About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 110
|
|
S v Motshabi (1109/2005) [2005] ZAFSHC 110 (27 October 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1109/2005
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
WILLIAM
MOTSHABI
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé
R
et
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is
aangekla en skuldig bevind aan huisbraak met die opset om ân
misdryf onbekend aan die staatsaanklaer te pleeg.
Hy is daarop
gevonnis tot 3 (drie) jaar gevangenisstraf.
[2] Toe
die aangeleentheid voorgelê was vir hersiening, is die volgende
navraag deur die Hersieningsregter aan die verhoorlanddros
gerig:
â
Hierdie
oorkonde is verwarrend met betrekking tot die aanklag teen die
beskuldigde Volgens die aanhangsel tot die klagstaat is hy
aangekla
van âHuisbraak met die opset om ân misdryf onbekend aan die
aanklaer te pleegâ. Volgens die dekblad van die klagstaat
J15 is
hy skuldig bevind aan ân
bevoegde
uitspraak
nl. âHuisbraak met die opset om ân misdryf onbekend aan die
staatsaanklaer te pleegâ. Die hersieningsdekblad J4 dui egter
aan
dat hy skuldig bevind is aan âHuisbraak met die opset om te steel
en diefstalâ.
Wat is nou die
posisie? Vir my lyk dit in elk geval dat niks meer as ân
poging
bewys is nie. Dit is tog gemene saak dat hy nooit die huis binne
gegaan het nie en slegs ân venster gebreek het.
â
n
Vonnis van 3 jaar gevangenisstraf hiervoor skyn my ook darem,
nieteenstaande die beskuldigde se vorige veroordelings, baie swaar
te
wees.â
[3] Die
verwysing na die beskuldigde se vorige veroordelinge hou verband met
die feit dat hy reeds twee vorige veroordelinge vir huisbraak
met die
opset om te steel en diefstal opgeloop het. Die laaste hiervan was
egter nadat die onderhawige misdryf reeds gepleeg was.
In antwoord
hierop reageer die landdros as volg:
â
Na deeglike oorweging is die hof
ook van mening en stem ek met die agbare Hersieningsregter saam dat
die beskuldigde skuldig bevind
moes wees aan, Poging tot huisbraak
met die opset om ân misdryf onbekend aan die Staatsaanklaer te
pleeg. Derhalwe vra ek dan
eerbiediglik dat die skuldigbevinding
tersyde gestel word en die beskuldigde skuldig bevind moet word aan
Poging tot huisbraak met
die opset om ân misdryf onbekend aan die
Staatsaanklaer te pleeg.
Wat
die vonnis betref, met inagneming dat die beskuldigde nou aan ân
mindere misdryf skuldig is, is ek van mening dat die vonnis
gewysig
behoort te word.â
[4] Hierdie
siening van die landdros is korrek. Die getuienis dui aan dat die
beskuldigde nooit die huis betree het nie, maar slegs
die venster
gebreek het en toe vir een of ander onbekende rede nie verder
gevorder het nie. Binnetrede is ân noodsaaklike element
van die
misdryf huisbraak. Die beskuldigde se handelinge stel dus slegs ân
poging daar. Sy oogmerk was egter duidelik om wel
in te breek en te
steel. ân Klagte van huisbraak met die opset om te steel sou dus
nie onvanpas gewees het nie. Artikel 262(2)
van Wet 51 van 1977
magtig ân skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om ân
spesifieke misdryf te pleeg in gevalle waar
die aanklag een van
huisbraak met die opset om ân onbekende misdryf te pleeg was. Die
skuldigbevinding moes dus een van poging
tot huisbraak met die opset
om te steel wees.
[5] Die beskuldigde se
vorige veroordelinge ten spyt, is die opgelegde vonnis soos die
landdros tereg toegee vir ân poging tot huisbraak,
te swaar. Dit
skyn ook asof die landdros nie besef het dat die onderhawige misdryf
gepleeg is voordat die laaste vorige veroordeling
opgeloop is nie.
[6] Bygevolg
word die skuldigbevinding gewysig na poging tot huisbraak met die
opset om te steel en die vonnis word gewysig na 1 (een)
jaar
gevangenisstraf.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
/sp