S v Mills (647/2005) [2005] ZAFSHC 100 (1 September 2005)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Driving under the influence — Sentence appeal — Accused convicted of driving under the influence of alcohol without a valid driver's license — Initially sentenced to 2 years imprisonment — Accused's previous conviction for a similar offence and acknowledgment of alcohol problem considered — Court found the original sentence disproportionate to the circumstances, replacing it with 8 months imprisonment as appropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 100
|

|

S v Mills (647/2005) [2005] ZAFSHC 100 (1 September 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 647/2005
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
JONATHAN
LUDOLF MILLS
CORAM:
H.M.
MUSI R et VAN DER MERWE R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
GELEWER OP:
1
SEPTEMBER 2005
[1] Die beskuldigde is op
grond
van sy pleit van skuldig tereg daaraan skuldig bevind dat hy op ‘n
openbare pad in die bestuurder sitplek van ‘n motorvoertuig
waarvan
die enjin geloop het, gesit het terwyl hy onder die invloed van sterk
drank was. Hy is vervolgens gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf.
Die
beskuldigde het nie ‘n bestuuderslisensie nie en daar is gelas dat
hy onbevoeg verklaar word om ‘n bestuurderslisensie of
leerlinglisensie te bekom vir ‘n tydperk van 3 jaar.
[2] Dit blyk dat die
beskuldigde op die betrokke dag bier en brandewyn deurmekaar gedrink
het. Daarna het hy met ‘n motorvoertuig
gery na die Ezenzeleni
woonbuurt, Warden met die doel om ‘n werker daar te gaan oplaai.
Toe die beskuldigde met sy voertuig by
‘n stopstraat gestaan het,
het hy ‘n ander voertuig voorgekeer ten einde aanwysings te vra.
Die bestuurder van hierdie voertuig
was ‘n verkeersbeampte en dit
het daartoe gelei dat die beskuldigde gearresteer is. Die
beskuldigde het erken dat sy bestuursvermoë
aldus deur die gebruik
van alkohol aangetas is dat hy nie die voertuig met die nodige
behendigheid en vaardigheid kon bestuur nie.
Dit blyk ook uit ‘n
verslag van ‘n geneeskundige ondersoek wat met die instemming van
die beskuldigde ingehandig is dat die
beskuldigde ongeveer 2 uur na
sy arrestasie nog matig onder die invloed van alkohol was.
[3] Die
beskuldigde is 27 jaar oud. Hy is getroud en hy en sy eggenote het
twee klein kindertjies. Hy het ‘n bietjie meer as ‘n
maand voor
vonnisoplegging ‘n werk te Pretoria bekom as ‘n
motorwerktuigkundige. Voor dit het hy te Warden gewerk vir ongeveer
‘n maand en ‘n half en voor dit te Pretoria vir ongeveer drie
maande. Voorheen was hy ‘n konstruksiewerker. Sy eggenote werk
en
verdien ongeveer R1 100,00 per maand. Die beskuldigde het ‘n
vorige veroordeling vir ‘n soortgelyke misdryf. Gedurende 1999
is
hy daarvoor gevonnis tot ‘n boete van R4 000,00 of 6 maande
gevangenisstraf wat opgeskort is vir 5 jaar sowel as 12 maande
korrektiewe
toesig. By vonnisoplegging het die beskuldigde gesê dat
hy op daardie stadium wel ‘n drankprobleem gehad het. Hy het egter
bygevoeg
dat hy maande lank sonder drank kan bly en dat hy nie drink
by die werk nie. Hy het reeds berading by ‘n kerk ontvang vir die
probleem wat vir ‘n tydperk gehelp het. Hy het gedurende die
tydperk van korrektiewe toesig lesings bygewoon by die AA oor
drankmisbruik.
[4] Uit
die voorgaande blyk dat die beskuldigde ‘n onstabiele werksrekord
het. Dit blyk ook dat hy nie ‘n onbeheerbare drankprobleem
het
nie. In die lig van al die omstandighede van hierdie saak kan ek nie
fout vind met die verhoorlanddros se gevolgtrekking dat
direkte
gevangenisstraf ‘n gepaste straf is nie. Die opgelegde termyn van
2 jaar gevangenisstraf is egter na my oordeel buitensporig
swaar en
nie ooreenkomstig die reg nie. Dit word ook geïllustreer deur van
die beslissings waarna die verhoorlanddros in sy volledige
redes vir
vonnis verwys het. In
S
v FRASER
1987 (2) SA 859
(A) is ‘n vonnis van 1 jaar gevangenisstraf
bekragtig ten opsigte van ‘n derde oortreding van bestuur onder die
invloed van sterk
drank wat plaasgevind het in omstandighede wat baie
soortgelyk is dan in die onderhawige geval. In
S
v HUMAN
1990 (1) SASV 85 (NK) is op appèl ‘n vonnis van 2 jaar
gevangenisstraf bekragtig ten opsigte van bestuur onder die invloed
van
sterk drank waar die appellant 4 soortgelyke vorige veroordelings
gehad het. Ook was die appellant in daardie saak ten tye van die
betrokke voorval sodanig onder die invloed van drank dat hy heen en
weer oor die pad gery het. Ook was appellant in daardie saak
ten tye
van die en teen ‘n telefoonpaal op ‘n sypaadjie gebots het. In
S
v SITHOLE
2003 (1) SASV 326 (A) is ten opsigte van die appellant in daardie
saak se derde en vierde soortgelyke oortredings saamgeneem vir
vonnis, ‘n vonnis van 4 jaar gevangenisstraf opgelê ingevolge die
bepalings van Artikel 276 (1)(i). Na my oordeel is ‘n vonnis
van 8
maande gevangenisstraf gepas in al die omstandighede van hierdie
saak.
[5] Gevolglik word die
opgelegde vonnis ter syde gestel en vervang met ‘n vonnis van 8
maande gevangenisstraf wat geag moet word
opgelê te gewees het op 17
Mei 2005. Origens word die verrigtinge bekragtig.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
____________
H.M. MUSI, R
/em