About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 66
|
|
S v Mokengoane (1135/2005) [2005] ZAFSHC 66 (7 October 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.
1135/2005
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
DIMAKATSO
YVONNE MOKENGOANE
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé
R
et
BLOEM
WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
BLOEM
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
7
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Op
11 Augustus 2005 het ân beskuldigde skuldig gepleit in die
landdroshof te Fouriesburg op ân klagte van aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Na ondervraging in terme van artikel
112(1)(b) van die Strafproseswet, 1977 (Wet Nr. 51 van 1977) was
hy
skuldig bevind, soos aangekla omdat hy die klaer sonder enige rede
met ân mes op die linkerskouer gesteek het. ân Vonnis
van 12
maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir 4 jaar op
sekere voorwaardes was opgelê. Die hersiening het voor my
gedien op
6 September 2005. Hoewel die vonnis ietwat lig was, was dit nie van
so ân aard dat dit inmenging sou regverdig nie.
Beide die
skuldigbevinding en vonnis is derhalwe bekragtig.
[2] Op dieselfde dag, 6
September 2005, het die onderhawige saak voor my gedien op
hersiening. Die feite is kortliks dat op 22 Augustus
2005 het die
beskuldigde skuldig gepleit in die landdroshof te Botshabelo op ân
klagte van aanranding met die bedoeling om ernstig
te beseer. Na
ondervraging in terme van artikel 112(1)(b) van die Strafproseswet
was sy skuldig bevind op aanranding met die opset
om ernstig te
beseer omdat sy die klaer sonder enige rede met ân bottel op die
voorkop geslaan het. Die landdros het die bepalings
van die Wet op
Gevaarlike Wapens, 1968 (Wet Nr. 71 van 1968) toegepas en bevind dat
daar nie omstandighede was wat die oplegging
van ân ligter vonnis
as die minimum vonnis van 2 jaar gevangenisstraf regverdig nie.
[3] Omdat dit vir my
voorkom dat die betrokke landdros, as ân reël, elke beskuldigde
wat skuldig bevind word op ân aanklag van
aanranding met die
bedoeling om ernstig te beseer bevind dat daar geen rede is om ân
ligter vonnis as die minimum vonnis van 2
jaar gevangenisstraf op te
lê nie, het ek ân skrywe na die Vrystaatse Direkteur van Openbare
Vervolgings gerig waarin ek albei
hersieningsake gestuur het. In
daardie skrywe het ek die volgende gesê:
â
Op die oog af wil dit voorkom dat
Wet Nr. 71 van 1968 onbillike diskriminasie teweegbring in stryd met
die bepalings van artikel 9
van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1996, Wet Nr. 108 van 1996.
U
word vriendelik versoek om ân skriftelike opinie te lig oor die
bogenoemde waarskynlike onbillike diskriminasie wat teweeggebring
word deur die toepassing van Wet Nr. 71 van 1968, soos uitgebeeld
deur die twee sake.â
[4] In
sy skrywe het Adv Pretorius van die kantoor van die Direkteur van
Openbare Vervolgings my meegedeel dat hy vasgestel het dat
dieselfde
vraagstuk eersdaags voor ân volbank van die Transkeise Afdeling van
die Hooggeregshof geargumenteer gaan word op versoek
van Schoeman R.
Sy kantoor het derhalwe besluit om te wag vir die uitspraak in
daardie saak voor daar verder oor hierdie vraagstuk
besing word. Adv
Pretorius het verder die volgende kommentaar gelewer, waarvoor ek
dankbaar is:
â
2. Hierdie
hersiening kan egter afgehandel word sonder om oor die
grondwetlikheid van artikel 4 te besin. Hier bestaan, na mening,
voldoende omstandighede wat die oplegging van ân ligter straf
regverdig as die voorgeskrewe minimum van 2 jaar gevangenisstraf.
2.1 Die beskuldigde
toon berou en het skuldig gepleit;
Sy is 35 jaar oud en ân algehele
eerste oortreder;
Sy versorg self haar minderjarige
kinders van onderskeidelik 15 jaar en 2½ jaar oud.
Die oorsaak van die aanranding was
ân stryery oor ân man en was hier sprake van provokasie en
woede;
Dit is onbekend wat die gevolge van
die aanranding was behalwe ân gehegte wond van 5cm.
3. Aan die ander kant van die skaal is
dit so dat die erns van die misdaad nie misgekyk moet word nie.
3.1 ân Glasbottel
is gebruik in die aanval;
3.2 Die aanval was
op ân potensieël gevaarlike plek, naamlik die kop (voorkop) gerig;
3.3 Die klaagster
het ân oopwond van 5cm opgedoen en kon haar gesig geskend het.
3.4 Die
klaarblyklike gereelde voorkoms van die misdaad in die hof se
jurisdiksie gebied.
3.5 Afskrikking as
strafelement tree na vore.
4. Gesien in die lig van bogenoemde
word aan die hand gedoen dat ân gepaste vonnis in die omstandighede
een is van:
â
Twee (2) jaar
gevangenisstraf waarvan agtien (18) maande opgeskort was vir ân
tydperk van 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie
skuldigbevind word aan ân misdryf van aanranding gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie en waartoe gevangenisstraf
sonder ân
keuse van ân boete opgelê word nie.ââ
[5] Ek
deel Adv Pretorius se mening dat die omstandighede van hierdie saak
regverdig die oplegging van ân ligter vonnis as die minimum
vonnis
van 2 jaar gevangenisstraf. Gevolglik moet daar met die vonnis
ingemeng word.
[6] Die skuldigbevinding
moet gevolglik bekragtig word, maar die vonnis word tersyde gestel en
vervang met ân vonnis van 24 maande
gevangenisstraf waarvan 18
maande opgeskort word vir ân tydperk van 4 jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan ân misdryf van
aanranding gepleeg gedurende die tydperk van opskroting nie en
waartoe gevangenisstraf sonder ân keuse
van ân boete opgelê word
nie.
__________________
G.H. BLOEM, WND R
Ek stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
/sp