Du Plessis v Du Plessis (3568/2005) [2005] ZAFSHC 105 (16 September 2005)

55 Reportability

Brief Summary

Costs — Contribution to costs — Application for further contribution to costs in divorce proceedings — Applicant seeking R170,000 for legal expenses incurred — Respondent opposing application — Court considering the principles governing contributions to costs, including the financial positions of the parties and the nature of the litigation — Court holding that a further contribution to costs for expenses already incurred is not warranted, but future costs may be considered if justified.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 105
|

|

Du Plessis v Du Plessis (3568/2005) [2005] ZAFSHC 105 (16 September 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3568/2005
In
die saak tussen:
SUSANNA
MARIA DU PLESSIS
Applikante
en
WILLEM
ADRIAAN DU PLESSIS
Respondent
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
AANGEHOOR OP:
15
SEPTEMBER 2005
GELEWER OP:
16
SEPTEMBER 2005
[1] Hierdie is ‘n
aansoek ingevolge Hofreël 43(6) dat die respondent gelas word om ‘n
verdere bydrae tot die
koste
van die applikante te maak in die bedrag van R170 000,00.
[2] Die
applikante is die eiseres in die hangende egskeidingsgeding tussen
die partye. Die egskeidingsgeding was voorheen ter rolle
geplaas vir
verhoor op 25, 26 & 28 Mei 2004. Volgens die getuienis voor my
was die verhoorregter nie tevrede met die wyse waarop
voorverhoor
samesprekings deur die partye gehou is nie. Gevolglik het verdere
samesprekings tussen die partye plaasgevind met die
bedoeling om die
geskilpunte tussen hulle te beperk of beter te omlyn. Daarna, op 26
Mei 2004, is by ooreenkoms gelas dat die saak
sine
die
uitegestel
word en dat koste van die uitstel oorstaan vir latere beregting.
[3] Die
egskeidinggeding is daarna voor my verhoor op 12 en 13 April 2005.
Op 13 April 2005 het die applikante se advokaat aangedui
dat die
applikante vervolgens ‘n deskundige getuie, te wete die ouditeur
wat ‘n forensiese ondersoek van die respondent se geldsake
en
aanvervante aangeleenthede gedoen het, as ‘n getuie wens te roep
ondanks die feit dat kennisgewing soos bedoel in hofreël 36(9)(b)
eers die vorige middag afgelewer is. Hierteen is namens die
respondent beswaar aangeteken en dit het daartoe gelei dat die
verhoor
sine
die
uitgestel is en die applikante gelas is om die koste deur die uitstel
verkwis, te betaal. Die respondent het egter op daardie stadium
en
in die stukke tans voor my onderneem om hierdie kostebevel nie af te
dwing voor afhandeling van die egskeidingsaksie nie. Volgens
die
kennisgewing van ter rolle plasing gedateer 13 April 2005 is die saak
tans ter rolle geplaas vir verdere verhoor op 8 en 9 November
2005.
[4] Kragtens ‘n bevel
van 24 April 2003 is by ooreenkoms gelas dat die respondent ‘n
bydrae tot die koste van die applikante maak
in die bedrag van R3
000,00. Op 13 Mei 2004 het die applikante aansoek gedoen vir ‘n
verdere bydrae tot koste. Volgens die stukke
in laasgemelde aansoek,
wat voor my geplaas is, is die bedrag van R110 000,00 gevorder, R40
000,00 vir waardasiefooie ten aansien
van die respondent se bates,
R40 000,00 vir die koste van ‘n forensiese ondersoek van respondent
se geldsake deur ‘n ouditeur
en R30 000,00 vir verwagte
advokaatsfooie vir die verhoor. ‘n Verdere bydrae tot koste in die
bedrag van R50 000,00 is egter deur
Wright R beveel in gemelde
aansoek nommer 2162/2004. Dit is gemeensaak dat die respondent die
bedrag van R53 000,00 aan die applikante
betaal het.
[5] Volgens die
applikante is ten aansien van die egskeidingsaksie gespesifiseerde
uitgawes van byna R93 000,00 reeds aangegaan, (weens
‘n optelfout
is die bedrag as byna R83 000,00 geneem) beloop prokureursfooie tot
hede die bedrag van minstens R75 000,00 en moet
‘n bedrag van R65
000,00 se verdere uitgawes aangegaan word vir doeleindes van die
nadere voortsetting van die verhoor. Die totaal
van hierdie bedrae
beloop ongeveer R223 000,00, wat na aftrekking van die bedrag van R53
000,00 reeds betaal, volgens die applikante
die bedrag van R170
000,00 wat sy tans as verdere bydrae tot koste vorder, daarstel. Die
respondent staan die aansoek heftig teen.
[6] Hofreël
43(6) bepaal soos volg:
g
Die
hof kan met dieselfde prosedure sy beslissing wysig as daar ‘n
wesenlike verandering in di
e
omstandighede van enige een van die partye of van ‘n kind ingetree
het of as die bydrae tot koste onvoldoende blyk te wees.”
[7] Dit is gevolg
lik
duidelik dat ‘n aansoek vir ‘n verdere bydrae tot koste nie
daarvan afhanklik is dat veranderde omstandighede aangetoon moet
word
nie. Dit volg na my oordeel dat by aansoek om ‘n verdere bydrae
tot koste ingevolge Hofreël 43(6) in essensie dieselfde
toets dan by
‘n oorspronklike aansoek van toepassing is. Natuurlik moet by
sodanige aansoek om ‘n verdere bydrae tot koste rekening
gehou word
met die invloed wat die vorige aansoek en bevel op die aangeleentheid
het.
[8] By
‘n uiteensetting van wat hierdie toets is moet myns insiens begin
word met die vanselfsprekende, naamlik dat die betrokke
applikant
aanspraak kan maak op ‘n bydrae tot koste en nie op betaling van
alle verwagte koste nie, selfs al sou die betrokke respondent
dit
gemaklik kon betaal. Essensieel moet deur die uitoefening van ‘n
diskresie bepaal word watter bedrag met inagneming van die
omstandighede van elke saak betaal moet word om die applikant in
staat te stel om sy/haar saak na behore voor die hof aan te bied.

(“... be enabled to present a case
adequately before the court.”)
Die omstandighede van elke saak sluit in die aard van die
geskilpunte ter sprake, die relatiewe finansiële posisies van die
onderskeie
partye en die skaal of vlak waarop elk van die partye die
litigasie voer of wens te voer. By uitoefening van die diskresie
moet
die fundamentele reg tot gelykheid voor die reg ook in oorweging
geneem word. Sien in hierdie verband
VAN
RIPPEN v VAN RIPPEN
1949 (4) SA 634
(K) op 638 tot 640;
SERVICE
v SERVICE
1968 (3) SA 526
(D) op 528;
MUHLMANN
v MUHLMANN
1984 (1) SA 413
(W) op 418 G en
CARY
v CARY
1999 (3) SA 615
(K).
[9] Die verpligting om
‘n
bydrae tot die koste van ‘n egskeidingsgeding te maak, spruit voort
uit die onderhoudsplig tussen gades. Die uitoefening van
‘n
diskresie om ‘n bydrae tot kostes te gelas, het gevolglik
betrekking op beide uitgawes van die prokureur sowel as
prokureursfooie.
Ook is sodanige uitgawes en prokureursfooie nie
beperk tot dit wat op party en party skaal takseerbaar sou wees nie.
Sien
MICKLEM
v MICKLEM
1988 (3) SA 259
(K);
NICHOLSON
v NICHOLSON
1998 (1) SA 48
(W) op 52 B – E en
SENIOR
v SENIOR
1999 (4) SA 955
(W) op 962 H. Ek stem met eerbied verder saam met
die beslissing in
CARY
v CARY,
supra
op 621 G – 622 F, naamlik dat by die oorweging van ‘n bydrae tot
koste nie slegs toekomstige kostes ter sprake is nie. Die
teenoorgestelde
standpunt, naamlik dat koste wat reeds aangegaan is
by ‘n aansoek om ‘n bydrae tot koste buite rekening gelaat moet
word, kom
my voor in beginsel verkeerd en kunsmatig te wees. Sien in
hierdie verband byvoorbeeld die beredenering in
VAN
RIPPEN v VAN RIPPEN
,
supra
op 640. Dit volg dat ek nie saamstem met die standpunt ingeneem in
NICHOLSON
v NICHOLSON
,
supra
op 52 I – J en
SENIOR
v SENIOR
,
supra
966 op H – I nie.
[10] Logika,
billikheid teenoor die respondent en ‘n praktiese toepassing van
die gemelde beginsels toon egter myns insiens aan
dat by oorweging
van ‘n aansoek om ‘n bydrae tot koste die klem normaalweg sal val
op koste, veral uitgawes, wat daarna aangegaan
moet word om die
applikant in staat te stel om die geding na behore verder voort te
sit of te voer. Dus sal ‘n bydrae tot koste
myns insiens slegs
slaan op koste reeds aangegaan indien daar in die omstandighede van
die betrokke saak spesifieke regverdiging
daarvoor is, byvoorbeeld
waar dit blyk dat fooie reeds opgeloop of uitgawes reeds aangegaan
betaal moet word ten einde die applikant
in staat te stel om sy/haar
saak voldoende voort te sit of waar die rykdom van die respondent en
die luukse skaal waarop hy/sy litigeer,
dit regverdig. Bogemelde is
na my oordeel die ware rede waarom koste reeds aangegaan, soos die
koste van ‘n interlokutêre aansoek
wat reeds gedoen is, dikwels by
die bepaling van die gepaste bydrae tot koste buite rekening gelaat
word. Sien byvoorbeeld
SERVICE
v SERVICE
,
supra
op 528 F.
[11] Ingesluit by die
voormelde bedrag van ongeveer R93 000,00 ten aansien van uitgawes
reeds aangegaan, wat die applikant weens ‘n
berekeningsfout geneem
het op ongeveer R83 000,00, is ‘n bedrag van R61 867,00 wat
advokaatsfooie verteenwoordig ten opsigte van
die tydperk vanaf 7
April 2004 tot 26 Mei 2004. Hierdie advokaatsfooie het betrekking op
werk gedoen voor die rig van die aansoek
om ‘n verdere bydrae tot
koste onder aansoek nr. 2162/2004 op 13 Mei 2004, sluit in die fooie
vir die rig van daardie aansoek en
die voorbereidings- en
verhoorfooie wat die onderwerp gevorm het van die bevel in daardie
aansoek. By die verhoor van 12 en 13 April
2005 het die applikante
van ‘n ander advokaat gebruik gemaak. Die fooie van hierdie
advokaat is nie ingesluit by die onderhawige
bedrag nie omdat volgens
die applikante die rekeningstaat van die advokaat daarvoor nog nie
ontvang is nie. Hierdie bedrag sluit
ook in die bedrag van R10
070,47 ten aansien van die maak van afskrifte van dokumente deur die
respondent in die egskeidingsaksie
blootgelê. Hierdie bedrag, wat
op die oog af heeltemal buitensporig voorkom, in die lig daarvan dat
insae in die dokumente vooraf
geneem kon word, het buitendien
betrekking op afskrifte wat gemaak is voor 26 Mei 2004. Ook
ingesluit hierby is ‘n rekeningstaat
van die ouditeur wat die
forensiese ondersoek gedoen het in die bedrag van R10 260.00 en
waardasiegelde in die bedrag van R7 000,00.
Beide laasgemelde bedrae
het die onderwerp gevorm van die vorige aansoek nr. 2162/2004 toe ‘n
verdere bydrae tot koste in die
bedrag van R50 000,00 toegestaan is.
Selfs op die saak van die applikante by die verhoor, naamlik dat die
testementêre trust geskep
deur die testament van die respondent se
vader, as die
alter
ego
van
die respondent beskou moet word, kan die respondent myns insiens nie
as ‘n buitengewone ryk man beskryf word nie en is hy in
besonder
nie baie likied nie. Die respondent voer ook myns insiens nie die
litigasie op ‘n enigsins beduidend meer luukse skaal
of vlak dan
die applicant nie. Daar is geen aanduiding voor my dat die
applikante se prokureurs die saak op enige ander wyse sal
voer dan
wat dit tot dusver gedoen is, indien die reeds opgelope
prokureursfooie van R75 000,00 nie nou betaal word nie. In hierdie
omstandighede is ek nie tevrede dat ‘n verdere bydrae tot koste met
betrekking tot uitgawes reeds aangegaan en prokureursfooie
reeds
opgeloop, gemaak moet word ten einde die applikante instaat te stel
om haar saak na behore voort te sit nie.
[12] Die bedrag van R65
000,00 ten aansien van toekomstige uitgawes met betrekking tot die
voortsetting van die verhoor gedurende
November 2005 word saamgestel
uit die bedrag van R40 000,00 ten aansien van advokaatsfooie vir
voorbereiding en verhoor, die bedrag
van R10 000,00 ten aansien van
verdere kostes van die voormelde ouditeur en die bedrag van R15
000,00 ten aansien van koste van sielkundige
evaluasie.
[13] Die bedrag van R15
000,00 ten aansien van koste van sielkundige evaluasie is heeltemal
ongespesifiseerd. Dit is egter gegrond
daarop dat die respondent by
wyse van ‘n wysiging van die pleitstukke tans van voornemens is om
‘n bevel aan te vra dat bewaring
van die partye se jonger
tienderjarige dogter aan hom toegeken word. Die applikante het reeds
haar eie getuienis in die egskeidingsgeding
voltooi. Dit kom my voor
dat sodanige sielkundige evaluasie in die onderhawige geval onnodig
is. Hoe dit ookal sy, die respondent
het in sy antwoordende
eedsverklaring hierin onder eed aangebied om die redelike koste van
sodanige sielkundige te betaal indien
dit aangegaan wou word.
[14] Dit
sal onthou word dat die betr
okke
ouditeur gereed was om getuienis af te lê met betrekking tot sy
ondersoek van die geldsake van die respondent en die testamentêre
trust, toe die saak op 13 April 2005 uitgestel is. Blykens ‘n
rekening van die ouditeur gedateer 30 Junie 2005, het sy totale
allesinsluitende fooi tot en met bywoon van die hofverrigtinge, die
bedrag van R10 260,00 beloop. Dit kan gevolglik nie aanvaar
word dat
‘n verdere bedrag van R10 000,00 ten aansien van die getuienis van
hierdie getuie benodig word nie. Ek aanvaar dat daar
wel ‘n
mindere bedrag betaalbaar sal word met betrekking tot die verdere
hofbywoning van die ouditeur, maar het die applikante
my nie in staat
gestel om ‘n oordeel daaroor te vel nie.
[15] Die oorgrote
gedeelte van die voorbereiding vir die verhoor is klaarblyklik reeds
gedoen. ‘n Mate van verdere voorbereiding
sou egter in elk geval
onvermydelik gedoen moes word aangesien die verhoor nie op die hofdae
waarop dit ter rolle geplaas was gedurende
April 2005, voltooi sou
word nie. Na oorweging meen ek dat die applikante wel geregtig is op
‘n verdere bydrae tot koste ten opsigte
van verdere voorbereiding
vir die verhoor, waarvoor ek die bedrag van R10 000,00 toelaat sowel
as ten opsigte van die verskyning
haar prokureur en advokaat op elk
van die eerskomende twee verhoordae. Die advokate is dit eens dat ‘n
bedrag van R10 000,00 per
dag ten aansien van laasgemelde billik is.
Dit word tereg nie deur die respondent aangevoer dat die applikante
in staat is om self
hiervoor voorsiening te maak nie. Ek meen dus
dat ‘n bedrag van R30 000,00 as verdere bydrae tot koste gepas is.
[15] Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
1. Die respondent word
gelas om ‘n verdere bydrae van R30 000,00 te maak tot die
applikante se koste in saak nr. 6242/2003.
2. Die koste van hierdie
aansoek is koste in die hoofgeding.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens
applikante: Adv. C. van Zyl
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. J.G. Gilliland
In
opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/em