About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 96
|
|
S v Madini (501/2005) [2005] ZAFSHC 96 (18 August 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.: 501/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
MZUMSIMA
MADINI
CORAM:
VAN
DER MERWE R
et
C.J. MUSI R
UITSPRAAK:
C.J.
MUSI R
GELEWER OP:
18
AUGUSTUS 2005
[1] Hierdie is ân
outomatiese hersiening ingevolge die bepalings van artikel
302(1)(a)(i) gelees met artikel 304 van die Strafproseswet,
51 van
1977.
[2] Die beskuldigde is op
8 April 2005 deur die landdros Sasolburg aan aanranding met die opset
om ernstig te beseer skuldig bevind
en as volg gevonnis: â6 maande
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde
beskuldigde nie weer skuldig bevind
word aan aanranding of ân
poging daartoe of ân misdryf waarvan geweld ân element van die
misdryf is gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie.â
[3] Aangesien
ek van mening was dat die verrigtinge nie ooreenkomstig die reg is
nie het ek die volgende navraag aan die landdros
gerig:
ïg
Is
die opskortingsvoorwaardes nie te wyd nie? Waarom is die geweld nie
gekwalifiseer nie? Sien
S
v MXATHULI
1964 (3) SA
685
(O).â
[4] Die landdros lewer as
volg kommentaar:
ïg
Ek
gee die geleerde Hersieningsregter gelyk dat die begrippe ân
misdryf waarvan geweld ân element van die misdryf is opsigself
vaag
en wyd is en kan self oortredings soos byvoorbeeld opsetlike
saakbeskadiging insluit.
Ek
is egter die beskeie mening toegedaan dat indien die betrokke
begrippe egter in samehang met die misdryf waaraan beskuldigde
skuldig
bevind was en die opskortingsvoorwaardes in geheel,
geinterpreteer word, verwys dit slegs na geweldsmisdrywe wat teenoor
ân ander
persoon gepeeg (was).
Ek het met die oplegging van die
opskortingsvoorwaarde beoog om beskuldigde te weerhou om geweld teen
die persoon van ân ander te
pleeg en hierdie bedoeling is ook so
verduidelik aan die beskuldigde. Beskuldigde sou hierdie voorwaarde
ook op hierdie basis verstaan
het.â
[5] Die
bewoording van opskortingsvoorwaardes moet duidelik en ondubbelsinnig
geformuleer word. Dit moenie vir verskillende interpretasies
vatbaar
wees nie. ân Onbeholpe formulering daarvan lei onnodiglik tot
verwarring en soms tot benadeling. Alhoewel die landdros
die
opskortingsvoorwaardes aan die beskuldigde verduidelik het moet hy in
gedagte hou dat die ander landdros â wat die opgeskorte
vonnis
inwerking gaan stel â nie die voordeel van die volle oorkonde het
nie. Hy of sy het slegs ân afskrif van die klagstaat
en
aanhangsels daartoe.
[6] In
S
v MXATHULI
1964(3) SA 685 (O.P.A.) op 687 het Potgieter R nadat hy met
goedkeuring na
S
v CELE
1964 (1) SA 640
(N) op bladsy 641 verwys het tot die slotsom gekom
dat die woord âgeweldâ in omstandighede soos die onderhawige
slegs gebruik
behoort te word indien dit duidelik gestel word dat
geweld teenoor ân persoon bedoel word. Die landdros gee toe dat
die opskortingsvoorwaarde
wyd is en moontlik kan lei tot ân
situasie wat hy nie beoog het nie, naamlik dat die opgeskorte vonnis
in werking sou tree indien
die beskuldigde skuldig bevind word aan
opsetlike saakbeskadiging.
[7] Die
landdros stel voor dat die opgelegde vonnis met die volgende vervang
word:
â
Ses maande gevangenisstraf in
geheel opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde die beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan aanranding
of ân misdryf waarvan geweld
teenoor ân persoon ân element is of poging daartoe gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting
nie.â
[8] Myns
insiens is dit ook onbillik om direkte gevangenisstraf op te skort op
voorwaarde dat die beskuldigde nie ân âgeringe
misdaadâ soos
poging tot aanranding moet pleeg nie. Dit is in my oordeel ook te
wyd.
[9] Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
a) Die
skuldigbevinding word bekragtig.
b) Die vonnis word
tersyde gestel en vervang met die volgende:
â6
maande gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig bevind word aan
aanranding met
die opset om ernstig te beseer gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.â
___________
C.J.
MUSI, R
Ek
stem saam.
_______________________
C.H.G
VAN DER MERWE, R
/em