S v Jonathan and Others (425/1983) [1986] ZASCA 125; [1987] 1 All SA 386 (14 November 1986)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Appellants acquitted of murder due to lack of evidence of common purpose — Three appellants were in a cell with the deceased when he was murdered; however, the trial court found insufficient evidence to prove which appellant, if any, committed the act — The State's argument for a conviction based on alleged premeditated collaboration was rejected — The Supreme Court of Appeal held that the trial court's findings were correct and that the evidence did not support a reasonable inference of joint participation in the murder, leading to the conclusion that the appellants were not guilty.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 125
|

|

S v Jonathan and Others (425/1983) [1986] ZASCA 125; [1987] 1 All SA 386 (14 November 1986)

LL
Saak No 425/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen:
FRANK JONATHAN
Eerste Appellant
JANNIE
GOLIATH
Tweede Appellant
WILLIAM
CAMPHER
Derde Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: JANSEN, JOUBERT, HOEXTER, BOTHA ARR et
ELOFF WN AR
VERHOORDATUM
: 25 FEBRUARIE 1985
LEWERINGSDATUM
:
14 NOVEMBER.1986
UITSPRAAK
/
BOTHA AR
...
2.
BOTHA AR
:-
Na my mening behoort die appèl ten opsigte van al drie die
appellante te slaag, en behoort hulle skuldigbevindings en vonnisse
tersyde
gestel te word.
Soos in die uitspraak van my kollega JANSEN gedoen word, sal ek na die
appellante gesamentlik ver= wys as die beskuldigdes, en afsonderlik
as
beskuldigdes 1, 2 en 3.
Om my sienswyse te verduidelik, is dit nodig om ter aanvang kommentaar te
lewer oor die feit dat die verhoorhof nie die beskuldigdes
skuldig bevind het
aan moord nie. Die verhoorhof se bevinding in hier= die verband blyk uit die
volgende uittreksel uit die verhoorregter
se uitspraak, wat in my kollega JANSEN
se uitspraak aangehaal word, en wat ek gerieflikheids= halwe hier
herhaal:
"Dit is duidelik op al die getuienis dat een of meer van die beskuldigdes
wel die
/oorledene ...
3.
oorledene verwurg het, maar op al die aan=
gevoerde getuienis is dit nie bo redelike twyfel bewys watter een of meer dit
gedoen het
nie, of dat die beskuldigdes met 'n ge= meenskaplike doel opgetree
het nie."
Tydens die beredenering van die appèl is daar namens die Staat
betoog dat die bevinding van die verhoorhof, soos hierbo aangehaal,
verkeerd
was, en dat 'n skuldig= bevinding aan moord ten opsigte van al drie die be=
skuldigdes geregverdig sou gewees het. Die Staat
het weliswaar nie getrag om 'n
vervanging van die verhoorhof se bevinding te verkry ingevolge artikel 322 (1)
(b) van die Strafproseswet
nie, maar indien die betoog korrek is, dan val dit te
betwyfel of 'n skuldigbevind= ing aan begunstiging staande gehou sou kon word,
vanweë die aanvangswoorde van artikel 257 van die Strafproses= wet (waarna
ek later breedvoeriger sal verwys). Dit is dus nodig,
meen ek, om 'n duidelike
standpunt in te neem oor die vraag of die verhoorhof se bevinding, soos hierbo
aangehaal, korrek was.
Een van die aspekte van die getuienis wat my kollega JANSEN in sy
uitspraak behandel, is die wyse waarop
/dit ...
4.
dit gebeur het dat die beskuldigdes en die
oorledene saam in een sel beland het: hy verwys in dié verband na "die
mate van
willekeur van die beskuldigdes by die opsluit in een sel saam met die
oorledene", en vroeër in sy uitspraak, ter inleiding van
sy opsomming van
die getuienis oor hierdie aspek van die saak, sê hy dat daar aanduidings
is dat dit nie slegs toeval was dat
die drie beskuldigdes en die oorledene saam
op 23 November in enkelsel 1 beland het nie. Soos ek sy opmerkings verstaan,
verskil
hy in hierdie opsig van wat die verhoorhof se bevinding was. Aan die
verhoor= hof is 'n betoog namens die Staat voorgedra dat die
ge= tuienis aantoon
dat die beskuldigdes opsetlik en met voorbedagte rade dit so bewerkstellig het
dat hulle saam met die oorledene
in 'n sel kon kom om hom dood te maak. Hierdie
betoog is deur die verhoorhof verwerp, soos blyk uit die volgende uittreksel uit
die
verhoor= regter se uitspraak:
/"Die ...
5.
"Die Hof is egter van mening dat al sou hierdie
submissie moontlik waar kon wees, dit slegs op spekulasie moet berus en is dit
nie
die enigste redelike afleiding wat van die feite gemaak kan word nie. Die
beskuldigdes was nie vry om oor hulle eie lot te beskik
nie en daar was dus geen
waar= borg dat hulle saam met die oorledene in 'n
sel sou beland nie. Daar is ook geen ge= tuienis hoegenaamd om aan te
toon dat die beskuldigdes of die 28-bende enige wrok teen die
oorledene
gekoester het nie, of enigsins beplan het om hom by te kom nie. Daar is geen
getuienis van enige motief vir hierdie doodslag
nie en kon die motief net sowel
in die sel self ontstaan het terwyl hulle vier daar aangehou is."
Met hierdie benadering van die verhoorhof kan ek hoe=
genaamd
geen fout vind nie. In soverre my kollega JANSEN 'n ander mening daarop nahou,
moet ek met eerbied van hom verskil.
Soos ek gesê het, is daar namens die Staat be= toog dat 'n
skuldigbevinding aan moord ten opsigte van al drie die beskuldigdes
geregverdig
sou gewees het. Na my mening is die Staat se betoog nie korrek nie. Ek verstrek
vervolgens die redes vir my mening oor
hier=
/die ...
6. die aspek van die saak, en ek spits my
hoofsaaklik toe op die oorwegings wat verband hou met die bespreking wat later
sal volg
oor die kwessie van begunstiging.
In die breedste trekke berus die saak teen die beskuldigdes op die
volgende: hulle drie was alleen in die sel saam met die oorledene
toe
laasgenoemde vermoor is; kort daarna gee beskuldigde 1 twee keer 'n valse
verduideliking dat die oorledene 'n toeval gehad het,
waarop die ander
beskuldigdes swyg; twee keer word dit aan die beskuldigdes gestel dat hulle die
oorledene verwurg het, waarop al
drie van hulle swyg; daarna, by verskillende
geleenthede, verstrek al drie die beskul= digdes valse verklarings oor wat in
die sel
gebeur het; en uiteindelik lê nie een van hulle getuienis af by
die verhoor nie.
Die fundamentele vraag is of die voorgaande gegewens 'n afleiding van
aandadigheid of medepligtigheid ten opsigte van die moord regverdig
met
betrekking tot
/elkeen ...
7.
elkeen van die drie beskuldigdes. Wat op die
spel is, is die tweede van die welbekende reëls ten opsigte van "reasoning
by inference"
wat geformuleer is in
R v Blom
1939 A D 188
op
203:
"The proved facts should be such that they exclude every reasonable
inference from them save the one sought to be drawn. If they do
not exclude
other reasonable infer= ences, then there must be a doubt whether the inference
sought to be drawn is correct."
Die toepassing van hierdie logika-reël, aan die hand van menslike en
regterlike ervaring en kennis, behels in die huidige saak
'n ondersoek na die
vraag of daar op al die gegewens 'n redelike afleiding bestaanbaar is dat slegs
een of twee van die beskuldigdes
deelgeneem het aan die moord, in teenstelling
met die afleiding dat al drie van hulle daaraan deelgeneem het. By die
beantwoording
van hierdie vraag is veral die volgende oorwegings na my oordeel
van belang:
(1) Daar is nie bewys dat die beskuldigdes op die
/betrokke ...
8.
betrokke dag vooraf geweet het dat die drie van hulle saam in een sel
opgesluit sou word en dat die oorledene bowendien saam met
hulle op= gesluit sou
word nie. Ek het reeds daarop gewys dat ek geen rede kan vind om die korrekt=
heid van die verhoorhof se benadering
oor hier= die aspek van die getuienis te
betwyfel nie. Dit kom daarop neer dat daar nie bevind kan word dat die
beskuldigdes doelbewus
beplan het om saam met die oorledene opgesluit te word
nie, aangesien hulle geen beheer gehad het oor die aanwysing van enige bepaalde
sel waarin elk van hulle sou beland het, of oor watter mede-gevangenes saam met
elk van hulle opgesluit sou word nie. Soos die verhoorhof
tereg bevind het, sou
'n afleiding van doelbewuste optrede by die beskuldigdes in hierdie verband op
blote bespiegeling berus. Daar
moet dus noodwendig
/as ...
9.
as 'n redelike moontlikheid aanvaar word dat dit bloot toevallig was dat
die beskuldigdes en die oorledene saam in een sel opgesluit
is. Die
belangrikheid van hierdie uitsonderlike toedrag van sake kan toegelig word deur
dit te kontrasteer met ander soort gevalle
wat meer algemeen voorkom. Drie
gewapende mans breek by 'n huis in met die doel om 'n roof te pleeg; na hulle
vertrek, word die lyk
van die vermoorde huisbewoner daar aangetref. Of: drie van
'n groter groep gevangenes in 'n sel begelei 'n vierde na 'n afgeskorte
toiletgedeelte en maak die deur toe; nadat die drie uitkom, word die vierde se
vermoorde lyk daar aangetref. In sulke gevalle is
daar bewese gegewens van
'n gesamentlike optrede wat daarop dui dat die moord binne die
bestek van die gesamentlike op= trede kon geval het. As daar dan geen
ver=
duideliking vorendag kom van enige van die
/betrokke ...
10. betrokke persone nie, kan 'n afleiding dikwels geregverdig wees dat
hulle almal aandadig was aan die moord. So 'n afleiding
sou nie bespie= geling
wees nie; as 'n kwessie van logika spruit dit voort uit die gegewens plus die
afwesigheid van 'n grondslag
vir enige ander afleiding. In die huidige saak is
die posisie wesentlik anders. Omdat die beskuldigdes as 'n redelike moontlikheid
bloot toevallig saam met die oorledene in die sel beland het, is daar geen
gegewens van enige ge= samentlike optrede nie. 'n Afleiding
dat hulle in die sel
gesamentlik opgetree het om die oorle= dene te vermoor, sou sonder meer nie op
bewese gegewens berus nie, maar
sou logies gesproke blote bespiegeling
uitmaak.
(2) Die bykomende gegewens dat die beskuldigdes
aan een tronkbende behoort het en die oor= ledene waarskynlik aan 'n
ander, dui op 'n
/gemeenskaplikheid ...
11.
gemeenskaplikheid van belange van die drie teenoor die een, maar is op
sigself geen be-duidende aanwysing dat die drie meegewerk het
om die een te
vermoor nie. Die verdere getuienis dat vergeldingsaanvalle soms deur lede van
een bende op 'n lid van 'n ander bende
gedoen word, behels na my oordeel niks
meer as 'n suggestie dat so iets moontlik hier kon gebeur het nie; dit is maar
'n uiters wankel-rige
grondslag vir 'n afleiding van drieledige samewerking by
die pleeg van die moord. Daar-teenoor is die gemeenskaplike bendelidmaatskap
van
die beskuldigdes veelseggend in 'n ander opsig en in 'n teenoorgestelde rigting.
Ek verwys na die beskuldigdes se stilswye toe
hulle gekonfronteer is met die
feit dat die oorledene verwurg is. In die veronderstelling dat net een, of twee,
van hulle die moord
/gepleeg ...
12.
gepleeg het, is dit geredelik te begryp dat die ander twee of een nie
hulle, of sy, aan= dadigheid sou ontken nie, vanweë gevoelens
van
lojaliteit of selfs vrees. Dat hulle aldus sou opgetree het, is in
ooreenstemming met al= gemene ervaring, maar dit is ook insiggewend
dat
beskuldigde 2, toe hy op 2 Desember 1982 voor 'n landdros gebring is om 'n
verklaring af te lê, geweier het om dit te doen,
met die vol = gende
verduideliking aan die landdros:
"Baas sien ek is 'n '28' en ons is drie '28's' in die sel. Soos baas
self weet, as ek nou 'n verklaring maak teen die an= der 28's
sal ek nooit weer
die voorreg hê om in 'n hof te kan verskyn nie. Ek vra om a u b oorgeplaas
te word na 'n
ander tronk want ek vrees vir my lewe."
In hierdie omstandighede kan die beskuldigdes se stilswye nie dien as
enige grondslag vir 'n afleiding van aandadigheid aan die
moord nie. Dieselfde
geld ten opsigte van beskuldigde 1
/se ...
13.
se valse verklaring aan die
gevangenisbeampte van wat die oorledene sou oorgekom het, ten opsigte van al die
beskuldigde se latere
valse verklarings oor wat in die sel gebeur het, ten
opsigte van die stellings wat namens hulle in kruisondervraging gemaak is, en
selfs ook (al= hoewel in 'n mindere mate) ten opsigte van die beskuldigdes se
versuim om getuienis af te lê.
(3) Die feit dat die beskuldigdes se valse verklar=
ings vanaf die datum van hulle verskyning
voor 'n landdros ingevolge artikel 119 van die Straf= proseswet, op 11
Maart 1983, en daarna, in sekere opsigte, wat die inhoud daarvan
betref,
ooreenstem, maak na my oordeel geen wesentlike bevordering uit van die Staat se
saak teen hulle nie. Dit regverdig die afleiding
dat elkeen van hulle besluit
het om in 'n sekere mate die= selfde leuens te vertel as wat die ander
kwyt=
/geraak ...
14.
geraak het, as deel van elkeen se verdediging teen die aanklag teen
homself, maar dit regver= dig geensins bo redelike twyfel, as
'n kwessie van
logika, die verdere afleiding dat hulle in die sel, maande tevore, met 'n
gemeenskaplike, opset opgetree het om die
oorledene dood te maak nie. Dit word
ten beste toegelig deur beskuldigde 3 se latere verklarings, soos aan= gehaal in
my kollega
JANSEN se uitspraak, te vergelyk met die eerste verklaring wat hy 2
dae na die voorval gemaak het, wat soos volg lui:
"Ek het nie die ding gedoen nie, maar het gesien hoedat die ander twee in
die sel die oorledene verwurg. Hulle het die man met 'n
lyfband verwurg, waar=
voor weet ek nie want dit was onnodig."
Sy latere, andersluidende verklarings wys dat hy
'n leuenaar
is en dat hy die grondslag van sy ver= dediging verander het, maar dit wys nie
dat hy deelgeneem het aan die verwurging
van die oorledene
/nie ...
15.
nie. Dieselfde soort oorwegings
geld ten op= sigte van beskuldigde 1 en 2 se valse verklar= ings en die
ooreenstemmende aspekte
daarvan. En ten slotte geld dieselfde ook wat betref die
stellings wat namens die beskuldigdes gemaak is aan Staatsgetuies tydens
hulle
kruisondervraging. Dit is sekerlik 'n te wankelrige grondslag vir 'n
afleiding dat elke beskuldigde deelgeneem het aan die moord.
(4) Ten opsigte van die beskuldigdes se versuim om 'n redelik moontlike
verduideliking te gee van wat in die sel gebeur het, as
'n grondslag vir 'n
afleiding van elkeen van hulle se skuld ten aansien van die moord, is daar
weinig ruimte vir die aanwending van
die welbekende berede= nering van MALAN AR
in
R v Mlambo
1957 (4) S A 727
(A) op 737 D - 738 D, soos goedgekeur in
S v Rama
1966 (2) S A 395
(A) op 400 'n - 401 C (en vgl
S v
Steynberg
1983 (3) S A 140
(A) op
/146 F ...
16. 146 F - 148 E). Die logiese trefkrag van 'n
versuim om
te verduidelik, wat geld by 'n enkele
beskuldigde wat alleen in
staat is om dit te
doen, geld nie wanneer daar meerdere
beskuldig-
des is wat aanwesig was toe die oorledene
gedood
is en dit gaan om 'n afleiding van skuld
teen
almal van hulle nie. Die blote feit dat
daar
meerdere beskuldigdes is, bevat 'n inherente
kiem
van onsekerheid wat die betrokke afleiding
ont-
senu, soos duidelik blyk as 'n mens sou
veronder-
stel dat daar nie net 3 mense saam met die
oorledene
in die sel was nie, maar 5, of 15, of 25.
In
die geval van 'n enkele beskuldigde kan die af-
leiding van skuld geregverdig wees omdat daar
geen gegewens
bestaan wat kan dien as grondslag
vir enige ander afleiding nie;
maar in die
huidige geval sluit die gegewens die feit
in
dat daar 3 mense saam met die oorledene in die
sel was, waaruit 'n redelike moontlikheid vanself
/voortspruit ...
17.
voortspruit dat nie almal van hulle
deelgeneem het aan die moord nie. Daardie moontlikheid . berus nie op
bespiegeling nie, maar is
'n rede= like afleiding wat uit die gegewens gemaak
kan word, as alternatief tot die afleiding dat hulle almal deelgeneem het. (5)
Met die oog op die oorwegings in die voorgaande paragrawe uiteengesit,
kumulatief beskou, is ek van oordeel dat die beskuldigdes
se versuim om by die
verhoor getuienis af te lê, 'n oorweging is wat nie voldoende gewig dra om
'n skuldigbevind= ing aan moord
met betrekking tot al drie van hulle te
regverdig nie. Daarvoor was die Staat se saak teen hulle te swak. Ek sê
dit met in=
agneming van die gesamentlike uitwerking van al die faktore wat teen
die beskuldigdes in aanmerk= ing geneem kan word, en wat ek
hierbo bloot ter
wille van gerief afsonderlik behandel het. 'n Redelike afleiding dat al drie by
die moord betrokke was, is nie beduidend
genoeg sterker as 'n redelike afleiding
dat net een of twee van hulle daarby betrokke was, so= dat hulle versuim om te
getuig die
saak teen
/hulle ...
18.
hulle gesamentlik kon beklink het
nie.
Teen die voorgaande agtergrond moet die verhoorhof se skuldigbevinding
van die beskuldigdes aan begunstiging by die moord nou in oënskou
geneem
word. Hierbo het ek die moontlikheid dat een of twee van die beskuldigdes die
moord gepleeg het, gestel teenoor die moontlikheid
dat al drie van hulle daartoe
saamgewerk het. Vir huidige doeleindes moet die saak benader word op die
grondslag van 'n redelike
moontlikheid dat slegs eén van hulle die moord
gepleeg het, want alhoewel dit waarskynliker mag wees dat twee dit gedoen het
eer-der as net een, is die waarskynlikhede geensins sterk genoeg om die redelike
moontlikheid uit te sluit dat net een as die moordenaar
opgetree het nie. Op
daar-die grondslag is ek van mening, aan die hand van die-selfde oorwegings wat
ek genoem het om aan te toon
dat die verhoorhof die beskuldigdes tereg nie
skuldig bevind het aan moord nie, dat die verhoorhof insgelyks hulle
/ook ...
19. ook nie skuldig behoort te bevind het aan
begunstiging nie, soos sal blyk uit wat volg.
Ter aanvang van die bespreking van begunstiging in die samehang van die
feite van hierdie saak, is dit nodig om ietwat breedvoerig
aandag te skenk aan
die be= slissing van hierdie Hof, by monde van SCHREINER AR, in die bekende saak
R v Gani and Others
1957 (2) S A 212
(A), veral met die oog op wat
daaroor gesê word in die uitspraak van my kollega JANSEN.
Die feite in die
Gani
-saak is welbekend. Die oorledene is vermoor
en sy lyk is weggesteek in 'n ou mynskag. Die verhoorhof het bevind dat die drie
be=
trokke beskuldigdes saamgewerk het om die oorledene se lyk te verberg, en
dat een, of twee, of al drie van hulle, afsonderlik of
gesamentlik, die moord
gepleeg het, maar dat daar nie bevind kon word watter een of meer van hulle dit
gedoen het nie. Die vraag
waaroor hierdie Hof moes besin, was of in daardie
omstandighede
/al ...
20.
al drie die beskuldigdes skuldig bevind kon word
aan begunstiging. Destyds het artikel 191 (2) van die vorige Strafproseswet, Wet
56 van 1955, voorsiening gemaak vir die skuldigbevinding van iemand as 'n begun=
stiger ten opsigte van 'n misdaad (toe nog genoem
"'n medepligtige na die daad")
op 'n aanklag dat hy daardie misdaad gepleeg het. Die tersaaklike gedeelte van
artikel 191 (2) het
so gelui:
"Iemand wat weens 'n misdryf aangekla word, kan as 'n medepligtige na
die daad ten opsigte van daardie misdryf skuldig bevind
word,
indien die feite dit bewys
"
(my beklemtoning).
Die uitspraak van SCHREINER AR in die
Gani
-saak oor die vraag wat
daar beslis moes word, val in twee gedeeltes. Ek vind dit onvermydelik om albei
gedeeltes volledig aan te
haal. Ter wille van gemak van terug= verwysing, gaan
ek die twee gedeeltes afsonderlik aan= dui as gedeelte A en gedeelte B:
/
Gedeelte
...
21.
Gedeelte A
:
," The first matter to be examined is the nature of the crime of being
an accessory after the fact, as that expression is used in
sec. 191 (2). Under
the legislation in force in 1925 it was held in
Rex v Mlooi and Others
,
1925 A.D. 131
, that the crime of being an acces= sory after the fact is distinct
from the prin= cipal crime and not part of it. Consequently it
was held that on
an indictment for murder a conviction of being guilty as an accessory after the
fact was not competent. To change
the effect of that decision the predecessor of
sec. 191 (2), sec. 230 (2), was introduced by sec. 27 of Act 39 of 1926; but,
although
a person charged with a crime could thereafter be found guilty on that
indictment of being an accessory after the fact, they remained
distinct crimes
(cf,
Rex v. Sikepe
,
supra
).
It is clear that the crime of being an accessory after the fact, as that
expression is used in our legislation and practice, is commit=
ted only when a
person does acts in relation to a crime committed by another. One may, no doubt,
commit the crime of defeating or
obstruct= ing the course of justice in relation
to a crime committed by oneself, and many, or possibly all, acts constituting
the
crime of defeating or ob= structing the course of justice would render the
doer liable as an accessory after the fact if he was not
himself the perpetrator
of the principal crime. But sec. 191 (2) deals only with the crime of being an
accessory after the fact to
a crime and that means behaving in
/certain ...
22.
certain ways in respect of another person's crime. This accords with the
language of sec. 327 of Act 56 of 1955, which is in the same
terms as the old
sec. 139 to which refer= ence was made in
Mlooi
's case,
supra
, at
pp. 140, 144 and 159.
We were referred by counsel for the Crown to authorities which go to show
that in our law being an accessory after the fact covers
a somewhat wider field
than in English law, from which the expression is derived. This subject was
discussed by the Privy Council
in
Nkau Majara v. The Queen
,
1954 A.C.
235.
But no support is thereby lent to the view that one who has committed a
crime is in our law guilty of being an accessory after the
fact to his own crime
if he tries to prevent the discovery of the crime by disposing of the body or by
similar conduct.
Starting then from the position that one who murders another is not
guilty of being an accessory after the fact if he hides the body,
the question
arises whether if a person is proved to have made away with a body and is
subsequently tried for murder he can be found
guilty of being an accessory after
the fact if the trial Court, though not satisfied that he was the murderer, is
also not satisfied
that he was not. It seems to me that in such a case the Crown
has not proved a necessary ingre= dient of the crime of being an accessory
after
the fact, namely, that the accused was not the murderer. The effect of sec. 191
(2) is to introduce into all indictments an
implied alter= native charge, of
being an accessory after the
/fact ...
23.
fact to the main charge. Where the accused is proved to have done acts
amounting to a covering up of the crime it is clear that he
is guilty either of
having committed the principal crime or having been an accessory after the fact
to it. It is in these circum=
stances unsatisfactory if he is to be acquitted on
both charges merely because it is not estab= lished which of the two crimes he
has committed. Nevertheless I know of no authority for the proposition that
whenever it is proved beyond reasonable doubt that an
accused person has
committed one of two crimes with which he is charged in the alternative he can
be convicted of one - for instance
of the less serious one.
It was suggested in the course of argument that in such a case as the one
just discussed the Court's finding of not guilty of the
princi= pal crime has
the effect that the accused must
be taken for the purposes of the
alternative charge not to have committed the principal crime. But I do not think
that this position
can logi= cally be maintained since a verdict of not guilty
means no more than that the accused has not been proved to have committed
the
crime, though he may well have done so. If the accused were charged only with
being an accessory after the fact the Crown would
have to show that he was not
guilty of the principal crime, and it would be anomalous if the position were
different when he is charged
with the principal crime, the crime of being an
accessory after the fact coming in only as the implied alternative charge. In
effect
one would be saying that when the ac= cused is charged with murder and
has undoubtedly
/made ...
24.
made away with the body he cannot be allowed to
object to being found guilty of being an accessory after the fact even though,
because
he may have been the murderer, an essential in= gredient of the crime of
being an accessory after the fact has not been proved against
him. Such an
approach might seem to have merits from a common sense point of view, but it
would in= fringe the principle that before
a person can be found guilty of a
crime it must be proved beyond reasonable doubt that he committed it."
Gedeelte B
:
" But the Crown advanced an argument which, while it would not cover the
case of the single individual who conceals the body of a
person whom he may or
may not have murdered, was claimed to be valid in a case like the present where
there are several accused who
have tried to cover up a crime which may only have
been committed by one of them. In such a case, it was contended, the accused
persons
other than the actual mur= derer commit the crime of being an accessory
after the fact to his crime when, as for instance here, they
hide the body. That
crime of theirs, as has been observed above, is their own distinct crime and not
part of the crime committed
by the murderer. If then the actual murderer acts in
concert with them he is, it is true, taking steps in the concealment of the
murder committed by him but he is at the same time participating in their crime
of being accessories after the fact to the murder.
It was argued on behalf of the accused that
/it ...
25.
it would be a curious result if one
who might have been the sole murderer could be found guilty of being an
accessory after the fact
if he joined with others in disposing of the body but
not if he acted alone. But this conse= quence, assuming it to be somewhat
surprising,
would be the result of the restricted definition of being an
accessory after the fact. Given that definition there is nothing illogical
or
incongruous in the consequence.
The main answer to the Crown's contention that was presented was that
when the murderer as= sociates with others in concealing the
body he is really
acting for himself and to protect himself and is not aiding the others. But I do
not think that this answer is
a valid one. No doubt his ultimate object is to
save himself from the consequences of his crime but in so doing he co-operates
with
other persons who commit a crime by concealing the body. What= ever his
motive might be, it is difficult to see how by knowingly
co-operating with them
in their criminal conduct he can fail to be a party to their crime. In my view
the Crown's con= tention must
be upheld; so that even in the testing case where
it is assumed that one only of the three accused committed the murder he could
be found guilty of being a
particeps criminis
in the crime of being an
accessory after the fact of murder."
Wat betref gedeelte B van die uitspraak van SCHREINER AR, wys my kollega
JANSEN daarop dat dit deur
/akademici ...
26.
akademici gekritiseer is. Vir my doeleindes is dit onnodig om die kritiek
te ontleed. Ek sal volstaan met die opmerking dat die kritiek
my nie
beïndruk nie. Ek is dit volkome eens met my kollega JANSEN dat, wat
gedeelte B betref, die beslissing in die
Gani
-saak op gesonde beleid
berus en dat dit as geldende reg aanvaar moet word. Dit sal dus nodig wees om te
oorweeg of die feite in die
huidige saak tuisgebring kan word onder die beginsel
wat vervat is in gedeelte B van die
Gani
-uitspraak. Daarop sal ek later
terugkom. Eers is dit nodig om aandag te skenk aan gedeelte A van die
uitspraak.
Gedeelte A van SCHREINER AR se uitspraak is in die saak
S v
Rossi-Conti
1971 (2) S A 62
(R A D) deur die Appèlhof van
Rhodesië, by monde van LEWIS AR, be= stempel as "fallacious", en verwerp.
Daar word (op
65 E-H) met goedkeuring verwys na die kritiek wat De Wet en
Swanepoel,
Die Suid-Afrikaanse Strafreg
(2de
/uitg) ...
27.
uitg) op 175-6 uitgespreek het op die
Gani
-beslissing, en dan gaan
die uitspraak van LEWIS AR soos volg voort:
" I agree with the view expressed by the learned authors and I would
only like to amplify what they have said. The line of reasoning
adopted by the
learned Judges in
Gani
's case does not take into account the fact that
there is a presumption of innocence in our criminal law and the situation can
therefore
never arise where the State has first to prove that the accused did
not
com= mit the principal crime before it can go on to ask for his
conviction as an accessory after the fact. Furthermore, the line
of reasoning
adopted also tends to stultify the whole pur= pose of the amendment to the
Criminal Proce= dure and Evidence Act in
South Africa, intro= duced by sec. 191
(2) - the equivalent of our sec. 245 (2) - in terms of which a verdict of being
an accessory
after the fact is now a competent verdict on an indictment charging
the commission of the principal crime. When= ever the State charges
an accused
with the principal crime, it asserts in the indictment that he is guilty of it
and leads evidence in an endeavour to prove
this. If the State were required to
perform a forensic
volte face
in the course of the trial by endeavouring
to prove beyond a reasonable doubt that the ac= cused did
not
commit the
crime charged before being entitled to the special verdict under the section,
then an impossible situation would arise
and in practice the State could
never
/secure ...
28.
secure a conviction of being an accessory after
the fact. It seems to me that the Legislature, in introducting the amendment,
must
be presumed to have intended that the mere verdict of not guilty on the
principal charge would be suffi= cient to get round the difficulty
created by
the rule that a person cannot be an accessory after the fact to his own crime,
and to let in the lesser verdict of being
such an accessory as a competent
verdict. After all, that ver= dict of not guilty of the principal crime charged
is final and definitive,
entitling the accused to defeat any subsequent
prosecutions for it by the plea of
autrefois acquit
. I can see no
reáson whý the Court should be concerned by any misgivings that
the accused may have com= mitted the
principal offence although the State
evidence did not prove this beyond a reasonable doubt. As
de Wet and
Swanepoel
point out, the verdict of not guilty is alone sufficient to
justify the lesser verdict of being an accessory after the fact."
Na my mening, met eerbied, is hierdie beredener= ing geheel en al
verkeerd en verwerplik. Om mee te begin, het LEWIS AR die kritiek
van
De Wet
en Swanepoel
heeltemal verkeerd vertolk, as sou dit daarop gemik wees dat
die blote feit van die onskuldigbevinding op die hoofaanklag tot gevolg
het dat
'n skuldigbevinding aan begunstiging geregverdig is (dieselfde fout blyk
elders
/in ...
29.
in die uitspraak: kyk op 67 E); in
werklikheid was die kritiek juis gemik op die teenoorgestelde gevolg= trekking,
naamlik dat "die
eenvoudige waarheid van die saak" is dat nie een van die
beskuldigdes as 'n begun= stiger beskou kon word nie (op 176). Maar 'n ernstiger
denkfout in die beredenering van LEWIS AR, wat die hele kern daarvan aantas, is
sy beskouing van die doel en strekking van artikel
191 (2) van die vorige Straf=
proseswet. In die eerste paragraaf van gedeelte A van SCHREINER AR se uitspraak
(kyk die aanhaling
hier= bo) het hy daarop gewys dat artikel 191 (2) se voor=
ganger in ons strafproseswetgewing ingevoer is deur artikel 27 van Wet
39 van
1926, as 'n regstreekse gevolg van die beslissing in
R v Mlooi and Others
1925 A D 131.
(Hierdie gedeelte van SCHREINER AR se uitspraak is nie deur LEWIS
AR aangehaal nie, en is klaarblyklik deur hom oor die hoof gesien.)
In die
Mlooi
-saak was die feite dat die betrokke beskuldigdes, wat
aangekla
/was ...
30.
was van moord, ten duidelikste nie deelgeneem
het aan die moord nie, maar slegs as begunstigers opgetree het nadat die moord
deur
'n ander persoon, soos bewys is, gepleeg is. Die Hof het bevind dat dit nie
moontlik was om die beskuldigdes op 'n aanklag van moord
skuldig te bevind aan
begunstiging ten opsigte van moord nie. Daarom het die Wetgewer ingegryp om die
regsposisie te wysig, soos
SCHREINER AR aangetoon het. Dit is van die grootste
belang om daarop te let dat in die
Mlooi
-saak daar geen sprake was van
onsekerheid oor wie die moord gepleeg het nie; volgens die getuienis het dit
vasgestaan dat dit deur
'n bepaalde persoon, wat nie een van die begunstigers
was nie, gepleeg is. Die doel van artikel 191 (2) se voorganger, en dus van
artikel 191 (2) self ook, was klaarblyklik om 'n skuldig= bevinding aan
begunstiging moontlik te maak waar X aangekla word van moord
en dit uit die
getuienis blyk dat Y die moord gepleeg het en dat X as 'n begunstiger
/daarby ...
31.
daarby opgetree het. Die doel van die artikel
was nie om die geval te dek waar X aangekla word van moord en dit aan die hand
van die
getuienis nie bepaal kan word of X dan wel Y of Z die moord gepleeg het
nie. Dat dit nie die doel van die artikel was nie, blyk sonder
twyfel uit die
woorde wat ek vroeër beklemtoon het, naamlik:
"
indien die feite dit bewys
."
Om die punt te onderstreep, is dit gerade om die Engelse weergawe van die
artikel aan te haal, weer eens met be= klemtoning van die
belangrike
woorde:
"Any person charged with an offence may be
found guilty as
an accessory after the
fact in respect of that offence
if such
be
the facts proved
"
As die feite dus twyfel laat oor die vraag of die be= skuldigde (of enige
van meerdere beskuldigdes) die moord gepleeg het, kan hy
(of daardie een) nie
skuldig bevind word aan begunstiging nie, vanweë die grond=
/beginsel ...
32.
beginsel dat 'n mens nie as begunstiger kan
optree ten opsigte van 'n misdaad wat jy self gepleeg het nie (be= halwe as 'n
medepligtige
van ander begunstigers, vol= gens gedeelte B van SCHREINER AR se
uitspraak).
Uit die voorgaande oorwegings volg dit, met eerbied, dat elke skakel in
die beredenering van LEWIS AR totaal ongegrond is. Dit is
nie korrek dat
SCHREINER AR se sienswyse in gedeelte A van sy uitspraak "tends to stultify the
whole purpose" van artikel 191 (2)
nie. Dit is nie korrek dat SCHREINER AR se
sienswyse daartoe sal lei dat "an impossible situation would arise and in
practice the
State could never secure a conviction of being an accessory after
the fact". Die
Mlooi
-saak bewys die teenoorgestelde. Dit is nie korrek
dat die Wetgewer beoog het "to get round the difficulty created by the rule that
a person cannot be an accessory after the fact to his own crime" - dit is 'n
gedagte wat uit die lug gegryp is. Dit is nie korrek
dat die Hof nie
/besorgd ...
33.
besorgd hoef te wees oor die vraag of die beskuldigde die ten laste
gelegde misdaad gepleeg het nie - as die redelike moontlikheid
bestaan dat hy
dit wel ge= doen het, kan hy nie skuldig bevind word as 'n begunstiger nie
(behalwe volgens toepassing van die medepligtigheids=
aspek van gedeelte B van
die uitspraak). Die berede= nering as 'n geheel is 'n mistasting; dit berus op
'n miskenning van die agtergrond
en die doel en die bewoord= ing van artikel 191
(2).
Dit is natuurlik so dat dit onbevredigend is om
'n
beskuldigde vry te laat gaan omdat dit nie seker is of hy self die moord gepleeg
het dan wel of hy slegs as begunstiger daarby
opgetree het nie. Dit het
SCHREINER AR ook besef, soos blyk uit gedeelte A van sy uitspraak. Maar dit is
'n saak wat die Wetgewer
moet regstel; dit veroorloof nie die Hof om of die
duidelike bewoording van die artikel of die reël dat iemand nie as
begunstiger
van sy eie misdaad kan optree nie, te verontagsaam nie.
/Soos ...
34.
Soos HOEXTER Wn AR dit gestel het in
Tiollo
Ateliees (Eins) Bpk v Small
1949 (1) S A 856
(A) op 877:
"It is impossible to abolish a well-recognised doctrine of the common
law by a stroke of the judicial pen; that is a matter for the
law=
maker."
In
S v Velumurugen and Another
1985 (2) S A 437
(D & C) het
LAW R bevind (op 446 G) dat gedeelte A van SCHREINER AR se uitspraak 'n
obiter dictum
was, en het hy voorkeur gegee aan die beredenering van
LEWIS AR. Ek vind dit onnodig om te beslis of gedeelte A van SCHREINER AR
se
uitspraak inderdaad
obiter
was. Dit is genoeg om te sê dat dit na
my mening onaanvegbaar is en dat dit nagevolg moet word, ook met betrekking tot
artikel
257 van die huidige Strafproseswet, wat soos volg lui (in soverre dit
hier ter sake is):
"Indien die getuienis by strafregtelike ver= rigtinge nie die pleging van
die ten laste gelegde misdryf bewys nie
maar bewys dat die beskuldigde
skuldig is as begunstiger by daar
=
die misdryf
, kan die beskuldigde skuldig
bevind word aan begunstiging by daardie misdryf."
/Die ...
35.
Die woorde wat ek beklemtoon het, toon aan dat
die strekking van artikel 257 in die opsig wat onder be= spreking is, wesentlik
presies
dieselfde is as dié van sy voorganger, artikel 191 (2) van die
vorige Straf= proseswet. By die inleidende woorde van artikel
257 moet daar
klaarblyklik veronderstel word dat die pleg= ing van die ten laste gelegde
misdryf
deur die beskuldigde
nie bewys is nie, want as die pleging van
die misdryf hoegenaamd nie bewys is nie, kan daar natuurlik in elk geval geen
sprake wees
van begunstiging nie. (In die verbygaan wys ek daarop dat hierdie
woorde dit onmoont= lik sou maak om die beskuldigdes in die huidige
saak skuldig
te bevind aan begunstiging as dit bewys sou gewees het dat hulle al drie
inderdaad deelgeneem het aan die moord.) Die
woorde van artikel 257 wat ek in
die aanhaling hierbo beklemtoon het, beteken dat 'n be= skuldigde nie skuldig
bevind kan word aan
begunstiging nie as die getuienis dit onseker sou laat of hy
self
/die ...
36.
die ten laste gelegde misdryf gepleeg het al dan nie. Dit is nie ter
sake dat 'n onskuldigbevinding aan die ten laste gelegde misdryf
"final and
definitive" is, soos LEWIS AR dit gestel het nie, omdat dit nie die duidelike
betekenis van die betrokke woorde ongedaan
kan maak nie. Dit volg dus dat ek,
met eerbied, nie met die beslissing van LAW R in die
Velumurugen
-saak
supra
kan saamstem nie.
Om die redes hierbo uiteengesit, moet ek met eerbied, maar met
beslistheid, verskil van my kollega JANSEN se sienswyse, met verwysing
na die
be= nadering van LEWIS AR in die
Rossi-Conti
-saak
supra
, dat "dit
skyn nie onaanneemlik te wees nie".
/Vervolgens ...
37.
Vervolgens is dit nodig om oorweging te skenk
aan die vraag of die skuldigbevinding van die beskuldig= des aan begunstiging in
die
huidige geval geregverdig is aan die hand van gedeelte B van SCHREINER AR se
uit= spraak. Die kern van daardie gedeelte van die uit=
spraak is geleë in
die gesamentlike optrede en samewerk= ing wat daar tussen die beskuldigdes was
om die moord te verdoesel:
dáárin is die veronderstelde moordenaar
se medepligtigheid gevind ten opsigte van die ander beskuldigdes se
begunstiging.
Die verhoorhof se beredenering aangaande die kwessie van begunstiging
blyk uit die laaste passasie van die verhoorregter se uitspraak,
wat in die
uitspraak van my kollega JANSEN aangehaal word. Die inleidende sin daarvan lui
soos volg:
"Die Hof is dan ook van mening dat aldrie
/die ...
38.
die beskuldigdes wel skuldig is aan begun= stiging by die moord op die
oorledene daar aldrie van hulle doelbewus gepoog het om die
skuldige of
skuldiges te beskerm en hulle sodoende hul straf te laat vryspring."
Voorts verwys die verhoorregter dan na die besondere optredes van elk van
die beskuldigdes. Ek staan eers net stil by die geval van
beskuldigde 1. Daar
word genoem dat hy 'n valse verklaring gemaak het van wat in die sel gebeur het,
aan die gevangenisbeamptes en
later in die landdroshof, en dan word daar
gesê dat dit was "bedoel om die moordenaar te beskerm". Daar is, met
eerbied, 'n
fout in hierdie beredenering, wat uitgewys kan word deur die
eenvoudige vraag te stel: "watter moordenaar?" As die hipotese aanvaar
word,
soos dit moet, dat beskuldigde 1 self en alleen die moordenaar was, dan kon sy
genoemde valse verklarings alleenlik daarop
gemik gewees het om homself te
beskerm, en dit kan regtens nie begunstiging daarstel nie. Die
/korrektheid ...
39.
korrektheid van die bevinding dat nie een van die beskuldigdes skuldig
bewys is aan moord nie, lei onvermydelik, op 'n logies omgekeerde
grondslag, tot
die gevolgtrekking dat nie een van hulle skuldig be= vind kon word aan
begunstiging nie, tensy daar bewys is dat hulle
saamgewerk het en dus
medepligtiges was met betrekking tot die verdoeseling van die moord of die
beskerming van die moordenaar(s).
Wat geld vir beskuldigde 1, geld ook vir
beskuldigdes 2 en 3, en wat aangaande hulle optrede gesê word in die ge=
noemde passasie
van die verhoorregter se uitspraak. Die geval van beskuldigde 3
is veral insiggewend. Met verwysing na sy verklaring aan Schoeman
dat dit hy is
wat in die sel geskree het, sê die verhoor= regter:
"Die enigste afleiding wat gemaak kan
/word ...
40.
word, is dat hy geskree het as deel van sy samewerking met die ander twee
om die omstandighede van die misdaad te verdoesel, soos
hulle dan ook gedoen
het."
Ek kan, met eerbied, nie met hierdie bevinding saam= stem nie. Die
afleiding dat beskuldigde 3 ge= skree het as deel van enige samewerking
van
watter aard ook al tussen hom en die ander beskuldigdes,
is
hoegenaamd nie die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word nie; dit
berus, om die waarheid te sê, op blote bespiegeling,
want daar bestaan
geen bewese gegewens wat die afleiding onderskraag nie.
Dit wil voorkom asof die verhoorhof die same=
/werking ...
41.
werking van al die beskuldigdes,
ook beskuldigdes 1 en 2, tenopsigte van begunstiging, vasgeknoop het aan wat
reeds in die sel gebeur
het. Na my mening is so 'n beskouing, as 'n kwessie van
logika, onbestaanbaar langs die verhoorhof se bevinding dat die beskuldigdes
nie
skuldig bevind kon word aan moord nie. In die geval van beskuldigde 3,
byvoorbeeld, is die afleiding van samewerking ten opsigte
van begunstiging
onversoenbaar met die verwerping van 'n afleiding van samewerking ten opsigte
van die moord self. Die gegewens met
betrek-king tot die een of die ander
afleiding is dieselfde; as die een nie geregverdig is nie, moet dit logies volg
dat die ander
ook nie is nie. En presies dieselfde oorwegings geld ten aansien
van beskuldigdes 1 en 2. Op die keper beskou, is die posisie dan
soos volg: die
gevolgtrekking dat die beskuldigdes nie skuldig bevind kon word aan moord nie,
behels 'n bevinding dat dit nie die
enigste redelike afleiding uit die bewese
gegewens
/is ...
42.
is dat elk van hulle saamgewerk het tot die pleeg van die moord nie; al
die redes wat ek vroeër genoem het waarom ek met hierdie
bevinding
saamstem, is eweseer van toepassing op die vraag of dit die enigste rede= like
afleiding uit die bewese gegewens is dat
elk van die beskuldigdes saamgewerk het
tot begunstiging by die moord; en dit volg dus dat hierdie vraag ook ont=
kennend beantwoord
moet word. Dit volg verder dat hierdie gevolgtrekking nie
slegs van toepassing is op die gebeure in die sel nie, maar ook op wat
daarna
gebeur het: beskuldigde 1 se valse verduideliking, al die beskuldigde se
stilswye, en al drie se latere valse verklarings.
Aandadigheid of
medepligtigheid tot begunstiging word getref deur dieselfde lot as aandadigheid
of medepligtigheid tot die moord.
Die enigste denkbare grondslag waarop daar be= vindsou kon word dat die
beskuldigdes saamgewerk het en dus medepligtiges was ten
opsigte van
begunstiging,
/is ...
43.
is dat hulle sou saamgespan het om valse verklarings met 'n inhoud van
dieselfde strekking te maak. Dié moontlikheid kom veral
ter sprake in
verband met die verklarings wat beskuldigdes 1 en 2 op 11 Maart 1983
afgelê het toe hulle in die landdroshof
verskyn het op
'n
aanklag van moord. Dié verklarings, wat afgelê is ingevolge artikel
115, gelees met artikels 119 en 122, van die Strafproseswet,
het dit in gemeen,
dat beide beskuldigdes 1 en 2 beweer het dat hulle in 'n sel ge= plaas is waar
die oorledene skynbaar reeds dood
gelê het. In hierdie verband kan die
vraag eerstens ont= staan of die verklarings gebruik kan word om tegelyker= tyd
te bewys
dat daar 'n sameswering was tussen die beskuldigdes ën dat die een
se verklaring derhalwe toelaatbare getuienis is teen die
ander. 'n Bespreking
van so 'n vraag in soortgelyke omstandighede kom voor in
R v Victor and
Another
1965 (1) S A 249
(R A D) op 253 G - 256 F. Ek ag dit onnodig om op
hierdie vraag
/in ...
44.
in te gaan, met die oog op wat hieronder volg,
en sal dus bloot veronderstel dat die antwoord daarop
positief
is.
Die volgende vraag is of die verklarings wat die beskuldigdes gemaak het
nadat hulle ingevolge arti= kel 119 van die Strafproseswet
in die landdroshof
ver= skyn het en onskuldig gepleit het op 'n aanklag van mpord, gebruik kan word
as bewys van samespanning tot
begunstiging, om te dien as die grondslag vir 'n
skuldig= bevinding aan begunstiging ingevolge artikel 257 van die
Strafproseswet,
wanneer hulle later teregstaan op 'n aanklag van moord. Na my
oordeel moet hierdie vraag ontkennend beantwoord word. Waarom dit hier
gaan, is
'n element, 'n noodsaaklike bestanddeel, van die oortreding self wat ter sprake
is. Dit is vir my 'n vreemde en onaanvaarbare
gedagte dat 'n beskuldigde skuldig
bevind kan word aan 'n oortreding waarvan 'n nood= saaklike bestanddeel eers
deur hom gepleeg
is nadat hy
/alreeds ...
45.
alreeds in 'n hof verskyn het op 'n aanklag en daarop onskuldig gepleit
het, en die betrokke oortreding 'n stilswyende alternatief
uitmaak van
dié wat in die gestelde aanklag vervat is. Dit skyn my klaarblyklik in
stryd te wees met die gebruiklike en elementêre
be= ginsels van ons
regspleging. En as die verklarings voor die landdros nie gebruik kan word as
grondslag vir die skuldigbevinding
van beskuldigdes 1 en 2 nie, dan volg dit des
te meer dat die latere verklarings van enige van die drie beskuldigdes ook nie
vir
dié doel aangewend kan word nie, en nog minder die stel= lings wat
namens die beskuldigdes in kruisondervraging in die verhoor
self gemaak is. Ek
kan dus met
/eerbied ...
46.
eerbied nie met my kollega JANSEN se sienswyse saam= stem dat 'n
"verstandhouding" wat tussen die beskuldig= des tot stand moes gekom
het "in een
of ander stadium voor die verhoor", om die moord met valshede te ver= doesel, 'n
grondslag kan vorm vir 'n skuldigbevinding
aan begunstiging nie. Die verreikende
strekking van so 'n sienswyse kan toegelig word deur die geval te stel waar
meerdere beskuldigdes
uitdruklik begunstig= ing tot 'n misdaad ten laste
gelê word (in plaas van by wyse van 'n stilswyende alternatief), waar
hulle
dan ingevolge artikel 119 verklarings aflê wat ooreenstem= mend en
vals is met betrekking tot die misdaad self, en dit herhaal
by die verhoor, en
daar dan aangevoer word dat sodanige verklarings die grondslag kan vorm van 'n
skuldigbevinding aan begunstiging.
Indien daar egter veronderstel sou word dat be= skuldigdes 1 en 2 se
verklarings voor die landdros wel
/in ...
47.
in oorweging geneem kan word, dan is ek nogtans van mening dat dit nie
die afleiding regverdig, bo redelike twyfel, dat hulle saamgespan
het om
dieselfde valse storie te vertel nie. Beskuldigde 1 se verklaring was
skriftelik, kort en bondig; dit is opgestel deur sy
prokureur en deur hom aan
die landdros voorge= lê, en dit is formeel van aard. Beskuldigde 2 se
verklaring is deur hom mondeling
in die hof gedoen, en dis 'n lang, wydlopende
en ietwat deurmekaar relaas. Dit is wel so dat daar in beide verklarings (dit is
feitlik
die enigste gemeenskaplike faktor tussen die twee) die bewering voorkom
dat die drie beskuldigdes van een sel na 'n ander oorgeplaas
is en dat daar in
die tweede sel 'n persoon gelê het, maar ek dink nie dat slegs daardie
gegewens dui op samespanning ten opsigte
van begunstiging as die enigste
redelike af= leiding nie. By ontstentenis van enige verdere ge= gewens is ek van
oordeel dat 'n redelike
afleiding nie
/uitgesluit ...
48.
uitgesluit is dat die een beskuldigde vooraf
bloot ge= hoor het of verneem het wat die ander se verklaring sou behels het en
maar
net op sy eie besluit het om die= selfde verhaal, in kern, te vertel nie.
Om soortge= lyke redes is ek ook van mening dat wat ná
die ver= skyning
voor die landdros gebeur het, nie bewys van samespanning met betrekking tot
begunstiging daarstel nie.
My gevolgtrekking is derhalwe dat daar in die huidige saak geen voldoende
grondslag bestaan vir 'n be= vinding dat die beskuldigdes
gesamentlik opgetree
het
of met mekaar saamgewerk het om die moord te verdoesel of om die
een die ander te beskerm nie. 'n Redelike moontlikheid is nie uitgesluit
dat
elke beskuldigde afsonderlik en op sy eie opgetree het nie. Ge= volglik kan
gedeelte B van SCHREINER AR se uitspraak in die
Gani
-saak nie op die
feite in hierdie saak toe= gepas word nie. Daar is namens die Staat betoog dat
die beslissing nogtans om doelmatigheidsredes
en ter wille
/van ...
49.
van regsbeleid na 'n geval soos die
huidige uitgebrei behoort te word. Die betoog is misplaas. Die een-voudige
probleem waarmee die
Staat in hierdie saak te kampe het, is dat daar net nie
genoeg getuienis teen die beskuldigdes beskikbaar was om te bewys dat hulle
skuldig is aan of moord of begunstiging nie. Geen oorweging van doelmatigheid of
regsbeleid kan aange-wend word om dié basiese
leemte in die Staat se saak
aan te vul nie.
Ten slotte moet ek meld dat daar namens die
Staat aan die
hand gedoen is dat die beskuldigdes ten minste skuldig bevind kon word aan
regsverydeling, uit hoofde van artikel 270,
saamgelees met artikel 257, van die
Strafproseswet. Die bewoording van die genoemde artikels veroorloof egter
klaarblyklik nie so
'n resul-taat nie.
Ek sou derhalwe die appelle van al drie die
/beskuldigdes ...
50.
beskuldigdes wou handhaaf, met die tersydestelling van al drie se
skuldigbevindings en vonnisse.
A.S. BOTHA AR
HOEXTER AR
STEM SAAM
Saak nr 425/83. MC
FRANK JONATHAN en ANDERE
v
DIE
STAAT
JANSEN AR
.
Saak nr 425/83
MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saaktussen:
FRANK JONATHAN
Appellant Nr 1
(Beskuldigde 1 in hof a
quo
)
JANNIE GOLIATH
Appellant Nr 2
(Beskuldigde 2 in hof a
quo
)
WILLIAM CAMPHER
Appellant Nr 3
(Beskuldigde 3 in hof a
quo
)
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: JANSEN,
JOUBERT, HOEXTER, BOTHA ARR et
ELOFF WND AR.
Verhoor
: 25 Februarie 1985
Gelewer
: 14 November
1986.
2. UITSPRAAK
JANSEN AR
:-
Die drie appellante (hierna beskuldigdes 1,
2
en 3 onderskeidelik genoem), gevangenes
in die maksimum=
sekuriteitsgevangenis te St. Albans, het in die
Suidoos-
Kaapse Plaaslike Afdeling te Port Elizabeth
tereggestaan
op 'n aanklag van moord op 'n mede-gevangene, ene
Harry
Rossouw. Al drie beskuldigdes het onskuldig gepleit
en
het aan die einde van die Staat se saak hul eie sake
gesluit
sonder om self getuienis af te lê of enige getuies te
roep.
Die verhoorhof (EKSTEEN R en twee assessore) het
die
beskuldigdes onskuldig aan moord maar wel skuldig
aan
begunstiging t o v die moord op die oorledene bevind.
Met
inagneming van die beskuldigdes se etlike vorige
veroordelings
en die feit dat hulle reeds besig was om vonnisse
van
6 jaar /
3. 6 jaar (vir roof en besit van'n gevaarlike
wapen), 26½ jaar (vir o a twee gevalle van moord) en 12 jaar (vir o a
poging tot
moord en inbraak) onderskeidelik uit te dien, het die verhoorregter
hulle tot gevangenisstraf van 10, 20 en 10 jaar onderskeidelik
veroordeel. Met
verlof van die verhoorregter kom die beskuldigdes in hoër beroep beide teen
die skuldig= bevindings en die vonnisse.
Die aanklag het
voortgevloei uit gebeure in die Gevangenis op 12 November 1982. Ongeveer 4.45nm
het bewaarder Bothma vier gevangenës,
nl die drie beskuldigdes en die
oorle= dene, in enkelsel 1 (langs die "stoor") op die grondverdieping opgesluit.
Voordat hy ongeveer
5.30nm van diens gegaan het, het hy die twee buisligte in
die sel, wat deur 'n skakelaar buite die sel beheer word, aangeskakel.
Teen 6
uur het
bewaarder/
4. bewaarder Swart bemerk dat die ligte nie
meer brand nie; maar geen besondere betekenis is daaraan geheg nie aangesien die
ligte
in die selle dikwels onklaar raak. Ongeveer 10.05nm was bewaarder Swart op
die 1ste verdieping van die enkelsel= afdeling en adjudant-offisier
Leibach op
die boonste verdieping van die Al-seksie, toe hulle 'n harde geskreeu vanuit,
soos sou blyk, enkelsel 1 hoor. Hulle het
hul na die geskreeu gehaas. Swart het
die sel eerste bereik, teen die deur geskop en gevra wat aangaan. Die geskreeu
(wat toe reeds
volgens Swart ongeveer 5 sekondes geduur het) het onmiddellik
opgehou en van binne die sel het iemand geantwoord dat daar 'n man
is wat "fits"
kry. Leibach het opgedaag en Swart aangesê om adjudant Barnard, wat
toesighouer (veiligheid) was, te gaan roep.
Barnard was in besit van die
"bystandsleutel" waarsonder
die /
5. die "meestersleutel" om die sel mee oop te
sluit nie bereik kon word nie. Leibach het ook gevra wat binne die sel aangaan
en
weer eens het iemand van binne geantwoord: "Wel, Oubaas, die een het die
'fits' gekry, maar hy kom nou weer mooi reg". Kort daarna
het Barnard met die
meestersleutel opgedaag en die sel oopgesluit.
Die ligte in die sel
het steeds nie gebrand nie, maar in die lig vanuit die gang word bemerk dat die
oorledene, toegemaak met 'n kombers
tot ongeveer by die ken, op die vloer van
die sel lê. Op Barnard se vraag "wat gaan hier aan?",het beskuldigde 1
gesê
dat "die man het die 'fits' gekry". Barnard trek toe die kombers af
en bemerk onmiddellik 'n rooi merk om die oorledene se nek. Hy
sê toe:
"Maar julle het die man mos ge-choke". Hierop het die beskuldigdes nie
geantwoord
nie/
6. nie. Die oorledene was reeds dood maar hy was
"nog baie warm". (By die lykskouing sou blyk dat die dood ingevolge verwurging
met een of meer ligature ingetree het). Majoor Brits, bevel= voerder van die
Gëvangenis, daag kort daarna op. Hy vra aan die
beskuldigdes in die
algemeen wat aangegaan het, en weer eens sê beskuldigde 1 dat die
oorledene 'n "fits" aanval gehad het.
Majoor Brits sê dat dit onsin is en
wys na die merk aan die oorledene se keel, maar geen van die beskuldigdes
reageer hierop
nie. In 'n later stadium, toe die beskuldigdes buite die sel in
die gang gevisenteer word, vra Barnard hulle waarom hulle "die man"
doodgemaak
het. Beskuldigde 1 antwoord: "Ons sal die ding op die hof praat". Tydens die
visentering word ook bemerk dat slegs beskuldigde
1 die lyfband aan het wat deel
van die gevangenisdrag uitmaak; beskuldigdes 2 en 3 was
daarsonder/
7. daarsonder. In die sel word niks gevind
wat as ligatuur kon gedien het nie. Dit sou egter moontlik gewees het om bv
lyfbande
deur middel van die toilet in die sel te laat wegspoel. Dit blyk ook
dat die ligte in die sel nie gebrand het nie omdat een van die
buisligte
uitgehaal was en onder die wasbak geplaas was. (As die een buis uitgehaal word,
word die stroombaan gebreek en die ander
buis brand dan ook nie meer nie). Beide
buise het niks makeer nie en 'n vingerafdruk van beskuldigde 1 was op die buis
onder die
wasbak.
Uit die Staat se getuienis is dit duidelik dat die
3 beskuldigdes lede van die 28-bende terwyl die oorledene 'n
lid
van die 26-bende was. Beskuldigde 1 was bowendien 'n "Fighting General", en as
sodanig hoof van die bende, wat opdragte gee,
verontagsaming waarvan gestraf kan
word. Dit
blyk/
8.
blyk ook dat daar dikwels vyandigheid tussen die onderskeie bendes
bestaan.
Daar is aanduidings dat dit nie slegs toeval was dat die
3 beskuldigdes en die oorledene saam op 23 November in enkelsel 1 beland
het
nie. Die vorige dag (Dinsdag) verontagsaam beskuldigde 3 'n bevel van 'n lid van
die personeel. Hy word uit die eetsaal geroep
en word gevonnis om twee maaltye
te verbeur, nl middagete en aandete. Die straf ondergaan hy dieselfde dag in die
enkelsel naas die
"kantoor", waar hy ook dié aand alleen slaap. Ook in
die loop van die dag word die oorledene betrap dat hy sonder toestemming
'n
ekstra bord kos in die eetsaal neem; adjudant-offisier Simons maak 'n
oortre=
dingsverslag uit en verwys die oorledene na die enkelselle
om
die volgende dag in die "hof" verhoor te word. Die
volgende
dag (die 23ste) gee adjudant-offisier Simons vir
beskuldigde 1 en 2 opdrag om hulle sel skoon te maak en hulle weier om dit te
doen;
hy gee hulle 'n waarskuwing. Beskuldigde 1 sê toe
"dat /
9.
"dat hy wil nie oorgesien wees nie, hy wil enkelselle toe",
maar Simons doen niks daaromtrent nie. Die middag kom die twee
beskuldigdes na Simons toe en toon hom hul identiteits=
kaartjies,
wat toe opgeskeur was. Daar is 'n standaard-straf
vir die opskeur
van 'n kaartjie, en derhalwe maak Simons
oortredingsverslae uit en
verwys die beskuldigdes na die
enkelselle, hangende hul verhoor
later die middag deur die
"hof". Intussen moes beskuldigde 3 na
behore vanuit die
enkelselle teruggeplaas gewees het na sy normale
seksie,
aangesien hy sy straf uitgedien het. Hieroor sê
bewaarder
Bothma egter :-
"Die Dinsdagoggend toe wou ek beskuldigde nr 3 terugvat na sy afdeling,
soos dit nou hoort. Toe het hy vir my meegedeel dat hy nie
'n
kaartjie in sy besit het nie. Ek het hom toe weer toegesluit, nie in die
spesifieke sel waar hy die maaltye verbeur het nie, in
'n ander sel, toe het ek
aan hom verduidelik dat hy gedurende die dag my moet herinner dat ek vir hom 'n
ander kaartjie moet gaan
uitmaak."
Beskuldigde /
10. Beskuldigde 3 het egter nooit Bothma
hieraan herinner nie en
die kwessie het Bothma blykbaar ontgaan. Hoe dit ook al
sy,
toe Bothma die middag beskuldigdes 1 en 2, asook die
oorledene
en andere, "hof" toe neem, is beskuldigde 3 in die
bondel
saam. By die "hof" is beskuldigdes 1 en 2, en ook
die
oorledene, verbeuring van 3 maaltye opgelê. Beskuldigde
3
het weer saam in die bondel na die enkelselle
teruggekom.
Bothma vertel wat toe gebeur het :-
" toe hulle terugkeer van die hof af
het
ek gesê almal wat drie
maaltýe het,
klim in die spesifieke sel nr 1 in. Toe het die drie beskuldigdes plus
die oorledene daar ingegaan in die sel in. En die volgende
oggend, met ander
woorde, die Woensdagoggend, sou ek nou kontroleer het met die maaltye-register
of hulle wel drie maaltye moet
verbeur."
Dit blyk ook dat dit Bothma se praktyk is om almal wat
dieselfde straf gekry het, saam op te sluit in een sel
(maar nie meer as vier nie).
Om/
11.
Om 'n geheelbeeld van die gebeure te verkry, is dit nodig om nog na die
bevindings van die lykskouing te verwys. Die dood het ingetree
as gevolg van
verwurging: een of meer ligature is om die oorledene se nek gedraai en styf
getrek. Dit is moontlik dat dit deur een
persoon gedoen kon gewees het, maar dit
is miskien meer waarskynlik dat meerdere die oorledene kon aangeval het. Toe die
ligatuur(e)
eers styf= getrek is, sou die oorledene nie meer kon skreeu nie en
die dood sou binne 1 of 2 minute ingetree het. Dit is nie in die
getuienis
indringend ondersoek wat die aard van die ligatuur of ligature kon gewees het
nie, maar dit blyk dat die een merk, wat
breër as die ander was, 8
sentimeter lank en 2 sentimeter wyd was (die wydte van die ander het van 0,25
tot o,75 gewissel).
Dit kan aanvaar word dat die moontlikheid nie uitgesluit is
dat minstens hierdie merk deur 'n gevangenis= lyfband veroorsaak kon
gewees het
nie. Lyfbande is van lap en ongeveer 1 meter lank en 2 tot 2,5 sentimeter
breed.
Die Staat se saak het ook verskeie verklarings deur die
beskuldigdes behels. Om redes wat later sal blyk, is dit nodig om volledig
hierna te verwys.
Op /
12.
Op 25 November (die tweede dag na die gebeure) doen beskuldigde 1 en
beskuldigde 3 afsonderlike skriftelike verklarings aan die ondersoekbeampte,
speurder-adjudant-offisier Schoeman. Beskuldigde 1 sê: "Ek ken niks van
die saak af nie, want ek het gelê en slaap".
Hy erken egter dat hy lid van
die 28 Bende is, nl 'n "soldaat". Beskuldigde 3 sê o a: "Ek het nie die
ding gedoen nie, maar
het gesien hoedat die ander twee in die sel
die
oorledene verwurg . met 'n lyfband ". Op 'n
vraag
wie in die sel geskreeu het, antwoord hy: "Dit was ek gewees". Sowat 'n week
later (op 2 Desember) doen beskuldigde 2 ook 'n
verklaring en wel aan 'n
landdros. Sy doel daarmee was klaarblyklik om oorgeplaas te word na 'n ander
tronk: "ek sal terugkom en
verklaring maak as ek oorgeplaas word
na /
13.
na ander tronk sien ek is 'n '28' en ons is drie
'28's in die sel as ek nou 'n verklaring maak teen
die ander '28's sal ek nooit weer die voorreg hê om in 'n
hof te kan verskyn nie "
Op 11 Maart 1983 word ingevolge die
bepalings van art 119 van die Strafproseswet 'n aanklag van moord op die
oorledene aan die beskuldigdes
in die landdroshof gestel. Al drie pleit
onskuldig, waarop (ingevolge art 122(1) ) die landdros soos bepaal deur art 115
optree.
Beskuldigde 1 (wat deur 'n regspraktisyn bygestaan word) handig 'n
skrifte= like verklaring in wat die grondslag van sy verdediging
aandui;
beskuldigdes 2 en 3 doen mondelinge verklarings. Dit is nodig om volledig na
hierdie verklarings te verwys. Beskuldigde 1
se verklaring lui soos
volg:-
"1. Ek /
14.
"1. Ek pleit onskuldig aan die klagte.
Ek verklaar dat op of omtrent die 23ste November 1982 te St
Albansgevangenis ek en beskuldigdes 2 en 3 van een sel na 'n ander verplaas
was. In die sel waarheen ons geneem is het 'n persoon gelê en, soos dit
vir my gelyk het, slaap. Ek het nie geweet wie die
persoon is nie.
Om en by 'n half-uur daarna is ek en die ander
2 beskuldigdes deur lede van die gevangenisdiens beveel om die sel te
verlaat en in die gang te staan. Ons is toe meegedeel dat die
ander persoon
inrdie sel dood is.
4. (a) Ek ontken dat ek die man in die sel 6f
gedood of
aangerand het.
Ek het nie gesien dat enige persoon die oorledene aanval nie.
Ek weet nie wat die oorsaak van die dood van die oorledene is
nie.
Ek het die oorledene net van sien
geken."
Beskuldigde 2 se
verklaring lui soos volg:-
"Beskuldigde 1, ek en beskuldigde 3 was saam in die sel langs die
kantoor. Ons praat nie ons lê so die nag. Die klok van die
tronk slaan 8
nm. En so lê ons maar. Na 'n lang tyd, so ± 25 minute later sluit die
bewaarders die deur oop. Toe skrik
ek. Die hoof van die Gevangenis was ook daar.
So is ons geslaan gewees. Hulle vat ons na die sel langs die stoor. Die sel is
donker
en hulle sluit oop en sit ons in. Die kamer was deurmekaar soos die
komberse lê. Ons skuif die komberse reg om te gaan lê.
Ek vat nie
notisie nie maar die moment wat ek weer aan die komberse vat toe skrik ek en
sien hier lê 'n mens onder die komberse.
Ons lê.
Die /
15.
Die persoon trek aandag want hy lê stil. Net wat ons wil slaap
sluit die beamptes weer ons sel oop. Die majoor en adj. Barnard
kom uit sê
ek moet die lig optel en vir beskuldigde 1 gee so weet ek nie wat beskuldigde 1
met die dooie buis maak nie. So
sê die majoor ek moet my band afhaal en
neergooi. Hy sê ek moet uitgaan. Toe ek uitgaan staan daar ander beamptes
ook
daar. Die Adj. sê die beamptes moet my eenkant hou. Na 'n tydjie kom
beskuldigde 3 ook uit. So visenteer die beamptes ons.
So is ons apart gesit.
Bëskuldigde 1 het ook uitgekom uit die sel. Die mens wat lê onder die
kombers kom nie uit nie.
So hoor ek maar die volgende dag by die majoor dat daar gesê word
ons het die man doodgemaak. Ek dra nie kennis daarvan dat
ons hom doodmaak
nie.
Ek is aangerand in 'n kantoor waar tikmasjiene is en die majoor sê
ek moet teken op die papiere want
ek het 'n lang straf vir moord en dit gaan swaar wees vir my as ek nie
teken nie. So teken ek.
Ek is sel toe gevat en lê vol pyne maar vir my is gesê ek
kan nie hospitaal sien nie."
Beskuldigde 3 se verklaring lui soos volg :-
"Maandagoggend is ek geroep vir maaltyd; Dis 'n dag voor die man in die
sel gekry is. Die agtermiddag vra ek die beampte om my na
deurseksie te vat. Die
beampte sê ek moet wag hy is besig.
Twee mense beskuldigdes 1 en 2 word in my sel gebring. Ons maak ons kooie
op. Ons praat nie met mekaar want ek ken hulle nie. Die
aand wat die klok slaan
lê ons. Wel, kom die majoor en adj. Barnard daar en Barnard sluit oop en
slaan ons met battons. Die
adj. sê beskuldigde 1 moet buitekant staan en
ek en beskuldigde 2 moet binne staan. Adj. Barnard sê ek moet my band
afhaal.
Toe sê
adj. /
16.
adj. ons moet uitgaan. Ek sien 'n klomp beamptes wat ek nie ken nie. Die
adj. en majoor sê ons moet gesplit raak en hulle gooi
ons in 'n sel. Die
majoor kom daar en praat met my en sê ek dien 'n lang vonnis uit. Die
majoor sê ek moet hier teken
op papiere wat getik is. Daar was beamptes
ook by gewees. Die beamptes het battons gehad. Ek teken daar. Toe ek klaar
geteken het,
gooi die majoor my in kettings so is ek weer teruggevat sel toe. Ek
lê in die sel. Ek vra om 'n dokter te sien toe sê
hy ons mag nie
dokter sien nie want die majoor sê so. So lê ek daar so. Dis
al."
Die landdros teken aan dat beskuldigdes 1 en 2 ingevolge art 220 van die
Strafproseswet erken "dat hulle in
h sel 'n persoon vind wat stil
was". Aan beskuldigde 3 word gevra "sien u nooit die man onder die kombers
nie?"; hy ontken dit.
Ongeveer 5 weke later (op 20 April 1983),
nadat beskuldigde 2 na Noordeinde Gevangenis oorgeplaas was, het hy weer 'n
verklaring aan
'n landdros gedoen waarin hy o a die volgende sê:-
"Die /
17.
"Die elfde maand was ek opgeneem in die enkel= selle by St Albans in
verband met drie maaltye. So was ons twee gewees wat ingesit
was in die sel
langs die kantoor - ek en Frank Jonathan. So het hulle nog 'n persoon binne in
die sel gehou -William Kamfer. So het
ons nie gesels met mekaar nie want ons het
nie mekaar geken nie. So het dit nag geword en die klok het geslaan dis
slapenstyd. So
het ons gelê en slaap. Toe laat in die middel van die nag
was ons seldeur oopgesluit. So het die Majoor Brits en ander beamptes
- adjudant
Barnard en 'n bewaarder wat saam met hom was ons opgejaag uit ons slaap uit. So
het ons uitgegaan uit die sel deur die
bevel van die offisier in dieselfde gang
van die seksie waar ons geslaap het was ons af op pad na 'n ander sel toe - die
sel is langs
die stoor. Toe die sel se lig was donker gewees - so was ons
ingeslaan gewees in die sel in. So het ons gestaan in die sel - want
hoekom dit
was snaaks gewees dat so 'n ding met ons kan gebeur in die middel van die nag.
Dit was die eerste wat so 'n ding saam
met my gebeur het. So het ek afgesak om
komberse te vat vir my - hoekom die sel was deurmekaar gewees. Na 'n lang tyd
daarna so word
die seldeur weer oopgesluit waarin ons is. So het die majoor en
adjudant Barnard weer ingekom. So in die sel in het nog 'n persoon
gelê
maar hy was toe gewees met komberse wat ons nie sy gesig gesien het om te kan
sê wie dit is eintlik nie. So het
die majoor vir my gesê ek moet my
band afhaal. Toe is Frank Jonathan reeds al uitgegaan by die sel. So toe ek my
band klaar
afgehaal het sê die majoor ek moet dit in die hoek gooi. So die
tyd wat ek wil uitgaan sê die majoor ek moet die dooie
'bulb' van die lig
optel en oorhandig aan Frank Jonathan. Die tyd wat ek die lig aan Frank
oorhandig is dit dieselfde tyd wat ek
hoor die
offisiere /
18.
offisiere sê aan William Kamfer hy moet ook sy belt afhaal. So is
ons uit die sel uit. So word , ons weggevat van mekaar in
die gang en
gevisenteer gewees. Hulle het niks goed aan ons gekry wat ongelowig was nie. Toe
hoor ek maar net by die offisier Barnard
ek word aangekla van moord. So was ek
sprakeloos gewees om te hoor ek word aangekla van moord. Toe word ons gevat na
'n sel bo -'upstairs'
- bo in die hoek waar ek slaap die volgende oggend toe kom
die offisier om by ons en hy sê van die bewaarder wat in bevel was
van die
seksie om my vorentoe te vat na die kantore. Toe ek ingaan by die kantoor is
daar 'n klomp beamptes in die kantoor. Ek sien
op die tafel waar die majoor sit
lê pampiere waar geen woord op geskryf is nie. So sê hy vir my ek
moet my naam onderaan
teken op die pampier. Toe vra ek hom waarom moet ek teken.
Toe sê ek ek kan nie teken en nie weet waarvoor nie. Toe sê
hy vir
die beampte wat in die enkelsel afdeling werk hy moet vir my voetboeie en
kettings aansit. Toe dit aan is word ek weer geslaan
met die battons - rubber
knuppels wat hulle het. Toe was ek neergeslaan gewees. Toe word ek geskop. Toe
vra die majoor vir my gaan
ek teken of gaan ek nie teken nie. Toe sê ek
vir hom ek sal teken. So het ek geteken op die skoon pampiere. Wat ek klaar
geteken
het op die skoon pampiere toe haal hy ander pampiere uit waarop getik
is. Toe sê hy ek moet daarop ook teken. Toe teken ek
dit ook. Toe ek klaar
geteken het toe word ek opgevat na die seksie met die kettings. Die volgende
oggend toe was ek nou vol pyn
- toe vra ek vir die beampte om dokter te sien.
Toe word dit gesê ek moet geen doktersbehandeling kry nie - dit is 'n
bevel
wat vir hulle gesê was. So na 'n paar dae toe kom die speurder weer
en hy vra my ek moet nou 'n verklaring maak by 'n magistraat
- so het ek hom
gesê ek sal 'n
verklaring /
19.
verklaring maak sodra ek in Port Elizabeth is.
So is ek oorgeplaas Port Elizabeth toe - Noord Einde. So het ek toe vandag gekom
saam
met die speurder. Dis al."
Ook die kruisondervraging van die Staatsgetuies tydens die verhoor is
insiggewend. Dat wat aan 'n getuie tydens kruisondervraging
gestel word, die
Staat se saak kan skraag en selfs as erkenning aangemerk kan word, blyk uit
S
v W
(1963(3) SA 516 (A), 523 C-F). Een advokaat het namens beskuldigdesl en
2 opgetree terwyl beskuldigde 3 sy eie advokaat gehad het.
Uit hul vrae en
stellings aan die getuies blyk dat die beskuldigdes in breë trekke
dieselfde storie sou vertel, o a dat hulle
die Dinsdagaand vanaf die sel langs
die kantoor na enkelsel 1 (langs die "stoor"), waar die oorledene was, deur
majoor Brits en adjudant-offisier
Barnard oorgeplaas is en dat hulle toe weer
daar uitgehaal is en van moord beskuldig is. Opmerklik is dat gestel word dat
beskuldigde
3 sou sê dat toe hy gevisenteer is, hy steeds sy lyfband om sy
lyf gehad het en dat Barnard hom aangesê het om dit af
te haal en op die
grond te gooi.
Toe/
20.
Toe die Staat sy saak gesluit het, het daar
dus
heelwat teen die beskuldigdes gestaan.
Die bendeverband,
die mate van willekeur van die beskuldigdes by die aanwesigheid
in een sel saam met die oorledene en hul in breë trekke
ooreen=
stemmende valse verklarings kon moontlik gedui het op 'n gemeen=
skaplike opset en kon miskien geverg het dat die
beskuldigdes
'n verduideliking in die getuiebank moes verstrek het.
Veral
sou ook teen beskuldigdes 2 en 3 in aanmerking kon gekom
het
dat hulle stories die erkenning inhou dat hulle met
hul
lyfbande aan in enkelsel 1 geplaas is. Die verhoorhof het
egter
tot die volgende gevolgtrekking t o v die moordaanklag
gekom:-
"Dit is duidelik op al die getuienis dat een of meer van die
beskuldigdes wel die oorledene verwurg het, maar op al die aangevoerde
getuienis is dit nie bo redelike twyfel bewys watter een of meer dit gedoen het
nie, of dat die beskuldigdes met 'n gemeenskaplike
doel opgetree het
nie."
Dit was derhalwe nie moontlik vir die verhoorhof om die
beskul=
digdes aan moord skuldig te bevind nie. Maar aangesien
ingevolge
art 257 van die Strafproseswet op 'n aanklag van moord
'n
skuldigbevinding aan begunstiging kompetent is, het die
verhoorhof/
21.
verhoorhof hierdie moontlikheid ondersoek. Die hof het
die
omskrywing van die misdaad begunstiging deur
Hiemstra
(Suid-Afrikaanse Strafproses, 3de uitgawe, bl 536-7)
toegepas
en ook gebruik gemaak van die "redenasie" wat die
skuldigbevindings
aan begunstiging in
R v Gani and Others
1957(2) SA 212(A)
moontlik gemaak het. So is tot die
slotsom geraak dat elkeen van die
beskuldigdes aan
begunstiging skuldig is. Die hof sê in
hierdie verband :-
"Die Hof is dan ook van mening dat aldrie die beskuldigdes wel skuldig is
aan begunstiging by die moord op die oorledene daar al drie
van hulle doelbewus
gepoog het om die skuldige of skuldiges te beskerm en hulle sodoende hul straf
te laat vryspring. Beskuldigde
nr. 1 het aan adjudant-offisier Barnard en aan
majoor Brits te kenne gegee dat die oorledene slegs 'n toeval gehad het en later
by
die landdroshof het hy voorgegee dat nie een van hulle die moord kon gepleeg
het nie, omdat die oorledene reeds dood in die
sel
gelê /
22.
gelê het toe hulle daarin gesit is. Hierdie bewering was
klaarblyklik vals en bedoel om die moordenaar te
beskerm.
Beskuldigde nr 2 het 'n soortgelyke verklaring aan die
landdros gedoen, met dieselfde oogmerk, en dit op 3 April 1983 voor mnr. De
Wet
herhaal. Beskuldigde nr. 3 het in sy verklaring aan speurder-adjudant-offisier
Schoeman erken dat hy bewus was van die feit dat
sy twee mede=
beskuldigdes
die oorledene vermoor het, tog
erken hy dat hy die persoon is wat in die sel geskree het totdat bewaarder Swart
aan die deur geskop
het, en toe daarna onmiddellik stilgebly het. Hierdie
geskree was klaarblyklik nie om die misdaad aan die bewaarder te verklaar nie,
want hy het daarna geen die minste ppging gemaak om dit te doen nie.
Adjudant-offisier Leibach, wat onmiddellik daarna by die sel
opgedaag het, het
na die geskree geen geluid meer uit die sel gehoor nie. Hieruit is dit duidelik
dat die oorledene reeds dood was
en is dit ook duidelik dat daar daarna geen
oorreding van nr. 3 kon gewees het om stil te bly nie. Die enigste afleiding wat
gemaak
kan word, is dat hy geskree het as deel van sy samewerking met die ander
twee om die omstandighede van die misdaad te verdoesel,
soos hulle dan ook
gedoen het.
Die /
23.
Die Hof is dus tevrede dat al drie beskuldigdes skuldig is as begunstigers
by die misdaad van die moord op die oorledene
EN HULLE WORD DIENOOREENKOMSTIG
SKOLDIG BEVIND."
Namens die beskuldigdes word nou op
appel
aangevoer dat die beslissing in
Gani
(
supra)
verkeerd
is en dat in ieder geval die handelinge wat die verhoorhof
as
begunstiging aangemerk het, nie daarop neerkom nie.
Die Staat
ondersteun die skuldigbevindings aan begunstiging
maar betoog in die
alternatief dat die beskuldigdes "as
mededaders aan die moord
skuldig bevind kon gewees het".
Dit is egter nie nodig om op die
alternatief in te gaan nie
aangesien dit m i ondanks die faktore
teen die beskuldigdes
vroeër in hierdie uitspraak genoem, tog
nie moontlik is om
nou bo redelike twyfel te konstateer dat die
verhoorhof
fouteer /
23(a).
fouteer het deur te bevind dat die Staat nie bewys
het wie van die drie beskuldigdes die moord begaan het nie of dat daar by die
beskuldigdes 'n gemeenskaplike doel was om die oorledene te vermoor
nie.
Die strekking van
Gani
is die volgende :-as meerdere
persone van moord aangekla word en dit staan dan vas dat moord wel deur een of
meer van hulle begaan
is maar daar bestaan redelike twyfel oor wie van hulle wel
skuldig is, dan moet almal onskuldig bevind word; as al die beskuldigdes
egter
na die moord saamgewerk het om die vermoorde se lyk weg te steek kan hulle almal
as begunstigers t o v die moord skuldig
bevind /
24. bevind word. Die Hof het tot hierdie
gevolgtrekking gekom
ondanks in beginsel te aanvaar dat 'n mens nie jouself
kan
begunstig nie, op grond van die volgende redenasie: as
al
die beskuldigdes moord begaan het, begunstig hulle
mekaar
saam oor en weer deur saam die lyk weg te steek; as nie al die
beskuldigdes moord begaan het nie, dan begunstig
die
onskuldigdes dié wat wel die moord begaan het, en 1g
is
medepligtig aan daardie begunstiging.
Gani
is egter allerweë gekritiseer. In die
breë
word twee standpunte gehuldig.
Daar is diegene wat blykbaar
van mening is dat in die
Gani
-tipe geval in beginsel geen
skuldigbevinding aan
begunstiging plaas behoort te vind nie
(
De Wet & Swanepoel
Strafreg 2de uitgawe 176 en vgl
4de
uitgawe 203;
De Wet
1957 THR-HR 181-2; JV 1957 SALJ
275-277/
25. 275-277;
Snyman
Strafreg 238); daar is
andere wat weer
Gani
se gronde vir skuldigbevinding kritiseer maar
blykbaar tog skuldigbevinding aan begunstiging regverdig op ander, na hul
mening, beter
gronde (vgl
S v Rossi-Conti
1971(2) SA 62 (RAD);
Burchell
1971 SALJ 292
et
seg
;
Burchell & Hunt
Vol I
2de uitgawe 439-440).
Die vernaamste punte van kritiek op die
skuldig= bevindings aan begunstiging in
Gani
is blykbaar die volgende:
(i) as al die beskuldigdes eers onskuldig aan moord bevind word, is daar nie
meer 'n moordenaar t o v wie
enigeen van die beskuldigdes as begunstiger skuldig
bevind kan word nie; (ii) as 'n onskuldige die moordenaar begunstig het en die
moordenaar sou aangemerk word as 'n medepligtige t o v daardie begunstiging, dan
kom dit tog daarop neer dat die moordenaar
homself;
26.
homself begunstig - wat in beginsel
onbestaanbaar is; (iii) die moordenaar sou met die wegsteek van die lyk die
opset ("intention")
hê om homself te beskerm en nie die opset
("intention") om die ander behulpsaam te wees nie (vgl
1957 SALJ 277).
Dit is
egter m i te betwyfel of dié besware opgaan.
Wat die eerste
punt van kritiek betref, word uitgegaan van die volgende stelling in
Gani
(op 220 H): "a verdict of not guilty means no more than that the accused has not
been proved to have committed the crime, though
he may well have done so".
Hierdie stelling, so lui die kritiek, is 'n miskenning van die aard van
onskuldigbevinding wat tog immers
tot 'n verweer van
autrefois acguit
kan
lei. Die stelling moet egter in die lig van die besondere feite
van /
27. van
Gani
gelees word. Dit sou immers
onrealisties wees om wanneer die kwessie van begunstiging ontstaan, die feit
heeltemal buite rekening
te laat dat wel bo redelike twyfel vasstaan dat een of
meer van die beskuldigdes die moord begaan het. Dat elk van die beskuldigdes
hul
later op
autrefois acguit
kan beroep t o v die moord, doen nie aan
hierdie realiteit af nie.
Wat die tweede punt van kritiek teen
Gani
betref, kan daarop gewys word dat in beginsel dit nie onmoontlik is
dat iemand wel medepligtig kan wees tot 'n misdaad wat hy nie
as dader kan
verrig nie. 'n Markante voorbeeld is die vrou wat wel as medepligtig aan
verkragting skuldig bevind kan word.
Die derde punt van kritiek sien oor die hoof
dat
by /
28. by ons opset
by moontlikheidsbewussyn voldoende begunstigings= opset soukon daarstel (vgl
Gani
221 F-H), al sou die posisie in ander regstelsels noontlik anders
wees (vgl
Rex v Jones
(1949) 1 KB 194
;
Sykes v Director of Public
Prosecutions
1962 AC 528
(HL) 561;
Gillies
,The Law of Criminal
Complicity, Hoofstuk 11;
Jeschek
Lehrbuch Des Strafrechts
Allgeméines Teil Dritte Auflage S 257).
In die lig van die
voorgaande is ek nie oortuig dat
Gani
klaarblyklik verkeerd is nie.
Desnoods. kan dit ook beskou word as die daarstelling van 'n uitsondering op die
algemene reël
dat niemand homself kan begunstig nie. Maar in ieder geval
staan dié beslissing al oor die 28 jaar en berus dit op gesonde
beleid. M
i moet steeds aanvaar word dat in die
Gani
-tipe geval skuldigbevinding
aan
begunstiging/
29.
op grondslag van medepligtigheid aan die
begunstiging
kan geskied. Dit wil egter nie sê dat sodanige
skuldig=
bevinding nie ook op 'n ander grondslag geregverdig sou kon
word
nie.
In
S v Rossi-Conti
(1971(2) SA62 (RAD) 66A-D
het
die Rhodesiese Appèlhof t o v
die voorganger van ons huidige
art 257 van die Strafproseswet op die
volgende gewys :-
" the whole purpose of the amendment
to
the Criminal Procedure and Evidence Act in
South Africa, introduced by sec. 191 (2) -
the eguivalent of our sec. 245(2) - in terms of
which a verdict of being an accessory after the fact is now a competent
verdict on an indictment charging the commission of the
principal crime.
Whenever the State charges an accused with the principal crime, it asserts in
the indictment that he is guilty of
it and leads evidence in an endeavour to
prove this. If the State were reguired to perform a forensic
volte face
in the course of the trial by endeavouring to prove beyond a reasonable doubt
that the accused did
not
commit?
30.
commit the crime charged before being entitled
to the special
verdict under the section, then
an impossible situation would arise
and in practice
the State could never secure a conviction of
being
an accessory after the fact. It seems to me
that
the Legislature, in introducing the amendment,
must
be presumed to have intended that the mere
verdict of not guilty on
the principal charge
would be sufficient to get round the
difficulty
created by the rule that a person cannot be
an
accessory after the fact to his own crime, and
to let
in the lesser verdict of being such an
accessory as a competent
verdict. After all,
that verdict of not guilty of the principal
crime
charged is final and definitive, entitling
the
accused to defeat any subsequent prosecution
fot it
by the plea of
autrefois acguit
. I can
see no reason why the
Court should be concerned
by any misgivings that the accused may
have
committed the principal offence although the
State
evidence did not prove this beyond a
reasonable doubt
"
Op grond van die vermeende bedoeling
van die Wetgewer word aldus enige belemmering deur die reël dat iemand nie
homself kan
begunstig nie, uit die weg geruim. Dié benadering is nie in
Gani
geopper nie, maar dit skyn nie
onaanneemlik /
31.
onaanneemlik te wees nie en dit is ook onlangs in
S v
Velumurugen and Another
(1985(2) SA 437 (D & E), 446) aan= gewend. Vir
doeleindes van die onderhawige saak is dit egter nie nodig om uit te maak of
hierdie
benadering die
Gani
-benadering kan en moet verplaas
nie.
Die algemene beginsel dat iemand nie homself kan begunstig nie
en die moontlikheid dat elk van die beskuldigdes in die onderhawige
geval self
ook moordenaar kan wees, bied dus geen struikelblok tot skuldigbevinding aan
begunstiging nie. Vervolgens moet gekyk word
of die
optrede van die
beskuldigdes wel neerkom op begunstigings=
handelings.
Wat die aard van die begunstigingshandeling betref, word daar twee rigtings in
ons regspraak aangetref:- (i) dit bestaan in vereenselwiging
met die misdaad
(association); (ii) dit bestaan in hulpverlening aan 'n dader of medepligtige na
die begaan van die misdaad.
(Vgl
Snyman
/
32.
(Vgl
Snyman
bl 236;
De wet en Swanepoel,
bl
202;
Burchell & Hunt
bl 441). In die lig van
die feite in die onderhawige geval is dit nie nodig om uit te maak watter
rigting ingeslaan moet word nie:
dit kan ten gunste van die beskuldigdes aanvaar
word dat 'n begunstigings= handeling 'n opsetlike handeling is wat die strekking
het om 'n dader te beskerm. In gepaste omstandighede sal 'n valse verklaring wel
sekerlik daarop kan neerkom (vgl
R v Victor
(1965(1) SA 249 (RAD));
S
v Velumurugen & Another
t a p) en a
priori
die aflê van
valse getuienis. Beskuldigde 1 het van die begin af die misdaad probeer
verdoesel deur uit te maak dat die oorledene
een of ander toeval gekry het; by
die pleitverduideliking het hy 'n valse storie opgedis dat hy en sy
medebeskuldigdes
van /
33. van die een sel na 'n ander, waarin die oorledene
gelê
het, oorgeplaas is, en daarin is volhard in
kruisonder=
by die verhoor. vraging namens hom. Die strekking van sy optrede
was
om die moordenaar(s) te beskern; klaarblyklik het hy
dit
besef en hom daarmee versoen. Beskuldigde 2 het by
die
pleitverduideliking en in sy latere verklaring aan die
landdros, ook
wesenlik dieselfde valse storie opgedis en
in kruisondervraging
namens hom is daarin volhard.
Dieselfde geld vir hom as beskuldigde
1. As gekyk word
na beskudligde 3 se pleitverduideliking en na die
kruis=
ondervraging namens hom is dit ook duidelik dat hy
besig
was om wesenlik dieselfde valse storie te
verkondig.
Dieselfde geld ook vir hom as vir beskuldigdes 1 en
2.
Bowendien in die lig van die agtergrond,
veral
die /
34 .
die bendeverband tussen die beskuldigdes, en die ooreenstemmende valse
elemente in hul relase is dit m i ook duidelik dat daar in
een of ander stadium
voor die verhoor 'n verstandhouding tussen hulle tot stand moes gekom het om
die moord met sodanige valshede
te verdoesel.
In die lig van die
voorgaande kan nie tot die slotsom geraak word dat die verhoorhof gefouteer het
deur al die beskuldigdes aan
begunstiging skuldig te bevind nie.
Wat die opgelegde strawwe betref, blyk dit nie dat die verhoorhof enigsins
misgetas het nie en die strawwe kom ook nie in die lig
van al die omstandighede,
veral die beskuldigdes se voorgeskiedenis, buitensporig voor nie.
Die appèlle word afgewys.
E L
JANSEN AR.
JOUBERT AR) Stem saam. ELOEF WND AR)