About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 98
|
|
Ngizwane v S [2005] ZAFSHC 98 (25 August 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A113/2004
In
die appèl tussen:
BONGANI
JAMES NGIZWANE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN COPPENHAGEN R
et
H.M.
MUSI R
et
KRUGER
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
8
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
25
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
[1] Die
appellant, ân 30 jarige, getroude man, die vader van ân 4 jarige
kind en ân straat-groentesmous, het in die streekhof
tereggestaan
op ân klagte van verkragting.
In
die klagstaat word beweer dat hy op 12 Mei 2001 te Namahadi distrik
Witsieshoek ene Dhlamini ân 22 jarige vrou verkrag het.
Appellant
het op die klagte hom ten laste gelê onskuldig gepleit en was in die
verhoor verteenwoordig deur ân regsverteenwoordiger.
Hy
was na ân lang verhoor op 7 Desember 2001 skuldig bevind op die ten
laste gelegde misdaad, verkragting.
[2] Die streekhof wat
appellant skuldig bevind het was egter, vanweë die feit dat die
klaagster deur appellant en ân ander verkrag
was, nie bevoegd om
die voorgeskrewe vonnis, lewenslange gevangenisstraf, op te lê nie.
Die saak was dus ingevolge die bepalings
van artikel 52(1)(b) van Wet
105 van 1997 na die Hooggeregshof verwys.
[3] Op
26 Julie 2002 het Cillié R, na deurlesing van die notule van die
verrigtinge en die landdros se uitspraak en redes daarvoor
bevind dat
die skuldigbevinding gegrond was en was die skuldigbevinding deur hom
geboekstaaf.
Op
dieselfde datum was die appellant tot lewenslange gevangenisstraf
gevonnis.
[4] Appellant se aansoek
om verlof tot appèl was slegs suksesvol wat die opgelegde vonnis
betref. Hy was gevolglik op 6 Februarie
2004 verlof verleen om teen
die opgelegde vonnis te appelleer.
[5] Dit
is nou reeds algemene kennis dat ân persoon wat een van meerdere
verkragters is ingevolge die bepalings van artikel 51 van
Wet 105 van
1997, tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis moet word tensy
wesenlike en dwingende omstandighede ân ligter vonnis
regverdig.
Cillié
R het bevind dat op grond van die besonderhede voor hom hy nie kan
bevind dat die omstandighede ân ligter as die voorgeskrewe
vonnis
regverdig nie, vandaar die opgelegde vonnis.
[6] Die
dwingende rede waarom die hof
a
quo
nie wesenlike en dwingende omstandighede wat ân ligter vonnis as
die voorgeskrewe bevind het nie, word deur die geleerde Regter
self
verwoord:
â
Vanweë die feit dat die klaagster
nie in die gebeure ernstig beseer is nie, sou ek in ander
omstandighede wel gehoor daaraan gegee
het om vir u ân mindere
vonnis op te lê as die voorgeskrewe vonnis van lewenslange
gevangenisstraf as dit nie was vir hierdie
vorige veroordeling vir
verkragting wat u reeds opgeloop het nie. .......â
[7] Die
gebeure agterliggend tot die klagte en skuldigbevinding aldus die 23
jarige klaagster vereenvoudig saamgevat, is as volg.
Klaagster en drie
vriende het die betrokke aand om ongeveer 21h00 ân taverne besoek
waar hulle drank geniet het. Die natuur het
sy deel bygedra en
terwyl klaagster besig was om haar in helder lig ongeveer 2 â 3
meter vanaf die gebou te verlig, het die appellant
en ân ander haar
gegryp en in die halfnaakte toestand waarin sy was, na die agterkant
van die gebou getrek waar hulle haar om die
beurt verkrag het.
Tydens die verkragting het sy ân snywond op haar knie, oor die
presiese wyse waarop dit toegedien was, was
nie sekerheid verkry nie,
opgedoen.
[8] Uit
die voorafgaande is dit minstens duidelik dat die verkragting wat die
wyse daarvan betref nie as ân ernstige aantasting
aangemerk kan
word nie. Voormelde feit alleen is skynbaar volgens die Hoogste Hof
van Appèl reeds aanduidend vir ân ligter vonnis
as die
voorgeskrewe lewenslange gevangenisstraf. Dit is te begrype dat die
hof
a
quo
dus as dit nie was vir die vorige veroordeling nie, ân ligter
vonnis sou oplê.
[9] Die
vorige veroordeling wat deurslaggewend was vir die oplegging van die
voorgeskrewe minimum vonnis was egter anders as wat die
hof
a
quo
bevind het nie verkragting nie maar bloot ân poging daartoe. In
gemelde opsig het die hof
a
quo
dus
misgetas en behoort om gemelde rede ân ander vonnis as die
opgelegde vonnis oorweeg te word.
[10] ân
Vonnis van 15 jaar vanweë die omstandighede en faktore heersend in
die onderhawige saak doen as aangewese voor en was dan
ook aldus
gesuggereer deur sowel die Direkteur van Openbare Vervolging as die
advokaat wat namens die appellant opgetree het.
Die
volgende bevel word gemaak:
Die appèl teen die
vonnis slaag.
Die opgelegde vonnis
word vervang met die volgende:
15 jaar gevangenisstraf.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Ek
stem saam.
___________
H.M. MUSI, R
Ek
stem saam.
____________
KRUGER, R
Namens
die appellant: Mnr. R.J. Nkhahle
In
opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. M. Strauss
In
opdrag van:
Direkteur
: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp