About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 90
|
|
WJ Fourie Beleggings BK v Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (11261) [2005] ZAFSHC 90 (11 August 2005)
IN DIE
BELASTINGHOF, BLOEMFONTEIN
Saak Nr: 11261
WJ
FOURIE BELEGGINGS BK
Appellant
en
DIE
KOMMISSARIS VAN DIE
SUID-AFRIKAANSE
INKOMSTEDIENS
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER,
R en ASSESSORE
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
27
JULIE 2005
___________________________________________________
GELEWER
OP:
11
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
AGTERGROND
[1] Die
appellant is die eienaar van die E
lgro
Hotel in Potchefstroom.
[2] Op 4 April 2001 het
Naschem, ân afdeling van Denel (Edms) Bpk, ân bespreking by die
appellant gemaak vir die akkommodasie
van en voorsiening van drie
maaltye per dag aan sekere âstudenteâ van Naschem vanaf 1 April
2001 vir wisselende tydperke. Agt-en-dertig
studente sou bly tot 31
Mei 2003, twaalf studente sou bly tot 6 Mei 2001, sewentien sou bly
tot 31 Augustus 2001, agtien sou bly
tot 31 Augustus 2001 en vyf
offisiere sou bly tot 31 Augustus 2001. Die totale waarde van die
kontrak was R8 791 913,70. Die studente
wat in die hotel tuisgegaan
het was afkomstig uit die Emirate. Om ân rede wat Naschem nie weet
nie het hulle kort na die gebeure
van 11 September 2001 almal
uitgetrek. Die studente was nie bereid om terug te gaan na die hotel
nie. Die appellant het hierdie
optrede as ân kansellasie en
kontrakbreuk beskou. Die partye het egter besluit om die geskil
buite die hof te skik en op 6 Desember
2001 het hulle ooreengekom dat
Naschem ân bedrag van R1 292 760,00 aan appellant sou betaal as
volle en finale vereffening van
die eise wat appellant teen Naschem
sou hê.
[3] Die
appellant het ân opgawe van inkomste vergesel van finansiële state
vir die jaar van aanslag geëindig 28 Februarie 2002
ingedien waarin
hy die ontvangs van die voornoemde bedrag aangedui het as ân
âabnormale itemâ en van ân kapitale aard.
[4] Die
Kommissaris was egter van mening dat die bedrag van ân
inkomste-aard was en het dit by die appellant se belasbare inkomste
vir daardie jaar ingesluit en die appellant op dié basis vir normale
belasting aangeslaan.
[5] Teen
daardie aanslag het die appellant beswaar gemaak, wat deur die
Kommissaris verwerp is, en uiteindelik na hierdie Hof op appèl
gebring is.
DIE GESKILPUNT
[6] Die
geskil wentel om die aard van die bedrag van R1 292 760,00 wat deur
Naschem aan appellant betaal is, en wel die vraag of dié
bedrag ân
ontvangste of toevalling van ân kapitale aard was, ooreenkomstig
die betekenis van dié uitdrukking in die woordomskrywing
van âbruto
inkomsteâ in artikel 1 van die Inkomstebelastingwet, Nr. 58 van
1962, al dan nie.
DIE GETUIENIS
[7] Namens
appellant het twee getuies getuig, Mev. Gerber en Mnr. Fourie. Mev.
Gerber was gedurende Desember 2001 ân regsadviseur
van Naschem wat
ân divisie van Denel was. Sy was ân lid van die bestuurskomitee
van Naschem. Sy dra kennis van die ooreenkoms
wat op 6 Desember 2001
aangegaan is. Sy was betrokke by die opstel daarvan en as getuie.
Haar getuienis was dat Naschem besef het
dat hulle die aangeleentheid
moet skik om uit die hof uit te bly want Mnr. Fourie van die Elgro
Hotel het hulle baie gehelp met akkommodasie
en hulle wou nie
toekomstige samewerking verongeluk nie. Aanvanklik het Naschem se
finansiële bestuur ân bedrag uitgewerk van
R600 000,00 wat
aangebied is aan Fourie. Dit was nie vir hom aanvaarbaar nie en
uiteindelik is op ân bedrag van nagenoeg R1.2
miljoen soos in die
ooreenkoms vervat, ooreengekom. Sy weet nie hoe dit saamgestel is
nie. In die ooreenkoms bepaal klousule 2,
as volg:
â
Afstanddoening
van Regte:
As
teenprestasie vir die betaling van bogenoemde skikkingsbedrag,
onderneem ELGRO HOTEL om:
2.1 alle regte wat hy mag hê op
skadevergoeding te abandoneer, en
2.2 enige
hangende- of beoogde hofaksies teen NASCHEM te laat vaar.â
Mev. Gerber het ook
getuig dat die hotel op daardie stadium ongeveer vir twee derdes
beset was deur persone afkomstig van Arabiese
state en dra sy ook
kennis daarvan dat diegene wat wel daar gebly het ernstige skade
berokken het aan die hotel. In kruisondervraging
is die vraag aan
haar gestel: âHoe abandoneer ân mens ân reg op skadevergoeding
as jy dit uitoefen?â Waarop sy geantwoord
het dat die bedoeling
van die hele dokument was om ân skikking te bewerkstellig. Soos sy
dit gestel het, âdit was om hom van
ons nekke af te kryâ. Mev.
Gerber het getuig dat haar opdrag was om die bedrag wat Naschem sou
betaal so laag as moontlik te hou.
Sy getuig ook dat Naschem nie
homself wou blootstel aan ân hofsaak nie. Sy was bewus daarvan dat
Mnr. Fourie ân eis vir nagenoeg
R4 miljoen sou kon instel maar
hulle wou sy goedgesindheid behou.
[8] Die volgende getuie
vir appellant was Mnr. Willem Jacobus Fourie. Hy is die enigste lid
van die appellant beslote korporasie
wat in die hotelbedryf is en die
Elgro Hotel, Potchefstroom bedryf. Hy sê dat daar verskeie
voorwaardes was voordat hierdie kontrak
vir die akkommodasie van die
studente gesluit kon word, naamlik dat daar 1 persoon per dubbelkamer
moes wees, die matte moes vervang
word, yskaste moes ingebring word,
daar moes spesiale eenhede wees waar gebed uitgeoefen kon word, daar
was ekstra waterbekers nodig,
die kamers is opgegradeer, hulle het ân
aparte eetkamer gehad, hy moes spesiale personeel aanstel en spesiale
spyseniers verkry
wat hy gekry het van Pakistan en van die Libanon.
(Dit is egter opvallend dat hierdie uitgawe nie blyk uit die
finansiële state
nie.) Daar was ân aparte kombuis waar net hulle
voedsel voorberei is en waar ander voedsel nie voorberei kon word
nie. Hy het
daardie personeel betaal en ook hulle vliegkaartjies
betaal. Op daardie stadium was die Elgro Hotel die enigste hotel op
Potchefstroom
met spesiale toerusting en wat op daardie stadium
redelike fasiliteite gehad het. Hulle kon 25 konferensies per week
aanbied want
daar was nagenoeg 9 konferensie lokale wat gebruik kon
word. Hulle het ook baie sportgroepe ontvang. Sewentig persent van
die hotel
was op daardie stadium geokkupeer deur studente van
Naschem. Omdat hulle al die dubbelkamers gebruik het was daar slegs
enkelkamers
oor vir ander gebruik. Hy het ook getuig dat na die
gebeure van 11 September 2001 het die studente, om ân rede wat nie
vir hom
verduidelik is nie, uit die hotel uitgetrek. Dit het oornag
gebeur. Hy was geskok, daar was R4,7 miljoen uitstaande op die
kontrak.
Hy sê die kamers was baie verniel. Die studente het pype
gerook in die kamers, die matte was gebrand, die matrasse het gate in
gehad. Hy sê die kamers was verwoes. Hulle moes begin herstel. Hy
het geraam dat die herstelkoste nagenoeg R1,2 miljoen was.
Die rede
waarom hy die aangeleentheid geskik het was omdat hy so gou moontlik
geld wou inkry om weer met sy besigheid te kan voortgaan.
Hy het op
daardie stadium oorweeg om die kontrak te verkoop ten einde inkomste
in te kry.
[9] Onder
kruisondervraging het Fourie getuig dat die studente gekom en gaan
het. Daar was tot 78 studente op ân keer, maar hy
het nie soveel
studente vir twee jaar elke dag gehad nie. Vir die hele tydperk sou
daar slegs 38 studente bly en offisiere het van
tyd tot tyd daar kom
inwoon. Hy is gevra of hy nie die skade wat die studente aan die
kamers berokken het opgemerk het voordat hulle
uitgetrek het waarop
hy positief geantwoord het maar gesê het dat as die kontrak sy hele
loop geneem het en tot die einde gegaan
het sou die hotel daardie
kostes kon absorbeer. Betreffende die skade wat die studente
berokken het, het Mnr. Fourie gesê dat hulle
stofies ingebring het,
dekens gebrand het, meubels gebrand het, matrasse het gate ingehad,
en die matte was totaal verwoes. Toe
die studente ingetrek het aan
die einde 1999 was veranderings aangebring.
[10] Dit
is aan Mnr. Fourie gestel dat die syfers wat hy aan die Ontvanger van
Inkomste getoon het in sy belastingopgawes, nie die
prentjie bewys
wat hy skets nie; nòg die uitgawes, nòg die inkomste. Ter stawing
hiervan het Mnr. Stevens bewysstuk âAâ ingehandig
wat die omset,
uitgawes en herstelkoste van die appellant toon vir die jare vanaf
1998 tot 2004. Uit daardie state sien ân mens
ân redelike
konstante prentjie met nie groot wisselings nie. Veral merk ân
mens nie in die tydperk van die 2002 belastingjaar,
waarin hierdie
uitgawes vermeld sou moes word, abnormale hoë uitgawes nie.
Trouens, as ân mens die uitgawes vergelyk van 2002
met dié van
2001 dan sien ân mens dat die uitgawes geëis vir die belastingjaar
2002, waarin die periode val waarin die studente
gebly het, die
herstelkoste die bedrag van R484 735,00 was, terwyl die voorafgaande
jaar sân R436 267,00 was. Dus ân verskil
van nagenoeg R50
000,00. Mnr. Stevens het aan Mnr. Fourie gestel dat al addisionele
skade wat die studente berokken het die bedrag
van R50 000,00 was
waarmee Mnr. Fourie nie saamgestem het nie. Hy kon egter nie
verduidelik waar die bedrag van R1,2 miljoen gespandeer
is aan
herstelkostes soos wat hy beweer het en gesê het dat dit oor ân
tydperk gedoen is. Ook wat die inkomste betref toon die
state nie
die dramatiese val in inkomste soos wat Fourie getuig nie. Die
inkomste vir die belastingjaar 2001 was R9 444 386,00 en
vir die 2002
belastingjaar R8 060 933,00. Nie ân groot dramatiese val nie.
[11] Mnr. Fourie het
getuig dat hy die skikkingsbedrag aanvaar het as gevolg van die druk
wat hy gehad om die plek aan die gang te
kry. In herondervraging het
Mnr. Fourie verduidelik hoe die skikkingsbedrag saamgestel was. Hy
sê dit was die bedrag van R1,1
miljoen plus BTW daarop plus ân
bedrag van R34 000,00 professionele koste daarby. Die professionele
koste was vir regskoste en
die opstel van kontrakte. Hy getuig dat
hy nie sou kon oorleef as hy nie die skikking aanvaar het nie. Omdat
hierdie getuienis
nuwe getuienis was wat in herondervraging vir die
eerste keer opgeduik het, is verdere kruisondervraging toegelaat. In
verdere kruisondervraging
is aan hom gestel dat hy nie die verklaring
wil gee van hoe die skikkingsbedrag saamgestel is omdat dit sy saak
skade sal doen.
Hierop antwoord Mnr. Fourie dat die geld gebruik is
vir herstelkoste om die besigheid se deure oop te hou en omdat hy nie
seker weet
hoe die bedrag van R1,1 miljoen saamgestel is nie. Op ân
vraag van assessor, Mnr. Koch of ander besoekers nie vir addisionele
inkomste gesorg het nie het Fourie nie ân duidelike reguit antwoord
verstrek nie. In vrae deur assessor, Mnr. Smit, is uitgewys
dat uit
die state blyk dat die hotel behoort aan Bultfontein Eiendomme
Beleggings (Edms) Bpk. Daar was in die jaar ook slegs kapitale
toevoegings van R29 683,00. Uit vrae van Mnr. Smit het geblyk dat
Mnr. Fourie 2 lenings wat eintlik persoonlike lenings was, afbetaal
het in die bedrag van nagenoeg R500 000,00 elk, gedurende die
belastingjaar. In dié verband is hy verwys na bladsy 18 van die
state
waar die nie-bedryfslaste in 2001 as R1 377 251,00 getoon word
terwyl dit in 2002 R872 156,00 was. Die bedryfslaste was in 2001,
R1
674 555,00 en in 2002 R1 186 103,00. Daar was ân vermindering van
nagenoeg R1 miljoen op lenings wat afbetaal is in hierdie
belastingjaar waarin hierdie groot verlies gely is. Geen
verduideliking is hiervoor verstrek nie. Die bedrag huur betaal vir
die
jaar 2002 was aansienlik minder as vir die jaar 2001. In die
jaar 2001 word die huurbedrag aangetoon as R523 471,00 terwyl dit vir
die jaar 2002 R351 418,00 is wat aansienlik minder is. Dit is
moeilik om hierdie feite te versoen met die appellant se bewering
dat
groot uitgawes aangegaan is om die studente te akkomodeer. Fourie
kon nie verduidelik waarom hierdie bedrag minder is nie en
geen
getuienis is aangebied om dit te probeer verduidelik nie. Dit het
die getuienis afgesluit.
BEOORDELING VAN
GETUIENIS
[12] Wat
Mev. Gerber betref is sy ân gekwalifiseerde prokureur wat betrokke
was by die skikkingsonderhandelinge. Sy weet nie hoe
die bedrag
saamgestel is nie. Sy het eenvoudig die bedrag so laag moontlik
probeer hou. Haar getuienis dat die bedrag betaal is
ten einde nie
hof toe te gaan nie is ân regskonklusie en die hof moet sy eie
gevolgtrekking maak oor waarom die skikking aangegaan
is. ân
Klousule soos klousule 2 is ân standaard klousule wat in
skikkingsooreenkomste aangetref word. Haar pogings om te probeer
verduidelik dat dit die hele doel van die kontrak was kom neer op ân
oorneem van die funksie van die hof.
[13] Wat
Mnr. Fourie betref was dit opvallend dat hy ân baie vae kennis het
van die syfers wat genoem is, en wat die kernsyfer betref
waarop
inderdaad geskik was, het hy aanvanklik nie geweet hoe hierdie bedrag
saamgestel is nie. Dit is egter uit die geheel van
sy getuienis
duidelik dat hy hierdie bedrag aanvaar het ten einde met sy besigheid
te kan voortgaan met ander woorde as die inkomste
wat hy verdien het.
Daar was nie ân kwessie van enige kapitaalwerking wat daarmee
gedoen is nie. Dit is duidelik dat daardie
bedrag ook nie in die
state blyk nie. Mnr. Fourie se antwoorde op verskeie vrae was
ontwykend en sy getuienis was nie besonder hulpvaardig
nie.
BETOOG OP DIE FEITE
NAMENS DIE REGSVERTEENWOORDIGERS
[14] Mnr.
Lewis wat namens die appellant verskyn het, het soos volg betoog:
(i) By die aanvaarding
van die bepalings van die skikkingsvoorwaarde, het appellant
onderneem om nie skadevergoeding van Naschem te
verhaal deur middel
van ân hofaksie nie, voortspruitend uit Naschem se repudiasie van
die ooreenkoms.
(ii) So
ân eis om skadevergoeding verteenwoordig een van die regte wat
appellant besit in die beoefening van sy bedryf as hotelier.
(iii) So
ân eis sou, onder andere, appellant se verlies aan toekomstige
inkomste ingesluit het.
(iv) Die
betaling verteenwoordig die teenprestasie vir appellant se
aanvaarding van die handelstremmende ooreenkoms, en is dus die
ontvangs van ân nie-belasbare, kapitale bedrag.
Mnr.
Lewis vra dus dat die appèl toegestaan word omdat die aanslag
verkeerd was en die toevalling nie van inkomste aard nie.
[15] Die
submissies van Mnr. Stevens, wat namens die respondent verskyn het,
is soos volg:
(i) Die
ooreenkoms van 6 Desember 2001 meld dat Naschem se kontrakbreuk
âernstige
finansiële verliesâ
vir die appellant sou veroorsaak en dat die appellant daarom ân
âregsgeldige
eis vir skadevergoeding vir kontrakbreukâ
teen Naschem sou hê. In nota 9 tot die finansiële state vir 2002
word onder die opskrif
âAbnormale
Itemâ
weereens die volgende gesê:
âSkadevergoeding
ontvang as gevolg van ernstige finansiële verlies veroorsaak deur
kontrakbreukâ.
Geen melding word gemaak van enige skade aan die hotel nie.
(ii) Die
enigste logiese en afleibare gedokumenteerde verlies wat die
appellant sou kon ly, sou ân korttermyn inkomste-verlies wees
as
gevolg van die feit dat reeds bespreekte akkommodasie nie meer benut
sou kon word deur Naschem nie. Dit word aanvaar dat ân
oornagse
verlies van ân groot groep hotelgaste ân groot
inkomsteverlies
vir enige hotel sou wees, wat potensiële kliënte weggewys het omdat
sy kamers beset sou wees deur (Naschem-) studente en âpersoneel.
(iii) Die
bedrag skadevergoeding blyk nie te wees vir moontlike fisiese
beskadiging aan die besigheidstruktuur van die appellant nie.
Volgens die inkomste- en uitgawestaat van die appellant op 28
Februarie 2002 het die appellant gedurende die jaar onder appèl R484
735,00 aan
âReparasiesâ
spandeer en gedurende 2001, R436 267,00. Dit blyk dat herstelkostes
van R300 000,00 â R400 000,00 per jaar ân gereelde jaarlikse
uitgawe van die appellant was.
(iv) Wat
wel uit die staat blyk, is dat die appellant gedurende 2002 ân
omset van R8 060 933 gehad het teenoor R9 441 386 in 2001.
Onder
âInkomstebelastingâ
in nota 10 op dieselfde bladsy word vermeld dat geen voorsiening vir
inkomstebelasting gemaak word nie omdat
âdie
beslote korporasie ân berekende aangeslane verlies het van R108
305â.
(v) Dit
blyk verder dat die appellant nie noodwendig ekstra personeel
gedurende 2002 aangestel het nie. Die salarisse en lone as
uitgawe
vir dié jaar was R2 285 657 teenoor R2 322 619 vir 2001. Netso was
die uitgawe vir
âwasgoed
en linneâ
in 2002 R162 914 teenoor R172 718 vir 2001.
(vi) Die
voormelde syfers toon aan dat die appellant ân
inkomsteverlies
gely het en daarvoor vergoed is deur Naschem.
(vii) In parr 2.4 en 2.5
van die brief van 30 September 2003 word die volgende gestel:
â
2.4 Uit
hoofde van die skikkingsooreenkoms het W J Fourie afstand gedoen van
sy
reg om skadevergoeding te verhaal. Hierdie reg vorm deel van WJ
Fourie se inkomste-produserende bates;
2.5 Die
bedrag wat hy ontvang het
as
teenprestasie vir hierdie afstanddoening,
is dus ân ontvangs van ân nie-belasbare, kapitale aardâ.
(viii) Mnr.
Stevens sê hierdie stellings is geforseerd. Die appellant het wel
ân reg op skadevergoeding gehad wat hy inderdaad
uitgeoefen het toe
kontrakbreuk gepleeg is deur Naschem. Daar is geen aanduiding dat
die appellant van enige
âregâ
afstand gedoen het nie; inteendeel, hy het juis sy regte uitgeoefen.
Dit is uiters geforseerd om te redeneer dat indien ân mens
jou reg
op remedies tot jou beskikking uitoefen, jy van ân
âkapitale
bateâ
afstand doen.
DIE TOEPASLIKE
REGSBEGINSELS
(a) Appellant se
regs-submissies
[16] Met
verwysing na die toepaslike regsbeginsels sê Mnr. Lewis dat daar
geen vaste riglyne bestaan om te bepaal of bovermelde bedrag
van ân
nie-belasbare, kapitale aard, is al dan nie. Elke saak moet op sy
eie feite beoordeel word. -
KBI
v TRANSVAALSE SUIKERKORPORASIE BEPERK
1985 (2) SA 666(T)
;
47 SATC 34.
Die ware aard van elke transaksie
moet ondersoek word om te bepaal of die ontvangs daaraan verbonde, ân
kapitale- of inkomste
ontvangs is, al dan nie. -
CIR
v ILLOVO SUGAR ESTATES LIMITED
1951(1) SA 306 (N);
17 SATC 378
op 392.
(b) Respondent se
regs-submissies
[17] Wat
die regsargument van Mnr. Stevens betref, sê hy die vertrekpunt by
die beantwoording van die aard van ân ontvangste of
toevalling is
die omskrywing van die woord
âbruto
inkomsteâ
in artikel 1 van die Inkomstebelastingwet, No 58 van 1962, die
tersaaklike gedeelte wat soos volg lui:
â
(B)ruto
inkomste, met betrekking tot ân jaar of tydperk van aanslag en in
die geval van enige persoon (beteken) die totale bedrag,
hetsy in
kontant of andersins, ontvang deur of toege
val
aan of ten gunste van so ân persoon gedurende bedoelde jaar of
tydperk van aanslag uit ân bron in die Republiek..., met
uitsluiting
van ontvangste of toevallings van ân kapitale aard...â
[18] Dit
is gemene saak dat die bedrag van R1 292 760 deur die appellant
ontvang is gedurende die 2002 â belastingjaar. Die enigste
oorblywende geskilpunt is of dit van
âân
kapitale aardâ
was ooreenkomstig die betekenis van dié uitdrukking in die
omskrywing van
âbruto
inkomsteâ
hierbo verwys na, al dan nie.â
[19] Mnr.
Stevens wys daarop dat die uitdrukking
âvan
kapitale aardâ
nie in die Wet omskryf word nie en het dus nie ân universele
betekenis wat in alle sake toegepas kan word nie. Wat seker is, is
dat alle ontvangste of toevallings in een van twee kategorieë
ressorteer: inkomste of kapitaal. Die vraag in welke van hierdie
twee kategorieë ân ontvangste of toevalling tuishoort, moet
beantwoord word na aanleiding van ân noukeurige ondersoek van al
die feite van ân saak.
[20] Die aard van
vergoeding vir kontrakbreuk het aanleiding gegee tot ân reeks
beslissings in Suid-Afrika en oorsee waaruit riglyne
getrek kan word.
[21] Die
leidende Engelse saak in dié verband is dié van
BURMAH
STEAM SHIP CO LTD v IRC
(1930)
15 TC 67
,
1931 SC 156.
In hierdie saak het herstellers wat ân skip
van die appellant se vloot moes herstel, veel langer geneem om die
herstelwerk te
doen as wat die partye ooreengekom het. Die
herstellers moes skadevergoeding betaal en die vraag voor die hof was
na die aard van
hierdie vergoeding in die appellant se hande. Die
hof het beslis dat dit belasbare inkomste verteenwoordig het. Die
volgende woorde
van Lord Clyde het intussen klassieke status bereik
en is ook in die Suid-Afrikaanse belastingreg as riglyn gevolg
(1930)
16 TC te ble. 71-72)
:
â
Suppose
someone who chartered one of the Appellantâs vessels breached the
charter and exposed hims
elf
to a claim of damages at the Appellantâs instance, there could, I
imagine, be no doubt that the damages recovered would properly
enter
the Appellantâs profit and loss account for the year. The reason
would be that the breach of the charter was an injury inflicted
on
the Appellantâs trading,
making
(so to speak) a hole in the Appellantâs profits, and the damages
recovered could not therefore be reasonably or appropriately
put by
the Appellant â in accordance with the principles of sound
commercial accounting â to any other purpose than to fill that
hole.
[22] In
BOURKEâs
ESTATE vs CIR
1991(1) SA 661 (A) het die Appèlhof ân stap verder as die Hof in
BURMAH
STEAM SHIP CO
gegaan en die volgende by die
âvakuum
â toetsâ
gevoeg (met goedkeuring aangehaal uit
BROOMBERG:
TAX STRATEGY
,
2e uitgawe (1983) te ble. 199-200):
â
It
is necessary, in addition, to ascertain the true nature of that asset
in the recipientâs hands. More particularly, was the asset,
prior
to its destruction of damage, an asset of a capital nature or was it
floating capital? If it was floating capital, such as
trading stock,
standing crops, or consumable stores (like petrol, oil and so forth)
the compensation will, obviously, be of a revenue
nature, and will be
subject to tax.
In
short, it is only where the payment received is to fill a hole in the
capital assets of the taxpayer that the payment will escape
the tax
netâ
(onderstreping
aangebring).
TOEPASSING VAN
REGSBEGINSELS
[23] Die
appellant beklemtoon klousule 2 van die skikkingsooreenkoms. Hy sê
dat uit hoofde van hierdie klousule hy afstand gedoen
het van sy reg
op skadevergoeding. Hierdie reg sê appellant vorm deel van sy
inkomste produserende bate. Met verwysing na
TAEUBER
AND CORSSEN (PTY) LTD V SECRETARY FOR INLAND REVENUE
37 SATC 129
sê appellant dat die bedrag wat hy as teenprestasie vir
sy afstanddoening ontvang het dus ân ontvangs van ân
nie-belasbare kapitale
aard was. Met inkomstebelastingsake is dit
gevaarlik om weg te beweeg van die feite (
CIR
v GEORGE FOREST TIMBER CO LTD
1924 AD 516
op 523. Soos Hoexter AR dit stel in
BOURKEâS
ESTATE v COMMISSIONER OF INLAND REVENUE
1991 (1) SA 661
(AD) op 675 B-C:
â
Dicta wrested from a completely
alien context are unhelpful and may be misleading.â
[24] Die
appellant plaas die klem op klousule 2, die afkoop van verdere
litigasie. Dit strook met die feite in
CIR
v HERSOV
1952(1) 485 (AD), naamlik dat Hersov die bedrag ontvang het ten
opsigte van ân kapitale bate, naamlik deur afstand te doen van
sy
reg op ân permanente direkteurspos (te 494 F â 495 A). In die
TAEUBER
AND CORSSEN
-saak
(hierbo) is betaal vir ân handelsbeperking. Dit was beskou as
kapitaal van aard.
[25] Mnr.
Stevens sê dat die feite in die
TAEUBER
-saak
verskil van die onderhawige saak. Hy sê dat die relevante sake hier
is eerstens saak
ITC
723:
17 SATC 496
(1951), ân saak van Waarnemende Regter Pollak waar hy
ondermeer die volgende sê:
âIt
seems clear that an amount received such as the present, by way of
damages or by way of settlement of an action for damages,
is income
and not capital,
if
the transaction out of which the claim for damages arose is a
transaction which, had it been completed, would have resulted in
an
income and not in a capital gain or loss as the case might beâ
(onderstreping aangebring).
[26] Mnr.
Stevens verwys ook na saak
ITC
1279
;
40 SATC 254
op 258 waar Coetzee R die volgende met goedkeuring
aanhaal uit
IRC
v FLEMMING & CO (MACHINERY) LTD
(1951) 33 TC 57
te 63:
â
The
sum received by a commercial firm as compensation for the loss
sustained by the cancellation of a trading contract or the premature
termination of an agency agreement may in the recipientâs hands be
regarded either as a capital receipt or as a trading receipt
forming
part of the trading profit. It may be difficult to formulate a
general principle by reference to which in all cases the
correct
decision will be arrived at since in each case the question comes to
be one of circumstance and degree. When the rights
and advantages
surrendered on cancellation are such
as
to destroy or materially to cripple the whole structure of the
recipientâs profit-making apparatus,
involving
the serious dislocation of the normal commercial organization and
resulting perhaps in the cutting down of the staff previously
required, the recipient of the compensation may properly affirm that
the compensation represents the price paid for the loss or
sterilization
of a capital asset and is therefore a capital and not a
revenue receipt. Illustrations of such cases are to be found in Van
den
Bergh Ltd
19 TC 390
,
(1935) AC 431
, and Barr, Crombie & Co
Ltd
26 TC 406
,
1945 SC 271.
On the other hand when the benefit
surrendered on calculation
does
not represent the loss of an enduring asset in circumstances such as
those above mentioned
â where for example the structure of the recipientâs business is
so fashioned
as
to absorb the shock as one of the normal incidents to be looked for
and where it appears that the compensation received is no more than
a
surrogatum for the future profits surrendered
â the compensation received is in use to be treated as a revenue
receipt and not a capital receiptâ
(onderstreping aangebring).
GEVOLGTREKKING
[27] Die
betaling wat gemaak was in die woorde hierbo aangehaal deur Regter
Coetzee was âa surrogatum for the future profits surrenderedâ.
Sodanige betaling moet as een van ân inkomste aard beskou word.
Indien die kontrak tot ân einde geloop het sou die inkomste
wat
verkry word sonder enige twyfel van ân inkomste aard wees. Wat die
appellant hier gedoen het was om ân mindere bedrag te
aanvaar as ân
surrogaat vir die inkomste wat hy sou verdien het. Die poging om dit
in te klee as die afkoop van ân reg word
nie gestaaf deur die
finansiele state van die appellant nie. Klousule 2 is ân standaard
klousule as partye ân geding tussen
hulle skik. Of die geding
hangende is of nog nie ingestel is, maak nie saak nie. So sal hulle
seker maak dat dit die einde van
litigasie beteken. Dit is om ân
tipe
res
judicata
situasie te bewerkstellig. Die appellant het eenvoudig besluit hy
moet so gou as moontlik inkomste inkry ten einde met sy besigheid
te
kan voortgaan. Hy was bereid om ân mindere inkomste te neem as
wat hy moontlik by wyse van litigasie sou kry. Hier was ân
vooruitbetaling van inkomste. Dit is ân skikking van ân
moontlike aksie vir skadevergoeding en het onstaan as gevolg van ân
transaksie wat as dit voltooi sou gewees het inkomste sou opgelewer
het. In hierdie saak is ook geen beperking geplaas op die
handelsvryheid
van die appellant nie. Sy hoofaktiwiteit as hotelier
kon onbelemmerd voortgaan. Dus was hierdie bedrag van ân inkomste
aard en
staan dit vas dat die respondent se aanslag korrek was.
[28] Beide
partye het gesê dat hulle nie vir ân kostebevel vra nie.
[29] Die
volgende bevel word dus gemaak:
Die
appèl word afgewys.
_____________
KRUGER, R
________________________
ASSESSOR:
MNR. A. KOCH
______________________
ASSESSOR:
MNR D. SMIT
/em