De Wet v Senwes Bpk (858/2004) [2005] ZAFSHC 103 (8 September 2005)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contracts — Settlement agreement — Interpretation of settlement terms — Parties reached a settlement regarding payment obligations and the maintenance of a life insurance policy — Dispute arose over the interpretation of the clause regarding the cession of the policy's proceeds — Court held that the settlement extinguished prior obligations and confirmed the cession of the policy proceeds to the respondent — Applicant's claim dismissed, and respondent's counterclaim upheld with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 103
|

|

De Wet v Senwes Bpk (858/2004) [2005] ZAFSHC 103 (8 September 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 858/2004
In
die saak tussen:
PAUL
VENTER DE WET
Eiser
en
SENWES
BPK
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
30
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
8
SEPTEMBER 2005
_____________________________________________________
[1] Eiser het in saak nr.
18555/2002 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die
Hooggeregshof van Suid-Afrika aksie ingestel.
Die aksie was deur
verweerder verdedig.
Op
4 Junie 2004 was in voormelde Hof die volgende bevel uitgereik:
“
1. DAT in terme van Artikel 9(1)
van die Hooggeregshof Wet word hierdie saak oorgeplaas na die
Vrystaatse Hooggeregshof vir verhoor.
DAT die koste voorbehou word.”
Die koste van die aansoek
om oorplasing was kragtens voormelde bevel aan die orde gestel in die
onderhawige saak en sal hierinlater
aangespreek word.
[2] In saak nr. 98/2554
in hierdie Hof het die verweerder in die onderhawige aksie die eiser
in hierdie aksie aangespreek vir betaling
van gelde verskuldig.
Die aksie was verdedig
en was op 5 September 2000, blykens die oorkonde van die verrigtinge
in voormelde saak, bewysstuk “A”,
o.a. aan Van Coller R, aan wie
die verhoor toegedeel was, deur die partye se advokate die volgende
mededeling gemaak:
“
MNR. VAN
ROOYEN
: Soos ons u in Kamers meegedeel het, u Edele, is hierdie saak
geskik en soos ooreengekom my Geleerde Vriend sal die skikking in
die
band inlees.
HOF
: Ja, ek is bly om dit te hoor.
MNR.
VAN ROOYEN
: Soos dit u behaag.
HOF
: Ja, mnr. Brand?
MNR.
BRAND
: Mag dit u Edele behaag, ek verskyn vir die verweerder. Ek
bevestig wat my Kollega gesê het en met u verlof sal ek die skikking
wat die partye bereik het net op rekord inlees. Die saak is as volg
geskik:
1. Verweerder onderneem om aan eiser
die bedrag van R73 000 te betaal voor of op 28 Februarie 2001.
2. Verweerder
onderneem om aan eiser die bedrag van R130 000 te betaal voor of op 5
September 2001. Teen betaling van laasgemelde
bedrag, sal die eiser
toestem dat die verband wat tans geregistreer is oor ‘n onroerende
eiendom ter versekurering van hierdie
bedrag gekanselleer word.
HOF
: Net ‘n oomblik, sê u teen betaling van laasgenoemde bedrag sal?
MNR.
BRAND
: Sal die eiser toestem dat die verband wat oor ‘n onroerende
eiendom geregistreer is ter versekurering van hierdie bedrag
gekanselleer
word.
HOF
: Oor ‘n onroerende eiendom?
MNR.
BRAND
: Oor ‘n onroerende ..... ons het ongelukkig nie die beskrywing
nie. Daar is net een verband, so daar is nie ‘n kwessie oor
dit
nie.
HOF
: Ek neem nou aan die onroerende eiendom is seker die van die
verweerder?
MNR.
BRAND
: Van die verweerder.
HOF
: Moet ‘n mens dit daar insit?
MNR.
BRAND
: Soos u behaag, u Edele.
HOF
: Want anders is dit ‘n onroerende eiendom.
MNR.
BRAND
: Oor die onroerende eiendom van die verweerder.
HOF
: Geregistreer is, gekanselleer word.
MNR.
BRAND
: Gekanselleer word.
HOF
: Ja?
MNR.
BRAND
: Derdens, die verweerder onderneem om ‘n polis, nommer
10998671X1, op sy lewe en opbrengs waarvan eiser die sessionaris is,
in
stand te hou.
HOF
: Kan u net vir my weer daardie nommer gee?
MNR.
BRAND
: 10998671X1. Vierdens, verweerder betaal aan eiser ‘n bedrag van
R20 000 as bydrae tot regskostes voor of op 5 Oktober 2000.
HOF
: Voor of op 5 Oktober?
MNR.
BRAND
: 5 Oktober, dit is ‘n maand vanaf vandag. En dan vyfdens en
laastens, indien die verweerder in verstek sou wees by die bepaling
van enige bedrae voormeld, stem hy toe dat eiser vonnis kan neem soos
geëis in die dagvaarding en die partye versoek beide, as dit
u
behaag, om hierdie ooreenkoms ‘n bevel van die Hof te maak.
HOF
: Ja, is dit dan so?
MNR.
VAN ROOYEN
: Ek bevestig so, u Edele. Net volledigheidshalwe, daardie
verbandakte wat gekanselleer word, is verbandakte 11213/84.
HOF
: Ja, laat ek net die plek kry, deur betaling van laasgenoemde
bedrag sal die eiser toestem dat die verband, dan sê u dit is ‘n
nommer?
MNR.
VAN ROOYEN
: Dit is ‘n nommer, 11213/84.
HOF
: Is dit nou 1984?
MNR.
VAN ROOYEN
: 1984.
HOF
: Gekanselleer word.
MNR.
VAN ROOYEN
: Andersins stem ek saam dat dit die ooreenkoms is.
HOF
: U sê die bedrae was R73 000 en R130 000?
MNR.
BRAND
: Dit is R73 000 en R130 000 inderdaad, u Edele.”
Van Coller R het, nadat
die bepalings van die skikking aan hom oorgedra was, die volgende
bevel gemaak:
“WORD
DIT GELAS DAT : (By ooreenkoms)
[1] Verweerder onderneem om aan eiser
die bedrag van R73 000 voor of op 28 Februarie 2001 te betaal.
[2] Verweerder
onderneem om aan eiser die bedrag van R130 000 voor of op 5 September
2001 te betaal. Teen betaling van laasgenoemde
bedrag, sal die eiser
toestem dat die verband nommer 11213 van 1984 wat oor ‘n onroerende
eiendom van die verweerder geregistreer
is, gekanselleer word.
[3] Verweerder
onderneem om polisnommer 10998671X1 op sy lewe, die opbrengs waarvan
eiser die sessionaris is, in stand te hou.
[4] Verweerder
betaal aan eiser die bedrag van R20 000 as bydrae tot regskostes voor
of op 5 Oktober 2000.
[5] Indien
die verweerder in verstek sou wees met betaling van enige van die
bedrae soos voormeld, stem hy toe dat die eiser vonnis
kan neem soos
gevorder in die dagvaarding.”
[3] Paul
Venter de Wet, die aanvanklike eiser in die onderhawige aksie, en
verweerder in die saak waarin die bovermelde bevel gemaak
was, is
nadat die onderhawige saak ter rolle geplaas was, oorlede en is
vervang met die eksekuteurs in sy boedel. Ek sal egter steeds
na
eiser verwys as Paul Venter de Wet.
In die dagvaarding word
deur eiser gevorder:
“
1. ‘n Bevel ingevolge waarvan
verklaar word dat die eiser geregtig is op terugsessie van
Sanlampolis nr. 10998671X1.
Koste van geding.
Verdere en/of alternatiewe regshulp.”
[4] Verweerder
verdedig die aksie en het tydens die verrigtinge die bede in die
teeneis, met uitsluiting van koste, beperk tot:
“
2.2 ‘n Bevel
ingevolge waarvan eiser gelas word om die volle opbrengs van polis
nr. 10998671X1 aan verweerder te sedeer en alle
dokumentasie wat
nodig mag wees om sodanige sessie te bewerkstellig, te onderteken,
alternatiewelik dat die adjunk-balju van Bloemfontein
gemagtig en
gelas word om sodanige dokumentasie te onderteken indien eiser sou
versuim om sodanige dokumentasie te onderteken binne
14 dae na datum
van hierdie bevel.”
[5] Die partye was dit
eens en so ook was dit bevestig deur die getuienis van Joubert, die
enigste getuie namens eiser en Pitout,
die enigste getuie namens
verweerder, dat die bevel deur Van Coller R gemaak inderdaad die
skikking van hulle geskille in gemelde
aksie boekstaaf.
Die
partye het beklemtoon dat die genotuleerde bevel ‘n ware skikking
in die regstegniese sin van die woord is.
[6] Die
effek van ‘n skikking word deur A.A. Roberts se
Wessels’
Law of Contract in South Africa,
Vol.
I paragraaf 2471 p. 736 verduidelik:
“
2471.
In
the law of contract a valid transaction has an effect similar to
novation, for the
transactio
or compromise extinguishes
ipso
jure
the pre-existing litigious or uncertain obligation and puts in its
place the new obligation created by the compromise (Voet, 46.2.3;
Robertson
v Strydom
1924 C.P.D 199:
1923 J.D.R 344).”
In Kontraktereg en
Handelsreg van De Wet & Van Wyk (Vyfde Uitgawe) p. 270 word
bostaande regsbeginsel met byhaling van oorredende
gesag onderskryf.
R.H.
Christie se
Law
of Contract
(Vierde
Uitgawe) p. 535 beklemtoon dat die gevolge van ‘n skikking
dieselfde as
res
judicata
op
‘n vonnis met toestemming is, d.w.s. dat enige vorige bestaande of
nie-bestaande regsband uitgewis word en vervang word met die
verbintenis wat uit die skikking ontstaan.
[7] Die
bevel van Van Coller R het die gevolg gehad dat alle vorige
verbintenisse tussen die partye tot ‘n einde gekom het. Dit
sou
ook beteken dat, indien die skuldgrond wat weens ‘n skikking
beëindig word, onderliggend was tot ‘n sessie, daar die sessie
ook
beëindig word. (
LAWSA
Volume 2: Sv. Cession paragraaf 274 p. 172.)
[8] Die
hofbevel, die ooreenkoms tussen die partye, moet dus interpreteer
word met as vertrekpunt dat aan vorige verbintenisse wat
voorafgaande
die skikking in geskil was, nie enige impak het nie.
[9] Die
argumente en geskil het sentreer om die interpretasie van klousule 3
van die hofbevel. Vir gerief word dit herhaal:
“
[3] Verweerder onderneem om
polisnommer 10998671X1 op sy lewe, die opbrengs waarvan eiser die
sessionaris is, in stand te hou.”
Die
vertrekpunt moet wees dat by interpretasie, die bedoeling van die
woorde in die konteks waarin dit gebruik word, die gewone
grammatikale
betekenis gegee moet word. Indien duidelik, sal daarvan
nie afgewyk word nie. (
FIRESTONE
SOUTH AFRICA (PTY) LTD v GENTICURO AG
1977 (4) SA 291
(A) 304 E.)
Die
betrokke klousule behels, myns insiens, in duidelike terme dat die
feit van ‘n sessie van die opbrengs van ‘n polis op die
lewe van
die verweerder (eiser in hierdie saak) bevestig word en voorts dat
verweerder (in hierdie saak) die polis in stand moet
hou.
Bevestiging van die sessie as feit en die sessie t.o.v die volle
opbrengs is en kan niks anders beteken as dat die sessionaris
ergo
die verweerder in die onderhawige saak geregtig is op die opbrengs
van die polis nie.
[10] Die voorafgaande
noop tot die konklusie dat eiser se eis afgewys moet word en
verweerder se teeneis moet slaag.
[11] Koste
van die aksie behoort die resultaat te volg.
Die
koste van die aansoek om oorplasing vanaf die Transvaalse Afdeling
van die Hooggeregshof van Suid-Afrika na hierdie Afdeling,
verg egter
oorweging.
Dit moet aanvaar word
dat die aansoek om oorplasing genoodsaak was, weens die feit dat
eiser beswaar gemaak het teen die jurisdiksie
van die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof, om die teeneis te bereg.
Die aansoek om
oorplasing was geïnisieer deur verweerder en was in wese ‘n
versoek of vergunning. Die feit dat eiser moontlik
nie beswaar teen
die voorgestelde oorplasing geopper het nie, het nie noodwendig tot
gevolg dat eiser nie koste gehad het wat die
aansoek om oorplasing
betref nie. Daardie koste kom eiser toe, omdat verweerder die
vergunning versoek het.
[12] Die
volgende bevele moet volg:
Eiser se eis word
afgewys met koste.
Verweerder se teeneis
slaag met koste en word bevind dat die opbrengs van polis nr.
10998671X1 op die lewe van Paul Venter de Wet
op die uitkeerdatum
daarvan aan verweerder betaal moet word.
Verweerder om die koste
van die aansoek om oorplasing van die saak vanaf die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof
van Suid-Afrika (saak nr.
18555/2002) te betaal.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens
die eiser: Adv. G.C. Muller
In
opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. N. Davis
In
opdrag van:
Phatshoane
Henney Inc.
BLOEMFONTEIN
/sp