Dirksen v Cairo Funeral Undertakings CC (3799/2001) [2005] ZAFSHC 91 (11 August 2005)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Recognition of debt — Plaintiff claims R441 687 from defendant based on a document purportedly acknowledging debt — Defendant disputes validity of document, asserting lack of authority of signatory — Court considers whether document constitutes a valid acknowledgment of debt and the implications of the parties' actions regarding the agreement — Plaintiff's evidence deemed insufficient to establish a binding acknowledgment of debt, leading to dismissal of the claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 91
|

|

Dirksen v Cairo Funeral Undertakings CC (3799/2001) [2005] ZAFSHC 91 (11 August 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 3799/2001
In
die saak tussen:
JOHN
ALEC DIRKSEN
Eiser
en
CAIRO
FUNERAL UNDERTAKINGS CC
Verweerder
______________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER
R
AANGEHOOR
OP:
2 + 3 AUGUSTUS 2005
GELEWER
OP:
11 AUGUSTUS 2005
[1] Eiser
eis R441 687,00 van verweerder. Hy steun op ‘n dokument wat soos
volg lees:
“
Mnr. A.J. Dirksen
23 Oktober 2000
Generaal
van Schoorstraat 1
Dan
Pienaar
BLOEMFONTEIN
9300
Meneer
Kapitaalleningsbedrag:
B.K. CAIRO BEGRAFNIS-ONDERNEMERS
Hiermee word bevestig dat Mnr. Dirksen
die ondergenoemde bedrae aan die korporasie geleen het.
R390 000,00 (Drie honderd en negentig
duisend rand).
R20 000,00 (Waarde van meubels).
R11 687,00 (Lening).
R20 000,00 (Bydrae tot kontantvloei).
[Bygevoeg met pen.]
TOTAAL: R441
687,00
[Met
pen gewysig.]
Dankie.
Die uwe
__________________________________
B/K
CAIRO BEGRAFNISONDERNEMERS”
[2] In
sy deklarasie sê eiser dat hierdie dokument waarna ek as “P5”
verwys, ‘n erkenning van skuld is wat aan hom gegee is
ter
skikking en erkenning van sy bydraes aan verweerder. Hy sê die
bedrae daarin vermeld is opeisbaar en betaalbaar.
[3] Verweerder
sê die dokument is nie ‘n erkenning van skuld nie, en Van Wyk, wat
dit namens verweerder onderteken het, was nie
gemagtig om dit te
onderteken nie.
[4] Eiser
het getuig dat hy ongeveer gedurende Julie 1999 lid van die
verweerder BK geword het. Daar was twee ander lede, Mnre. H.V.N.
Matthyzer en Mnr. H. S. van Wyk. Hulle twee was ook Ashbury
Financial Services BK (Ashbury) se enigste twee lede. Ashbury het ‘n
mikro-leningsbedryf hanteer.
[5] Die verweerder (na
wie ek as Cairo verwys) het nie op daardie stadium ‘n bankrekening
gehad nie, en gelde wat dit ontvang het
is in Ashbury ingesit.
[6] Dirksen het verwys na
‘n dokument gedateer 30 Julie 1999 wat voorgee ‘n ooreenkoms
tussen hom en Ashbury te wees, ingevolge
waarvan hy 20% aandele in
Cairo “uitkoop teen die bedrag van R226 999,00.” Die dokument
boekstaaf dat R90 000,00 per tjek betaal
is aan Ashbury, plus meubels
ter waarde van R20 000,00. Dus is R110 000,00 inbetaal, en R116
999,00 is uitstaande. Dirksen getuig
dat hy 20% van die
aandeelhouding in Cairo gekoop het vir R226 999,00. Dirksen het nie
dokumente gehad om sy getuienis te staaf
nie, en kon nie die
spesifieke bedrae onthou wat hy betaal het nie. Verder is nooit
verduidelik hoe iemand “aandeelhouding”
in ‘n BK van ‘n ander
BK kan aankoop nie.
[7] Eiser
se saak is dat hy geld in Cairo belê het. Toe hy as lid bedank, gee
Cairo hom as erkenning vir sy bydraes ‘n erkenning
van skuld.
[8] Dirksen verwys na die
notule van ‘n vergadering van Cairo gehou op 10 Januarie 2000.
Paragraaf 6.3 daarvan lees soos volg:
g
6.3 Ledebydrae:
Mnr. A.J. Dirksen
(i) 15/12/99 – R40 000,00 (Direk
betaal aan Polyflora)
(ii) 22/12/99
– R15 000,00 (Gebruik vir salarisse)
(iii) Bonusse:
R115 405,00
(iv) ‘n
Lys ten opsigte van elke lid se bydrae moet opgestel word.”
[9] Dirksen
getuig dat hy bedank het as lid van Cairo omdat hy mislei is. Dit
het nie goed gegaan met Ashbury, en Van Wyk en Matthyzen,
die twee
lede daarvan, het ‘n vete gehad. Die bank het die geld wat Ashbury
geleen het opgeëis. Van Wyk en Matthyzen wou toe
geld namens Cairo
leen om Ashbury aan die gang te hou, en Dirksen was nie daarvoor te
vinde nie.
[10] Dirksen sê toe vir
Van Wyk en Matthyzen hy kan nie in hulle vete betrokke wees nie.
Voor hy loop wou hy ‘n versekering hê
dat Cairo hom geld skuld.
Toe is die dokument P5, wat reeds hierbo aangehaal is, opgestel.
Dirksen sê die vergadering daaroor
is by die kantore van Cairo
gehou. Van Wyk het die dokument opgestel. Dirksen sê dat die R20
000,00 bydrae tot kontantvloei nie
op die dokument verskyn het nie.
Van Wyk het dit ingevoeg, in sy eie handskrif, en die dokument toe
onderteken.
[11] Dirksen het getuig
dat Van Wyk die syfers uit notules van vorige vergaderings gekry het.
Van Wyk op sy beurt het getuig dat
hy die syfers by Matthyzen gekry
het. Matthyzen was volgens Dirksen ook teenwoordig, volgens Dirksen
sowel as Dirksen se prokureur,
Mnr Cloete. Cloete het niks gedoen
rondom of tydens die finalisering en ondertekening van P5 nie.
Volgens Van Wyk was dit net
hy en Dirksen wat teenwoordig was saam
met Cloete. Matthyzen was nie daar nie.
[12] Dirksen wou ‘n
koper vir die besigheid van Cairo soek, maar Van Wyk het ‘n stokkie
daarvoor gesteek. Later vra hy toe vir
Van Wyk wat hy gaan doen,
waarop Van Wyk sê dat hy met sy broer in Johannesburg gepraat het
wat hom R100 000,00 sou leen, wat hy
aan Dirksen sou gee. Die basis
vir hierdie getuienis was ratifikasie, soos beweer in eiser se
replikasie. In betoog het Mnr. Williams,
vir eiser, gesê hy steun
nie op ratifikasie nie; hy hou egter vol dat die gesprek tussen Van
Wyk en Dirksen wel plaasgevind het.
[13] Dirksen
getuig dat Van Wyk wel gemagtig was om die dokument te onderteken
want hy was bestuurder, tesourier en sekretaris van
Cairo.
[14] In kruisondervraging
word Dirksen gevra oor die verskille in skuldoorsaak tussen die
deklarasie en die enkelvoudige dagvaarding.
Die deklarasie steun op
‘n skulderkenning terwyl die enkelvoudige dagvaarding beweer dat
dit gedien is ter bevestiging van ‘n
mondelinge ooreenkoms.
Dirksen sê hy het nie vir sy prokureur iets gesê van ‘n
mondelinge ooreenkoms nie. Ek meen nie dat enige
besondere betekenis
geheg moet word aan die feit dat die prokureur beweer het dat die
dokument opgestel is na aanleiding van ‘n
voorafgaande mondelinge
ooreenkoms nie. Daardie aspek is nie veel verder gevoer in argument
nie.
[15] Dit word aan Dirksen
gestel dat P5 opgestel is na aanleiding van die versoek op die
vergadering van 10 Januarie 2000. Hoewel
hy dit aanvanklik erken,
ontken hy dit onmiddelik daarna.
[16] Dirksen sê Van Wyk
en Matthyzen het hulle geld in Ashbury belê, nie in Cairo nie.
[17] Dirksen bevestig dat
hy in hierdie hofgeding as skuldeiser optree en nie as lid van Cairo
nie.
[18] Dirksen word oor sy
estoppel-bewerings gevra en spesifiek wat hy tot sy nadeel gedoen het
as gevolg van die voorstelling dat
Van Wyk ‘n gemagtigde van Cairo
was. Dirksen sê die nadeel is dat ‘n behoorlik-gekwalifiseerde
persoon nie P5 opgestel het
nie. Vir doeleindes van estoppel lyk dit
vir my onvoldoende maar soos later in die uitspraak blyk het Mnr.
Williams nie gesteun
op die estoppel-bewering nie en ek meen ook nie
dat enige saak op estoppel uitgemaak is nie.
[19] Dirksen bevestig dat
ooreengekom is dat terugbetaling sou geskied “whenever they are
able to pay me back”. Hy sê Cairo
is vandag nog steeds aan die
gang.
[20] Dirksen se getuienis
rondom die datum van sy gesprek met Van Wyk oor die verkoop van Cairo
en terugbetaling aan hom was onbevredigend.
Eers sê hy dit was
vroeg in 2000 in die eerste kwartaal. Dan word sy aandag daarop
gevestig dat sy aftekening as lid van Cairo
eers op 20 November 2000
geregistreer is; die registrateur se stempel is 7 November 2000.
Dirksen word dan verwys na sy replikasie
waarin gesê word dat
ratifikasie in of ongeveer Januarie 2001 plaasgevind het. Daarop sê
Dirksen dat die gesprek eers aan die
einde van die jaar plaasgevind
het. Dan sê Dirksen dat hy deurmekaar is. Later sê hy “Ek dink
dit is die middel van 2000”.
Hy sê dis sy finale antwoord. Later
sê hy weer dit was, “êrens in 2000”. Ek het toe aan hom
uitgewys dat hierdie getuienis
waardeloos is. Daarop val dit Dirksen
opeens by dat dit oor die Kersnaweek was dat Van Wyk en Matthyzen
besluit het dat die een
Cairo gaan oorneem en die ander Ashbury.
Mnr. Human, namens verweerder vra dat of hy positief vir die hof kan
sweer dat dit Januarie
2001 was, waarop hy bevestigend antwoord:
“positief”. Die feit dat mens datums kan vergeet is begryplik;
dit is egter dik
vir ‘n daalder om eensklaps, na totale verwarring,
iets positief helder te onthou.
[21] Dirksen getuig dat
Van Wyk geweier het om die besigheid te verkoop. Hy getuig: “Ek
het gesê laat ons ons geld wat ons ingestort
het, terugkry.”
[22] Hy
bevestig dat toe hy die 20% ledebelang vir R226 999,00 gekoop het,
was daar geen melding van ‘n lening of terugbetaling
nie.
[23] Dirksen word verwys
na sy prokureur, Mnr. Cloete, wat teenwoordig was toe P5 opgestel is,
se brief gedateer 10 Mei 2001. Die
brief lees as volg:
g
10
Mei 2001
MNRE
CAIRO FUNERAL UNDERTAKING
RENBRANDTSINGEL
HEIDEDAL
9301
Waarde
heer
INSAKE: J A DIRKSEN
Ons
rig hierdie skrywe aan u in opdrag van ons kliënt Mnr. Dirksen.
Soos
u bewus is het Mnr. Dirksen ‘n bedrag van R430 000,00 aan u
beskikbaar gestel en verneem ons nou graag ‘n uiteensetting van
hoe
daardie fondse aangewens is.
Die
uwe
ISRAEL & SACKSTEIN ING / INC
R B CLOETE
”
[24] Dirksen bevestig dat
hy Cloete opdrag gegee het dat om die brief te skryf en dat dit nie
melding maak van die lening nie, ook
nie van ‘n skulderkenning nie.
[25] Dit word aan Dirksen
gestel dat P5 opgestel is na aanleiding van sy versoek op 10 Januarie
2000 dat ‘n lys van elke lid se
ledebydraes gemaak moet word, wat
hy ontken. Dirksen sê hoekom hy ‘n lys gevra het was omdat hy ‘n
uiteensetting wou hê van
wat Matthyzen en Van Wyk se bydrae tot
Cairo was. Hy wou ‘n lys hê wat boekstaaf wat Cairo vir elkeen
van hulle drie skuld.
[26] In antwoord op die
vraag dat hy onvoorwaardelik bedank het sê Dirksen:
g
Ja,
maar nie sonder voorwaardes nie, wag so ‘n bietjie. Ek het gesê
as hulle ‘n lening kry, moet hulle
my
terugbetaal, dit was my onderneming met hulle. Toe sê hulle hulle
gaan leen en op dié manier het ek toegestem dat hulle my,
dat ek
afdank en hulle sal my terugbetaal as hulle ‘n lening kry.”
[27] Dirksen
erken dat hy wou wegloop van Cairo af met alles wat hy ingesit het,
want hy kon dit kry as hulle vir Cairo verkoop het.
[28] Dit het eiser se
saak voltooi.
[29] Verweerder se
aansoek om absolusie is afgewys.
[30] Van Wyk was die
enigste getuie namens verweerder.
[31] Van
Wyk getuig dat Dirksen 20% aandeel in Cairo gekoop het op 30 Julie
1999. Die notule van 18 Oktober 1999 bevestig dat hy
‘n verdere
13
1/
3
%
gekoop het, waarna hy dus ‘n een-derde aandeel in Cairo gehad het.
[32] Van Wyk getuig dat
die meeste van die geld inbetaal is by Ashbury. Van Wyk moes by
Matthyzen vasstel wat die bydrae was wat
Dirksen gemaak het in
Ashbury.
[33] Met verwysing na P5
sê Van Wyk dat Dirksen beslis nie ‘n skulderkenning van Cairo
gevra het nie. Hy sou dit baie beslis nie
gegee het as Dirksen vir
hom gesê het P5 is ‘n skulderkenning nie. Die verlening van ‘n
skulderkenning aan Dirksen is nooit
bespreek nie. Hierdie getuienis
is nie in kruisondervraging aangeveg nie. Dus staan Van Wyk se
getuienis dat hy nie ‘n skulderkenning
wou gee en dat Dirksen hom
nie vir een gevra het nie, onaangeveg.
[34] Van Wyk sê hy weet
nie hoeveel geld Dirksen inbetaal het nie, óf by Cairo óf by
Ashbury.
[35] Wanneer hy daarop
attent gemaak word dat hy die finansiële state van Cairo geteken het
as “die lid”, sê hy dat die ouditeure
geweet het daar is drie
lede. Nogtans is dit vreemd dat Van Wyk ‘n dokument teken waar
daar direk bo sy handtekening staan “die
lid”.
[36] Van Wyk getuig dat
Dirksen geen rede vir sy bedanking gegee het nie. Hy ontken dat
Ashbury in finansiële moeilikheid was.
Ook hierdie getuienis is
hoogs verdag. Dirksen se getuienis dat Ashbury in finansiële
moeilikheid was is nooit aangeveg nie. Van
Wyk sê Dirksen het nie
sy bydrae teruggevra nie.
[37] Wat
magtiging betref, sê Van Wyk hy het waarskynlik magtiging gehad om
P5 namens Cairo te teken; hy ontken egter dat dit ‘n
skulderkenning was en sê hy het nie magtiging gehad om ‘n
skulderkenning te onderteken nie.
[38] Hy sê die
ondertekening van P5 het nie by Cairo se kantore plaasgevind nie.
Ook hierdie teenstrydigheid met Dirksen se getuienis
is nooit aan
Dirksen gestel nie. Van Wyk se getuienis dat Matthyzen nie
teenwoordig was nie, is ook nooit gestel nie.
[39] Die heel swakste
deel van Van Wyk se getuienis wentel rondom die opstel van P5.
Dirksen se getuienis was dat Van Wyk dit opgestel
het, en daardie
getuienis is nooit ontken nie. In hoof getuig Van Wyk dat hy P5
opgestel het nadat hy die bedrae by Matthyzen verneem
het. Van Wyk
se eedsverklaring ter bevestiging van summiere vonnis word dan aan
hom gestel. Daarin sê Van Wyk:
“
6.
Gemelde dokument is deur die
applikant, ‘n ervare sakeman, opgestel en op sy versoek deur my in
my onkunde onderteken. Dit weerspieel
egter nie die feitlike posisie
korrek nie, aangesien dit foutiewelik aandui dat die applikant R441
687,00 aan die respondent geleen
het.”
[40] Hierop
reageer Van Wyk dat hulle P5 saam opgestel het. Hy erken dat Dirksen
niks te doen gehad het met die finansiële aspekte
en boekhouding van
Cairo nie; nadat Cairo se aanvanklike pleit, waarin beweer word dat
Dirksen hom mislei het oor die bedrae aan
hom gestel is. Dit het die
getuienis afgesluit.
[41] Beide getuies was
swak. Boekhouding was onvoldoende en hulle gebrekkige regskennis
maak dit moeilik om hulle handelinge aan
regsgevolge te koppel.
Hulle optrede is vergelykbaar met dié van middeleeuse matrose op ‘n
elektroniese aandelebeurs. Ek meen
dat nie veel waarde aan hulle
getuienis geheg kan word nie. Nietemin moet gekyk word na die
getuienis, ten einde te kan bepaal of
eiser sy saak bewys het.
[42] In
betoog, sê Mnr. Williams dat die eiser uitsluitlik steun op P5,
synde ‘n geldige en afdwingbare skulderkenning. Hoewel
P5 nie ‘n
onderneming om te betaal bevat nie, sê Mnr. Williams dat so ‘n
onderneming afgelei kan word, met verwysing na
CHEMFOS
LTD v PLAASFOSFAAT (PTY) LTD
1985 (3) SA 106
(A) op 115 G – H:
g
...the
intention to assume liability for payment, and therefore the
undertaking to pay,
may be inferred from the wording and form of the acknowledgement, the
conduct of the parties and all the relevant attendant circumstances.”
[43] Mnr.
Human stem saam dat die onderneming om te betaal iets is wat,
afhangende van die feite van ‘n saak, afleibaar is. Maar
hy sê
hierdie dokument erken nie
verskuldigdheid
op datum van ondertekening nie. In die
CHEMFOS
-saak
is die erkenning van aanspreeklikheid nie ontken nie; wel die
verskuldigdheid om te betaal (op 113 E – F).
[44] Mnr.
Human sê op sy normale grammatikale betekenis is P5 nie ‘n
skulderkenning nie. Dit is ‘n brief, onder die opskrif
“kapitaalleningsbedrag”, en bevestig dat eiser die bedrae vermeld
aan verweerder “geleen” het.
[45] Die eiser se saak is
dat die bedrae in P5 genoem verskuldig is, ook omdat ‘n redelike
tyd sedert ondertekening verloop het.
Die eiser se saak moet wees
dat die gebruik van die woord “geleen” in P5 ‘n terugbetaling
impliseer. Die verweerder se saak
is dat P5 eenvoudig bydraes
boekstaaf.
[46] Die
benadering wat gevolg moet word by die uitleg van ‘n dokument soos
P5 word soos volg uiteengesit in
COOPERS
& LYBRAND AND OTHERS v BRYANT
1995(3) SA 761 (A) op 768 A – E:
“
The correct approach to the
application of the ‘golden rule’ of interpretation after having
ascertained the literal meaning of
the word or phrase in question is,
broadly speaking, to have regard:
(1) to the context
in which the word or phrase is used with its interrelation to the
contract as a whole, including the nature and
purpose of the
contract, as stated by Rumpff CJ
supra;
(2) to
the background circumstances which explain the genesis and purpose of
the contract, ie to matters probably present to the minds
of the
parties when they contracted.
Delmas
Milling Co Ltd v Du Plessis
1955 (3) SA 447
(A) at 454 G-H;
Van
Rensburg en Andere v Taute en Andere
1975 (1) SA 279
(A) at 305 C – E;
Swart’s
case
supra
at 200E-201A and 202C;
Shoprite
Checkers Ltd v Blue Route Property Managers (Pty) Ltd and Others
1994
(2) SA 172
(C) at 180 I-J;
(3) to
apply extrinsic evidence regarding the surrounding circumstances when
the language of the document is on the face of it ambiguous,
by
considering previous negotiations and correspondence between the
parties, subsequent conduct of the parties showing the sense
in which
they acted on the document, save direct evidence of their own
intentions.
Delmas
Milling
case at 455 A-C,
Van
Rensburg’s
case at 303 A-C,
Swart’s
case at 201B,
Total
South Africa (Pty) Ltd v Bekker
NO
[1991] ZASCA 183
;
1992
(1) SA 617
(A) at 624G,
Pritchard
Properties (Pty) Ltd v Koulis
1986
(2) SA 1
(A) at 10 C- D.”
[47] ‘n
Frase in die dokument moet nie in isolasie geïnterpreteer word nie
(767 H- I). Die gemeenskaplike doel van die partye
moet bepaal word
uit die woorde wat in die dokumente gebruik is.
[48] Kyk mens na die
geheel van Dirksen se getuienis, was sy bedoeling om stawing en
erkenning te kry van die presiese bedrag wat
hy in Cairo ingesit het.
Die beste bevestiging vir hierdie siening is te vinde in Dirksen se
prokureur se brief van 10 Mei 2001,
hierbo aangehaal, waar Mnr.
Cloete, wat teenwoordig was toe P5 voltooi en onderteken is, sê dat
eiser die uiteensetting van die
bedrae verlang wat hy beskikbaar
gestel het. Daar is geen melding van ‘n lening of terugbetaling
nie. Dit word 6 maande na die
beweerde skulderkenning geskryf. Dit
is eers nog 6 maande later, op 9 Oktober 2001, wat eiser se nuwe
prokureur, Mnr. Frankim (by
dieselfde firma as Mnr. Cloete) ’n
eisbrief skryf vir gelde geleen en voorgeskiet. Dit is die eerste
woord wat ‘n mens in die
korrespondensie sien van gelde wat na
bewering geleen en voorgeskiet is. Dirksen se eie getuienis, op die
keper beskou, staaf ook
hierdie siening: hy wil weet hoeveel geld hy
ingesit het. Daar was nie sprake van ‘n lening nie.
[49] Eiser
se verdere probleme duik op by die onderneming om te betaal. Die
dokument bevat geen onderneming om te betaal nie. Volgens
die
CHEMFOS
-saak
kan ‘n bedoeling om terug te betaal afgelei word uit die
omstandighede. Van Wyk se getuienis is direk en pertinent dat daar
nie so ‘n onderneming was nie. Selfs Dirksen se getuienis dui
daarop dat daar nie ‘n onderneming was om te betaal nie. Uit
Dirksen se getuienis blyk verder dat, as daar ‘n onderneming was om
te betaal, was dit gekoppel aan voorwaardes. Wat die meubels
betref
sê hy dat terugbetaling sou geskied : “whenever they are able to
pay me back”. Dirksen getuig ook dat Van Wyk en Matthyzen
se
onderneming was dat hulle hom moet terugbetaal as hulle ‘n lening
kry (hierbo aangehaal). Daar was geen bewering of getuienis
dat
verweerder ooit ‘n lening gekry het nie. Die voorwaarde waaraan
dus volgens hierdie getuienis voldoen sou moet word voordat
die geld
aan Dirksen terugbetaal word, naamlik die verkryging van ‘n lening,
was dus nooit nagekom en dus moet eiser ook op hierdie
basis misluk.
[50] Die
eiser faal dus op die heel eerste been: die dokument, vanweë sy
gewone betekenis bevat nie ‘n erkenning van aanspreeklikheid
nie.
Uit die omstandighede en getuienis kan ook nie ‘n bedoeling afgelei
word om te betaal nie.
[51] Hierdie bevinding
maak dit onnodig om oor die magtiging van Van Wyk te beslis. Van Wyk
sê hy het magtiging gehad om P5 te onderteken
wat ook volgens sy
direkte getuienis, nie ‘n skulderkenning was nie. Dus het Van Wyk
die magtiging gehad om ‘n dokument te onderteken
maar die dokument
was nie ‘n skulderkenning nie. Die getuienis wat ek aanvaar was
dat daar nie ‘n bedoeling was om ‘n skulderkenning
te onderteken
nie.
[52] Die oorblywende
kwessie is dié van die R11 687,00 wat die verweerder in die
verweerskrif erken geleen is. Die verweerder sê
in die verweerskrif
hy is bereid om dit aan eiser te betaal. Geen tender word egter
gedoen nie. Mnr. Human sê as die eiser tot
daardie mate slaag sou
hy slegs op landdroshofkoste geregtig wees. Die pleit is in Augustus
2002 onderteken. Die eiser kon toe
met verweerder se prokureurs
ooreengekom het dat daardie bedrag en koste tot op datum aan hom
betaal word. Hy het egter voortgegaan
met hierdie litigasie.
[57] Die
volgende bevel word dus gemaak:
Verweerder word gelas
om eiser R11 687.00 te betaal tesame met koste tot op datum van
liassering van verweerder se aanvanklike
verweerskif.
Die balans van eiser se
eis word met koste van die hand gewys.
_____________
A.
KRUGER, R
Namens
die eiser: Adv. A. Williams
In opdrag van:
Israel &
Sackstein
BLOEMFONTEIN
Namens die
Verweerder: Adv. C.A. Human
In
opdrag van:
Kramer Weihmann &
Joubert Ing
BLOEMFONTEIN
/em