [2005] ZAFSHC 138 (27 October 2005)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING
Appèl Nr. : A302/2004
In
die appèl tussen:-
CHARLES
MAKGASANE
1ste
Appellant
HENDRIK
DIBA
2de
Appellant
REGINALD
SEJANAMANE
3de
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE RP
et
HANCKE
R
et
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
24
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Voortspruitend uit ‘n
rooftog waartydens die slagoffer ernstig verwond is met ‘n 9 mm
pistool, is al drie die appellante deur
Buys R skuldig bevind op vier
aanklagte te wete:
Aanklag
1: Roof met verswarende omstandighede.
Aanklag
2: Poging tot moord.
Aanklag
3: Besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n lisensie in stryd
met
artikel 2 van Wet 75 van 1969.
Aanklag 4: Onwettige
besit van ammunisie vir daardie
vuurwapen.
Vervolgens is elk van
die appellante gevonnis tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf op
aanklag 1, tot 17 (sewentien) jaar gevangenisstraf
op aanklag 2 en
tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf op aanklagte 3 en 4, saamgeneem
vir doeleindes van vonnis. Voorts is ingevolge
artikel 280 van die
Strafproseswet, Nr. 51 van 1977, gelas dat die vonnisse op aanklagte
3 en 4 samelopend uitgedien moet word met
die vonnisse op aanklag 1.
[2] Op 11 September 2003
het Malherbe RP in die afwesigheid van Buys R verlof om na die Volle
Hof van hierdie Afdeling te appelleer
verleen aan 1ste appellant en
3de appellant ten aansien van hul skuldigbevindings op aanklagte 3 en
4 en aan al drie appellante wat
betref hul vonnisse op aanklagte 3 en
4.
[3] Ons is deur Mnr.
Pretorius meegedeel dat hy opdrag hou slegs namens die eerste en
tweede appellante. Die derde appellant het
dus nie in persoon of
deur regsverteenwoordiging aan die aanhoor van die appèl deelgeneem
nie. Vir die redes wat volg, moet die
derde appellant se appèl ten
volle slaag ten opsigte van al die aangeleenthede ten aansien waarvan
verlof om te appelleer aan hom
verleen is. Gevolglik ag ek dit in
belang van die regspleging en van die derde appellant dat sy appèl
dienooreenkomstig afgehandel
word. Hierdie Hof sou in ieder geval so
kon doen ingevolge die bepalings van artikel 304(4) van die
Strafproseswet, Nr. 51 van 1977.
[4] Dit
blyk uit die getuienis dat slegs 2de appellant in fisiese besit van
die onderhawige 9 mm pistool was. Gevolglik is die vraag
of 1ste
appellant en 3de appellant gesamentlik met 2de appellant in besit was
van die vuurwapen. Dit behels bewys bo redelike twyfel
van eerstens
dat die 1ste appellant en die 3de appellant die bedoeling gehad het
om die vuurwapen deur die 2de appellant te besit
en tweedens dat die
2de appellant die bedoeling gehad het om die vuurwapen ook namens die
1ste appellant en die 3de appellant te
besit. Sien in hierdie
verband
S
v MBULI
2003 (1) SASV 97 (HHA) op 114 f – 115 i.
[5] Die
enigste bewysmateriaal op rekord in hierdie verband is die
klaarblyklik korrekte bevindings dat die rooftog deur die drie
appellante vooraf beplan was en dat die 1ste appellant en die 3de
appellant bewus was daarvan dat die 2de appellant vir daardie doel
met die vuurwapen bewapen was. Hiervan kan egter, na my oordeel, nie
bo redelike twyfel afgelei word dat die appellante die bedoeling
gehad het om die vuurwapen gesamentlik te besit nie. Die redelike
moontlikheid dat slegs die 2de appellant in besit en beheer van
die
vuurwapen sou wees en was, kan nie uitgesluit word nie. Sien
S
v MBULI
,
supra
en
S
v NKOSI
1998 (1) SASV (W) op 287 j en verder. Dit volg dat die
skuldigbevindings van die 1ste appellant en die 3de appellant op
beide aanklagte
3 en 4, tersyde gestel moet word.
[6] Volgens
die getuienis het die onderhawige 9 mm pistool semi-outomatiese
werking gehad. Gevolglik was die verhoorhof van oordeel
dat
ingevolge artikel 51(2)(a) van die Strafregwysingswet, Nr. 105 van
1997, ‘n minimum vonnis van 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf
voorgeskryf is vir aanklag 3. In
S
v SUKWAZI
2002 (1) SASV 619 (N) is bevind dat die wetgewer nie bedoel het dat
die minimum vonnis van 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf deur
Wet 105
van 1997 voorgeskryf vir besit van ‘n semi-outomatiese wapen, van
toepassing moet wees op besit van ‘n pistool sonder
‘n lisensie
soos bedoel in artikel 2 van Wet 75 van 1969 nie, al sou daardie
pistool semi-outomatiese werking hê of as ‘n semi-outomatiese
vuurwapen beskryf kon word. In
S
v KHONYE
2002 (2) SASV 621 (T) is langs ‘n ander weg tot dieselfde
gevolgtrekking gekom. Sien ook
S
v MOOLEELE
2003 (2) SASV 255 (T). Ek is dit met eerbied eens met die
beredenering in
S
v SUKWAZI
,
supra
tot
die effek dat die toepassing van die minimum voorgeskrewe vonnis
vermeld in artikel 51(2)(a) van Wet 105 van 1997 op ‘n
semi-outomatiese
pistool, selfs een van .22 kaliber, maar nie op ‘n
rewolwer van veel groter kaliber of ‘n haelgeweer met ‘n
pompaksie nie,
‘n absurditeit daarstel wat nie deur die wetgewer
bedoel kon gewees het nie. Die resultaat van die voormelde
beslissings is nagevolg
in ‘n beslissing van ‘n Volle Hof van
hierdie Afdeling gelewer op 18 Augustus 2005 in appèl nr. A121/04,
TSHULO
ALEX MOTAUNG v DIE STAAT
en word ook deur die respondent se advokaat aanvaar. Dit volg dat
die vonnis van die 2de appellant op aanklagte 3 en 4 tersyde gestel
moet word.
[7] Na
my oordeel is ‘n vonnis van 3 (drie) jaar gevangenisstraf vir
aanklagte 3 en 4 saamgeneem vir doeleindes van vonnis, gepas
in al
die omstandighede van hierdie saak. Duidelikheidshalwe moet gemeld
word dat die bevel dat die vonnis op aanklagte 3 en 4 ingevolge
die
bepalings van artikel 280 van die Strafproseswet samelopend uitgedien
moet word met die vonnis op aanklag 1, bly staan.
[8] Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
1. Die 1ste appellant en
die 3de appellant se skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 3 en
4, word tersyde gestel.
2. Die
vonnis aan 2de appellant opgelê op aanklagte 3 en 4, word tersyde
gestel en vervang met ‘n vonnis van 3 (drie) jaar gevangenisstraf
ten opsigte van aanklagte 3 en 4 saamgeneem vir doeleindes van
vonnis.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
__________________
J.P.
MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens
die 1ste en 2de appellant: Adv. K. Pretorius In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. E.B. Ontong
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp