About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 94
|
|
Matsabu v S [2005] ZAFSHC 94 (18 August 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A312/2004
In
die saak tussen:
THABO
PAULUS MATSABU
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
H.M.
MUSI R et VAN DER MERWE R
AANGEHOOR OP:
15
AUGUSTUS 2005
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
GELEWER OP:
18
AUGUSTUS 2005
[1] Die appellant is in
die Landdroshof te Vi
ljoenskroon
skuldig bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)
van die Wet op Korrupsie, No. 94 van 1992. Op 28
Junie 2004 is die
appellant gevonnis tot 24 maande gevangenisstraf ingevolge die
bepalings van Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet,
No. 51 van
1977. Die appèl, met verlof van die verhoofhof, is slegs gerig teen
die skuldigbevinding.
[2] Die appellant was op
die betrokke tydstip ân munsipale verkeersbeampte en het saam met
kollegas van hom op die betrokke dag
ân sogenaamde spoedlokval
beman. Die wese van die aanklag teen die appellant is dat hy geld
ontvang het om nie ân skriftelike
kennisgewing om in die hof te
verskyn soos bedoel in Artikel 56 van die Strafproseswet ten opsigte
van ân spoedoortreding, by die
verhoor en geriefshalwe hierna ân
verkeersdagvaarding genoem, uit te reik nie. Dit is gemeensaak dat
op die betrokke dag ân
lokvaloptrede met betrekking tot
verkeersbeamptes wat omkoopgeld aanvaar, plaasgevind het en dat
daartydens inspekteur Juliana Cornelia
Wilbers van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens doelbewus die toepaslike snelheidsgrens
van 100km/h oorskry het deur teen ongeveer 150km/h
te ry. Dit is ook
gemeensaak dat as gevolg hiervan die appellant inspekteur Wilbers se
voertuig voorgekeer en afgetrek het maar
dat ân verkeersdagvaarding
nie aan haar uitgereik is nie. Dit is verder gemeensaak dat R300 se
gemerkte note wat tydens hierdie
optrede gebruik is, in die appellant
se besit gevind is.
[3] Inspekteur
Wilbers het getuig dat die appellant hierdie bedrag geld van haar
ontvang het in ruil daarvoor om nie ân verkeersdagvaarding
uit te
reik nie op grond van die suggestie van die appellant, soos hieronder
meer volledig weergegee. Die appellant se getuienis
daarenteen was
dat inspekteur Wilbers die voorstel gemaak het dat hy omkoopgeld
aanvaar, dat hy geweier het om so te doen, en dat
inspekteur Wilbers
toe die R300 in sy broeksak gedruk het en weggery het voordat hy
enigiets daaromtrent kon doen.
[4] Die verhoorlanddros
het die getuienis van inspekteur Wilbers aanvaar en die van die
appellant verwerp as bo redelike twyfel vals.
Op appèl kan in
hierdie saak met hierdie bevindinge slegs ingemeng word indien ons
oortuig is daarvan dat dit verkeerd is. Ek
kan egter geen fout met
hierdie bevindinge vind nie. Volgens die oorkonde is die getuienis
van inspekteur Wilbers oortuigend afgelê
terwyl die appellant sy
getuienis aangepas het telkens wanneer hy onder druk verkeer het. Op
die totaliteit van die getuienis kom
die weergawe van die appellant
myns insiens ook so onwaarskynlik en vergesog voor dat dit nie
redelik moontlik waar kan wees nie.
[5] Namens die appellant
is egter aangevoer dat die optrede van inspekteur Wilbers verder
gegaan het as die skepping van ân geleentheid
om ân misdryf te
pleeg, soos bedoel in artikel 252A van die Strafproseswet en dat haar
getuienis dus ontoelaatbaar was.
[6] Ek
kan nie met hierdie betoog saamstem nie. Alhoewel die bewoording van
artikel 252A(2)(a)(b) en (c) in hierdie verband problematies
is, meen
ek dat die toets is of die betrokke wetstoepassingbeampte ân
aktiewe rol gespeel het om die beskuldigde te beweeg of te
oorreed om
ân misdryf te pleeg; so nie is slegs ân geleentheid geskep om ân
misdryf te pleeg. In hierdie verband stem ek met
eerbied saam met
die beslissings van
S
v ODUGO
2001(1) SASV 560 (W) op 566f â 567a en
S
v MAKHANYA AND ANOTHER
2002(3) SA 201 (N) op 206 H â 207 B.
[7] Gemelde vraag moet in
hierdie appèl natuurlik beantwoord word aan die hand van die
getuienis wat aanvaar is, te wete dié van
inspekteur Wilbers.
Hiervolgens het wensenlik die volgende gebeur nadat die appellant die
voertuig afgetrek het:
ïg
Hy
het vir my gevra of ek weet wat is die boete om so vinnig te ry, toe
sê ek vir hom nee, ek weet nie. Hy het sy boek gehad by
hom waar hy
die boetes ingeskryf het. Hy het egter die boek heel agter
oopgemaak en vir my gewys hoe die kiloâs werk as jy byvoorbeeld
100
ry en jy
ry 110, die grens gaan tot by 110 of by 111, daarna begin hulle die
mense te vang en wat die bedrae is wat die mense beboet word
vir die
kiloâs wat hulle ry. Toe het hy vir my uitgewerk en my boete het
uitgewerk op R900,00. Ek het toe aan hom gevra, hy was
besig om te
skryf in sy boeteboek en ek het hom gevra of hy nou regtig vir my ân
boete gaan skryf waarop hy vir my gevra het wat
wil ek maak.
Watter taal het u gepraat? ---
Afrikaans.
En beskuldigde? --- Afrikaans.
En toe? --- Hy het toe weer geskryf en
vir my gevra of ek ân lisensie het. Ek het my lisensiekaart aan
hom getoon en ek het weer
aan hom gevra of hy vir my ân boete gaan
uitskryf, toe sê hy vir my ja, maar wat wil ek daaromtrent doen.
Toe sê ek vir hom
ek weet nie, ek sê hulle weet mos beter as wat ek
weet. So ân rukkie daarna het ek vir hom gevra kan ek nie maar die
boete op
die toneel betaal nie, waarop hy vir my gevra het hoeveel
geld ek by my het. Ek het my ID-boek uitgehaal, die note uitgehaal,
want
die note was in my ID-boek gewees. Ek het die geld afgetel, die
gemerkte geld afgetel en vir hom gesê ek het slegs R300 by my.
Hy
het vir my gesê dit is reg. Voordat hy die geld gevat het by my het
hy vir my gevra of ek nie polisie toe sal gaan en vir hom
moeilikheid
sal maak as hy die geld sou vat nie. Ek het toe vir hom gesê ek
gaan moeilikheid hê as ek met daardie boete by die
huis aanbring, so
ek betaal eerder nou R300 as wat ek R900 moet betaal en ek het toe
vir hom die geld gegee.
Hoe het u die geld vir hom
gegee? --- Soos dit nou, het ek vir hom die note net so gegee.
U wys dat die note
gevou is, in die helfte deur gevou is, die hele pakkie. --- Ja, hy
was gevou. Ek het die geld so vir hom gegee.
U hou dit in u
regterhand vas en hou u elmboog so half gebuig, is dit korrek? ---
Ja, dit is hoe ek dit vir hom gegee het.
Hoe
het die beskuldigde dit gevat? --- Hy het dit met sy linkerhand
gevat, dit net so gevat. Hy het dit nie eers getel nie en dadelik
onder sy boek ingesit. Terwyl hy die geld so gevat het, was hy besig
om te skryf, maar met sy rug, want daar was ander twee
verkeersbeamptes
ook gewees, het hy met sy rug na hulle toe gestaan,
maar hy het geskryf in sy boek.
Waar was die ander twee
persone gewees? --- Hulle was by die voertuie gewees omtrent so 10
meter van ons af was hulle besig om te
skryf. Terwyl hy nou so
geskryf het, het ek vir hom gevra gaan hy nou vir my die boete
uitskryf nadat ek vir hom die geld gegee
het, toe sê hy vir my hy
maak net asof hy skryf sodat sy kollegas nie kan sien dat hy die geld
gevat het nie. En toe het hy vir
my gesê dit is reg, ek kan maar
gaan, maar voordat ek gery het, het hy weer vir my gevra gaan ek nie
vir hom moeilikheid maak omrede
hy die geld gevat het nie, toe sê ek
vir hom nee. Voordat ek vertrek het, het ek in my regtertruspieël
gekyk net voordat ek weggery
het, toe het hy omgedraai en hy het
weggeloop en hy het die geld gevat en in sy linkerbroeksak gesit.â
[8] Gedurende
kruisverhoor het inspekteur Wilbers bygevoeg dat voordat sy gevra het
of sy nie die boete op die toneel kan betaal nie,
sy ook gesê het
dat haar man haar gaan vermoor oor die boete wat sy gaan kry.
[9] Ontleding van die
voormelde getuienis toon myns insiens aan dat inspekteur Wilbers se
mededelings aanvanklik hoogstens daarop
gerig was om die uitreik van
ân verkeersdagvaarding en gevolglike aanspreeklikheid vir betaling
van ân boete, te verhoed. Dit
was heeltemal binne die diskresie
van die appellant om hieraan gehoor te gee, volgens die onbetwiste
getuienis van verkeersinspekteur
Nel. Op die vrae van inspekteur
Wilbers of die appellant haar gaan beboet, het die appellant egter
telkens geantwoord op ân wyse
wat ân suggestie van die kant van
inspekteur Wilbers probeer uitlok het. Op die daaropvolgende
objektief onskuldige vraag of die
boete dan op die toneel betaal kan
word, het die appellant die inisiatief geneem wat gelei het tot die
oorhandiging van die geld.
So gesien en met opweging van die
toepaslike faktore vermeld in artikel 252A(2) van die Strafproseswet,
het die onderhawige optrede
nie verder gegaan as die skepping van ân
geleentheid om ân misdryf te pleeg nie. Dit volg dat die bepalings
van artikel 252A(3)
nie ter sprake kom nie.
[10] Namens die appellant
is klem gelê op die mededeling van inspekteur Wilbers dat haar man
haar gaan vermoor oor die boete wat
sy gaan kry. Na my oordeel is
hierdie klem misplaas. Die mededeling behels eerstens ân
uitdrukking wat geen redelike persoon
letterlik kon opneem nie, dit
was nie die getuienis van die appellant dat hy dit letterlik
verstaan het nie en het tweedens in ieder
geval in konteks soos reeds
vermeld nie deel gevorm van ân aanbieding van omkoopgeld of
aanstigting tot aanvaarding daarvan nie.
[11] Na
my oordeel moet die appèl dus afgewys word en die skuldigbevinding
bekragtig word.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam en dit word
so beveel.
____________
H.M. MUSI, R
Namens die
appellant: Adv. W.J. Edeling
In opdrag van:
Rosendorff Reitz
Barry
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. A. De Beer
In opdrag van:
Kantoor van die
Dirketeur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em