S v Mokoena (723/2005) [2005] ZAFSHC 95 (18 August 2005)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Validity of sentence — Accused convicted of dealing in dagga and sentenced to a fine or suspended imprisonment — Magistrate's sentence deemed invalid as it imposed a fine without a corresponding direct or suspended imprisonment — Court held that a fine must be accompanied by a term of imprisonment, either directly or as an alternative — Original sentence set aside and replaced with a valid suspended sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 95
|

|

S v Mokoena (723/2005) [2005] ZAFSHC 95 (18 August 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.: 723/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
SAMEUL
MAFETHE MOKOENA
CORAM:
VAN
DER MERWE R
et
C.J. MUSI R
UITSPRAAK:
C.J.
MUSI R
GELEWER OP:
18
AUGUSTUS 2005
[1] Hierdie is ‘
n
outomatiese hersiening in terme van artikel 302(1)(a)(i) gelees met
artikel 304 van die Strafproseswet, 51 van 1977.
[2] Die beskuldigde is
deur die landdros Virginia skuldig bevind aan oortreding van artikel
5(b) van Wet 140 van 1992 deurdat hy met
0,7234 kilogram dagga handel
gedryf het en as volg gevonnis: “Beboet R600,00 of 6 maande
gevangenisstraf in die geheel opgeskort
vir 4 jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan (die) oortreding van
artikel 4(b) of 5(b) van Wet 140/1992
gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie.”
[3] Aangesien
ek van mening was dat die verrigtinge nie ooreenkomstig die reg
geskied het nie, het ek die volgende navraag aan die
landdros gerig:
“
1. Is die opgelegde
vonnis ‘n bevoegde vonnis? Sien artikel 13(f) gelees met artikel
17(e)van Wet 140/1992.
2. Is die dagga aan die
staat verbeurd verklaar? Sien artikel 25 van bogenoemde Wet”
[4] Wat
die tweede vraag betref noem die landdros dat dit bloot net ‘n
oorsig aan sy kant is en spreek sy spyt daaroor uit.
[5] Wat
die eerste vraag betref lewer die landdros as gevolg kommentaar: “Na
‘n bestudering van die gesag rondom hierdie aspek
is (die) ek nou
van mening dat die vonnis nie ‘n bevoegde vonnis is nie. In die
saak
S
v MOSOLOTSANE
1993(1) SASV 502(o) op bladsy 503 paragrawe e – f het Sy Edele
Regter Wright verwys na die beslissing van Claasen Wnr in die
S
v NXUMALO
1992 (2) SACR 768
(o) en bevind dat:
“
Dit word deur Claasen Wnr belemtoon
dat die boete wat opgelê word, opgelê word as ‘n alternatiewe
vonnis saam met, en nie bloot
in die alternatief tot gevangenisstraf
nie. Anders gestel, daar moet gevangenisstraf opgelê word tensy dit
direkte gevangenisstraf
of opgeskorte gevangenisstraf is, en
daarbenewens kan ‘n boete (waartoe daar ook in die alternatief
gevangenisstraf moet wees)
opgelê word.”
Verder
in pargagraaf (g) stel Sy Edele Regter Wright die benadering as volg:
“
Dit is irrelevant of daar eers
verwys word na die deel van die gevangenisstraf of na die boete (met
sy alternatiewe gevangenisstraf).
Die belangrike aspek wat beklemtoon
moet word, is dat die oplegging van bloot ‘n boete met die
alternatief daartoe gevangenisstraf,
nie ‘n bevoegde vonnis is
nie.”
Die
landdros se toegewing strook met die regsposisie soos hierbo deur hom
uiteengesit. Dit is derhalwe duidelik dat die vonnis ‘n
onbevoegde
vonnis is.
[6] Die
landdros verskaf sinvolle redes waarom hy van mening is dat:
gf
n
Vonnis
wat die beskuldigde sal toelaat om buite die gevangenis te
rehabiliteer ‘n gepaste vonnis sal wees.”
Die
landdros se siening strook egter nie met sy optrede nie. Die
beskuldigde het nie die boete betaal nie en moet derhalwe die
alternatiewe
6 maande gevangenisstraf uitdien. Die landdros het sy
eie lofwaardige siening gepootjie deur nie by die beskuldigde – in
weerwil
van sy plig – te verneem of hy ‘n uitstelboete kan betaal
nie. Dit moes vir die landdros duidelik gewees het dat die
beskuldigde
nie die boete sal kan betaal nie want ter versagting van
vonnis het die beskuldigde genoem dat hy nie oor fondse beskik nie.
Die
beskuldigde het vir drie dae per week geleentheidswerk verrig en
R20,00 per dag verdien. Hy het ook genoem dat hy nie weet of sy
oom
– wat werkloos was en hom slegs een keer in die gevangenis besoek
het – hom kan help om ‘n boete by te bring nie. Die
beskuldigde
was vir ongeveer drie weke inhegtenis. Na my mening het daardie
boete vonnis niks anders as direkte gevangenisstraf
vir hierdie
beskuldigde beteken nie. Ek is van oordeel dat ‘n algehele
opgeskorte vonnis die mees gepaste vonnis is. Indien hierdie
saak na
die landdros terug verwys word om vonnis op te lê sal dit onbillike
vertraging en nadeel tot gevolg hê.
[7] In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die vonnis word tersyde
gestel en vervang met die volgende vonnis:
“
6 maande
gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
oortreding
van artikel 4(b) of 5(b) van Wet 140/1992 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.”
Die dagga word aan die
Staat verbeurd verklaar.
___________
C.J.
MUSI, R
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
/em