S v Moulomi (787/2005) [2005] ZAFSHC 93 (8 August 2005)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking — Review of convictions — Three accused found guilty of housebreaking with intent to steal and theft; sentences imposed — Review reveals proceedings not conducted in accordance with the law — Court finds that the magistrate's generalizations and speculative reasoning led to incorrect findings of guilt — Accused's testimonies deemed unreliable but insufficient to establish guilt beyond reasonable doubt — Convictions set aside and replaced with convictions for theft only, with adjusted sentences.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 93
|

|

S v Moulomi (787/2005) [2005] ZAFSHC 93 (8 August 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.: 787/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
MASOPHA
LOUIS MOULOMI
CORAM:
HANCKE
R
et
C.J. MUSI R
UITSPRAAK:
C.J.
MUSI R
GELEWER OP:
8
AUGUSTUS 2005
[1] Hierdie saak het voor
my gedien by wyse van outomatiese hersiening ingevolge artikel
302(1)(a)(i) gelees met artikel 304 van die
Strafproseswet 51 van
1977.
[2] Die drie beskuldiges
is deur die landdros Botshabelo aan huisbraak met die opset om te
steel en diefstal skuldig bevind. Besk
uldiges
1 en 2 is elk tot 2 jaar gevangenisstraf gevonnis terwyl beskuldigde
3 tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis is.
[3] Aangesien ek van
oordeel was dat die verrigtinge nie ooreenkomstig die reg geskied het
nie, het ek die landdros versoek om redes
vir die skuldigbevindings
van die drie beskuldigdes en die vonnisse van beskuldigde 1 en 2 te
verskaf. Die landdros het volledige
redes verskaf. Ek is die
landdros dank verskuldig.
[4] Die beskuldigdes was
aangekla van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die
beweringe was dat hulle op 12 Julie 2004
te 570 V-Seksie, Botshabelo
die woning van Francina Maphepa oopgebreek en binnegegaan het en
wederegtelik en opsetlik haar eiendom
te wete ‘n hoëtroustel, twee
komberse, een gordyn, een bosbaadjie, een handdoek en sandale met
totale waarde R8 166,00 gesteel
het. Al drie beskuldigdes het hulle
eie verdedig behartig en onskuldig gepleit.
[5] Op 12 Julie 2004 is
daar by Mev. Clarien Fransina Mapepa se woning ingebreek en verskeie
items daaruit gesteel. Op 19 Desember
2004 het beskuldigde nommer 1
vir haar en haar man vertel dat hy weet wie by haar huis ingebreek
het. As gevolg van hierdie meededeling
is sy saam met ‘n
polisiebeampte na beskuldigde nommer 3 se woning waar hulle haar
hoëtroustel, ‘n baadjie en 2 broeke wat aan
haar man behoort
gevind het. Hulle is daarna na beskuldigde nommer 2 se woning waar
hulle haar gordyne, ‘n kombers, ‘n T-hemp
en sandale gevind het.
[6] Beskuldigde nommer 1
het ontken dat hy by die klaagster se woning ingebreek het en getuig
dat sy broer hom vertel het wie daar
ingebreek het. Hy het sy vrou
as getuie geroep en sy het bevestig dat sy saam was to beskuldigde 1
se broer hulle vertel het.
[7] Beskuldigde nommer 2
se getuienis is dat hy gedurende September 2004 ‘n kombers en
gordyne vanaf beskuldigde 1 gekoop het teen
R350,00. Beskuldigde 1
het hom die T-hemp en sandale gegee. Hy erken dat die goedere in sy
besit gevind was maar ontken dat hy
by die klaagster se woning
ingebreek het.
[8] Beskuldigde nommer 3
het ook erken dat daar ‘n hoëtroustel, twee broeke en ‘n baadjie
in sy besit gevind was. Sy getuienis
was dat beskuldigde nommer 1
dit op 12 Julie 2004 by sy woning aangebring het en hom gevra het om
dit daar te stoor. Hy erken dat
die goedere op 19 Desember 2004 in
sy besit gevind was. Hy bevestig dat hy die klaagster en polisie na
beskuldigde 2 geneem het.
[9] Die landdros het
tereg bevind dat die beskuldigdes en beskuldigde 1 se getuie
leuenagtige getuies was. Die landdros maak die
afleiding dat hulle
al 3 skuldig is aan die misdaad omdat hulle getuienis nie bevredigend
is nie. Die landdros stel dit as volg:
g
Skuldigbevindings
in Botshabelo aan huisbraak sake volg gewoonlik daarop dat ‘n
beskuldigde in besit gevind word van gesteelde eiendom
of dat
getuienis gelei word dat ‘n beskuldigde gesteelde eiendom verkoop
het. As beskuldigde se verduideliking van hoe die gesteelde
eiendom
in sy besit gekom het, nie bevredigend (nie) en onaanvaarwaar is,
word daaruit dan noodwendiglik die afleiding gemaak wat
tot die
skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal
lei. Ek sou skat dat dit die geval is in 98% van skuldigbevindings
aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal in Botshabelo.
Ek is van oordeel dat die feitestel in hierdie saak ook hierdie
afleiding regverdig.”
[10] Dit
is duidelik dat die landdros veralgemeen en spekuleer ten einde tot
‘n bevinding van skuld te kom. Dit is myns insiens
nie die
korrekte benadering nie. In die bekende saak van
REX
v BLOM
1939 AD 188
op 202-203 is die twee kardinale en logiese reëls wat
gevolg moet word by oorweging van omstandigheidgetuienis as volg
uiteengesit:
“
1. The inference sought to be drawn
must be consistent with all the proved facts. If it is not, the
inference cannot be drawn.
2. The proved facts
should be such that they exclude every reasonable inference from them
save the one sought to be drawn. If they
do not exclude other
reasonable inferences, then there must be doubt whether the inference
sought to be drawn is correct.”
[11] Om
te bepaal watter afleiding die korrekte een is, moet die gesamentlike
oortuiging van al die redelike afleidings saam met,
en teenoor
mekaar, opgeweeg en beoordeel word. Slegs indien die afleiding
ooreenstem met die feite bron en dit die enigste redelike
afleiding
is kan ‘n skuldigbevinding volg: Sien
R
v MLAMBO
1957 (4) SA 727
(A) OP 738 A;
S
v PHALLO EN ANDERE
1999 (2) SASV 557 (HHA) en
S
v MSIMANGA EN 1 ANDER
ongerapporteerde uitspraak van Hattingh R gelewer op 12 September
2002 in saak nommer 236/2001.
[12] Die goedere in
hierdie saak is omstreeks vyf maande na die pleeg van die misdaad in
beskuldigde 2 en 3 se besit gevind. Hulle
weergawe is dat hulle dit
vanaf beskuldigde 1 ontvang het. Hierdie weergawe is onwaarskynlik.
Waarom sal beskuldigde 1 die goedere
by beskuldigde 3 stoor sonder om
dit te koop aan te bied? Waarom sal hy dit vir 5 maande by
beskuldigde 2 los sonder om weer kontak
met hom te maak? Waarom maak
beskuldigde 3 nie kontak met beskuldigde 1 om hom te versoek om sy
goedere te gaan haal nie? Hoe het
beskuldigde 3 geweet dat
beskuldigde 1 die ander goed aan beskuldigde 2 verkoop het? Waarom
sal beskuldigde 1 hierdie goedere steel
en die waardevolste item by
beskuldigde 3 los sonder om weer kontak met hom te hê?
[13] Dit is duidelik dat
al drie die beskuldigdes meer weet van hierdie misdaad as wat hulle
te kenne gee. Die feit dat hulle egter
leuenagtige getuies is,
beteken nie noodwendig – soos wat die landdros redeneer – dat
hulle skuldig is nie. Dit is welbekend
dat persone om verskeie redes
leuens vertel.
[14] Wat beskuldigde 1
betref is die enigste redelike afleiding nie noodwendig dat hy by
daardie woning ingebreek het nie. Dit is
nie duidelik wanneer sy
broer uit die gevangenis ontslaan is nie of wanneer hy aldaar
opgeneem was nie. Sy broer kon hom vertel
het van die misdaad. Hy
kon self die misdaad gade geslaan het. Die feit dat hy kennis dra
van die misdaad en dit nie vir die klaagster
sê nie maak hom nie aan
‘n misdaad skuldig nie. Na my mening moes beskuldigde 1 nie
skuldig bevind gewees het aan hierdie misdryf
nie.
[15] Beskuldigde 2 en 3
is 5 maande na die misdaadpleging in besit gekry van die gesteelde
goedere. Hulle ontken dat hulle by die
woning ingebreek het. Hulle
is ook leuenagtige getuies. Hulle span duidelik saam om die blaam op
beskuldigde 1 te pak. Die afleiding
dat hulle deel was van persone
wat by daardie huis ingebreek het is ongelukkig nie die enigste
redelike afleiding wat in die omstandighede
van hierdie saak gemaak
kan word nie. Hulle kon daardie goedere van ‘n ander persoon
gekoop of ontvang het en ten einde daardie
persoon te beskerm plaas
hulle die blaam op beskuldigde 1. Dit is duidelik dat hulle geweet
of ten minste vermoed het dat die goedere
in hulle onderskeie besit,
gesteelde goedere is, en dit nogsteeds gehou het. Hulle het hulself
aan diefstal skuldig gemaak en moes
hulle na my mening slegs aan
diefstal skuldig bevind gewees het.
[16] Aangesien daar met
hulle skuldigbevindings ingemeng is moet hulle vonnisse ook in
heroorweging geneem word. Beskuldigde 2 is
getroud en is die vader
van 3 kinders. Hy was 25 jaar oud ten tye van die pleeg van die
misdaad. Hy het gewerk en het R240,00 per
week verdien. Hy het ook
vir sy moeder, broer en suster gesorg. Hy het tot Standard 6 op
skool gevorder. Hy is ‘n eerste oortreder.
[17] Beskuldigde 3 was 24
jaar oud, getroud. Sy vrou was swa
nger
met hulle eersteling. Hy het met groente gesmous en tussen R90,00 en
R105,00 per dag verdien. Hy het tot Standard 6 op skool
gevorder.
Hy het ‘n vorige veroordeling van huisbraak met die opset om te
steel en diefstal. Hy was tot 3 jaar gevangenisstraf
gevonnis.
[18] Daar is in hierdie
saak egter geen getuienis wat daarop dui dat die beskuldigdes self
die goed gesteel het nie. Die beste uitleg
van die feite is dat
hulle as afsetgebied gedien het vir die dief of diewe. Na my mening
is direkte gevangenisstraf inderdaad ‘n
gepaste vonnis vir beide
beskuldigdes. Aangesien beskuldigde 2 ‘n eerste oortreder is en
die waarde van die goed wat in sy besit
gekry is betreklik min is, is
ek die mening toegedaan dat daardie vonnis opgeskort behoort te word.
Beskuldigde 3 aan die ander
kant is nie ‘n eerste oortreder nie.
Die vonnis van 3 jaar gevangenisstraf is egter skokkend onvanpas.
[19] In die omstandighede
sal ek die volgende bevel hierin maak:
Beskuldigde 1 se
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
Beskuldigde 2 en 3 se
skuldigbevindings aan huisbraak met die opset om te steel en
diefstal word tersyde gestel en vervang met
die volgende:
Beskuldigde 2 en 3 word skuldig bevind aan diefstal.
Beskuldigde 2 en 3 se
vonnisse word tersyde gestel en hulle word as volg gevonnis:
Beskuldigde
2:
6 maande gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort word vir 5 jaar
op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
diefstal gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Beskuldigde
3:
12 maande gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(b), Wet 51 van
1977.
___________
C.J.
MUSI, R
Ek
stem saam en dit word so gelas.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
/em