S v Motsoane (1054/2005) [2005] ZAFSHC 65 (7 October 2005)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Driving under the influence — Sentencing discretion — Accused pleaded guilty to driving under the influence of alcohol and was initially sentenced to a fine or imprisonment; sentence deemed excessively lenient — Court intervened to impose a more appropriate sentence of a reduced fine and suspended imprisonment, reflecting the seriousness of the offence — Original sentence set aside and replaced with a new sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 65
|

|

S v Motsoane (1054/2005) [2005] ZAFSHC 65 (7 October 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1054/2005
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
OUPA
ALFRED MOTSOANE
_____________________________________________________
CORAM:
HATTINGH
R
et
BLOEM
WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
BLOEM
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
7
OKTOBER 2005
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde het
in die landdroshof te Botshabelo tereggestaan op ‘n oortreding van
artikel 65(1)(a) van die Nasionale Padverkeerswet,
1996 (Wet Nr. 93
van 1996) deurdat hy ‘n voertuig bestuur het terwyl hy onder die
invloed van sterk drank was. Hy het skuldig
gepleit en na
ondervraging ingevolge die bepalings van artikel 112(1)(b) van die
Strafproseswet, 1977 (Wet Nr. 51 van 1977) was hy
skuldig bevind. Hy
was gevonnis tot ‘n boete van R8 000,00 of 18 maande
gevangenisstraf waarvan R4 000,00 of 9 maande gevangenisstraf
opgelê
was vir 4 jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind was aan
dieselfde misdryf gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
[2] Die
beskuldigde was behoorlik skuldig bevind aan die misdryf waarvan hy
aangekla was. Daardie skuldigbevinding moet dus bekragtig
word.
[3] Die beskuldigde is ‘n
eerste oortreder. Ten tye van die misdaad was hy 52 jaar oud. Op
die betrokke dag het hy met ‘n voertuig
op die Botshabelo hoofpad
gery waar hy by ‘n padblokkade gestop was. By die padblokkade was
dit gevind dat hy na sterk drank ruik.
Hy was gearresteer en na ‘n
dokter geneem waar bloedmonsters geneem was. Die beskuldigde het
erken dat sy bestuursvermoë aangetas
was as gevolg van die drank wat
hy gedrink het voordat hy gestop was.
[4] Die vonnis wat opgelê
was is so treffend onvanpas dat dit ‘n gevoel van skok openbaar.
Daar is ‘n groot verskil tussen die
vonnis wat die landdros opgelê
het en die vonnis wat ek meen ‘n behoorlike vonnis is. Gevolglik
moet daar met die vonnis ingemeng
word.
[5] Die vonnis wat opgelê
was, word tersyde gestel en vervang met ‘n boete van R4 000,00 of 8
maande gevangenisstraf waarvan R2
000,00 of 4 maande gevangenisstraf
opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie
skuldig bevind word nie aan die
bestuur van ‘n voertuig terwyl hy
onder die invloed van drank is gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting en waarvoor onopgeskorte
gevangenisstraf opgelê word.
Daar word verder gelas dat die bedrag van R2 000,00 aan die
beskuldigde terugbetaal word.
__________________
G.H. BLOEM, WND R
Ek stem saam.
________________
G. A HATTINGH, R
/sp