About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 67
|
|
S v Masoetsa (1113/2005) [2005] ZAFSHC 67 (7 October 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1113/2005
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
POTSO
MASOETSA
_____________________________________________________
CORAM:
H.M.
MUSI R
et
BLOEM
WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
BLOEM
WND R
GELEWER
OP:
7
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde het in die landdroshof te Ficksburg tereggestaan op ân
oortreding van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary,
1992 (Wet
Nr. 140 van 1992) deurdat hy op 9 Augustus 2005 handelgedryf het met
11,60 kg dagga alternatiewelik dat hy in besit was
van daardie dagga.
Hy het skuldig gepleit dat hy daardie dagga besit het. Na
ondervraging ingevolge die bepalings van artikel 112(1)(b)
van die
Strafproseswet, 1977 (Wet Nr. 51 van 1977), was hy skuldig bevind
aan die besit van 11,60 kg dagga. Hy was gevonnis tot
ân boete van
R1 800,00 of 10 maande gevangenisstraf.
[2] Die
beskuldigde was behoorlik skuldig bevind aan die besit van 11,60 kg
dagga. Daardie skuldigbevinding moet dus bekragtig word.
[3] Die beskuldigde is ân
eerste oortreder. Ten tye van die misdaad was hy 37 jaar oud,
getroud en het een minderjarige kind.
Hy verdien ân salaris van
R50,00 per week. Hy het die hof meegedeel dat hy die dagga vir eie
gebruik sou besit het.
[4] Die besit van dagga
is ân misdryf wat dikwels voorkom in hierdie hof se
jurisdiksiegebied. Die beskuldigde was in die besit
van ân groot
hoeveelheid dagga gevind. Daar moet egter nie uit die oog verloor
word nie dat die beskuldigde skuldig gepleit het
op ân aanklag van
besit van dagga en nie handel in dagga nie. Hy moet dus gevonnis
word vir die besit van dagga en nie handel
in die groot hoeveelheid
dagga nie.
[5] In
sy redes vir vonnis het die landdros ân hele aantal sake aangehaal
wat deel met handel in dagga. Hy het ook verwys na sake
wat deel met
die besit van dagga. Dit is baie duidelik dat die howe, in die geval
van die besit van dagga, gewoonlik veel laer strawwe
oplê as in die
geval van handel in dagga.
[6] Die landdros het
bevind dat dit duidelik is vanuit die beskuldigde se persoonlike
omstandighede dat hy nie oor voldoende fondse
beskik om ân boete te
betaal nie. Dit is nie duidelik nie waarom die landdros dus die
beskuldigde ân keuse gegee het om ân
boete van R1 800,00 te
betaal. Die beskuldigde was dus effektief gevonnis tot 10 maande
gevangenisstraf.
[7] Dit wil vir my
voorkom asof die landdros ân vonnis opgelê het asof die
beskuldigde skuldig bevind was aan handel in dagga.
Die vonnis wat
opgelê was vir die besit van dagga is so treffend onvanpas dat dit
ân gevoel van skok openbaar.
[8] Na
my mening skep die bogenoemde faktore omstandighede wat die oplegging
van ân ligter straf regverdig. Gevolglik moet daar
met die vonnis
ingemeng word.
[9] Die
skuldigbevinding word bekragtig. Die vonnis word tersyde gestel en
vervang met gevangenisstraf van 10 maande wat in geheel
opgeskort
word vir 3 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word nie aan die besit van dagga gepleeg gedurende
die periode van
opskorting en waarvoor onopgeskorte gevangenisstraf opgelê word.
__________________
G.H. BLOEM, WND R
Ek stem saam.
___________
H.M.
MUSI, R
/sp