About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 129
|
|
S v Mofokeng (993/2005) [2005] ZAFSHC 129 (11 August 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr. :
993/2005
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
ELIAS
TINI MOFOKENG
Beskuldigde 1
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER
R
et
CLAASEN
Wnd R
UITSPRAAK
DEUR:
CLAASEN
Wnd R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
11
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
In
hierdie aangeleentheid het Elias Tini Mofokeng as eerste beskuldigde
tereggestaan saam met Letela Amos Tshabalala op ân klag
van
aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die saak het gedien
voor landdros P. Msimanga. Beide beskuldigdes het op 1 April
2001
onskuldig gepleit. Die saak was deelsverhoor en op ân datum
waarheen die saak uitgestel is, 25 April 2001 het beskuldigde
1 net
nie weer opgedaag nie en spoorloos verdwyn. Die saak is op verskeie
geleenthede uitgestel in ân poging om beskuldigde 1
op te spoor.
Dit was onsuksesvol gewees. Na verskeie uitstelle het die
voorsittende landdros skeiding van verhore gelas in terme
van artikel
159(3) van Wet 51 van 1977. Die verhoor is toe op 31 Augustus 2001
teen beskuldigde 2 afgehandel in die afwesigheid
van beskuldigde 1.
Beskuldigde 2 is vrygespreek.
Beskuldigde
1 is gedurende 2005 opgespoor waar hy tans besig is om ân vonnis
uit te dien op ân ander saak.
Die
landdros van Bethlehem het nou ân skrywe aan die Griffier gerig.
Daaruit blyk dat die kassette van die vorige gedeeltelike
verhoorde
saak teen beskuldigde 1 verlore geraak het of reeds vernietig is.
Die betrokke voorsittende landdros kon ook nie sy notas
opspoor nie.
Die landdros van Bethlehem, Mev. M.H. Visser, berig dat sy ondersoek
ingestel het na die omstandighede rondom die verlore
rekord en dat
dit nie moontlik is om die saakrekord te rekonstrueer nie. Na
deeglike ondersoek deur al die betrokke partye is daar
geen hoop om
die rekord te rekonstrueer nie.
Landdros
Msimanga bevestig in ân dokument dat hy nie meer oor enige notas
van die saak beskik nie en dat hy dit nêrens kon opspoor
nie. Hy
vermoed dat sy notas saam met die kassette vernietig is. Hy bevestig
dat hy nie in staat is om die rekord te rekonstrueer
nie.
â
n
Sekere dame, A.F. Muller, verklaar onder eed dat sy die klerk van die
hof te Bethlehem is en dat sy oral en na die beste van haar
vermoë
na klagstaat B620/00 gesoek het en dat sy slegs die klagstaat kon
opspoor tussen die afgehandelde sake. Volgens haar blyk
dit dat die
betrokke kassette reeds vernietig is en dat geen verdere rekord
daarvan opgespoor kan word nie.
Die
versoek is nou dat die verrigtinge ten opsigte van beskuldigde 1 tot
en met die skeiding van die verhore in terme van artikel
159(3) van
Wet 51 van 1977 tersyde gestel kan word ten einde die Staat in staat
te stel om beskuldigde 1
de
novo
te verhoor.
Na
oorweging van die verklarings van die betrokke persone vermeld, word
die volgende bevel gemaak:
1. Die verrigtinge ten
opsigte van beskuldigde 1, Elias Tini Mofokeng, in saak nr. B620/00,
tot en met die skeiding van verhore, in
bogemelde saak, in terme van
artikel 159(3) van Wet 51 van 1977, word tersyde gestel.
___________________
J.Y. CLAASEN, Wnd R
Ek stem saam.
_____________
A. KRUGER, R
/sp