About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 111
|
|
Thekiso v S [2005] ZAFSHC 111 (27 October 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnr. : A229/2004
In
die appèl tussen:-
GRATITUDE
THABO THEKISO
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die
appellant, ân 22 jarige jongman van Excelsior, het in die streekhof
vir die Vrystaat met sitting in Excelsior, tereggestaan
op ân
klagte van verkragting.
[2] Op
die klagte dat hy op 4 Februarie 2002 ene D.A. Mogorosi, ân
volwasse vrou, in Excelsior verkrag het, het hy op 5 November
2002
onskuldig gepleit.
Hy was egter op 5
Februarie 2003 aan die ten laste gelegde oortreding skuldig bevind en
op 8 Julie 2003 tot 8 (agt) jaar gevangenisstraf
gevonnis.
Teen die skuldigbevinding
en die opgelegde vonnis kom appellant nou in hoër beroep.
[3] Die klaagster se
weergawe, in kort, was dat appellant met wie sy vroeër ân intieme
liefdesverhouding gehad het, haar verkrag
het, terwyl appellant
getuig het dat hy met klaagster, met wie hy steeds nog ân intieme
liefdesverhouding het, konsensuele omgang
gehad het.
[4] Inherent aan die
verhoorhof se gevolgtrekking, dit wil sê dat appellant wel skuldig
is, is die aanvaarding van die klaagster
se weergawe van gebeure en
die verwerping van appellant se getuienis.
Dit is dan ân besonder
gemelde gevolgtrekking wat op appèl aan die orde is.
Die
verhoorlanddros verwoord die basis van sy feitlike bevindings en
gevolgtrekkings daaruit as volg:
â
Based on the
aforesaid, the court is satisfied that the complainantâs version is
the more probable one ........â
[5] In
ân strafsaak waar die beskuldigde getuienis aanbied, is die toets
nie of die waarskynlikhede die weergawe van die staatsgetuies
begunstig nie, maar of die Staat bo redelike twyfel die pleging van
die misdaad bewys het deur, onder andere ook te oortuig dat die
getuienis van die beskuldigde vals is bo redelike twyfel. (
S
v VAN ASWEGEN
2001 (2) SASV 97 (HHA) par. [8] p. 101.)
[6] By
oorweging van getuienis word geverg dat alle getuienis in totaliteit
oorweeg word. (
S
v VAN DER MEYDEN
1999 (1) SASV 447 (W) te 449 H â 450 B en
S
v TRAINOR
2003 (1) SASV 35 (HHA) par. [8] en [9] te p. 40 â 41.) Die
beoordelaar van die getuienis mag nie gebreke in die getuienis van
ân
getuie onderbeklemtoon en die gebreke in die getuienis van ân ander
getuie oorbeklemtoon nie.
[7] Ten
aansien van die verkragting was klaagster ân enkelgetuie en sal ân
skuldigbevinding op grond van ân enkelgetuie se getuienis
slegs kan
volg indien dit wesenlik bevredigend in elke materiële opsig is of
as daarvoor stawing te vinde is. (
S
v GANIE AND OTHERS
1967 (4) SA 203
N â 206 H en
S
v HLONGWA
1991 (1) SASV 583 (AA).)
[8] Klaagster het getuig
van ân aanval op haar deur appellant voor en tydens die beweerde
verkragting wat uit klappe, vuishoue en
ân enkele skop met ân
geskoende voet bestaan het. Die aanval, so het sy getuig, het haar
âswak en sonder kragâ gelaat.
Volgens
klaagster het sy aan die medikus, wat haar die volgende dag ondersoek
het, net die swelsel op haar kop uitgewys.
Op
waarskynlikhede sou die geweldige en volgehoue aanranding wel
meerdere beserings tot gevolg gehad het, ân afleiding wat
genoegsame
grond is dat klaagster se getuienis dus met versigtigheid
benader moet word. (
S
v GENTLE
2005 (1) SASV 420 (HHA) te par. [17] p. 430.)
[9] Die
landdros poog om stawing vir die klaagster, dat sy verkrag was, te
vind in die getuienis van die staatsgetuies Mabitle en
Rosina. Die
landdros verduidelik:
â
Complainantâs evidence is
corroborated firstly by Pastor Mabitle and Rosina to the effect that
complainant mentioned immediately
after she had left the accused
house that she had been raped by the accused.â
Cloete
AR verduidelik in
S
v GENTLE
2005 (1) SASV 420 (HHA) par. [18] te 430 I â 431 C wat stawing is
in gevalle soos die onderhawige as volg:
â
It
must be emphasi
sed
immediately that by corroboration is meant other evidence which
supports the evidence of complainant, and which renders the evidence
of accused less probable,
on
the
issues
in dispute
(cf
R
v W
1949 (3) SA 772
(A) at 778-9). If the evidence of the complainant
differs in significant detail from the evidence of other State
witnesses, the
Court must critically examine the differences with a
view to establish whether the complainantâs evidence is reliable.
But the
fact that the complainantâs evidence accords with the
evidence of other State witnesses on the issues not in dispute does
not provide
corroboration.â
Klaagster
se rapport aan Pastor Mabitle en Rosina dien dus nie as stawing vir
haar getuienis dat sy verkrag was nie.
Dit is ook ironies dat
klaagster nie aan Rosina, die eerste persoon wat sy na die gebeure
gesien het, vertel het dat sy verkrag was
nie. Trouens, klaagster
het op pertinente vrae van Rosina geen antwoord waaruit afgelei kan
word dat sy verkrag was, verskaf nie.
[10] Stawing vir
klaagster se getuienis dat sy aangerand is, is wel in ân mate te
vinde in die letsels waarvan sy getuig het en
deur die medikus as
âsoft tissue injury on the face and ??? the headâ aangemerk was.
Gemelde stawing word egter verdag wanneer
die getuienis van Rosina
aangaande haar waarnemings en klaagster se mededelings aan haar, ook
inaggeneem word.
Rosina het getuig dat
sy, nadat die rapport aan die pastoor gemaak was, grond (soil) aan
klaagster se bo-deel en broek opgemerk het
en dat klaagster as
verduideliking daarvoor aangegee het dat appellant haar op die grond
gesleep of getrek het. Rosina het ook getuig
van ân skaafmerk aan
klaagster se arm.
Dit is gemeensaak dat die
omgang en die beweerde aanranding in die slaapkamer by appellant se
woning plaasgevind het. Daar kon en
was dus nie sprake van enige
âgesleepâ of âgetrekâ op grond buite die woning nie.
Die landdros verwerp
Rosina se getuienis in verband met die grond op die klere en die
verduideliking deur klaagster gegee en voer
ân sirkelargument aan
dat dit nie waar kan wees nie, omdat klaagster daaroor sou getuig het
as dit so was. Die vraag was juis
waarom sou Rosina oor gemelde
aspek ân leuen vertel en as Rosina nie oor gemelde aspek ân leuen
vertel het nie, waarom het die
klaagster die leuen aan Rosina vertel?
Belangrik egter is, dat
as klaagster wel grond of stof aan haar klere gehad het en die arm ân
skaafwond gehad het, omdat sy op die
grond gesleep was, moes sy dit
opgedoen het op ân ander plek en wyse as tydens die beweerde
verkragting in appellant se slaapkamer.
Die swelsel op klaagster
se kop en weefselbesering op die gesig is dus op voormelde
vooropstelling ook nie werklike stawing van die
beweerde aanranding
nie.
[10] Die getuienis deur
appellant gelewer, is egter ook nie onbesproke nie.
Op verskeie vrae wat tot
die wese van appellant se weergawe gedring het, het appellant totaal
onsinnige antwoorde gegee. Op verdere
vrae wat op onwaarskynlikhede
van appellant se getuienis kon dui, is ook ontwykende antwoorde
verskaf.
Benewens die
voorafgaande het appellant ook ân storie wat nooit aan klaagster
gestel was nie, die sogenaamde liefdesboeke, gefrabiseer.
[11] Cloete
AR se waarskuwing in
S
v GENTLE
supra
par. [30] p. 434 is in die onderhawige wel van toepassing:
â
The
natural sympathy which one has for a woman who says that she has been
raped, cannot be allowed to play a
ny
role in deciding whether the
onus
of proof in a criminal case has been satisfied.â
Die
totaliteit van die getuienis oortuig nie dat appellant klaagster
verkrag het nie, en appellant moet die voordeel van die twyfel
kry.
[12] Die volgende bevel
moet dus volg:
Die appèl slaag. Die
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Ek
stem saam.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens
die appellant: Adv. H.C. Edeling
In
opdrag van:
Stander,
Venter & Kleynhans
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. M. Strauss
In
opdrag van:
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp