About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 68
|
|
Vilo and Another v S [2005] ZAFSHC 68 (27 October 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A74/2005
In
die appèl van:-
SENY FRANS
VILO
Eerste
Appellant
THABO
WALTER PHOKOJOE
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY
R
et
CILLIé
R
et
H.M.
MUSI R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die twee appellante
het tesame met ân derde beskuldigde tereggestaan op aanklagte van
huisbraak met die opset om te roof, roof
met verswarende
omstandighede, moord en diefstal. Beide die appellante sowel as die
mede-beskuldigde het onskuldig gepleit en het
dit geblyk dat, in al
drie se geval, ân verweer ân alibi was. Desondanks hul pleite
van onskuldig, is die mede-beskuldigde,
wat tydens die verhoor bekend
gestaan het as beskuldigde een, sowel as die twee appellante, wat
onderskeidelik beskuldigdes twee
en drie was, skuldig bevind aan al
die ten laste gelegde misdrywe. Die appellante kom nou in hoër
beroep met die verlof van die
Verhoorregter slegs teen die
skuldigbevindings en nie teen die opgelegde vonnisse nie.
[2] Die Verhoorregter het
in haar uitspraak volledig gehandel met die getuienis en ek is
derhalwe nie voornemens om dit weer hierin
te herhaal nie. Dat die
betrokke misdrywe gepleeg is, blyk nie in geskil te wees nie. Wat
wel in geskil is, is die identiteit van
die persone wat die misdrywe
gepleeg het. Die Verhoorregter het die getuienis aanvaar van twee
staatsgetuies, Tsekolo Maphaha, synde
beskuldigde een se jonger
broer, asook die getuienis van Mary Maphaha, beskuldigde een se
moeder, dat die appellante inderdaad die
persone was wat beskuldigde
een vergesel het toe hy die nag van 29/30 Desember 2002 die gesteelde
goedere by die huis aangebring
het. Die kernaspek wat in hierdie
appèl derhalwe oorweeg moet word, is of die hof
a
quo
fouteer het deur die getuienis van voormelde twee getuies te aanvaar
en die getuienis van die appellante te verwerp. Beide hierdie
getuies het getuig dat die appellante aan hulle bekend was en dat dit
nie ân geval was dat hulle die appellante die betrokke aand
vir die
eerste keer gesien het nie. Daar kan derhalwe nie sprake wees van ân
foutiewe identifikasie nie.
[3] Ter motivering van
die betoog dat die hof
a
quo
fouteer het deur die staatsgetuies se getuienis aanvaar, het Me.
Bezuidenhout, wat namens appellante in hierdie Hof verskyn het,
ân
aantal punte van kritiek teen beide die getuies se getuienis geopper,
waarmee ek kortliks wil handel:
Ten
opsigte van Tsekolo, is die kritiek onder andere dat hy getuig het
enersyds dat hy bang was vir beskuldigde een, en andersyds
dat hy met
hom baklei het, en dat dit nie uit sy getuienis blyk wat die redes
was waarom hy bang was vir beskuldigde een nie.
[4] Dit
is korrek dat hy op ân stadium getuig het:
â
I was fighting, I disagreed that it
[die gesteelde goedere] must be taken into the house.â
Dit
blyk egter dat Tsekolo direk nadat hy soos hierbo getuig het,
bygevoeg het:
âBy saying I was fighting, I was preventing them from the door,
that they must not take the good
s into
the house.â
Dit is derhalwe, na my
mening, duidelik dat hy nie in ân geveg betrokke was met
beskuldigde een, sy broer nie, vir wie hy te kenne
gegee het hy bang
was, maar dat hy bloot gepoog het om beskuldigde een en die
appellante te verhoed om die goedere in die huis in
te dra. Voorts
meen ek dat sy getuienis aantoon waarom hy bang was vir beskuldigde
een, naamlik omdat beskuldigde een hom by herhaling
in die verlede
met die dood gedreig het.
[5] Tweedens is daarop
gewys dat Tsekolo en Mary mekaar weerspreek oor die beligting in die
huis die aand toe die appellante en beskuldigde
een daar opdaag:
Tsekolo sê dat hy die elektriese lig aangeskakel het, terwyl Mary se
getuienis was dat daar op daardie stadium
nog nie elektriese ligte in
die huis was nie, en dat daar kerslig was. Dat die betrokke getuies
se getuienis in hierdie opsig strydig
is, kan nie betwis word nie.
Tsekolo is egter nooit daarmee gekonfronteer nie. Indien hy die
geleentheid gehad het om te verduidelik
waarom daar ân weerspreking
was tussen sy getuienis en die van sy moeder, kon hy dit moontlik
verduidelik. Om bloot op grond van
hierdie weerspreking en sonder
dat hy die geleentheid gehad het om daarop te antwoord, sy getuienis
te verwerp, sou na my mening
onregverdig wees.
[6] ân Verdere punt van
kritiek teen Tsekolo se getuienis is dat hy geen verduideliking gee
waarom die goedere na sy woning geneem
is nie. Eerstens moet in
gedagte gehou word dat Tsekolo nooit hieromtrent uitgevra is nie, en
is dit ook nie korrek dat hy gelate
toegelaat het dat die goedere in
sy woning ingedra word nie: Hy het dan juis daarteen beswaar gemaak
en gepoog om die appellante
en sy broer te verhoed om dit die huis
binne te dra. Ook wat hierdie punt van kritiek betref, meen ek dat
dit onbillik sal wees
om Tsekolo se getuienis in die geheel te
verwerp.
[7] Soos
gebruiklik deesdae in strafsake, is Tsekolo tydens kruisondervraging
breedvoerig uitgevra oor die weerspreking tussen sy
getuienis en sy
polisieverklaring rakende die vraag of al die goedere wat daar
ingedra is, uit die huis verwyder is op ân latere
stadium. In sy
verklaring staan:
â
At about nine oâ clock they have
took those groceries and they did not leave me with nothing.â
Tydens die verhoor het hy
getuig dat hy niks van hierdie goedere ontvang het nie. In die
betoogshoofde het Me. Bezuidenhout aan die
hand gedoen dat, indien
daar gelet daarop dat al die goedere verwyder is en dat daar vir hom
niks agtergelaat is nie, dit voorkom
asof hy verbitterd daaromtrent
was.
[8] Daar is al
herhaaldelik in beslissings gemaan teen die maak van ân nadelige
afleiding waarin ân getuie tydens getuienisaflegging
afwyk van sy
polisieverklaring. Vergelyk
S
v BRUINERS EN âN ANDER
1998 (2) SASV 432 (SE) te 437 g â j en
S
v MAFALADISO EN ANDERE
2003 (1) SASV 583 (HHA) te 584 h en verder. Rakende die
omstandighede in die onderhawige saak, handel die Verhoorregter as
volg
met hierdie weerspreking:
âIn die onderhawige geval moet die getuienis van
Inspekteur
Sekwadi ingedagte gehou word. Volgens hom is al hierdie verklarings
geneem op ân wyse wat hy ân hele relaas vanaf
ân getuie vra en
hy dit dan opsommenderwys neerskryf. Dit is alreeds na my mening ân
resep vir ân onvolledige en foutiewe
verklaring. Tweedens was hier
ân situasie waar daar ân vertaling vanaf Sotho na Engels
plaasgevind het en weer terug na Sotho
en dit terwyl Inspekteur
Sekwadi nie besonderlik in die Hof beïndruk het as ân persoon wat
noodwendig Engels goed magtig is nie.
Derdens is hierdie verklarings
meer as ses maande na die beweerde voorval afgeneem. Hoewel ek
Inspekteur Sekwadi se verduideliking
hiervoor aanvaar, meen ek dat
vanweë die tydverloop dit nie dermate die waarborg van
betroubaarheid het soos wanneer dit pas na
ân voorval afgeneem is
nie. In die lig hiervan was die aard en omvang van die afwykings en
weersprekings na my mening nie wesenlik
nie en het dit nie afbreuk
gedoen aan Tsekolo se geloofwaardigheid en betroubaarheid as getuie
nie.â
Wanneer gelet word op die
inhoud van die getuieverklaring, blyk dit dat dit in geradbraakte
Engels neergeskryf is en allesbehalwe
sinvol is. In die
omstandighede word die Verhoorregter se benadering rakende hierdie
weerspreking, ondersteun.
[9] Laastens is Tsekolo
se geloofwaardigheid aangeval vanweë die feit dat die rede wat hy
aanvoer waarom hy nie die aangeleentheid
by die polisie gerapporteer
het nie, verdag voorkom, naamlik, omdat hy bewaak was. Me.
Bezuidenhout se betoog in haar betoogshoofde
was dat voorkom asof dit
ân bloot gerieflike verskoning is. Dit blyk egter nie net uit
Tsekolo se getuienis nie, maar ook uit
die getuienis van sy moeder,
Mary, dat die huis voortdurend onder observasie gehou is en dat die
feit dat die huis onder observasie
gehou is, klaarblyklik die rede
was waarom hy dit nie by die polisie kon rapporteer nie. Ook hierdie
kritiek teen die geloofwaardigheid
van Tsekolo, is na my mening
sonder meriete.
[10] Ek is derhalwe
tevrede dat die hof
a
quo
tereg
die getuienis van Tsekolo aanvaar het en ondersteun dus die bevinding
dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante
die
persone was wat die gesteelde goedere na Tsekolo se woning geneem
het.
[11] Wat Mary se
getuienis betref, meen ek ook dat die hof
a
quo
tereg
haar getuienis aanvaar het. Die enigste kritiek wat geopper word
teen haar getuienis, is dat sy haarself weerspreek het oor
die vraag
of sy die appellante reeds die nag identifiseer het toe hulle die
goedere na die huis gebring het. Ek is nie oortuig dat
sy haarself
weerspreek het nie. Sy het geensins erken op vrae van die Hof dat sy
nie die appellante die aand gesien het nie, maar
wanneer haar
getuienis in die totaliteit oorweeg word, blyk dit dat sy hulle wel
die aand met die behulp van die kers wat gebrand
het, identifiseer
het, maar hulle nie goed kon sien nie. Toe sy hulle die volgende dag
en in helder daglig weer sien, kon sy hulle
beter sien.
[12] Me. Bezuidenhout het
toegegee, en tereg ook na my mening, dat indien hierdie Hof sou
bevind dat Tsekolo of Mary bevredigende
getuies was, die appèl nie
kan slaag nie. Dit is geykte reg dat ân hof op appèl nie
geredelik sou inmeng met ân geloofwaardigheidsbevinding
nie, en in
die onderhawige geval bestaan daar, na my mening, geen rede waarom
die geloofwaardigheidsbevinding van die Verhoorregter
rakende Tsekolo
en Mary omvergewerp behoort te word nie.
[13] In die lig daarvan
dat die hof
a
quo
tereg die getuienis van voormelde twee getuies aanvaar het, volg dit
na my mening dat die appèl nie kan slaag nie en dat die
skuldigbevinding
van beide appellante bekragtig behoort te word.
[14] Bygevolg
word beide die appellante se appèl afgewys.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Ek stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek stem saam.
___________
H.M. MUSI, R
Namens die
appellante : Adv. I.J. Bezuidenhout
In
opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J.H.S. Hiemstra SC
In
opdrag van:
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp