About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 134
|
|
Van Vuuren v Van der Merwe and Another (1442/2005) [2005] ZAFSHC 134 (29 September 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1442/2005
In
die saak tussen:
JACOBUS
MARAIS VAN VUUREN
Applikant
en
JACOB
STEPHANUS DANIëL VAN DER MERWE
1ste
Respondent
NEDERDUITSE
GEREFORMEERDE KERK,
2de
Respondent
KERKRAAD
VAN ROSENDAL
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
22
September 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
September 2005
_____________________________________________________
1.
Inleiding
[1] Die
applikant en eerste respondent is beide emeriti leraars. Die eerste
respondent woon in Pretoria. Die applikant sê die eerste
respondent
het ân Akte van Demissie ontvang wat aandui dat hy steeds ân
predikant is en dat eerste respondent tans nog diens
verrig as
predikant. Eerste respondent sê hy doen net op geleentheidsbasis
sulke werk. Die tweede respondent is die kerkraad van
Rosendal
Nederduitse Gereformeerde Gemeente.
2.
Regshulp
versoek
[2] Die
applikant vra in die Kennisgewing van Mosie die volgende regshulp:
â
1. Die Rosendal Kerkraad se
bevindings gedateer 9 November 2004, tersyde gestel word;
2. Die
demissie van akte op 26 Oktober 2003 geneem deur die Eerste
Respondent, tersyde gestel word;
3. Dat
die tugondersoeke wat teen die Eerste Respondent aanhangig gemaak
was, afgehandel word;
4. Stuiting
in die diens van die Eerste Respondent totdat alle onafgehandelde
sake afgehandel word;
5. Die
Eerste Respondent te beveel om nie betrokke te raak by die ondersoeke
nie;
6. Stiptelike uitvoering van Artikel
63.8.10 van die Kerkorde, naamlik dat die koste van ân tugondersoek
is die verantwoordelikheid
van die Kerkvergadering, met dien
verstande dat die partye self verantwoordelik is vir die koste van
hul getuies;
7. Buitengewone
Kerkraad Vergadering te beveel binne 14 dae na afhandeling van
bogenoemde aansoek ten einde die bevel uit te voer;
8. Bevel,
indien die Eerste Respondent sy lidmaatskap met die Nederduitse
Gereformeerde Kerk beëindig het, om die tugverhoor te verskuif
na
die bevoegde Burgerlike Hof;
9. Koste
van die geding;
10. Verdere
en/of alternatiewe regshulp;â
[3] Applikant sê hy
versoek nie hersiening nie maar slegs verklarende bevele. Applikant
sê die regshulp wat hy versoek is dat die
tugondersoeke wat teen die
eerste respondent aanhangig gemaak is, afgehandel moet word.
[4] Die eerste bede van
die Kennisgewing van Mosie verwys na die bevindings van die Rosendal
Kerkraad gedateer 9 November 2004. Applikant
vra dat daardie
bevindings tersyde gestel word. Skynbaar bedoel die applikant om te
verwys na die brief op bladsy 220 gedateer 9
November 2004 waarby die
notule van die kerkraadsvergadering van 25 Oktober 2004 aangeheg
word.
[5] Mnr.
Wannenburg wat namens applikant verskyn het, sê hierdie is nie ân
versoek om hersiening nie. Hiervoor steun hy op
VAN
VUUREN v KERKRAAD VAN DIE MôRELIG GEMEENTE VAN DIE NG KERK IN DIE
OVS
1979 (4) SA 548
(O) te 555 H. Uit die hofverslag blyk nie dat daar
in daardie saak ân soortgelyke bede was as bede 1 in hierdie saak
nie. Daar
was slegs verklarende bevele aangevra. In die huidige
aansoek word nêrens in die Kennisgewing van Mosie uitdruklik ân
verklarende
bevel aangevra nie.
[6] Dit is moeilik om te
begryp hoe ân hof ân besluit kan tersyde stel sonder om dit te
hersien. Ek sal egter in die guns van
die applikant aanvaar dat hy
in wese ân verklarende bevel soek dat â
die
Akte van Demissie van 26 Oktober 2003 tersyde gestel word; en
die
tugondersoeke wat teen eerste respondent aanhangig gemaak is,
afgehandel word.
[7] Ek
aanvaar dat die versoek om ân verklarende bevel soortgelyk is as
die versoek in die
VAN
VUUREN
-saak
hierbo vervat in bevel nr. 4 op 562 F, dat respondent gelas word om
met die klagtes te handel ooreenkomstig die voorskrifte
van die
kerkorde.
[8] In die onderhawige
saak is die wese van die regshulp, soos ook aanvaar deur Mnr.
Wannenburg, dat die tweede respondent gelas moet
word om die
tugondersoeke wat die applikant teen die eerste respondent aanhangig
gemaak het, af te handel (bede 3 van die Kennisgewing
van Mosie). Al
die ander regshulp wat gevra word, hang saam met hierdie versoek.
[9] Die Akte van Demissie
staan moontlik op ân ander grondslag. Mnr. de Bruin sê dat geen
gronde in die applikant se saak voorkom
waarop die Akte van Demissie
tersyde gestel kan word soos versoek in die Kennnisgewing van Mosie
nie. Die hof word nie gevra om
die besluit waarkragtens dit verleen
is op een of meer van die erkende gemeenregtelike gronde te hersien
en tersyde te stel nie.
Geen verduideliking word gegee waarom daar
so lank gewag is na die verlening van die Akte van Demissie totdat
regshulp daaroor gevra
is nie.
[10] Die applikant se
saak is skynbaar dat die eerste respondent nie kan voortgaan om ân
onaangetaste predikant te wees voordat
die tugondersoek afgehandel is
nie. Verder sê die eerste respondent dat hy as gevolg van ân
administratiewe fout ân verkeerde
Akte van Demissie gekry het. Die
eerste respondent sê dat hy tans geen diens verrig as predikant,
behalwe miskien op ân geleentheidsbasis.
Hy is ge-emeriteer en is
slegs ân belydende lidmaat van die NG kerk Sesmylspruit te
Pretoria.
[11] Die
vraag is of die kerkraad weens ân wanvertolking van die kerkorde
buite die grense van sy bevoegdheid en sodoende regtens
onreëlmatig,
opgetree het â
DU
PREEZ EN ANDERE v NEDERDUITSE GEREFORMEERDE GEMEENTE, DE DEUR
1994 (2) SA 191
(W) te 195 E â F.
[12] Die
N G Kerk is ân vrywillige vereniging â
THERON
EN ANDERE v RING VAN WELLINGTON VAN DIE NG SENDINGKERK IN SUID-AFRIKA
EN ANDERE
1976 (2) SA 1
(A) te 25 F â G.
[13] Die
kerkorde word uit ân regspunt wesenlik as die ooreengekome grondwet
tussen die partye beskou â
DU
PREEZ
(hierbo) te 194 G â H.
[14] Wanneer
die gekose bewoording van die kerkorde mank gaan aan terkortkominge
soos wesenlike vaagheid, onduidelikheid, kan toeligting
buite die
bewoording van die kontrak gesoek word. So sou op die
agtergrondsomstandighede gelet kan word â
DU
PREEZ
(hierbo) op 196 F â H.
Die
geskilpunt
[15] In
paragraaf 77 van die Funderende Eedsverklaring sê die applikant dat
daar op geen stadium enige tugondersoeke gehou was teen
die eerste
respondent ten einde die klagtes te besleg nie.
[16] Die
tweede respondent sê hy het, soos hy geregtig was om te doen, ân
kommissie aangestel om die klagtes te ondersoek. Dit
was die
dagbestuur van die tweede respondent.
[17] Die vraag wat dus
beslis moet word, is of die tweede respondent geregtig was om
sodanige kommissie aan te stel en daarvolgens
te handel en of soos
wat die applikant sê ân tugondersoek gehou moet word.
Die klagtes
[18] Mnr.
Wannenburg sê dat die klagtes wat tweede respondent moet ondersoek,
die klagtes is soos vervat in bylaes JMV30, 31 en 32
vanaf bladsye
128 tot 273.
[19] In die Funderende
Eedsverklaring verwys paragrawe 50 â 68 na die oortredings van die
eerste respondent. Die datums wat vermeld
word, strek vanaf 29 April
1975 (paragraaf 50) tot 12 Februarie 1981 (paragraaf 66). Paragraaf
67 verwys na die klagstaat aangeheg
by die applikant se brief van 17
November 2000. Paragraaf 68 verwys na insidente vanaf 13 Februarie
2001 tot 11 Februarie 2003.
[20] Mnr. de Bruin sê
die klagstaat wat aangeheg is by die applikant se brief van 17
November 2000 was die klagstaat wat voor die
tweede respondent gedien
het. Dit is ook die onderwerp van bede 1 van die Kennisgewing van
Mosie. Die besluit van die tweede respondent
wat applikant tersyde
wou stel, is die van 25 Oktober 2004 waarna verwys word in die brief
van 9 November 2004.
[21] In
die Kennisgewing van Mosie verwys die applikant slegs na
âtugondersoekeâ.
[22] Die klagtes teen
eerste respondent verskyn in ân klagstaat wat onder dekking van ân
brief van 17 November 2000 aan hom gestuur
is. Die opskrif van die
klagstaat lees:
â
Klagstaat teen Ds. J.S.D. van der
Merwe en sy aanhangers se leer en lewe te Bethlehem tydens 1967 en
veral vanaf Augustus 1971 tot
en met 1978.â
(Bladsy 114; Bylae JMV25)
Die klagstaat beslaan ses
enkelgespasieerde getikte bladsye.
[23] Dit is miskien
dienlik om hier ân kronologie rondom die klagtes uiteen te sit.
Kronologie
Bladsy
Datum
Dokument/Gebeurtenis
248 17
Nov. 2000 Klagstaat
121 13
Feb 2001 Tweede respondent tree nie op
nie
(paragraaf 9.4)
231 27
Mrt. 2001 Brief tweede respondent aan
applikant:
verwys na Heilbron
Ring se uitspraak
van 21 Feb
1983.
Weier om klagtes te
oorweeg
274 20
Jan. 2003 Applikant sê aan tweede
respondent dat hy
gaan
appelleer
275 21 Jan.
2003 Appèlgronde gestuur aan Ring
van
Lindley
359 9 Jun. 2003 Ring sê
dat hy nie die saak
gaan
aanhoor nie
221 25
Okt. 2004 Dagbestuur â notule
229 25
Okt. 2004 Verslag van dagbestuur
224 25
Okt. 2004 Kerkraad â Notule item 49.1
220 9
Nov. 2004 Kerk se brief wat notules
aanheg
Die
hantering van ân klag
[24] Artikel
63.3 van die kerkorde handel met die aanvanklike hantering van ân
klag, gerug of verslag. Mnr. Wannenburg sê met
verwysing na artikel
63.3.1.5 dat die klag nie sonder toestemming van die betrokke
kerkvergadering of sy kommissie teruggetrek kan
word nie. Mnr.
Wannenburg sê daar is twee maniere om met ân klag te handel:
deur getuienis aan te
hoor; of
as die klag teruggetrek
word.
[25] Artikel 63.3.1 en
63.3.1.2 bepaal soos volg:
â
63.3.1 By ontvangs van ân klag,
gerug of verslag en vÏÏrdat besluit word om dit amptelik in
behandeling te neem:
63.3.2.1 ...........
Stel die
kerkvergadering of sy gevolmagtigde kommissie eers vas of die
klag, gerug of verslag tot ân amptelike ondersoek
van beweerde
tugwaardige sonde sou kon lei;â
[26] Die
eerste stap is dus dat die kerkraad of sy gevolmagtigde kommissie
moet vasstel of daar ân basis is vir ân tugondersoek.
Die redes waarom
tweede respondent nie die klag hanteer het nie
[27] Die
dagbestuur se redes waarom nie met die tugverhoor voortgegaan moet
word nie, is die volgende:
(a) dat die klagtes
reeds verjaar het;
(b) dat die eerste
respondent ân regsgeldige verweer het, naamlik vorige vryspraak
deur die Ring van Heilbron;
(c) dat die tweede
respondent nie jurisdiksie het om die saak aan te hoor nie (bladsy
221).
[28] Hierdie
punte word in meer besonderhede bespreek in die dagbestuur se verslag
(bladsy 229). Paragraaf 3 van daardie verslag
lees soos volg (bladsy
230):
â
3. Ds van der
Merwe is op 25 Julie 1999 op aanbeveling van die Kerkkantoor in
Bloemfontein beroep na die NG Gemeente Rosendal. ân
Dienskontrak
is met hom aangegaan vir ân vasgestelde termyn wat jaarliks hersien
is. Die Kerkraad is skriftelik kennis gegee deur
Van der Merwe dat
hy nie sy kontrak vir nog ân jaar verleng nie en dat hy die
gemeente aan die einde van Oktober 2003 gaan verlaat.
Daar was
wilsooreenstemming tussen die partye en het die Dienskontrak verval
na aanvaarding van Ds van der Merwe se bedankingsbrief.
Al wat
oorgebly het was om aan die betrokkene ân Akte van Demissie te gee.
Dit is juis waaroor Marais van Vuuren se klagte gaan.
Ons insiens moet die Kerkraad bloot
beoordeel hoe die Bedienaar van die Woord se leer en lewe was tydens
sy bediening in Rosendal.
Ons kan onomwonde verklaar dat Ds Jacob
van der Merwe se leer en lewe as Bedienaar van die Woord onkreukbaar
was en dat daar geen
rede ooit was om sy werk vir die Koninkryk te
bevraagteken nie. Hy was ân eerlike, opregte Bedienaar van die
Woord wie respek
by sy gemeente afgedwing het. Marais van Vuuren se
versoek om ân Akte van Demissie terug te hou moet dus volgens u
kommissie van
die hand gewys word.â
[29] Vervolgens
bespreek ek die meriete van elk van die dagbestuur se gronde.
6.1
Verjaring
[30] By
die verjaringsaspek verwys die dagbestuur na die Strafproseswet 51
van 1977. Daardie Wet geld vir misdade. Kyk mens egter
na die
onderliggende doel van uitwissende verjaring, blyk dat die doel is om
regsekerheid te skep en die skuldenaar te beskerm.
Met die verloop
van tyd behoort die skuldenaar met vertroue te kan aanvaar dat die
lei skoongevee is. Sien Loubser,
Extinctive
Prescription
bladsy 23.
[31] Die Grondwet gee aan
elkeen die reg tot billike administratiewe optrede in GW 33(1). Dit
sou onbillik wees om ân persoon aan
ân tugverhoor te onderwerp
oor klagtes wat 20 â 30 jaar oud is.
6.2
Vorige
vryspraak
[32] Uit
die vorige vryspraakpunt is dit duidelik dat die tweede respondent
inaggeneem het dat soortgelyke klagtes deur applikant
gebring is en
reeds in 1983 deur die Ring te Heilbron ongegrond bevind is. Dit
word uiteengesit in die brief vanaf die dagbestuur
aan die applikant
gedateer 27 Maart 2001 wat op bladsy 231 verskyn:
âDie
Skriba
N G Kerkraad
Posbus
29
ROSENDAL
9720
27
Maart 2001
Ds.
J.J. Marais van Vuuren
Posbus 48064
ROOSEVELT PARK
2129
Geagte
Dominee
KLAGSKRIF:
USELF / DS J.S.D. VAN DER MERWE
Na aanleiding van u jongste skrywe,
gedateer 26 Februarie 2001, het die Kerkraad ân uittreksel van die
uitspraak van die Ring van
Heilbron op 21 Februarie 1983 e.v.d.
bekom, welke ondersoek gegaan het oor min of meer dieselfde klagtes
teen kollegas van ds van
der Merwe in die Ring van Bethlehem na
aanleiding van u ontslag met die gemeente Bethlehem Môrelig.
Volgens genoemde uitspraak het die
Ring:
â
alle Aangeklaagdes van alle blaam
vrygespreek.â
â
onder
die indruk gekom van ân diepe gevoel van verontregting en
vervolging in die gemoed van die Klaer (dit wil sê u) wat na
verloop van jare hom steeds gelei het in ân optrede wat ongelukkig
spreek van agterdog en selfs vergelding...â
bevind dat ten onregte beweringe
gemaak word van âvalse lasterstukke en onwettige optredesâ.
met leedwese betuig dat die Ring uit
die getuienis moet bevind u nie te alle tye ân betroubare
getuienis gelewer en verklarings
gedoen het nie; en dit as sy oorwoë
mening uitspreek dat u beslis apologie verskuldig is teenoor elkeen
van die aangeklaagdes.
Besluit dat u die volle bedrag van
die kostes, nl. R3 688,73 moet betaal.
Die Kerkraad verneem dus graag of u
teen bogenoemde uitspraak van die Ring van Heilbron appèl aangeteken
het, al dan nie. Indien
wel, wat die uitslag was en indien nie,
waarom nie. Verder verneem die Kerkraad of u die kostes betaal het?
Dit blyk verder ook dat u in 1977
reeds sonder sukses beswaar gemaak het teen ds van der Merwe se
beroep na Port Elizabeth De Duin.
Die Kerkraad van die N G Kerk
Rosendal kan dus nie insien op sterkte waarvan u dit nou weer
aanhangig kan maak nie.
Ten slotte wil ons u daarop wys dat u
nie op hoorsê of namens ander klagtes aanhangig kan maak nie.
Die uwe
_____________________________
VOORSITTER VAN DAGBESTUURâ
[33] Hierdie
vorige verhoor het ook ân rol gespeel by die besluit van die Ring
van Lindley op 21 Januarie 2003 dat hy nie applikant
se appèl wou
toestaan nie:
â
2. Dit blyk dat u saak reeds deur
ân ander ring ondersoek is, in opdrag van die hof. U moet
asseblief vir my die verbatum verslag
van daardie ondersoek verskaf,
asook ân bewys van die betaling van die onkostes verbonde aan
daardie ondersoek. Voordat ons ring
ân klagte deur u sal ondersoek
wil ons die versekering hê dat u gehoor sal gee aan die eis van die
kerkorde dat die klaer moet
instaan vir enige onkoste verbonde aan so
ân ondersoek. Weens die geografiese opbou van ons ring sal daar
verseker groot onkostes
aan so ân ondersoek verbonde wees.â
[34] Weereens,
selfs al is die klagtes nie absoluut identities nie, sou dit onbillik
wees ingevolge die Grondwet om eerste respondent
aan ân
tugondersoek bloot te stel ten opsigte van bewerings wat reeds
ondersoek en ongegrond bevind is. Dit sou ook strydig wees
met die
beginsel van natuurlike geregtigheid. Dit is een van die gronde wat
howe in ag neem by die oorweging van besluite van beheerliggame
soos
die kerk. Vergelyk
CONSTANTINIDES
v JOCKEY CLUB OF SOUTH AFRICA
1954 (3) SA 35
(K) op 44 E â F.
6.3
Jurisdiksie
[35] Applikant
sê die tweede respondent het wel jurisdiksie omdat in die tyd wat
die klagtes aanhangig gemaak is, was die eerste
respondent leraar by
tweede respondent.
[36] Die eerste
respondent woon sedert 26 Oktober 2001 in Pretoria. Hy is nie in
die Ring van Lindley nie en ook nie in die Vrystaatse
Sinode nie. Hy
ressorteer dus nie onder die gemeente of die betrokke ring waar die
beweerde misdraginge plaasgevind het nie. Mnr.
de Bruin sê die hof
sal nie die tweede respondent beveel om ân tugondersoek te hou ten
opsigte waarvan hulle nie die nodige regsbevoegdheid
het nie.
[37] Wat die
jurisdiksiepunt betref, het die tweede respondent, myns insiens, ook
gelyk. Die klagstaat maak dit duidelik dat dit
betrekking het op die
leer en lewe van die eerste respondent te Bethlehem. Eerste
respondent woon sedert 26 Oktober 2003 te Pretoria.
Hy is nie in die
Lindey Ring nie en ook nie in die Vrystaatse Sinode nie. Applikant
se advokaat se punt dat die klagtes ingedien
is op ân datum wat hy
daar was, help hom nie want selfs op daardie stadium sou die tweede
respondent nie jurisdiksie gehad het
oor wat jare gelede elders
gebeur het nie. Spesifiek verwys die klagstaat na die eerste
respondent se leer en lewe daardie tyd te
Bethlehem.
[38] Daar
is nie ân pertinenete bewering dat daardie gedrag - van 20 â 30
jaar gelede â tans voortduur nie.
7.
Moet
ân tugverhoor in alle gevalle waar ân klagte gelê word, gehou
word?
[39] Die
tweede respondent sou hom aan skadevergoedingsaksies blootstel as hy
goedsmoeds tugverhore instel in alle gevalle waar klagtes
gelê word.
Sekerlik het hy die plig om te besluit of daar ân saak is.
Artikel 63.3.1.2 (hierbo aangehaal) maak dit duidelik
dat in so ân
geval daar eers ân ondersoek moet wees. Eers word ân ondersoek
ingestel en dan word ân aksie ingestel. Daar
is ook ân
appèlprosedure wat applikant gebruik het na die ring. Ook die ring
kon geen saak vind om teen die eerste respondent
in te stel nie.
[40] Die applikant se
verbandhoudende klagte teen eerste respondent is dat eerste
respondent die tweede respondent beïnvloed het
om nie met die klagte
voort te gaan nie. In hierdie verband bepaal artikel 63.3.1.1:
â
Word die kerkvergadering of die
gevolmagtigde kommissie gesuiwer van die persone oor wie die klag,
gerug of verslag gaan asook van
die klaer of aanbringer van die gerug
of verslag;â
[41] Uit
die brief vanaf die ring gedateer 9 Junie 2003 (bladsy 359) is dit
duidelik dat die ring volledig op hoogte was van applikant
se
klagtes. Die ring het die klagtes oorweeg wat applikant gestuur het.
Die feit dat die kerkraad moontlik nie âgesuiwerâ was
toe
besluit is om nie met die klag voort te gaan, was nie ân faktor wat
die ring sou beïnvloed om anders te besluit nie â die
ring het na
die klagtes gekyk. Wat betref die besluit van die dagbestuur en die
kerkraad van 25 Oktober 2003, wat die applikant
wil laat ter syde
stel ingevolge bede 1 van die Kennisgewing van Mosie, daar was eerste
respondent glad nie betrokke nie â hy was
al weg na Pretoria. Die
voorsitter van die tweede respondent se kerkraad was toe Ds. Cronje
(bladsy 223).
[42] Die tweede
respondent het korrek opgetree deur by wyse van sy gevolmagtigde
kommissie ingevolge artikel 63.3.1.2 van die kerkorde
vas te stel of
die klag tot ân amptelike ondersoek van beweerde tugwaardige sonde
sou kon lei. Daardie kommissie het bevind dat
daar geen basis vir ân
tugverhoor was nie en die kerkraad het dit korrek bekragtig.
Die klagstaat
[43] Billike
administratiewe optrede vereis ân behoorlike akte van beskuldiging
met duidelike opgawe van die aard, plek en die datum
van die beweerde
oortreding. Artikel 63.4.4 van die kerkorde bepaal in hierdie
verband:
â
63.4.4 ân Geformuleerde klag wat
ondersoek word moet skriftelik die aard, plek en tyd van die beweerde
sonde vermeld.â
Vergelyk
ook
DE
VOS v DIE RINGSKOMMISSIE VAN DIE RING VAN DIE NG KERK, BLOEMFONTEIN,
AND ANOTHER
1952 (2) SA 83
(O) op 95 F â G waar die hof sê:
â
Die aanklag moet
as 'n behoorlike akte van beskuldiging opgestel word met duidelike
opgawe van die aard, die plek en die datum van
die beweerde
oortreding.â
[44] Die
klagstaat waarop die applikant ân tugverhoor wil laat hou, is
allesbehalwe duidelik. Dit beslaan vyf enkelgespasieerde
getikte
bladsye.
[45] Enkele uittreksels
uit die klagstaat lees soos volg: (Bladsye 114 â 117)
â
2. Hy
en sy ondersteuners het te alle tye opgetree as of God nooit sal
optree nie en
[Jak. 2]: 12 geheel en al spottend geignoreer:
Praat
en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat
vry maak.
3. Hy
en sy valse kerk was die skrywers van lasterlike sg. klagstate waarna
hulle wrede satansregters en -laksmanne was. Deur die
optredes
namens Satan het Jak. 4: 11 â 12 in die slag gebly,
nl. Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer
kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en
veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer
volgens die wet nie maar speel jy regter daaroor. Daar is egter
maar
een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te
verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou
naaste?
4. Hy
en die mederegters het bewys, met hulle optredes en uitlatings, dat
hulle minder vrees vir God Drie Enige het as Satan, hulle
hoof. Jak.
2: 18 â 20
Maar
iemand kan miskien sê: âDie een het die geloof en die ander het
die dade. âGoed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade
is, en
ek sal jou my geloof wys uit my dade. Glo jy dat daar net een God
is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook en hulle sidder
van angs.
Jou dwaas, wil jy ân bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?
5. Uit
bostaande is hy geen vriend van Jesus Christus nie. Joh. 15: 14 â
15
Julle
is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie
meer ondergeskiktes nie, want ân ondergeskikte weet nie
wat sy baas
doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my
Vader gehoor het aan julle bekend gemaak het.
8. Hy
en sy ondersteuners het Jesus Christus se huis ân rowersnes gemaak:
Matt. 21: 13 en Mark. 11: 17
en
vir hulle gesê: âDaar staan geskrywe: âMy huis sal ân huis van
gebed wees.â Maar julle maak dit ân rowersnes.â Toe
het Hy die
mense geleer en vir hulle gesê: âStaan daar nie geskrywe: My
huis sal ân huis van gebed vir al die nasies wees
nie? Maar julle
het dit ân rowersnes gemaak.â
11.1 Omdat hy betrokke was met die
goddelose minagting van Christus se tugprosedure, is hy skuldig aan
die ignorering en minagting
van God se gesag, soos gevestig in die
Gemeente en Kerkraad van Jesus Christus te Bethlehem Môrelig. 1
Tim. 3: 1 â 13. Die instelling
van ouderlinge en diakens. Hiermee
het hulle vir hulleself ân goddelose, onwettige en vernietigende
gesag en mag opgeeis en toegepas
teen God se kinders, los van God se
Woord, of die Belydenisskrifte en die kerkorde.
11.2 Later
het hy en sy aanhangers talle kerkrade mislei om Christus se
tugopdrag te verwerp, om hulleself te laat geld en te beskerm,
soos
hulle te alle tye met klagtes gedoen het, wat hulle dade sou openbaar
het. Hiermee het nie net God se woord die belydenisskrifte,
die
kerkorde, maar ook die Hooggeregshof saak 260/1978 se verdoemende
uitspraak, teen hulle goddelose sensuurbedrog, in die slag
gebly.â
[46] Die frustrasies met
die applikant se onduidelike klagtes blyk uit die Ring van Lindley se
brief gedateer 9 Julie 2003 op bladsy
359:
â
Die ring van Lindley het besluit om
nie gehoor te gee aan u eise nie, aangesien u nie ân duidelik,
ondubbelsinnig geformuleerde
klag teen ân besluit van ân kerkraad
in die ringsresort gemaak het nie. U lang, omslagtige briewe maak
dit bykans onmoontlik
om te verstaan wat u klag presies is.
.....................
Neem
dan asselbief van die volgende kennis:
1. U moet ân kort, duidelike klag
rakende ân besluit van ân kerkraad in die ringsresort inhandig.
Ook moet u nie probeer om
sake uit ander ringsresorte by te sleep nie
â die ring het net die mag om ondersoek te doen rondom relevante,
tydige klagtes in
ons eie resort. Die hele aangeleentheid rondom die
gebeure in Bethlehem val dus buite die opdrag en taak van die ring
van Lindley.â
Feitegeskil
[47] Die
feitegeskil in hierdie aangeleentheid gaan hoofsaaklik oor wat gebeur
het by die Ring van Heilbron in 1983 (soos blyk uit
die brief wat op
bladsy 231 verskyn).
[48] Lees mens die brief
van 27 Maart 2001 (bladsy 231) versigtig, blyk dat die huidige
applikant die klaer was teen kollegas van
die eerste respondent (nie
die eerste respondent nie). Die ondersoek van die ring in 1983 het
dus nie gegaan oor klagtes teen eerste
respondent nie. Die brief van
27 Maart 2001 maak dit egter duidelik dat daar ân ondersoek na
kollegas van eerste respondent was
âoor min of meer dieselfde
klagtesâ (bladsy 231).
[49] Die besluit van die
Ring van Heilbron in 1983 was nie ân vorige vryspraak van die
eerste respondent nie; dit was wel ân vryspraak
in ân geval waar
min of meer dieselfde klagtes gedien het, welke klagtes ongegrond
bevind is. Dit lyk asof die ring se probleem
eerder met die aard en
gefundeerdheid van die klagtes was, as met die feit of die
aangeklaagdes die gedrag gepleeg het. Dit is opvallend
dat die
applikant nie sy reaksie op die vrae in die brief van 27 Januarie
2001 aanheg of daarna verwys nie.
[50] Daar is geen basis
om enige aspek van hierdie saak na getuienis te verwys nie.
Die bedes
[51] Daar
is geen basis vir die toestaan van enige van die bedes nie. Ek het
reeds gehandel met bedes 1 en 3 wat oor ân tugondersoek
gaan. Daar
is geen basis uitgemaak waarom die besluit van die dagbestuur om nie
voort te gaan met die saak van die tweede respondent
verkeerd was
nie. As daar nie ân basis is vir ân tugverhoor, is daar ook geen
basis waarom die Akte van Demissie tersyde gestel
moet word nie
(bede 2).
[52] Bede
4 is onduidelik. Die eerste respondent is ân emeritis leraar wat
reeds vir ân geruime tyd in Pretoria woon. Die vraag
ontstaan wat
mag hy nie doen nie? As daar geen tugverhoor is, val enige moontlike
basis vir hierdie bede weg.
[53] Daar is geen basis
vir hierdie smeekbede nie, want daar is geen ondersoek hangende nie.
[54] Dieselfde geld vir
bede 6 wat stiptelike nakoming van die kerkorde vra. Dit is nie die
hof se plek om sodanige bevel op hierdie
stadium te maak nie.
[55] Bede
7 wat vra dat ân buitengewone kerkraadsvergadering gehou word, is
afhanklik van die ander regshulp en dit kan nie op sigself
staan nie.
[56] Bede 8 versoek dat
hierdie hof moet gelas dat ân ander burgerlike hof ân tugverhoor
moet oorneem. Daar is geen basis voor,
geen gronde vir die toestaan
daarvoor in die stukke of argument gegee nie.
11.
Koste
[57] Respondente
vra dat applikant se aansoek met ân spesiale kostebevel bestraf
word, omdat dit ân misbruik van die regsproses
daarstel. Mnr.
Wannenburg sê die applikant beskou dit as sy plig om hierdie aansoek
te bring uit hoofde van sy aanstelling as predikant.
[58] Daar is geen meriete
in hierdie aansoek nie. Die lywige stukke verbloem die regspunte.
Die Kennisgewing van Mosie is verwarrend.
Dit grens aan ân
misbruik van die regsproses. Ek meen egter in die omstandighede nie
dat ân spesiale kostebevel aangewese is
nie.
12.
Bevel
[59] Die
aansoek word met koste afgewys.
__________
KRUGER
Namens
die applikant: Adv. W. Wannenburg
In
opdrag van:
Israel
Sackstein Matsepe Ing
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. J.P. de Bruin
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp