Van den Heerven v Boland Bank (A306/2004) [2005] ZAFSHC 106 (29 September 2005)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Execution — Sale in execution — Vrywaring teen uitwinning — Appellante vorder betaling van R42 603,39 van respondent gebaseer op versuim om appellante as koper teen uitwinning te vrywaar — Appellante kon nie bewys dat respondent as verkoper in die oorspronklike koopkontrak opgetree het nie — Appellante se eis van vrywaring teen uitwinning afgekeur op grond van gebrek aan bewys van kontrakspartydskap — Appel teen landdros se bevinding dat die eis van die hand gewys is, verwerp.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 106
|

|

Van den Heerven v Boland Bank (A306/2004) [2005] ZAFSHC 106 (29 September 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A306/2004
In
die appèl van:
ANNA
MAGRIETHA VAN DEN HEEVER
Appellante
en
BOLAND
BANK
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
29
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
SEPTEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] In
haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof
a
quo
)
van respondent (verweerder in die hof
a
quo
)
“(a) Betaling
van die bedrag van R42 603,39
Koste van geding
Verdere en/of alternatiewe regshulp.”
Dié
vordering word gebaseer, so word in die dagvaarding beweer, op
respondent se versuim om appellante as koper teen uitwinning te
vrywaar, met as alternatief nakoming van respondent se verpligting
ingevolge ‘n ooreenkoms aangegaan op 25 Oktober 1996.
Tydens
die verhoor was die landdros versoek om die geskilpunte ten aansien
van die meriete en die vasstelling van die
quantum
van die vordering afsonderlik te beslis. Dit was aldus gelas.
Die
landdros se bevinding op 19 April 2004 ten aansien van die geskille
wat hy moes bereg, was kort en kragtig:
“Eiseres
se eis word van die hand gewys met koste.”
Die
landdros het weliswaar later redes vir sy gevolgtrekking soos bedoel
in Landdroshofreël 51(1) met aanvullende redes soos bedoel
in
Landdroshofreël 51(8) verskaf.
[2] Dit is teen voormelde
bevel wat appellante nou wens te appelleer. Om dit te kan doen, moet
appellante egter kondonasie kry vir
verskeie versuime.
[3] In die eerste aansoek
om kondonasie, aansoek nr. C115/05, beteken op 3 Augustus 2005 vra
appellante kondonasie vir
“(a) Die
laat voortsetting van die appèl, en
Die laat indiening van die rekord.”
In die
steunende verklaring vir laasgenoemde aansoek om kondonasie
verduidelik appellante se plaaslike prokureur dat
“
(d)ie appèl kon nie binne die
voorgeskrewe tydperk voortgesit word nie, aangesien die
transkribering van die getuienis sowel as die
voorbereiding van die
rekord meer tyd in beslag geneem het as wat toegelaat word en
gevolglik kon die rekord eers op 23 September
2004 ingedien word en
kon die appèl eers op daardie datum behoorlik voortgesit word.”
Met
voortsetting van appèl is die eerste stap ‘n aansoek aan die
Griffier, met kennisgewing aan alle partye, om ‘n verhoordatum
(Hooggeregshofreël 50(4)(a)).
Ingevolge
Hooggeregshofreël 50(7) moet afskrifte van die oorkonde egter
gelyktydig met die aansoek om ‘n verhoordatum ingedien
word. In
die onderhawige geval was dit gewoon vir appellante, soos ook deur
die plaaslike prokureur verduidelik, ‘n saak van onmoontlikheid.
Dit is dan ook te
verstane, dat respondent geen beswaar teen dié aansoek opper nie.
Die
versuim om betyds die rekord in te dien en die appèl voort te sit,
word om voormelde rede kondoneer.
[5] Appellante
het ook versuim om sekuriteit van R1 000,00 soos bedoel in Reël
51(4) van die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van 1944,
te verskaf.
Appellante se aansoek om
kondonasie, aansoek nr. C130/2005, vir voormelde versuim wat beteken
was op 18 Augustus 2005, word deur
respondent opponeer.
[6] Dit word aanvaar dat
appellante se prokureurs redes vir die landdros se uitspraak aangevra
het, want sulke redes, soos bedoel
in Landdroshofreël 51(1) was
verskaf op 20 April 2004.
Appèl ingevolge
Landdroshofreël 51(3), en daarmee gepaardgaande sekuriteit van R1
000,00 ingevolge Landdroshofreël 51(4) moes
dus binne 20 dae na 20
April 2004 deur appellante aangeteken en afgelewer word.
Appellante
se kennisgewing van appèl was beteken op 18 Mei 2004, maar die
vereiste sekuriteit van R1 000,00 soos bedoel in Landdroshofreël
51(4) was nie verskaf nie.
In
die steunende verklaring tot die aansoek om kondonasie verduidelik
appellante se plattelandse prokureur die versuim om sekuriteit
te
stel as volg:
“
4
.......... Ek het egter nagelaat om gelyktydig met die indiening van
die die kennisgewing van appèl soos voornoemd sekerheid te
stel soos
bedoel in Reël 51(4) van die
Reëls
op Landdroshowe, aangesien ek op daardie stadium (18 Mei 2004) onder
die indruk was dat dit nie meer nodig is vir appellante
om sekuriteit
te stel nie en was ek ook verkeerdelik onder die indruk dat die
bepaling ongrondwetlik sou wees.
(My
invoeging.)
”
Dit is
nie duidelik wat appellante se prokureur onder dié indruk gebring
het dat die verskaffing van sekuriteit nie langer vereis
word nie;
die reël is immers duidelik.
Wat erger verontrustend
is, is die feit dat appellante se plattelandse prokureur nadat hy in
Februarie 2005 bewus geword het van sy
versuim hy tot so laat as 18
Augustus 2005 gewag het om kondonasie vir die versuim aan te vra. Op
gemelde datum was die appèl reeds
ter rolle geplaas en het
respondent se advokaat in sy betoogshoofde, beteken op 12 Augustus
2005, na die versuim verwys.
Vir
gemelde versuim is daar geen verduideliking nie. Appellante se
plattelandse prokureur se versuim kan egter nie appellante toegereken
word nie, en behoort die versuim om gemelde rede alleen kondoneer te
word.
[7] Appellante
steun in haar dagvaarding, so wil dit voorkom, op twee skuldgronde.
Eerstens
op ‘n vrywaring teen uitwinning geïmpliseer in ‘n skriftelike
koopkontrak aangegaan op 2 Desember 1994 tussen haar
as koper en
respondent as verkoper. Immers, in paragraaf 3 van die besonderhede
van vordering word dié bewering pertinent gemaak.
Tweedens
steun appellante op ‘n onderneming, deur respondent op 25 Oktober
1996 gegee, om die waarde van die appellante se voertuig
aan haar te
betaal indien Bankfin se aanspraak op die voertuig deur ‘n
bevoegde hof erken sou word.
[8] Respondent het
pertinent die bewering dat die ooreenkoms, soos beweer, aangegaan is,
ontken. Appellante moes dus indien sy wou
steun op die geïmpliseerde
vrywaring teen uitwinning, bewys dat respondent as “verkoper”
kontraksparty tot die “skriftelike
afbetalingsverkoopsooreenkoms”
gedateer 2 Desember 1994, aanhangsel “B” tot die dagvaarding,
was.
[9] In
aanhangsel “B”, die skriftelike dokumente waarop appellante steun
as synde die boekstawing van die afbetalingsverkoopsooreenkoms,
word
die verkoper egter as ene Magdalena Dorothea Herbst aangegee.
Appellante het ook by
herhaling in haar getuienis in hoof sowel as tydens kruisverhoor
bevestig dat sy die BMW voertuig, wat die
koopgoed was in die
afbetalingsverkoopsooreenkoms, van haar skoonsuster voormelde Herbst,
wat in Oudtshoorn woon, gekoop het en die
voertuig aldaar in ontvangs
geneem het.
Appellante
het dus nie bewys dat respondent as verkoper party tot die
koopkontrak waarop sy, appellante, vir ‘n vrywaring teen
uitwinning
steun, was nie.
Haar
aksie op voormelde skuldgrond gebaseer kan dus nie slaag nie.
[10] In
‘n argument op appèl word voorgehou dat ten opsigte van die eis
gegrond op uitwinning
“
(d)ie
enigste vraag wat vir beregting van hierdie gedeelte van die
app
ellant
se eis relevant was, was of die appellant in lig van die sessie
tussen respondent en Herbst oor enige vordering teen die respondent
beskik.”
Dié
argument word dan uitgebou met die submissie dat omdat respondent nie
gepleit het dat kragtens ‘n dokument getiteld “sessie
individue
afbetalingsverkoopsooreenkoms”, appellante nie teen uitwinning
gevrywaar word nie, die landdros verkeerdelik voormelde
dokument
inaggeneem het.
[11] Dit
was uit die staanspoor, reeds in appellante se besonderhede van
vordering, appellante se saak dat Magdalena Dorothea Herbst
“al
haar
reg,
titel en belang
in terme van die ooreenkoms aan verweerder
sedeer
”
het.
Dit was ook appellante
wat die dokument getiteld “Sessie Individu
Afbetalingsverkoopsooreenkoms” blootgelê het en as bewysstuk
“G”
tydens die verhoor ingehandig het.
In gemelde dokument,
bewysstuk “G”, dra Magdalena Dorothea Herbst oor “al my reg,
titel en belang in en tot ‘n
afbetalingsverkoopsooreenkoms/huurooreenkoms
aan Boland Bank Beperk”.
Appellante
was nie party tot voormelde sessie nie en net so was respondent nie
‘n party tot die afbetalingsverkoopsooreenkoms nie.
Die enigste band,
regsband, tussen respondent en appellant was dus die sessie,
bewysstuk “G”, ingevolge waarvan respondent al
Herbst se regte
insluitende haar voorbehoud van eiendomsreg ontvang het, en
appellante weens haar kennis van die sessie verplig was
om aan
respondent te presteer.
Die
beginsel is geyk; by die interpretasie van dokumente en kontrakte
moet effek gegee word aan die woorde soos dit uitgedruk word,
indien
dit duidelik is. (
HNR
PROPERTIES CC AND ANOTHER v STANDARD BANK OF SA LTD
2004 (4) SA 471
(SCA) 477 H paragraaf 14)
Daardie sessie is
duidelik; dit behels slegs die oordrag van reg, titel en belang, geen
melding word gemaak van enige verpligtinge
wat op respondent oorgaan
nie.
[12] Dit was op geen
stadium appellante se saak op die pleitstukke dat respondent die
verpligtinge van Herbst oorgeneem het nie, ergo
dat delegasie
plaasgevind het nie en daar is ook nie bewys dat dit die bedoeling
van die respondent en Herbst was dat daardie verpligtinge
oorgeneem
word nie.
[13] In
‘n argument was namens appellante gesteun op die
dictum
in die gewysde
GENERAL
FINANCE CO (PVT) LTD v ROBERTSON
1980 (4) SA 122
(ZAD), ‘n saak waarin die geleerde Regter oorweging
geskenk het aan die interpretasie van ‘n spesifieke ooreenkoms wat
voor die
hof gedien het. By daardie interpretasie het die geleerde
Regter na verskeie gewysdes verwys om interpretasie en uitdrukking te
gee aan die woord “cession” en uiteindelik tot die gevolgtrekking
geraak dat die sessie in daardie geval ook ‘n delegasie van
verpligtinge behels het.
Die
feite in voormelde saak verskil egter ten aansien van deurslaggewende
aspekte van die onderhawige.
Die
sessie in daardie saak ter sprake was ‘n sessie van
“cession
of this agreement and the ownership of the goods”.
In die
onderhawige geval was die sessie slegs ten aansien van reg, titel en
belang en nie van die gehele ooreenkoms nie.
In voormelde saak was
die bepalings in die ooreenkoms dat die verkoper ook sou insluit
enige sessionaris van die oorspronklike verkoper
terwyl in die
onderhawige geval in die afbetalingsverkoopsooreenkoms bepaal word
dat “enige verwysings in hierdie ooreenkoms na
die verkoper sal
tensy uit die samehang anders blyk, geag word ‘n verwysing na
Boland Bank Bpk te wees,” d.w.s nadat sessie aan
Boland Bank gegee
is.
Dit is dus duidelik dat
die verwysing na Bolank Bank as verkoper slegs sal geld waar die
samehang van die ooreenkoms nie anders aandui
nie.
[14] In
MILNER
v UNION DOMINIONS CORPORATION (SA) LTD AND ANOTHER
1959 (3) SA 674
(KPA) te 677 het Watermeyer R, myns insiens met
respek tereg die geskil in daardie saak, soos dit voorgedoen het, en
dan ook bykans
meteen ook in die onderhawige saak, as volg bygelê:
“
But whatever
possible meaning can be given to loose expressions like 'ceding a
lease' or 'ceding a contract', it is clear that here
the pleader used
more precise language in para. 6. What was ceded was stated to be all
the second defendant's 'right, title and interest
in and to the said
agreement and to the said motor-car'. Giving to these words their
ordinary meaning, and having regard to the fact
that the word 'cede'
is the appropriate word to use in relation to rights and an
inappropriate word to use in relation to obligations,
I have come to
the conclusion that all that is alleged in para. 6 is a cession of
rights and not a delegation of obligations.”
Dit is
duidelik uit appellante se besonderhede van vordering tot haar
dagvaarding sowel as die sessie, bewysstuk “G”, dat regte
sedeer
was en verpligtinge nie oorgeneem was nie.
[15] Appellante se
vordering gebaseer op ooreenkoms word in die dagvaarding as volg
geformuleer:
“
8. Op
of omtrent 25 Oktober 1996 het die verweerder onderneem om die waarde
van
die
voertuig aan die eiser te betaal indien Bankfin se aanspraak op die
voertuig deur ‘n bevoegde hof erken sou word.”
[16] Die
getuienis wat betref die totstandkoming van die onderneming, wat
gemeensaak is, is kortliks die volgende. Nadat appellante
reeds
voldoen het aan haar verpligtinge ingevolge die
afbetalingsverkoopsooreenkoms het sy gedurende 1996 kennis gekry dat
Bankfin
as eienaar van die voertuig die
merx
in die afbetalingsverkoopsooreenkoms, opeis. Sy, appellante, het met
verweerder se Mnr. Maree ‘n gesprek gevoer. Appellante se
getuienis aangaande gemelde gesprek tydens kruisverhoor is
insiggewend:
“
Nou,
toe u en
mnr.
Maree met mekaar oor die foon gepraat het, is daar enige stadium ‘n
bedrag genoem? ..... Hy het ‘n bedrag aan my genoem.
Wat is dit? ..... Hy het vir my gesê
R17 000,00 of R20 000,00 waarop ek toe vir hom geantwoord het ek kan
dit nie aanvaar nie, my
prokureur is nie hier nie en ek moet eers met
hom dit onderhandel.
En die aanbod van R17 000,00 of R20
000,00 het u van die handgewys u is nie bereid om dit te aanvaar nie?
..... Nee ek het vir hom
gesê ek sal dit aanvaar as dit reg is met
my prokureur maar hy was in Amerika en ek wou gehad het hy moet eers
met my dit bevestig
dat dit reg is.”
asook
“
Ja, nou, het u nooit die aanbod van
R17 000,00 of R20 000,00 of aanvaar of van die hand gewys nie? .....
Net daardie dag het ek vir
hom gesê ek kan dit nie nou aanvaar nie,
ek kan nie vir hom sê wat ek moet doen nie, dit is daarom wat ek
gevra het hy moet dit
vir my op skrif stel wat ..... (tussenbei).
En
tot vandag toe het u nog nie die aanbod van R17 000,00 of R20 000,00
aanvaar nie? ..... Ek het dit nie aanvaar nie, maar ek het
dit ook
nie afgewys nie.
So,
ek wil dit net baie duidelik kry, tot vandag toe het u dit nog nooit
aanvaar nie? ..... Hy het dit nog nie weer dit vir my aangebied
nadat
ek met hom gepraat het en vir hom gesê hy moet dit vir my op skrif
stel nie.”
Die
getuienis is voorts dat Maree inderdaad op 25 Oktober 1996 sy
onderneming op skrif gestel het en aan appellante laat toekom het.

Dié brief, bewysstuk “K”, lees as volg:
“SONDER
BENADELING VAN REGTE
I/S HUURKOOP VAN DEN HEEVER / HERBST
/ BOLAND BANK / BANKFIN
Bovermelde
verwys en bevestig ons soos ooreengekom dat die bank onderneem om u
die waarde van die voertuig te betaal sou Bankfin se
aanspraak op die
voertuig deur ‘n bevoegde hof erken word. Sou betaling deur die
bank gemaak moet word sal dit in volle vereffening
van
aanspreeklikheid wees.
Groete,
P. Maree
KREDIETBEHEER”
Dit is
duidelik dat appellante self nie aanvaarding van die onderneming aan
respondent gekommunikeer het nie; trouens haar getuienis
was telkens
dat sy eers met haar prokureur wou praat of dat laasgenoemde die
onderneming moes oorweeg.
[17] Appellante het dan
ook haar prokureur, Mnr. R. van Wyk, na sy terugkeer van Amerika op 3
November 1996, gespreek.
Tydens
hierdie konsultasie was bewysstuk “K”, verweerder se brief, met
onderneming gedateer 25 Oktober 1996 aan gemelde Van Wyk
oorhandig.
Van Wyk het Maree dan ook
op 5 November 1996 telefonies gekontak. Oor hierdie gesprek getuig
Van Wyk self as volg:
“
Wat is tydens
die gesprek gesê? ..... Die doel van my gesprek was Edelagbare om te
kyk of ons nie die waarde kan vasstel nie, want
op daardie stadium
het ek alreeds kennis gehad dat hierdie voertuig in beslag geneem sou
word en ek het ook aan Mnr Maree gesê dat
hulle het gepraat van
tussen R17 000,00 en R20 000,00 as die waarde van die voertuig, wat
hy toe aan my bevestig het en ek wou toe
net kyk of ons nie ‘n
ooreenkoms kon bereik oor wat die waarde sou wees nie.”
Aan Mnr. van Wyk was
gestel dat hy, tydens gemelde gesprek, sou gesê het dat die aanbod
om die waarde van die voertuig te betaal
nie aanvaar was nie. Hy,
Van Wyk, het die stelling betwis.
[18] Maree, voormeld, die
enigste getuie namens respondent, het getuig dat tydens die gesprek
met Van Wyk laasgenoemde gesê het dat
die aanbod nie aanvaarbaar is
nie.
[19] Namens appellante,
was sterk gesteun op bewysstuk “K”, die brief van 25 Oktober
1996, en aangevoer dat blykens voormelde
brief die partye reeds
ooreengekom het dat die respondent se onderneming om die waarde van
die voertuig te betaal aanvaar was.
Soos
reeds hierbo uit die aanhalings uit appellante se getuienis blyk, was
appellante tydens die telefoniese gesprek met Maree, wat
die enigste
gesprek was wat sy met hom gehad het, en ook die enigste gesprek is
waarna bewyssuk “K” kon verwys, nie geneë om
die aanbod te
aanvaar sonder om met haar prokureur te beraadslaag nie.
Maree
se getuienis was tot dieselfde effek.
Appellante
en respondent was dus wat betref die bedoeling van bewysstuk “K”
dit eens; naamlik dat die brief vir oorweging voorgelê
moes word.
Aan daardie bedoeling, en nié die letterlike uitleg van bewysstuk
“K” nie, moet gevolg gegee word. Waarnemende
Appèlregter Lewis
soos sy toe nog was bevestig bogemelde beginsel in
AUSSENKEHR
FARMS (PTY) LTD v TRIO TRANSPORT CC
2002 (4) SA 483
(SCA) te 493 paragraaf 25 G – H:
“
[25] Where the
parties dispute the meaning of a term then a court must necessarily
look to the wording of the provision itself to
determine its correct
construction. But where they agree on its meaning, even though the
provision appears objectively to reflect
a different understanding,
it would be absurd to insist on binding them to a term upon which
neither agrees only because of a third
party's insistence on reliance
on the apparent meaning of the provision.”
Bewysstuk “K” was dus
slegs bevestiging van die onderneming wat respondent gegee het en nie
bevestiging van ‘n ooreenkoms nie.
[20] Die
onderneming in bewysstuk “K” gegee, het aanvaarding geverg
alvorens ‘n afdwingbare ooreenkoms tot stand kon kom. In
VOLKSKAS
SPAARBANK BPK v VAN ASWEGEN
[1990] ZASCA 57
;
1990 (3) SA 978
(A) te 986 G – H verduidelik M T Steyn AR ‘n
bykans analoge geval:
“
So 'n ooreenkoms
sou uiteraard konsensueel moes wees. 'n Onderneming deur verweerder,
'n aanvaarding deur eiser en mededeling daarvan
aan verweerder, is
gevolglik noodsaaklik vir die totstandkoming van so 'n nuwe
aanspreeklikheid. Aanvaarding van verweerder se onderneming
van 26
Mei 1982 en mededeling daarvan aan verweerder moes derhalwe deur
eiser bewys word.”
[21] Appellante
moes dus in die onderhawige geval bewys dat betaling van die waarde
van die voertuig aanvaar was en ook dat sy kragtens
bevel van ‘n
bevoegde hof deur Bankfin uitgewin was.
Ek
wil beklemtoon dat die aanvaarding van die onderneming moes behels
dat appellante die waarde van die voertuig as prestasie aanvaar
en
nie vrywaring teen uitwinning of soos gebruiklik terugbetaling van
die koopsom en skade gely as gevolg van die uitwinning nie.
Vergelyk
LAMMERS
AND LAMMERS v GIOVANNONI
1955 (3) SA 385
A te 390.
[22] Die
hof
a
quo
moes, en so sal op appèl ook beslis moet word of Van Wyk aanvaarding
van die onderneming aan Maree tydens sy enigste telefoniese
gesprek
met hom meegedeel het, en of die onderneming van die hand gewys was
soos wat Maree getuig het.
[23] Myns
insiens weerlê die waarskynlikhede Van Wyk se getuienis dat hy,
tydens die gesprek met Maree die onderneming namens appellante
aanvaar het en wel om die volgende redes:
(a) Van
Wyk getuig dat appellante aan hom oorgedra het dat sy ‘n ooreenkoms
gehad het dat respondent die waarde van die voertuig
sou betaal. Sy
doel met die gesprek met Maree was dus soos hy self getuig het “om
te kyk of ons nie die waarde kan vasstel nie”.
Daar was dus geen
“aanvaarding” van die onderneming ter sprake nie, en wel omdat
wat hom betref daar reeds ‘n ooreenkoms was.
(b) Indien die
onderneming om die waarde van die voertuig by uitwinning te betaal
aanvaar was, sou verwag word dat Van Wyk by die
eerste die beste
geleentheid daarna in korrespondensie sou verwys na óf die aanspraak
op die waarde van die voertuig óf die aanvaarding
van die
onderneming. Die eerste korrespondensie op rekord na die gesprek met
Maree, bewysstuk “D” gedateer 15 November 1996,
deur Van Wyk aan
respondent gerig lees:
“Die
Bestuurder,
Regsafdeling
Boland Bank
SILVERTON
PRETORIA
PER FAKS : 012 – 804 5105
PER GEREGISTREERDE POS
Meneer
INSAKE
; HUURKOOP VAN DEN HEEVER / HERBST / BOLAND BANK / BANKFIN
Ons
verwys na ons skrywe van 6 deser en bevestig dat BANKFIN nou beslag
gelè het op die betrokke voertuig.
Ons
heg hierby aan vir u aandag:-
Hofbevel van Landdros Mosselbaai
gedateer 13 November 1996;
Relaas van adjunk-balju Kroonstad.
U word hiermee
versoek
om
ons kliënt te beskerm in haar aanspraak op die voertuig en verneem
graag dringend van u watter stappe u gaan neem.
Geliewe daarop te let dat die
keerdatum 12 Desember 1996 is.
Ons stuur ‘n afskrif hierin aan u
Kroonstadtak.
Die uwe
DU RANDT & LOUW
(My
onderstreping.)
”
Indien
appellante wel ‘n skikking bereik het en die onderneming aanvaar
was, kan daar geen sprake wees van “beskerming” deur
respondent
aan appellante op haar “aanspraak” op die voertuig nie.
In
appellante se dagvaarding vorder sy R42 603,39 welke bedrag as volg
saamgestel word
- Hoofskuld
(wat die koopsom
van
die voertuig was) R30000.00
- Seëlregte
20.00
- Finansieringskoste 11305.71
- Kredietversekering
1277.68
R42603.39
(Die
invoeging is myne.)
Die
samestelling van die gevorderde bedrag is die presiese bedrag wat as
skuld in die afbetalingsverkoopsooreenkoms aangetoon word.

Appellante vorder dus dit wat sy vir die
merx
moes betaal as haar verliese. So ‘n formulering spreek teen enige
suggestie dat sy “die waarde van die voertuig” vorder, trouens
dit is onteenseglik formuleer op grond van uitwinning, en nie die
lewende ooreenkoms nie.
Van Wyk was tydens
kruisverhoor gekonfronteer met die samestelling van die gevorderde
bedrag. Die suggestie van die kruisverhoorder
was duidelik dat die
dagvaarding nie die waarde van die voertuig reflekteer nie, en dan
uiteraard ook dat die onderneming deur
respondent nie aanvaar was
nie.
Van Wyk se antwoorde en
reaksie op die vrae naamlik dat hy, nadat hy navraag gedoen het
aangaande die sogenaamde “boekiewaarde”
van die voertuig, van
mening was dat die waarde van die voertuig dieselfde was as die
koopsom plus die koste van finansiering en
versekering is op
waarskynlikhede onsinnig; die waarskynlikhede dat ‘n voertuig wat
geen versamelaarsitem is nie, se waarde na
twee jaar sal verhoog, is
bykans nul.
Dit is dan ook opvallend
dat Maree se getuienis dat hy in sy aanbod aan appellante toe hy haar
tussen R17 000,00 en R20 000,00 aangebied
het, hom by die
waardebepaling van die voertuig deur die “gewone boekies” laat
lei het, en wat dui op die onsinnigheid in Van
Wyk se getuienis, nie
in geskil geplaas was nie.
[24]
Die feite, wat die afleiding dat die weergawe van Van Wyk, dat die
onderneming aanvaar was, onwaarskynlik is, regverdig, dien
meteen ook
as stawing vir Maree se getuienis dat Van Wyk nie die onderneming wou
aanvaar nie en ook nie aanvaar het nie.
Dit
was gemeensaak dat Maree wel aan applikante ‘n bedrag van tussen
R17 000,00 en R20 000,00 aangebied het. Daardie bedrag was
baseer op
die waarde in die “gewone boekies” aangegee, wat volgens Maree
die benaderde waarde van die voertuig, met uitsluiting
van rentes en
koste aangegaan, weerspieël, was nie deur Van Wyk aanvaar nie. Die
afwysing van die voorgestelde waardebepaling het
tot gevolg gehad dat
geen ooreenkoms tot stand gekom het nie. Vergelyk
KOTZè
v SUIDWESTELIKE TRANSVAALSE LANDBOUKOöPERASIE
2005 (2) ALL SA 232
(SCA) paragraaf 24 p. 238.
[25] Op
die voorafgaande vooropstelling het die appellante nie bewys dat sy
hetsy op ‘n uitdruklike hetsy geïmpliseerde vrywaring
teen
uitwinning deur respondent kon aanspraak maak nie, en ook nie dat sy
‘n afdwingbare onderneming om te betaal, aanvaar het
nie. Die
bevel van die landdros kan dus nie fouteer word nie.
Die
volgende bevel moet volg:
Die
appèl word afgewys met koste.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Ek stem saam.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
In
opdrag van appellante: Adv. C.A. Human
In opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
In
opdrag van respondent: Adv. P.C.F. van Rooyen
In opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp