About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 109
|
|
Khoza and Others v S [2005] ZAFSHC 109 (13 October 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnr. : A137/2005
In
die appèl van:-
MAGUMANE
TERDOSIO KHOZA
Eerste
Appellant
MALEFETSANE
JOHANNES SESING
Tweede
Appellant
MAHLOMOLA
JUSTICE MOSALA
Derde
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé
R
et
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die
drie appellante is skuldig bevind aan ân eerste klagte van roof met
verswarende omstandighede. Appellante een en twee is
verder skuldig
bevind aan ân tweede klagte van die onwettige besit van ân
vuurwapen ter oortreding van die Wet op Wapens en
Ammunisie, Nr. 75
van 1969. Op die eerste klagte is die eerste appellant gevonnis tot
8 (agt) jaar gevangenisstraf en tweede en
derde appellante elk tot 9
(nege) jaar gevangenisstraf. Op klagte twee is eerste en tweede
appellante elk gevonnis tot 2 (twee)
jaar gevangenisstraf welke gelas
is samelopend uitgedien kan word met die vonnis op klagte een opgelê.
Hul appèlle is gerig teen
die skuldigbevindings sowel as die
opgelegde vonnisse.
[2] Die appellante se
skuldigbevindings spruit voort uit ân voorval wat plaasgevind het
op 22 Desember 2001 toe die klaer en sy
eggenote in hul drankwinkel
oorval en beroof is van ân vuurwapen. Op 1 Januarie 2002 is die
appellante in mekaar se geselskap
arresteer. Die voormelde vuurwapen
is toe in besit van eerste appellant gevind.
[3] Die
klaer het in sy getuienis die eerste en tweede appellante uitgewys as
twee van die drie rowers, terwyl sy eggenote die derde
appellant
uitgewys het. Hierdie uitkenning is deur die verhoorlanddros as
betroubaar bevind en berus die appellante se skuldigbevindings
op
aanklagte een op hierdie uitkenning. Die eerste en tweede appellante
se skuldigbevindings op aanklagte twee is op ietwat eienaardige
gronde baseer. Na hul arrestasie was daar oor en weer beskuldigings
tussen eerste en tweede appellante aangaande wie se vuurwapen
dit is.
Dit skyn asof die verhoorlanddros op hierdie grondslag toe beide aan
die besit van die vuurwapen skuldig bevind het. Die
regsposisie is
natuurlik dat indien beide eerste en tweede appellante betrokke was
by die berowing van die klaer en sy eggenote,
die vuurwapen synde die
buit van die rooftog, dan deur beide (trouens ook deur derde
appellant) besit sou wees onafhanklik daarvan
wie dit nou eintlik
tydens arrestasie ân paar dae later besit het. Vergelyk
S
v KHAMBULE
2001 SASV 501 (HHA) op 508 C en verder. Tweede appellant se
skuldigbevinding aan klagte twee is dus afhanklik van bewys van sy
deelname
aan die roof. Indien dit nie bewys is nie, is daar ook geen
bewys dat hy die vuurwapen besit het nie.
[4] Namens
die appellante is op appèl aangevoer dat hul uitkenning deur die
klaer en sy eggenote nie betroubaar genoeg is om daarop
ân
skuldigbevinding te baseer nie. Hierdie betoog maak dit nodig om
kortliks na die aangevoerde gebreke in die uitkenningsgetuienis
te
verwys en daarmee te handel. Dit word gedoen teen die agtergrond van
die welbekende beginsels van toepassing op uitkenningsgetuienis
en
wat uiteengesit is o.a. in die bekende beslissing van
S
v MTHETWA
1972 (3) SA 766
A.
[5]
Geen
uitkenningsparade:
Dit
blyk dat na die appellante se arrestasie geen uitkenningsparade gehou
was so as wat verwag sou word nie. Waarom dit nie gedoen
is nie, is
nie duidelik nie. Die resultaat hiervan was dat die klaer en sy
eggenote se uitkenning van die appellante geskied het
onder
omstandighede waar die appellante tydens die verhoor in die
beskuldigdebank gestaan het en die klaer en sy eggenote eenvoudig
gevra was of die rowers teenwoordig is in die hof. Die onwenslikheid
van so ân âdock identificationâ is welbekend. Vergelyk
S
v MATWA
2002 (2) SASV 350 E en verder. Die getuieniswaarde daarvan is
twyfelagtig. Die onderhawige uitkenning het geskied nadat die klaer
en sy eggenote meermale by vorige uitstelle van die saak die
geleentheid gehad het om die appellante in die beskuldigdebank waar
te neem.
[6]
Voorkoms
van die appellante:
In sy polisieverklaring
wat kort na die gebeure afgelê was, het die klaer gemeld dat die
aanvallers jonk nl. tussen 18 en 20 jaar
oud was. Slegs die eerste
appellant beantwoord aan hierdie beskrywing. Die tweede en derde
appellante was tydens die verhoor onderskeidelik
44 en 33 jaar oud.
Die klaer het onder kruisverhoor toegegee dat die tweede en derde
appellante nie by sy voormelde beskrywing inpas
nie en dat tweede en
derde appellante opsigtelik lyk na persone van 44 en 33 jaar oud.
[7]
Kenmerke:
Die klaer en sy eggenote
kan geen besondere identifiserende kenmerke meld waaraan hulle die
appellante herken nie en volstaan by
die appellante se algemene
voorkoms.
[8] Die
klaer en sy eggenote was ook nie voor die voorval met die appellante
bekend nie.
[9] Uit wat bovermeld is,
is dit duidelik dat daar heelwat gebreke in die uitkenningsgetuienis
van die klaer en sy eggenote is. Dit
is wel so dat die voorval
helder oordag plaasgevind het en dat daar voldoende geleentheid vir
waarneming was. Daarby lees die getuienis
van veral die klaer se
eggenote goed en lyk haar uitkenning van derde appellant op die
oog-af oortuigend. Dit moet egter beklemtoon
word dat die klaer en
sy eggenote nie mekaar oor en weer staaf in hul uitkenning nie, omdat
klaer die eerste en tweede appellante
uitken en sy eggenote die derde
appellant. Dit sou, myns insiens, riskant wees om op die klaer en sy
eggenote se uitkenning as enkele
faktor te bevind dat die appellante
wel by die voorval betrokke was.
[10] Die feit dat die
geroofde vuurwapen in besit van die eerste appellant gevind is,
verleen egter sterk stawing aan die klaer se
uitkenning van die
eerste appellant as een van die rowers. Die eerste appellant het by
sy arrestasie op verdagte wyse van die vuurwapen
ontslae probeer
raak. Daarna het hy allerlei weersprekende verduidelikings vir sy
besit van die vuurwapen gegee. Alles inaggenome
is daar voldoende
bewys bo redelike twyfel van sy aandadigheid aan die roofvoorval.
[11] Dieselfde geld egter
nie ten aansien van tweede en derde appellante nie. Daar is geen
stawing hoegenaamd vir die aangeduide
gebrekkige uitkenningsgetuienis
wat hulle met die voorval verbind nie. Hul skuldigbevindings op
klagte een kan dus nie gehandhaaf
word nie. Daar is geen bewys dat
tweede appellant ooit die vuurwapen wat die onderwerp van klagte twee
is, besit het nie. ân
Skuldigbevinding, soos reeds aangedui, aan
die tweede klagte is afhanklik van sy skuldigbevinding op die eerste
klagte en wel op
die basis dat die vuurwapen dan deel van die buit
van die rooftog sou wees. As tweede appellant se aandadigheid aan
die roof nie
bewys is nie, is dit gevolglik ook nie bewys dat hy ooit
die vuurwapen besit het nie.
[12] Die
vonnis eerste appellant opgelê, is nie sodanig dat dit inmenging
regverdig nie. Dit is wel so dat eerste appellant tydens
die voorval
17 jaar oud was, maar dit is duidelik dat hy die lewe van ân
volwassene lei. Daarby is dit ân uiters ernstige misdryf
waaraan
hy hom skuldig gemaak het.
Bygevolg word eerste
appellant se appèl afgewys en sy skuldigbevinding en vonnis hom
opgelê op beide klagtes een en twee, word
bekragtig. Die appèl van
tweede en derde appellante slaag en word tweede appellant se
skuldigbevinding en vonnisse aan klagte een
en twee, sowel as derde
appellant se skuldigbevinding en vonnis aan klagte een, tersyde
gestel.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens die
appellante : Adv. T.B. van Rensburg
In
opdrag van:
Regshulpraad
KROONSTAD
Namens
die respondent: Adv. S. Scheepers
In
opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp