Cairns v Cairns (2499/2005) [2005] ZAFSHC 7 (19 August 2005)

55 Reportability

Brief Summary

Family Law — Rule 43 Application — Length of affidavits — Applicants filed an extensive Rule 43 application totaling 185 pages, contrary to the prescribed brevity intended by Rule 43 — Respondent sought dismissal of the application on grounds of abuse of court process due to excessive length — Court held that both parties misused the court process by failing to adhere to the requirements of Rule 43, leading to the application being struck from the roll — Applicants ordered to pay costs associated with the filing of an excessive replying affidavit.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 7
|

|

Cairns v Cairns (2499/2005) [2005] ZAFSHC 7 (19 August 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2499/2005
In
die saak tussen:
SUNé
CAIRNS
Applikante
en
DUNCAN
CAIRNS
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
18 AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19 AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
[1] Die huidige aansoek
gee voor om ‘n Reël 43-aansoek te wees, waarin applikante sekere
regshulp vorder waarvan slégs die omvang
van die onderhoud,
vermoënsregtelike verpligtinge en bydrae tot koste in geskil is.
[2] By die aanvang van
die aansoek, het Mnr. Pohl, namens die respondent, aansoek gedoen om
skrapping van die aansoek, met ‘n gepaste
kostebevel.
[3] Volgens Hofreël
43(2) moes die applikante se beëdigde verklaring “in die aard van
‘n deklarasie” gewees het, terwyl respondent
in antwoord daarop
‘n beëdigde verklaring “in die aard van ‘n pleit” moes
afgelewer het.
[4] Ondanks die
voorgaande Hofreëls, beslaan applikante se aansoek 51 bladsye. In
antwoord hierop, verklaar die respondent die volgende:
“
Die applikante het geheel en al
buite die voorgeskrewe riglyne van hierdie Agbare Hof opgetree met
die lywige aansoek wat die applikante
gerig het en wat veroorsaak het
dat ek verplig is om ‘n lywige opponerende beëdigde verklaring te
liasseer wat nie nodig sou gewees
het indien die applikante kort en
bondig met die feite gehandel het nie.”
Hy gaan egter voort en
liasseer stukke wat 53 bladsye beloop.
[5] Applikante gaan
daarna egter nog verder en liasseer ‘n repliserende eedsverklaring
van 81 bladsye. Die aansoek beslaan dus
‘n totaal van 185 bladsye.
[6] Die bogemelde lywige
stukke is totaal en al strydig met die doel en gees van Hofreël 43,
wat beoog dat ‘n hof spoedig ‘n
tussentydse bevel moet maak op
grond van feite wat kort en bondig in die onderskeie partye se
eedsverklarings uiteengesit is.
[7] Partye se lywige
stukke het ‘n verydeling van Hofreël 43 tot gevolg, wat neerkom op
‘n misbruik van die hofproses.
NIENABER v NIENABER
1980 (2) SA 803
(O) te 807 H;
SMIT v SMIT
1978 (2) SA
720
(W);
VISSER v VISSER
1992 (4) SA 530
(SOK);
PATMORE
v PATMORE
1997 (4) SA 785
(W) te 788.
[8] In bogemelde sake,
wat almal van die rol verwyder/geskrap is, was die omvang van die
stukke die volgende:
NIENABER
-saak: Funderende
eedsverklaring - 23 bladsye.
SMIT
-saak:
Funderende eedsverklaring - 24 bladsye, opponerende eedsverklaring -
45, totaal 69.
VISSER
-saak: Funderende
eedsverklaring - 34 bladsye, opponerende eedsverklaring byna 100
bladsye, totaal byna 134 bladsye.
PATMORE
-saak: Funderende
eedsverklaring - 29 bladsye.
[9] Alhoewel dit nie
gewens is om ‘n definitiewe beperking op die lengte van stukke neer
te lê nie, behoort ‘n Reël 43-aansoek
gewoonweg nie meer as 30
bladsye (ongeveer 15 bladsye vir elk van die partye se verklarings)
te beloop nie. ‘n Hof sal egter meer
toeskietlik wees waar die
belange van kinders ter sprake is en dit belangrik is om voldoende
feite voor te lê ten einde die Hof
as Oppervoog instaat te stel om
‘n korrekte beslissing te maak. Tans is die bewaring van die
kinders nié in geskil nie.
[10] Uit die voorgaande
is dit dus duidelik dat die huidige aansoek ‘n totale miskenning
van Hofreël 43 is. Hierdie Hof het ‘n
inherente bevoegheid om
sodanige misbruik te verhinder.
[11] In
SMIT v SMIT
(
supra
) word op 722 G – H die volgende verklaar:
“
To frustrate and/or defeat the
purpose or object of a Rule of this Court is an abuse of the process
of this Court. When the Rule was
first promulgated, the parties had
to file an unsworn statement in the nature of a declaration or plea.
The rulemaker then saw fit
to change the Rule so that a sworn
statement in the nature of a declaration or plea had to be filed.
Initially the unsworn statements
were in the nature of declarations
or pleas. After the Rule was changed so that sworn statements had to
be filed, these statements
became more and more detailed. I am
advised by the Registrar of this Court that it has now become almost
a common practice to file
lengthy affidavits and annexures, which
would not properly form part of a pleading, in Rule 43 proceedings,
notwithstanding the judgments
in this and other Divisions to the
contrary.”
[12] Dit blyk dat daar
nou ‘n herhaling is van hierdie ongewensde praktyk, naamlik om al
hoe meer lywige verklarings in Reël 43-aansoeke
te liasseer, nie
alleen in hierdie afdeling nie, maar ook in ander afdelings van die
Hooggeregshof. Dit mag nie toegelaat word nie.
[13] Ten opsigte van
koste, het Mnr. Pohl versoek dat die applikante gelas word om die
koste van die aansoek te betaal. Soos hierbo
aangetoon, het die
respondent self lywige stukke geliasseer.
[14] Wanneer ‘n
respondent in ‘n Reël 43-aansoek gekonfronteer word met lywige
aansoekstukke soos die huidige, en hy/sy nie instaat
is om daarop te
antwoord in die aard van ‘n deklarasie nie, moet sodanige party
liewer poog om alternatiewe prosedure te volg,
bv. deur ‘n
kennisgewing ingevolge Hofreël 6(5)(d)(iii), of bloot ‘n aansoek
om skrapping te liasseer. Vergelyk
NIENABER v NIENABER
(
supra
) te 804 C – E;
LTC Harms Civil Practice in the
Superior Courts
te B-51 en B-52. Beide partye het dus fouteer
ten opsigte van die Reël 43-aansoek, en is dit na my mening gepas om
geen kostebevel,
behalwe soos hierinlater gekwalifiseer, te maak nie.
[15] Ten opsigte van die
liassering van die applikante se repliserende eedsverklaring, is dit
duidelik dat die betrokke Reël nie
daarvoor voorsiening maak nie,
dat dit nie toegelaat behoort te word nie, en dus in elk geval
onderhewig is aan skrapping. Daar
bestaan in elk geval nie ‘n
behoefte vir repliek nie - indien ‘n aspek onduidelik is, kan daar
van sub-reël (5) gebruik gemaak
word om dit op te klaar.
MATHER
v MATHER
1970 (4) SA 582
(OK) te 585 A – B;
VAN DER
WALT v VAN DER WALT
1979 (4) SA 891
(T) te 893 B – C.
Inaggenome die lywigheid van die repliserende eedsverklaring, asook
die totale nie-ter sake bewerings wat daarin
vervat is, is ek van
mening dat dit gepas is om ‘n bestraffende kostebevel in hierdie
verband teen die applikante te verleen.
Daar kan egter nie aan Mnr.
Pohl se versoek voldoen word om ‘n bevel te verleen dat Hofreël
43(7) en (8) nie van toepassing sal
wees, aangesien daar, na my
mening, nie buitengewone omstandighede bestaan, soos wat deur die
reël vereis word nie.
[16] In die lig van die
voorgaande, is ek die mening toegedaan dat hierdie ‘n gepaste geval
is om die Hof se inherente bevoegdheid
te gebruik om ‘n misbruik
van die Hofproses te voorkom en te ontmoedig, deur die verlening van
die onderstaande bevele.
Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die Reël 43-aansoek
word van die rol geskrap.
2. (a) Die applikante
word gelas om die koste verbonde aan die liassering van die
repliserende eedsverklaring te betaal op die skaal
soos tussen
prokureur-en-kliënt.
Andersins sal daar geen
kostebevel wees nie.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die
applikante: Adv. S.L. Reinders
In opdrag van:
Van der Merwe du
Toit Ing
PRETORIA
Du Toit, Louw Botha
Ing
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. L. le R. Pohl
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp