About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 133
|
|
S v Coetzer (85/2005) [2005] ZAFSHC 133 (13 September 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 85/2005
In
die appèl van:
FRANCOIS
JACOBUS COETZER
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HATTINGH
R
et
MOLEMELA
Wnd R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
5
SEPTEMBER 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HATTINGH
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
SEPTEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Op
30 Augustus 2004 pleit appellant onskuldig op ân aanklag van
aanranding. Sy verweer is noodweer.
[2] Op 8 September 2004
bevind die verhoorlanddros van Welkom, Me. Morrisson, appellant
skuldig aan aanranding en vonnis hom tot 6
maande gevangenisstraf wat
opgeskort word vir 5 jaar op gepaste voorwaardes.
[3] Appellant kom nou in
hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.
[4] Slegs
die klaer en appellant het oor die voorval getuig.
[5] Dit is nie in geskil
dat appellant, sonder enige vergoeding, sy bakkie aan die klaer
geleen het om sekere take vir homself te
verrig nie. Wat wel in
geskil is, was vir watter duur die klaer die bakkie kon gebruik het.
Appellant sê vir bykans ân uur,
klaer sê weer vir bykans ân
dag. Die bakkie het genoeg brandstof gehad om ongeveer 400 km ver te
kon ry. Die bakkie was eers
die volgende oggend aan appellant
terugbesorg, nadat dit sonder brandstof gaan staan het. Dit het
aanleiding gegee tot die voorval
wat die onderwerp van hierdie appèl
is.
[6] Klaer
se getuienis daaroor is:
â
Dat beskuldigde vir my gevra het,
was waar was sy voertuig gewees, waarnatoe het ek gery met sy
voertuig. Ek het toe vir hom gesê
ek het nêrens gery met die
voertuig, ek was net besig met hom om my goed te vervoer.
Beskuldigde
het nie geglo wat ek vir hom gesê het, hy het gesê ek lieg en toe
slaan hy vir my met ân gebalde vuis op die oog en
vandaar af toe
gryp hy vir my. Hy het my geslaan en geskop.
Op die gesig (met die gebalde vuis
geslaan) dit was eenkeer gewees maar hier orals op die liggaam, hy
vir my ân paar keer geslaan
met die vuis. Hy het my ook geskop.
Ek sal nou nie presies kan sê hoeveel keer nie.
Ek het probeer om my gesig te beskerm
en as gevolg daarvan ek weet nie presies waar hy het vir my geskop
(sic) waar het hy my met
die vuis geslaan, maar dit was net ân
geslanery. (Op die grond) het hy my verder geslaan. Dit was baie
keer gewees ek kan nie
presies sê nie hoeveel keer. Die gevolg was,
dat nadat hy my so geslaan het, ek was so deurmekaar gewees, ek
onthou net dat hy
my daarna in die toilet toegesluit het.
Hy
het my agter die kop geskop en het my op die grond getrek .....â
[7] In
kruisondervraging word dit aan die klaer gestel dat die appellant hom
nooit geskop het op enige stadium nie, waarop hy dit
ontken en sê
dat hy âagter die kopâ geskop was en later weer dat hy âvoor
die kopâ geskop was.
[8] In die klagstaat word
beweer dat die appellant vir die klaer âmet ân geskoende voet
geskop het na sy lyf en gesigâ. Die
mediese getuienis toon aan dat
daar ân 1,5 cm laserasie was op die regter-wangbeen net onderkant
die oog.
[9] Op
15 Junie 2004, ân dag na die beweerde aanranding, verklaar die
klaer in ân polisieverklaring:
â
He then asked me why didnât I
bring the bakkie back on Sunday as I promised. I tried to explain,
but he did not give me a chance.
He then dragged me with my jacket
and started kicking me all over my body. I fell down, he kicked me
on the face. I started bleeding
from my right eye. I begged for
mercy, but he continued kicking me all over my body, he then took me
to the toilet and locked me
in there.â
[10] Toe
die klaer in kruisondervraging met die polisieverklaring
gekonfronteer word, was sy antwoord dat hy tevrede was toe die
verklaring
aan hom destyds teruggelees is, maar dat hy nie nou meer
tevrede is nie. âDie situasies is nie dieselfde daardie tyd en
nouâ.
Hy was later gekonfronteer met sy getuienis dat hy agter die
kop geskop was en in die verklaring dat hy in die gesig geskop was,
waarop hy geantwoord het dat:
â
Beskuldigde het vir my met ân
vuis geslaan, dit is die vuis wat my hierdie wond veroorsaak het.â
[11] Die
onvermydelike gevolgtrekking is dat die klaer net nooit teen die kop
geskop kon gewees het nie, hetsy agter die kop, hetsy
voor die kop,
want met ân geskoende voet dikteer eenvoudige logika dat die
geneesheer inderdaad beserings aan daardie plekke sou
gevind het wat
hy nie gevind het nie.
[12] Appellant het getuig
dat daar ân hewige argument ontstaan het oor hoe en waarom die
bakkie nie betyds teruggebring is nie en
dat dit handuitgeruk het en
dat die klaer aggressief geraak het en hom voor die bors gestamp het,
waarop hy toe geen ander keuse
gehad het as om homself te verweer
deur die klaer drie keer met die vuis te slaan. Hy ontken nadruklik
dat hy die klaer geskop het.
[13] Die
landdros bevind as ân feit âhierdie situasie wel van so ân aard
was dat daar emosies betrokke was; dat daar
aanrandings
was, dat daar oor en weer skellery was oor die voertuig wat geleen
was en eers die volgende dag teruggebring het (sic)â. Die
bevinding
dat daar âaanrandingsâ was, onderskraag die appellant
se weergawe. Egter bevind die landdros dat die weersprekings in die
klaer
se weergawe glad nie wesenlik was nie en dat die verklaring wat
hy aan die polisie gemaak het nie ingehandig is nie en daarom nie
inaggeneem kan word nie. Nêrens oorweeg sy op die totaliteit van
die aangevoerde getuienis of die appellant se weergawe vals is
nie.
Die rede is dat sy nie geweet het wat die bewysmaatstaf in ân
strafsaak is, ek kom later weer daarop terug.
[14] Die landdros het
haarself feitlik wanvoorgelig toe sy nie ag geslaan het op die inhoud
van die tersaaklike paragrawe in die polisieverklaring
wat op rekord
geplaas is deur die verdediging nie. Die klaer het die tersaaklike
gedeeltes nie ontken nie en is dit glad nie nodig
om die hele
verklaring in te dien waar die klaer die betrokke paragrawe erken het
nie.
[15] ân Ontstellende
feit wat die uitspraak verder ontsier, is die betreurenswaardige
redes wat die landdros gee vir die skuldigbevinding.
Nie alleen het
sy haar wanvoorgelig op die feite nie, maar begaan sy verskeie
mistastings op die reg.
[16] Die
landdros was geroepe om ân strafsaak te bereg. In die beoordeling
van die skuld van die appellant pas sy ân bewysmaatstaf
toe wat van
toepassing is in siviele sake, waar daar twee botsende weergawes is.
Met ân beroep op
STELLENBOSCH
FARMERSâ WINERY GROUP LTD AND ANOTHER v MARTELL ET CIE AND OTHERS
2003 (1) SA 11
(HHA), sê die verhoorlanddros:
â
..... want dit is so dat die hof
moet kyk na die waarskynlikhede en die onwaarskynlikhede as dit kom
by ân situasie waar daar twee
botsende weergawes voor die hof
geplaas is.â
[17]
In
casu
het die appellant erken dat hy die klaer aangerand het, omdat hy in
noodweer opgetree het. Hy erken in wese die hooftrekke van die
Staat
se saak, maar plaas ân konstruksie daarop wat versoenbaar is met
onskuld. In so ân geval hoef die appellant nie die hof
van die
waarheid van sy weergawe te oortuig nie. Hy is geregtig op vryspraak
as sy weergawe redelikerwyse waar kan wees.
[18] Sover
terug as 1937 is dit aanvaarde reg dat die pasvermelde beginsel by
herhaling deur ons howe toegepas is en bevestig is.
Vir die
verhoorlanddros se uitsluitlike kennisname word dit in
REX
v DIFFORD
1937 AD 370
op 373 soos volg verwoord:
â
It is not
disputed on behalf of the defence that in the absence of some
explanation the Court would be entitled to convict the accused.
It is
not a question of throwing any onus on the accused, but in these
circumstances it would be a conclusion which the Court could
draw if
no explanation were given. It is equally clear that no onus rests on
the accused to convince the Court of the truth of any
explanation he
gives. If he gives an explanation, even if that explanation be
improbable, the Court is not entitled to convict unless
it is
satisfied, not only that the explanation is improbable, but that
beyond any reasonable doubt it is false. If there is any reasonable
possibility of his explanation being true, then he is entitled to his
acquittal .....â
[19] In
die meeste strafsake is daar gewoonlik direkte botsende weergawes.
Word die voormelde bewysmaatstaf toegepas, is die benadering
wat
gevolg moet word te vinde in die eindvraag: âBestaan daar in die
lig van die totaliteit van al die getuienis, d.w.s. van die
Staat en
die verdediging, redelike twyfel aangaande die beskuldigde se skuld?
âIndien wel, moet hy vry uitgaan.â (
S
v VAN ASWEGEN
2001 (2) SASV 97 (HHA) en die ondersteunende gesag daarin aangehaal).
[20] Die
bewysmaatstaf in ân strafsaak is essensieel ân eenvoudige
maatstaf. Dit behoort vir die verhoorlanddros nou duidelik
te wees
dat die gehalte van bewys wat van die Staat in strafgedinge vereis
word, hoër is as dié wat van enige van die partye in
ân siviele
geding vereis word. ân Blote oorwig van waarskynlikheid is nie
voldoende nie. Die Staat moet sy saak âbo redelike
twyfel bewysâ.
Die klem val dus nie op die graad van waarskynlikheid nie, maar op
die graad van twyfel. In ân siviele saak
moet net aangetoon word
dat die weergawe van die bewyslasdraer meer waarskynlik is as die van
sy teenparty; in ân strafsaak word
ân ander element ingevoer, te
wete âdie uitsluiting van ân redelike, alternatiewe hipoteseâ.
As daar nie sodanige uitskakeling
kan wees, gemeet aan die
strafregtelike bewysmaatstaf, moet die beskuldigde ontslaan word.
[21] Van
hierdie geykte beginsels het die verhoorlanddros klaarblyklik weinig,
indien enige, van kennis gedra. Ek is jammer om te
sê dat ân
voorsittende beampte, in ân strafsaak, waar die beskuldigde se
vryheid op die spel is, nie die mees elementêre beginsels
in die
strafprosesreg eerbiedig, of van kennis dra nie, nie op enige regbank
sitting behoort te geniet nie, totdat sy/hy oor die
basiese
vaardighede beskik om ân oordeel te vel oor die skuld van ân
beskuldigde, wat vermoed word onskuldig te wees. Dit kan
sy bereik
deur verdere opleidingskursusse te ondergaan en dies meer. Dit kan
sy egter nie bereik as ân voorsittende landdros ten
koste van die
publiek nie.
[22] Dit is gebiedend
noodsaaklik dat die verhoorlanddros, tot tyd en wyl, nie verder as
voorsittende beampte kan funksioneer nie.
Die kantoorhoof moet
onverwyld toesien dat die landdros paslike opleidingskursusse, (in
besonder, Strafproses- en Strafreg) aangebied
deur die Departement
Justisie, suksesvol voltooi. Daarna kan die kantoorhoof, indien hy
tevrede is dat die landdros geskik en bevoeg
is om haar pligte te
hervat, sodanig reël.
[23] Op
die totaliteit van die aangevoerde getuienis het die appellant in
noodweer opgetree en kan daar nie gesê word dat sy weergawe
nie
redelik moontlik waar is nie.
[24] Gevolglik
word die volgende bevel verleen:
24.1 Die
appèl teen die skuldigbevinding en vonnis slaag en word die landdros
se bevel vernietig en vervang met âonskuldig en ontslaanâ.
â
n
Afskrif van hierdie uitspraak moet onverwyld onder die kantoorhoof
van die verhoorlanddros se aandag gebring word, sodat hy
oor
gepaste optrede kan besluit.
________________
G.A. HATTINGH, R
Ek
stem saam.
____________________
M. MOLEMELA, Wnd R
Namens
die appellant: Adv. P.W. Oberholzer
In
opdrag van:
Hill
McHardy & Herbst
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. V. de Bruyn
In
opdrag van: Direkteur Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp