About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 135
|
|
De Beers v Kotze (2802/2002) [2005] ZAFSHC 135 (29 September 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2802/2002
In
die saak tussen:
DANIëL
ELARDUS DE BEER
Eiser
en
JOHANNES
ALBERTUS KOTZé
Verweerder
AANGEHOOR
OP:
13
â 16 SEPTEMBER 2005
UITSPRAAK
DEUR:
C.J.
MUSI R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
SEPTEMBER 2005
[1] Op 2 Junie 1995 het
eiser (Daniel Elardus de Beer) en die verweerder (Johannes Albertus
Kotzé) ân vryevergunningsooreenkoms
gesluit. In terme van die
ooreenkoms was De Beer die vergunner en Kotzé die vergunde. Die
kontrakstermyn was 10 jaar.
[2] Die eiser spreek
verweerder aan vir die betaling van R40 992.00 en vir die betaling
van R234 899.68 plus rente daarop as synde
tantieme verskuldig aan
eiser. Laasgenoemde eis is die enigste lewendige een aangesien die
eis vir die betaling van R40 992.00 deur
eiser geabandoneer was.
[3] Die
eiser beweer in sy besonderhede van vordering dat:
â
Dit
(was) ân uitdruklike alternatiewelik stilswyende, verder
alternatiewelik geimpliseerde
terme
van die ooreenkoms:
4.1 Dat die
verweerder geregtig sal wees om die handelsnaam Cashwise te gebruik;
4.2 Die
verweerder geregtig sal wees om met die gebruik van die handelsnaam
ân mikroleen besigheid in terme van Aanhangsel âBâ
te bedryf te
Bloemfontein;
4.3 Die
verweerder vir die regte in terme van die aangehegte ooreenkoms
Aanhangsel âBâ tantieme van 6% op enige bedrag geld deur
die
verweerder uitgeleen betaal, welke bedrag betaalbaar is deur die
Verweerder aan die Eiser op datum waarop so ân lening aan
die
verweerder terugbetaalbaar en verskuldig is (klousule 5.1);
4.4 Die
ooreenkoms vir ân tydperk van 10 jaar sou dien, met aanvangsdatum 2
Junie 1995.
Ter verbreking van die ooreenkoms
tussen die partye het die verweerder die ooreenkoms gerepudieer
deurdat:
5.1 Hy (Verweerder)
nagelaat het, alternatiewelik weier en / of versuim om tantieme te
betaal in die bedrag van R40 992.00 vir die
tydperk geeindig 31
Desember 1998;
5.2 Hy
geen verdere tantieme aan die Eiser betaal het sedert Januarie 1999
nie;
5.3 Hy
die besigheid (te) verkoop het aan ân onbekende 3de party, en nie
sy regte en verpligtinge kragtens die ooreenkoms gesedeer
het nie, en
nie die Eiser se skriftelike toestemming daarvoor gehad het nie;
5.4 Hy
die Eiser verhoed om na 31 Desember 1998 te presteer, nieteenstaande
die Eiser se tender tot prestasie, wat hiermee verhaal
word.
Die Eiser aanvaar die Verweerder se
repudiasie en word die ooreenkoms hiermee gekansellerâ¦â
[4] Die
verweerder erken die bestaan van die ooreenkoms en erken dat hy weier
om tantieme te betaal aan die eiser vir die tydperk
geëindig 31
Desember 1998. Hy erken ook dat hy geen verdere tantieme aan die
eiser betaal het sedert Januarie 1999 nie. Hy erken
dat hy die
besigheid gedurende Januarie 1999 aan ân derde, mnr Das van
Deventer, verkoop het maar voer aan dat dit met die medewete
van die
eiser geskied het nadat die besigheid te koop aangebied was aan die
eiser en die eiser die aanbod van die hand gewys het.
Die verweerder
ontken dat die eiser geregtig is om die ooreenkoms te kanselleer.
Laastens voer die verweerder aan dat die eiser
se eis verjaar het.
[5] Namens die eiser het
daar drie getuies, mnr De Beer, mnr Mathinus Nicolas Buys en mnr
Heyneke, getuig. Die verweerder het geen
getuies geroep nie.
[6] Mnr de Beer se
getuienis is dat hy gedurende Maart 1995 met sy
vryevergunningsbesigheid in die mikroleenbedryf begin het. Hy
het,
met die hulp van ander persone, ân rekenaarprogram ontwikkel. Hy
het in Junie 1996 ân persoon aangestel om vergundes opleiding
en
blootstelling te gee. Hy het ook ân bemarkingsbeampte aangestel.
Hy het die land in streke opgedeel en vir elke streek ân
streekbestuurder aangestel. Die streekbestuurder moes elke vergunde
se kantoor ten minste een keer per maand besoek om aandag te
gee aan
klagtes, versoeke of probleme en om die tantieme te kollekteer. Die
streekbestuurders vergader een keer per maand te Pretoria
om probleme
te bespreek sowel as om die tantieme oor te betaal.
6.1 Die
verweerder is deur mnr Hennie Erasmus, die eertydse Vrystaatse
streekverteenwoordiger, gewerf. Nadat die ooreenkoms op 2
Junie 1995
aangegaan is het die verweerder ân opleidingskursus te Pretoria
bygewoon en latter ân inligtingsessie te Winburg.
Hy (eiser) het
ook by geleentheid die verweerder se plaas besoek waartydens daar
informeel oor die besigheid gesels is.
6.2 Sy
getuienis is dat me Eva Gardener en mnr Kobus Steyn, van sy besigheid
se hoofkantoor, die verweerder se besigheid besoek het
ten einde
probleme aan te spreek. Die streekverteenwoordigers, mnr Erasmus en
sy opvolger mnr Buys, het ook deurlopend advies en
opleiding verskaf.
Daar was ook voldoende tegniese hulp en administratiewe bystaand aan
die verweerder gegee.
6.3 Op
23 Desember 1998 het die verweerder se vrou hom geskakel en die
besigheid aan hom te koop aangebied. Hy het die aanbod van
die hand
gewys. Sy het daarna toestemming gevra om dit aan ân derde party
te verkoop. Hy het aangedui dat hy in beginsel geen
problem daarmee
het nie mits die derde party ân vryevergunningsooreenkoms met hom
aangaan. Hy het haar meegedeel dat hy die aangeleentheid
met sy
prokureur sal bespreek en gedurende Januarie 1999 na haar terugkeer.
6.4 Gedurende
Januarie 1999 het hy aan eiser kommunikeer dat hy inskiklik is tot
die beëindiging van die ooreenkoms met onmiddellike
effek op
voorwarde dat die verweerder die agterstallige tantieme ten bedrae
van R40 000.00 vereffen asook dat hy 12 maande se tantieme
betaal
geskat op die prestasie van die voorafgaande 12 maande. Hierdie
bedrae is later verander na R43 956.00 agterstallige tantieme
en
R40
000.00 ten einde die ooreenkoms te kanselleer. Die verweerder het
ontken dat hy agterstallige tantieme ten bedrae van R40 000.00
verskuldig was en het voorts beweer dat die eiser reeds op 23
Desember 1998 mondeliks toestemming gegee het dat die besigheid
verkoop
mag word op voorwaarde dat die rekenaarprogram aan hom
gelewer word. Sy voorwaardes was derhalwe nie aanvaarbaar vir die
verweerder
nie. Die rekenaarprogram is nogsteeds nie aan hom gelewer
nie.
6.5 Hy
het voorts ontken dat hy skriftelike toestemming gegee het dat die
besigheid verkoop word. Hy het ook bevestig dat hy in Januarie
1999
oorweeg het om ân dringende aansoek te bring om die verkoop van die
besigheid te stop maar dat die aansoek nooit gebring is
nie.
6.6 Hy
het eers na 7 Augustus 2002 verneem dat die besigheid aan mnr Das van
Deventer verkoop is vir R200 000.00. Daar was geen kontrak
tussen
hom en mnr Van Deventer nie. Sy getuienis is voorts dat hy nie
afstand gedoen het van sy regte en verpligtinge ingevolge
die
ooreenkoms nie. Hy het nie die kontrak voor 7 Augustus 2002
gekanselleer nie. Die rede waarom hy dit nie vroeër gekanselleer
het nie, is enersyds omdat hy te besig was en andersyds omdat hy in
verskeie hofaksies betrokke was. Die een hofaksie het gehandel
oor
die geldigheid van die vryevergunningsooreenkomste.
6.7 Alhoewel
hy in Januarie 1999 reeds geweet het dat die besigheid aan ân derde
party verkoop is het hy en sy prokureur doelbewus
besluit om geen
stappe te neem tot en met 7 Augustus 2002 nie.
[7] Mnr
Marthinus Nicolaas Buys se getuienis is dat hy gedurende Mei 1996 as
streekbestuurder vir die Vrystaat aangestel was. Hy
bevestig dat hy
die eiser se besigheid ten minste een keer per maand besoek het. Hy
getuig dat die eiser geen tantieme vir die periode
Mei 1996 tot
Januarie 1997 betaal het nie. Dat die verweerder by elke geleentheid
ân aanvaarbare rede gegee waarom hy nie tantieme
kan betaal nie.
Hierdie redes is aan die eiser gekommunikeer en hy het dit ook
aanvaarbaar gevind. Hy kan nie onthou wat die redes
was nie. Hy
ontken dat die eiser enige klagte by hom gelê het. Hy noem dat hy
onmiddellik aandag sou gee aan enige klagte. Hy
het ontken dat hy
enige skriftelike klagte met betrekking tot die bemarking van die
besigheid ontvang het. Hy ontken dat die eiser
gratis regsadvies as
deel van die produk aangebied het. Hy ontken ook dat WLT advertising
deur die eiser aangestel was. Hy het
vir Oktober 1998 en November
1998 tantieme kollekteer en dit aan die eiser oorbetaal. Toe hy die
besigheid in Januarie 1999 besoek
het die verweerder se vrou hom
meegedeel dat hulle die besigheid verkoop het. Hy het hierdie
inligting aan die eiser oorgedra en
sy besoeke aan die besigheid
gestaak. Gedurende kruisverhoor het hy getuig dat hy nie kennis dra
van ân AfriCash besigheid nie
en dat hy nog nie enige van AfriCash
se logos gesien het nie.
[8] Mnr Bartholomeus
Roelof Jacobus Heyneke is sedert 1999 in diens van die eiser. Hy is
tans die Hoofbestuurder van die finansiele
en administratiewe
departmente. Hy het rekords van die verweerder se besigheid getrek
ten einde sy berekeninge te maak. Hy het
vasgestel dat die omset van
die verweerder se besigheid in die laaste jaar (1998) gemiddeld R67
487.50 per maand was. Die tantieme
teen 5% van gemiddelde omset sal
derhalwe R3 374.37 per maand wees. Die gemiddelde omset vir die
voorlaaste jaar (1997) was R72
793.33 per maand. Die tantieme sou R3
639.66 beloop. Die omset vir die tydperk 15 Augustus 1995 tot 2
Augustus 1998 was gemiddeld
R70 795.25 per maand en die tantieme sou
dus teen 5% R3 539.76 per maand wees. Dit is nie duidelik waarom die
tantieme teen 5% bereken
is terwyl die kontrak van 6% melding maak.
[9] Hy het die laagste
syfer, R3 374.37, geneem as gemiddelde tantieme betaalbaar vir die
tydperke. Die tantieme betaalbaar vir ân
drie jaar periode tot
Augustus 2002 sou R121 477.32 beloop. Die tantieme betaalbaar vanaf
7 Augustus 2002 tot 1 Junie 2005, dus
33 maande en 19 dae, sou R113
422.36 beloop. Vir die totale termyn sou die tantieme dus R234
899.68 wees.
[10] Dit
het die getuienis namens die eiser afgesluit. Die verweerder het
geen getuies geroep nie. Ek ag dit nie nodig om enigsinds
in te gaan
op die geloofwaardigheid van die getuies. Hulle getuienis was, in
wese, nie aangeval nie en ek aanvaar hulle getuienis.
[11] Een van die
strydvrae in hierdie aksie is, myns insiens, wanneer kontrakbreuk
plaasgevind het. Die antwoord daarop sal dan as
basis dien om te
bepaal of die eiser se eis verjaar het al dan nie. Hierdie saak was
op die rol geplaas vir beregting van die verjaring
spesiale pleit.
Om redes wat nie nou relevant is nie is die saak by ooreenkoms van
die rol verwyder en is die spesiale pleit nie
bereg nie. Die partye
het ooreengekom om met verlof van die hof, welke toegestaan is, die
verjaring verweer as deel van die meriete
te hanteer.
[12] Mnr
De Wet, namens die verweerder, het betoog dat die eiser versuim het
om die wesenlike terme van die ooreenkoms te bewys.
Voorts het hy
aangevoer dat die eiser nie daarin geslaag het om op ân oorwig van
waarskynlikhede te bewys dat hy skade gely het
as gevolg van enige
kontrakbreuk deur die verweerder nie. Hy argumenteer dat die eiser
nie die feite waarop hy in sy pleitstukke
steun, vir repudiasie,
bewys het nie. Hy wys heeltemal tereg daarop dat die eiser gebonde
is aan sy pleitstukke. Hy voer aan dat
die bewering dat die
verweerder sedert einde Januarie 1999 nie verdere tantieme aan die
eiser betaal het nie, duidelik nie repudiasie
op sigself daar stel
nie. In
ANKON
CC v TADCOR PROPERTIES (PTY) LTD
1991 (3) SA 119
(CPD) te 121H tot 122D stel Van Deventer AJ dit as
volg:
â
In the absence of a Lex
commissoria, the repudiation by a party of only some of his
contractual obligations may in certain circumstances
entitle the
innocent party to accept the repudiation as a breach of contract and
to summarily and unilaterally resile from the contract.
These
circumstances must, however, fulfil two requirements:
1. Failure to
perform is not enough. There must be an unequivocal refusal to be
bound by the relevant term or terms of the contract.
Christie The Law of Contract in South
Africa at 500 puts it as follows:
â
In Schlinkman v Van der Walt and
Others
1947 (2) SA 900
(E) at 919 Lewis J said:
â
Repudiation
is in the main a question of the intention of the party alleged to
have repudiated. As was said by Lord Coleridge LCJ
in Freeth v Burr
(1874) LR 9 CP at 214:
â
The
true question is whether the acts or conduct of the party evince an
intention no longer to be bound by the contract,â â â
The learned author refers to other
English decisions and quotes, inter alia, the following passage:
â
To
this I would add only that the onus of proving that the one party has
repudiated the contract is on the other party who asserts
it.â
At
501, Christie, after quoting inter alia Inrybelange (Edms) Bpk v
Pretorius en ân Ander
1996 (2) SA 416
(A) and Van Rooyen V Minister
van Openbare Werke en Gemeenskapsbou
1978 (2) SA 835
(A) says:
ââ¦
the
Appellate Division approved of this passage, together with the short
test enunciated by Williamson J in Street v Dublin
1961 (2) SA 4(W)
at 10:
â
The
test as to whether conduct amounts to such a repudiation (as
justifies cancellation) is whether fairly interpreted it exhibits
a
deliberate and unequivocal in
tention
no longer to be bound.ââ
2. Repudiation is
just another form of breach of contract. Not every breach of
contract entitles the innocent party to rescission.
It is for
instance trite law that non-payment of rent is not per se good cause
for cancellation. The obligation or obligations
repudiated must
therefore constitute a vital or material term of the contract.â
[13] Die
bewering dat die verweerder âdie ooreenkoms repudieer het deurdat
hy die besigheid (te) verkoop het aan ân onbekende
derde party, en
nie sy regte en verpligtinge kragtens die ooreenkoms gesedeer het
nie, en nie die eiser se skriftelike toestemming
daarvoor gehad het
nie.â word ook aangeval. Mnr De Wet is van mening dat die
verweerder nie die skriftelike toestemming van die
eiser nodig gehad
het om die
âbesigheidâ
aan
ân derde te verkoop nie (Mnr De Wet se beklemtoning). Klousule 8.4
van die ooreenkoms bepaal die volgende:
â
Gedurende die
bestaan van hierdie ooreenkoms moet die vergunde nie hierdie
ooreenkoms of die regte of verpligtinge hierkragtens vervreem,
oordra, sedeer of op enige ander wyse oordra sonder die vooraf
skriftelike toestemming van die vergunner nie.â
Hierdie klousule verwys
slegs na regte en verpligtinge en nie na ân âbesigheidâ nie.
[14] Die
doel van pleitstukke is om kennis te gee aan die Hof en ander partye
tot ân aksie wat die feite en basis is waarop daar
gesteun gaan
word. Die Hof sal dan kan bepaal wat die strydvrae in die aksie is.
Hierdie kan slegs gedoen word wanneer elke party
sy saak met
presiesheid stel. Die graad van presiesheid sal afhang van die
omstandighede van elke saak. Die belangrikheid van pleitstukke
moet
ook nie ten onregte opgehemel word nie. Daar moet gekyk word na die
wesenlike bewerings. Ek moenie myself blind staar teen
die
ipsissima
verba
van die pleitstukke nie
BOWMAN
NO v DE SOUZA ROLDAO
1988
(4) SA 326
(TPD) te 331 G - I;
WEEPNER
v KRIEL
1977
(4) SA 212
(KPA) te 217 G - H;
IMPREFED
(PTY) LTD v NATIONAL TRANSPORT COMMISSION
1993 (3) SA 94
(AD) te 107 C tot 108 F.
[15] In
ROBINSON
v RANDFONTEIN ESTATES GM CO LTD
1925 AD 173
te
198
was daar gesê:
â
The object of pleadings is to
define the issues; and the parties will be kept strictly to their
pleas where any departure would cause
prejudice or would prevent full
enquiry. But within those limits the Court has a wide discretion.
For pleadings are made for the
Court, not the Court for pleadings.
And where a party has had every facility to place all the facts
before the trial Court and the
investigation into all the
circumstances has been a thorough and as patient as in this instance,
there is no justification for inference
by an appeallate tribunal,
merely because the pleadings of the opponent has not been as explicit
as it might have been.â
Alhoewel
bogenoemde aanhaling na die benadering van ân hof van appel verwys
is dit na my mening mutatis mutantis van toepassing
by ân hof van
eerste instansie. Dit is ook die benadering wat ek in hierdie saak
gaan volg aangesien daar voldoende feite voor
my geplaas is.
[16] Dit
is duidelik dat die eiser se besonderhede van vordering op ân
onbeholpe wyse opgestel is. Die wesenlike bewering in hierdie
saak
is dat die verweerder die ooreenkoms repudieer het deur nie die
ooreengekome tantieme te betaal nie en die âbesigheidâ aan
ân
derde te verkoop voordat die kontrakstermyn verstryk het. Die
mildelike en onbeheerste dog verkeerde gebruik van die voegwoord
en
in paragraaf 5.3 van die besonderhede van vordering het ruimskoots
tot die lompheid van die pleitstukke bygedra. Alhoewel die eiser
nie
repudiasie op die beste moontlike manier gepleit het nie is ek
tevrede dat dit wel bewese is in terme van paragraaf 5.2 en 5.3
van
die besonderhede van vordering. Daar is in elk geval geen sprake van
benadeling nie want die verweerder het in sy pleitstukke
erken dat hy
sedert Januarie 1999 geen verdere tantieme aan die eiser betaal het
nie en dat hy die besigheid aan ân derde party
verkoop het. Die
verweerder voer aan dat die eiser se eis verjaar het.
[17] Die
verweerder dra natuurlik die onus om beide die begin en die einde van
die verjaringstermyn te bewys â sien
GERICKE
v SACK
1978
(1) SA 821
(A) te 827 H â 828 A;
SANTAM
LTD v ETHWAR
[1998] ZASCA 102
;
1999
(2) SA 244
(SCA) te 256 G. Artikel 12 (1) van die Verjaringswet; No
68 van 1969 (die Wet) lees as volg:
â
Behoudens
die bepalings van subartikels
(2) en (3), begin verjaring loop sodra die skuld opeisbaar isâ
Subartikels
(2) en (3) is nie relevant vir die doeleindes van hierdie saak nie.
Dit is gemene saak dat die verjaringstermyn vir
hierdie skuld drie
jaar is. Die Wet bevat geen definisie van die woord âopeisbaarâ
of sy Engelse ewekine âdueâ nie. Die
begrip moet dus sy gewone
betekens gegee word.
Loubser:
Extinctive Prescription 1996
te
bladsy 51 verwys aan die hand van gesag na die verskillende
betekenisse wat aan die term geheg was.
â
The
prescription Act contains no definition of the term âdueâ and the
term must therefore be given its ordinary and usual meaning,
namely
that of a debt âowing and already payable,â or âimmediately
claimableâ or âimmediately exigible at the well of the
creditorâ
or a debt in respect of which the debtor is under an obligation to
perform immediately. A debt is due, owing or payable
when
the creditor acquires a complete cause of action for its recovery,
that is when the entire set of facts which the creditor must
prove to
succeed with his chain against a debtor is in place: when everything
has happened which would entitle the creditor to institute
action and
to obtain judgment.â
In
BENSON
AND ANOTHER v WALTERS AND OTHERS
1984
(1) SA 73
(A) op 82 A â E is die volgende gesêâ
â
Section
12
(1) of the
Prescription Act 68 of 1969
provides that âprescription
shall commence to run as soon as the debt is dueâ. It is clear
with the date on which a debt becomes
due does not always coincide
with the date on which it arises. In
List
v Jungers
1979 (3) SA 106
(A) at 121, DIEMONT JA
remarked that the difference relates to the coming into existence of
the debt on the one hand and the recoverability thereof on the
other
hand. And in
The
Master v I L Back and Co Ltd and Others
1983 (1) SA 986
(A)
at
1004
the following was said:
â
The
word âdebt is dueâ in the section (i
.e.
s 12
(1)) must be given their ordinary meaning. It seems clear that
this means that there must be a liquidated money obligation presently
claimable by the creditor for which an action could presently be
bought against the debtor. Stated another way, the debt must be
one
in respect of which the debtor is under an obligation to pay
immediately.â
In
parenthesis it may be pointed out that, if it was intended to
formulate a principle of general application, the words âliquidatedâ
and âmoneyâ were clearly used per incuriam, since there is no
doubt that prescription runs in regards to unliquidated claims
for
damages and also claims not sounding in money.â
Sien
ook
DESAI
NO v DESAI AND OTHERS
[1995] ZASCA 113
;
1996
(1) SA 141
(A) te 147 B â D;
DELLOITE
HASKINS AND SELLO CONSULTUS (PTY) LTD v BOWTHORPE HELLERMAN DEUTSCH
(PTY) LTD
[1990] ZASCA 136
;
1991
(1) SA 525
A te 532 H.
[18] In
HMBMP
PROPERTIES (PTY) LTD v KING
1981
(1) SA 906
(N) te 909 D â E het Thirion korrek na my mening tot die
slotsom gekom dat:
â
A
debt can only be said to be claimable immediately if the creditor has
the right to immediately institute an action for its recovery.
In
order to be able to institute action for the recovery of a debt the
creditor must have a complete cause of action in respect
of itâ¦
The Plaintiff must have a complete cause of action at the stage when
summons is issued (
Mohamed
v Nagdee
1952 (1) SA 410
(A) at 418
)
or at any rate when the summons is served.â
Marlene and Trade Insurance Co. Ltd v Reddinger
1966 (2) SA 407
(A);
Santam Insurance Co. Ltd v Vilakazi
1967 (1) SA 246
(A).â
Skuldoorsaak is bedryf as ââ¦the entire set if facts which give
rise to an enforceable claim and includes every fact which is
material to be proved to entitle a plaintiff to succeed in his claim.
It includes all that a plaintiff must set out in his declaration
in
order to disclose a cause of action. Such cause of action does not
âariseâ or âaccrueâ until the occurrence of the last
of such
facts and consequently the last of such facts is sometimes loosely
spoken of as the cause of action.â Per Watermeyer J
in Abrahamse & Sons v SA Railways and Harbours
1933 CPD 626
soos aangehaal in
HMBMP
supra.
[19] Dit
is derhalwe duidelik dat die skuld eers opeisbaar raak wanneer die
skuldeiser ân volkome skuldoorsaak vir die verhaling
van die skuld
het.
[20] Dit is gemene saak
dat die kontrak in hierdie saak eers in Junie 2005 tot ân einde sou
kom. Die verweerder het geen tantieme
sedert Januarie 1999 betaal
nie en hy het die eiendom (gedurende Januarie 1999) aan ân derde
vervreem terwyl die ooreenkoms ân
looptyd van tien jaar gehad het:
tot Junie 2005. Ons het dus te doen met sogenaamde vooruitlopende
repudiasie (anticipatory breach).
[21] Daar is twee
uiteenlopende gedagterigtings met betrekking tot wat die effek van
vooruitlopende repudiasie is. Dit blyk dat daar
by die Hoogste Hof
van Appel ook nie eenstemmigheid hieroor is nie. Dat kontrakbreuk ân
volkome skuldoorsaak is behoef geen betoog
nie. Die problem by
vooruitlopende repudiasie is juis wanneer kontrakbreuk plaasvind.
[22] ân
Bestudering van die gesag toon aan dat repudiasie geskied wanneer een
kontraksparty ondubbelsinnig deur woord, daad of gedrag
te kenne gee
dat hy hom nie aan die afspraak gaan hou nie, daardeur die verwagting
wek dat die doel, wat met die ooreenkoms beoog
is, in ieder geval wat
hom betref nie bewerkstellig gaan word nie. Sien
De
Wet en Van Wyk: Kontrakte en Handelsreg 5de Uitgawe
te
bladsy 168;
CULVERWELL
AND ANOTHER v BROWN
1990
(1) SA 7
(AD) te 14B â D.
In
VAN
ROOYEN v MINISTER VAN OPENBARE WERKE EN GEMEENSKAPSBOU
1978
(2) SA 835
(A) te 845 â 846 A het Rabie AR daarop gewys dat daar
nie ân subjektiewe bedoeling hoef te wees om ân einde aan die
ooreenkoms
te maak nie. Die toets is objektief. Daar moet dus
objektief gekyk word na die woorde of gedrag van die repudieerende
party. In
DATACOLOR
INTERNATIONAL (PTY) (LTD) v INTAMARKET (PTY) (LTD)
[2000] ZASCA 82
;
2001
(2) SA 284
(SCA) te 294 F â G word die toets as volg neergelê:
â
The emphasis is
not on the repudiating partyâs state of mind, on what he
subjectively intended, but on what someone in the position
of the
innocent party would think he intended to do, repudiation is
accordingly not a matter of intention, it is a matter of perception.
The perception is that of a reasonable person placed in the position
of the aggrieved party. The test is whether such a notional
reasonable person would conclude that proper performance (in
accordance with a true interpretation of the agreement) will not be
forthcoming. The inferred intention accordingly serves as the
criterion for determining the nature of the threatened actual breach.
[17] As such a
repudiatory breach may be typified as an intimation by or on behalf
of the repudiating party, by word or conduct and
without lawful
excuse, that all or some if the obligations arising from the
agreement will not be performed according to their true
tenor.
Whether the innocent party will be entitled to resile from the
agreement will ultimately depend on the nature and the degree
of the
impending non-or malperformance.
[18] The conduct from which the
inference of impending non-or malperformance is to be drawn must be
clearcut and unequivocal, i.e.
not equally consistent with any other
feasible hypothesis. Repudiation, it has often been stated, is âa
serious matterâ⦠requiring
anxious consideration and â because
parties must be assumed to be predisposed to respect rather that to
disregard their contractual
commitments not lightly to be presumed.â
[23] Indien
bovermelde toets op die feite van hierdie saak toegepas word is dit
duidelik dat die verweerder gedurende Januarie 1999
duidelik en
ondubbelsinnig te kenne gegee het dat hy nie by die terme van die
ooreenkoms gaan hou nie. Hy het immers die eiendom
verkoop. Die
eiser moes onder hierdie omstandighede â as redelike persoon â
besef het dat daar nie enige verdere prestasie in
terme van die
kontrak, van die werweerder se kant, sal wees nie. Na my mening het
daar vooruitlopende repudiasie in Januarie 1999
plaasgevind.
[24] Die vraag wat nou
ontstaan is wat is die effek van die repudiasie. Soos reeds hierbo
na verwys is daar nie eenstemmingheid nie.
Die een gedagterigting
wil dit hê dat kontrakbreuk plaasvind die oomblik waarop daar
vooruitlopende repudiasie geskied terwyl die
ander skool van mening
is dat vooruitlopende repudiasie geen effek het nie en dat
kontrakbreuk eers plaasvind wanneer die onskuldige
party ân keuse
uitoefen om die repudiasie te aanvaar.
[25] In
CULVERWELL
AND ANOTHER v BROWN
supra
te 28 het Hefer JA die effek van repudiasie as volg beskryf:
â
A
repudiation as was once said, is a âthing writ in waterâ⦠It
merely affords the injured party an election to terminate the
agreement by accepting the repudiation (
Nash
v Golden Dumps (Pty) Ltd
1985 (3) SA 1
A
at
22 D â F
),
and unless and until that happens the repudiatorâs obligation to
perform and the other partyâs right to receive performance
remain
wholly unaffected. The latter is not obliged to decide whether to
accept the repudiation immediately but is allowed a reasonable
period
of time to consider and exercise his election (
Segal
v Massur
1920 CPD 634
at
644,
Potgieter and Another v Van der Merwe
1949 (1) SA 361
(A)
at
372; Mahabeer v Sharma NO and Another
1985 (3) SA 729
(A) at 736 E â
F).â
Sien
ook
HMBMP Properties (PTY) Ltd v King
1981 (1) SA 906
(N)
te
910 B âD.â
[26] Die
benadering dat repudiasie ân aanbod is om ân kontraktuele
verhouding te ontbind en dat daardie verhouding eers by aanvaarding
van die aanbod ontbind, is al by verskeie geleenthede deur die
Hoogste Hof van Appel in oënskou geneem. In
STEWART
WRIGHTSON (PTY) LTD v THORPE
1977
(2) SA 943
(AD te 953 E - H is daar gesê:
â
In
those instances where our old authorities did recognize the
possibility of terminating a bilateral contract for a breach by the
other party, it seems clear that this was considered to flow from the
breach as of right, and not as a result of any application
of a
theory of offer and acceptance. In fact, it would be highly
artificial to consider a breach as an offer to terminate, as in
most
instances termination is the very
last result that the party in breach desires or intendsâ¦It has also
been long recognised in our practice that a party purporting
to
terminate for an invalid reason may later justify the termination on
a different and valid ground existing at the time of the
terminationâ¦
The rule militates against any theory of offer and acceptance. Nor
is support for such a theory, in my view, to
be found in the fact
that it has been said that
â
election seemsâ¦to stand on
exactly the same footing as waiver: it is indeed a form of waiverâ
(
Moyce
v Estate Taylor,
1948 (3) SA 822
(AD) at p.829
).
Whatever resemblance there may be between the two concepts, it is
difficult to see how election could be based on agreementâ¦The
cases
dealing with the giving of notice of an election also doe not appear
to support such a theory.â
[27] In
ATTERIDGEVILLE
TOWN COUNCIL v LIVANOS T/A LIVANOS BROTHERS
1992
(1) 296 (A) is repudisie en die effek daarvan weereens onder die loep
geneem. Smallberger AR stel dit as volg (te 304 A âB):
â
It
is common to speak of the termination of a contract by one partyâs
acceptance of the otherâs repudiation thereof. One needs
however,
to define with greater precision what, juristically, this
encompasses. By repudiation, in the sense in which the word is
used
in the present matter, is meant the evincing of a clear intention by
one party, by his acts or conduct, not to perform his obligations
under a contract acknowledged to be binding
(
Culverwell
and Another v Brown
1990 (1) SA 7
(A) at 14B â E
).
Such
conduct constitutes a breach of contract in anticipado
.â
(my onderstreping)
[28] In
DATACOLOR
INTERNATIONAL
supra
te 287 J â 288 B het Nienaber JA die volgende gesê:
â
Repudiation
has sometimes been said to consist of two parts: the act of
repudiation by the guilty part, envincing a deliberate and
unequivocal intention no longer to be bound by the agreement, and the
act of his adversary, âacceptingâ and thus completing the
breachâ¦
The better view i
s
that repudiation is a breach in itself ⦠that the âintentionâ
does not in truth have to be either deliberate of subjectiveâ¦
but
simply descriptive of conduct heralding non-or malperformance on the
part of the repudiator; and that the so-called âacceptanceâ,
although a convenient catchword, does not âcompleteâ the breach
but is simply the exercise by the aggrieved party of his right
to
terminate the agreement.â
[29] Dit is duidelik uit
die later uitsprake van die Hoogste Hof van Appel dat repudiasie
inderdaad kontrakbreuk daarstel en nie net
ân aanbod tot die
beëindiging van ân kontraktuele verhouding is nie. Dit is ân
verskyningsvorm van kontrakbreuk wat die onskuldige
party ân reg
gee om ân keuse, binne ân redelike tyd, uit te oefen. Die
kontrakbreuk is selfstandig en nie afhanklik van die
keuse van die
onskuldige party nie. Die onskuldige party sal dan by kontrakbreuk
ân volledige skuldoorsaak het.
[30] Die feite van
hierdie saak is ân goeie voorbeeld daarvan. Die verweerder het die
eiendom verkoop as deel van die repudiasie.
Die kontrakbreuk is op
daardie stadium gepleeg. Die eiser het dus op daardie stadium ân
volle skuldoorsaak het. Die verjaringstermyn
het dus gedurende
Januarie 1999 of die laatste op die laaste dag van Januarie 1999
begin loop.
[31] Mnr
Knoetze SC, namens die eiser, het aan die hand van wat in
HMBMP
PROPERTIES
supra
te 912 G - H gesê was, geargumenteer dat die verjaringstermyn eers
begin loop het toe die eiser die kontrak op 12 Augustus 2002
gekanselleer het. In daardie saak het Thirion J tot die volgende
slotsom gekom:
â
In
my view in the case
of
an anticipatory breach the innocent partyâs cause of action, in
respect of damages resulting from the repudiation by the other
party
of an obligation which is to be performed by him at some future date,
only accrues and the âdebtâ of the guilty party only
becomes due
when the innocent party makes his election to treat the contract as
at the end. Consequently I am of the view that prescription
commences at that date.â
[32]
DE
WET EN VAN WYK
supra
te 296
voetnota
234 stem nie saam met Thirion J se gevolgtrekking nie. Daarin word
daar pertinent gesê dat:
â
by repudiëring
voordat gepresteer word, begin verjaring loop op die datum van
repudiëring en nie eers by die onskuldige se terugtrede
nie â die
beslissing in HMBMP â¦, is na my mening verkeerd.â
[33] Dit
is duidelik dat die
HMBMP
-saak
aan die hand van die toe konvensionele uiteensetting van die leerstuk
van repudiasie beslis was. Dit is nie in lyn met die
nuwe beskouing
van die leerstuk van repudiasie nie. (Sien
ATTERIDGEVILLE
TOWN COUNCIL v LIVANOS SUPRA EN DATACOLOR INTERNATIONAL (PTY) LTD v
INTRAMARKET (PTY) LTD
supra
).
In die lig van die hedendaagse benadering sien ek nie my weg oop om
die
HMBMP
beslissing te volg nie. Ek is oortuig daarvan dat, hy vooruitlopende
repudiasie, verjaring begin loop die oomblik waarop die repudiator
â
objektief beoordeel â ondubbelsinnig deur word of daad aandui dat
hy nie gaan hou by die wesenlike kontraksterme nie en daardeur
die
verwagting wek dat die doel van die ooreenkoms, wat hom betref, nie
bewerkstellig gaan word nie. Dit is myns insiens die oomblik
waarop
die onskuldige party ân volkome skuldoorsaak het en die skuld
opeisbaar word. Na my mening het die verjaringstermyn gedurende
Januarie 1999 of die laaste op die laatste dag van Januarie 1999
begin loop. Die eiser se keuse om die ooreenkoms te kanselleer
toon
slegs aan dat hy sy reg, om die kontrak te kanselleer, uitgeoefen
het. Die eis behoort dus van die hand gewys te word aangesien
dit
reeds verjaar het.
[34] Sou
my beskouing van die regsposisie verkeerd wees is dit in elk geval
duidelik dat hierdie eis ook nie op die benadering dat
die
kontrakbreuk eers op 12 Augustus 2002 â die datum van kansellasie â
plaasgevind het kan slaag nie. Op hierdie benadering
moes die eiser
sy keuse binne ân redelike tyd nada thy bewus geword het van die
repudiasie uitgeoefen het. Die versuim deur ân
onskuldige party by
kontrakbreuk om sy keuse binne ân redelike tyd uit te oefen het
sekere gevolge. In hierdie verband is daar
in
MAHABEER
v SHARMA NO AND ANOTHER
1985
(3) SA 729
(AD) te 736 G - H die volgende gesê:
â
Depending
on the circumstances, such a failure may, eg, justify an inference
that the right was waived or, stated differently, that
the party
entitled to cancel has elected not to do soâ¦, or it may open the
door to some other defense. In such cases the lapse
of an
unreasonably long time forms part of the material which is taken into
account
in
order to decide whether the party entitled to cancel should or should
not be permitted to assert his right. But per se it cannot
bring
about the loss of the right.â
[35] Die
eiser het aanvanklik twee redes verskaf vir sy versuim om voor 12
Augustus 2002 sy keuse uit te oefen. Hy sê dat hy enersyds
te besig
was om aandag te gee aan aangeleenthede verwant aan sy besigheid en
die hele mikroleen bedryf en andersyds dat hy gewag
het vir die
beslissing van die Hoogste Hof van Appel â welke op 23 November
2001 gelewer is.
[36] Die rede dat hy te
besig was om aandag te gee aan ander aangeleenthede is nie vir my
aanvaarbaar nie. Sy besigheid het ân
regsafdeling gehad. Sy
prokureur het inderdaad gedurende Januarie 1999 aandag aan hierdie
aangeleentheid gegee en instruksies van
hom bekom. Sy prokureur en sy
streekverteenwoordiger het hom meegegeel dat die eiendom verkoop is
aan ân derde party. Hy het in
Januarie 1999 al geweet wat die ware
toedrag van sake was. Hy kon sy prokureur op daardie stadium opdrag
gegee het om die kontrak
te kanselleer en die verweerder te dagvaar
vir skadevergoedering. Niks het hom verhoed om dit te doen nie. In
die groter skema
van die lewe is die meeste besigheidspersone baie
besig. Dit, volgens my, kan kwalik as rede dien waarom daar nie
aandag gegee kan
word aan ernstige en verdienstelike aangeleenthede
soos kontrakbreuk nie.
[37] Die
saak wat uiteindelik by die Hoogste Hof van Appel gaan draai het â
DE
BEER v KEYSER AND OTHERS
2002
(1) SA 827
SCA â het oor die geldigheid van die
vryevergunningooreenkomste gegaan. Dit was beperk tot vergundes in
Kwa-Zulu Natal. Die verweerder
was nooit deel van daardie groep nie.
Hy het ook nooit deur woord of daad aangedui dat hy die geldigheid
van die kontrak bevraagteken
nie. Die eiser het reeds vroeg in 1999
geweet dat Kadima Cash Wise nie meer bestaan nie. Niks het hom
verhoed om aksie in te stel
terwyl hy gewag het vir die uitspraak van
die Hoogste Hof van Appel. In elk geval is daardie uitspraak op 23
November 2001 gelewer.
Hy het voldoende tyd tussen 23 November
2001en einde Januarie 2002 gehad om die kontrak te kanselleer en te
dagvaar vir skadevergoeding.
[38] Sy getuienis is ook
dat hy en sy regsverteenwoordiger doelbewus besluit het om geen
stappe te neem nie. Hulle het eers in 2003
besluit om stappe te
neem. Hulle het ân berekende risiko geneem. Die periode tussen
Januarie 1999 tot 12 Augustus 2002 is na
my mening ân onredelike
lang tyd. Die redes vir die onredelike lang tyd is ook onaanvaarbaar
in die lig van die getuienis en omstandighede
van hierdie saak. Dit
is vir my duidelik dat, objektief gesproke dit nie onredelik sou wees
van die verweerder om te dink dat die
eiser afstand gedoen het van sy
reg nie. Enige redelike persoon in die posisie van die verweerder
sou ook â in die lig van die
omstandighede â tot sodanige slotsom
gekom het. In my oordeel behoort die verweerder nie toegelaat te
word om sy reg op so ân
laat stadium na so onredelike lang versuim
uit te oefen nie.Die redelike tyd wat aan die onskuldige party gegun
word is om hom in
staat te stel om sy opsies te oorweeg. Wat ân
redelike tyd is sal uiteraard van die omstandighede van elke saak
afhang. In die
omstandighede van hierdie saak â waar die eiendom
reeds verkoop is deur die repudiator â sal ân tydperk van
hoogtens ses maande
uitgeoefen sou die eis in elk geval verjaar het.
Sy doelbewuste versuim druis in teen die beleidsoorweging dat ân
skuldenaar nie
self moet besluit wanneer verjaring teen hom moet
begin loop nie. Om hierdie redes behoort die eis ook van die hand
gewys te word.
[39] Daar is geen redes
waarom die koste nie die sukses moet volg nie.
[40] In die omstandighede
word die volgende bevel gemaak.
Die eiser se eis word
van die hand gewys met koste.
____________
C.J.
MUSI, R
Namens
die eiser: Adv. Barnard Knoetze SC
In
opdrag van:
Horn
& Van Rensburg
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/ms